Wednesday, February 14, 2007
Eiewillige godsdiens, deur ds. PJ De Bruyn
Ds. P.J. de Bruyn
(Die Kerkblad, 13 Julie 1966, bl.5)
Baie Christene se geloofslewe word geruïneer deur eiewillige godsdiens. Om dit te kan verstaan, moet ons goed begryp wat eiewillige godsdiens is.
Eiewillige godsdiens beteken volgens ons Kategismus dat ons God op 'n ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel (Antwoord 96).[1] Eiewillige godsdiens word by ons gevind wanneer ons God dien soos óns wil en nie soos Hý wil nie.
In ons diens aan die Here word niks aan eie smaak, of willekeur oorgelaat nie. Dit is nie óns wat bepaal hoe en wanneer God gedien moet word nie, maar Hy self. Godsdiens is trouens alleen dan ware diens aan God as ons te alle tye doen wat Hy wil en nie wat ons wil nie.
Aan hierdie eiewillige godsdiens het Israel hulle veral skuldig gemaak in die tyd van die rigters, want van hulle word gesê dat elkeen in dié tyd gedoen het wat reg was in sy eie oë (Rigt.21: 25). Let wel: hulle het nie gedoen wat reg was in die oë van God nie maar wat reg was in hulle eie oe.
Eiewillige godsdiens is in werklikheid niks anders nie as 'n verheerliking van die eie ek onder die skyn van diens aan die Here. Dit val ‘n mens ook op hoe mense wat hulle aan hierdie sonde skuldig maak, gedurig die nadruk op die eie ek met sy verlange en begeertes lê. Altyd moet jy maar weer hoor: Ek doen wat ek wil. Ek gaan kerk toe as ek lus het. Ek gee bydraes soos ek meen wat reg is. Ek lees die BybeI en bid wanneer dit my pas.
Onder die dekmantel van diens aan die Here kniel die mens wat so spreek eintlik neer voor die afgod van sy eie ek.
Ons moet goed besef dat daar net twee moontlikhede is: Of ek is voorwaardelik gehoorsaam aan wat God sê, of ek is gehoorsaam aan wat die afgod van my eie ek aan my sê - en dan pleeg ek afgodery. Dan probeer ek om God van die troon af te stoot en self daarop te gaan sit.
Dat God Hom oor so 'n lewenshoudjng verskriklik vertoorn, is gewis en seker.
Hoe erg God se toorn oor eiewillige godsdiens is, blyk duidelik uit die geskiedenis van Nadab en Abihu, die seuns van Aäron (Lev.10:1-5).
In die tempeldiens wat hulle moes verrig, moes hulle vuur neem en reukwerk daarop blaas om so ‘n reukoffer aan die Here te bring. Maar in die neem van die vuur het hulle nie presies gehandel soos die Here beveel het nie. En daarom word daar gese dat hulle vreemde vuur voor die aangesig van die Here gebring het. Hulle het hulle nie deur die Here laat voorsê hoe die vuur moet wees wat hulle moes neem nie maar hulle het hulle eie idees gevolg! Daarom was dit vreemde vuur. Hulle het God op 'n ander wyse vereer as wat Hy in sy Woord beveel het. En so groot was die toorn van die Here oor hierdie eiewillige godsdiens dat daar vuur van sy aangesig af uitgegaan het wat Nadab en Abihu verteer het.
Vir hierdie geskiedenis kan ons nog duideliker merk wat die aard en karakter van eiewillige godsdiens is. Hieruit blyk dat die mense wat dit beoefen, bekend is met God se Woord as rigsnoer vir die lewe en hulle wil ook nog daaraan vashou, maar dan net sover dit nie in botsing met die eie gedagtes en begeertes kom nie.
By sulke mense, soos by Nadab en Abihu, is van openlike goddeloosheid wat van God en sy diens niks wil weet nie, geen sprake nie. Uiterlik is daar nogal heelwat Christelike vertoon. Maar as dit van hulle geëis word om te alle tye te doen wat God sê, dan is daar baie verskonings. Dan doen elkeen liefs wat reg is in sy eie oë en nie wat reg is in die oë van die Here nie.
Eiewillige godsdiens is uiteindelik ’n godsdiens waarin daar vir Christus geen plek is nie, want by Christus vind ons presies die teendeel van wat ons vind by die wat hulle aan hierdie sonde skuldig maak. Christus het die gebooie van sy Vader tot in die fynste besonderhede onderhou. Self het Hy die verklaar dat dit sy spyse is om die wil te doen van sy Vader wat in die hemele is (Joh.4:34).
En nou word Christus hier nie maar net as voorbeeld van getroue gehoorsaamheid aan die Vader aan ons voorgehou nie. Nee, deur die geloof moet ons aan Christus verbonde wees soos die ranke aan die wynstok sodat dieselfde Gees en derhalwe dieselfde gesindheid wat daar in Hom was, ook in ons kan wees. Dan sal dit inderdaad ons begeerte wees om God op geen ander wyse te vereer as wat Hy in sy Woord beveel nie.
Dan sal ons ook waarlik van harte kan sê.
Net om U wil te doen soos in u Boek
- die wonderskrif wat nooit vergaan –
dit klaar van my geteken staan -
dit wil ek, Heer, van ganse harte soek.
_________________________________
[1] Opmerking deur S. Le Cornu: Die negatiewe formulering van hierdie frase soos dit in ons belydenis by v/a 96 gevind word, stel die kontras tussen eiewillige en ware godsdiens nog sterker (1982): “... en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.” Die oorspronklike Duits gee die begronding vir hierdie belangrike aspek (1563): “... noch auff irgend eine andere weise ...”; die Latyn (1563): “... néve ulla alia ratione eum colamus ...”; die Nederlands (1611): “... noch op gheen ander wijse vereeren ...”; (Oberholzer, J.P. 1986. Die Heidelbergse Kategismus in vier teksuitgawes, met inleiding en teksvergelyking. Pretoria, Kital: p.132).
Die Duitse bywoord/adjektief “irgend”, dui op “... intensifying indefiniteness of following pronoun or pronominal comparitive/compound ...” (Cassell’s German Dictionary, 1980: p.328), d.w.s. dit wys op (a) die onbeperktheid van dit wat volg, en (b) wat na hierdie woord volg word verder of nog meer versterk en beklemtoon as dit wat voorafgegaan het. Daarom kan antwoord 96 met die laasgenoemde opmerking as motivering, as volg geparafraseer word ten einde die bedoeling nog duideliker na vore te bring: “Nie net mag ons die heilige God van hemel en aarde op geen enkele manier probeer afbeeld nie, maar soveel te meer mag ons op géén ander manier Hom probeer vereer en aanbid, as wat Hy ons in sy heilige Woord beveel het nie !” Die tweede deel, positief geformuleer: “Ons mag God alleen vereer en aanbid soos Hy in sy Woord presies beveel het.”
SONDAG 35: Ursinus se verklaring van die tweede gebod
[Vertaal in Afrikaans deur S. Le Cornu vanuit “HET SCHATBOEK der verklaringen van de Heidelbergse Catechismus. Uit de Latijnse lessen ZACHARIAS URSINUS.[1] Opgemaakt door David Pareus. Vertaald Deur Festus Hommius. Vervolgens overzien door Johannes Spiljardus en Joan van den Honert. Nu in het hedendaags Nederlands herschreven en van een inleiding voorzien door ds. J. van der Haar. Deel 2: Zondag 25t/m 52. Houten: Den Hartog. Derde druk, 1997 (1980). Nota: Hierdie is ‘n vertaling van die eerste deel van Ursinus se behandeling van v/a 96, p.268-272.]
Inleiding deur S. Le Cornu
Die regulerende beginsel van die Erediens/Aanbidding (RBE) leer dat ons God “op geen ander manier (moet) vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie” (HK, v/a 96). Hierdie beginsel word dan ook eksplisiet en implisiet in ons gereformeerde belydenis gevind, o.a. NGB artikel 7; artikel 32; 34, 35 en vraag en antwoord 91 en 96 van die HK.[2]
Tydens ‘n lesing gehou by die 2001-International Conference of Reformed Churches (ICRC), stel ds. GI Williamson dit dat die RBE:
"... nog nooit êrens helderder uitgedruk is as in die Heidelbergse Kategismus nie: ‘Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie, en Hom op geen manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.’ … Ursinus … het dit as volg verduidelik: ‘Die doel en die rede vir hierdie gebod is dat die ware God … vereer moet word op die manier … wat Hom behaag, en nie deur ‘n erediens volgens die verbeelding en gedagtes van die mens nie … (en) dat die erediens van God soos dit voorgeskryf is, suiwer en onvermeng bewaar moet bly.’ Of sommer kortweg: ‘Om God waarlik te vereer, beteken om Hom te dien op die manier wat Hy self voorgeskryf het ...’ "
Gijsbert Voetius, ‘n afgevaardigde na die Sinode van Dordt (1618/19), beantwoord in sy kommentaar op die Heidelbergse Kategismus aangaande die tweede gebod (Sondag 35), met verwysing na Deut.4:2; 12:32; Matt.15:9; Kol.2:21-23, die vraag hoe die tweede gebod verbreek word, as volg:
"Wanneer men hem door beelden wil eeren ende dienen, ofte wanneer men hem wil dienen op soodanige wijse, die daer directelick tegen Godts woort strijt, ofte die buyten Gods woort is, gefondeert op instellingen van menschen, of op ons eygen goetduncken; gelijck geschiet onder die van’t Pausdom door hare ceremonien ende menschlicke traditien."[3]
Dit is daarom vreemd as sommiges nogsteeds dit probeer voorstel asof die regulerende beginsel slegs ‘n presbiteriaanse/puriteinse beginsel is,[4] en dus nie ook ‘n beginsel is wat uit die kontinentale gereformeerde wêreld gegroei het nie, d.w.s. uit die kerke van die Drie Formuliere van Eenheid nie.[5]
Hierdie ongeldige bewering is egter niks nuuts nie. Die bekende Anglikaanse teoloog en skrywer, J.I. Packer, skryf: “The idea that direct biblical warrant, in the form of precept or precedent, is required to sanction every item included in the public worship of God was in fact a Puritan innovation, which crystallised out in the course of the prolonged debates that followed the Elizabethan settlement.”[6]
Derek Thomas antwoord die aanklag as volg:
"Om soos Packer te suggereer dat die regulerende beginsel ‘n “Puriteinse nuwigheid” van die ‘Elizabethan settlement’ is, is heeltemal vals. Calvyn het in ‘n aanhangsel tot sy Formulier vir die bediening van die Doop, vir gebruik in die kerk van Geneva, soos volg geskryf:
'Ons weet dat op ander plekke daar baie seremonies is wat baie oud is, maar omdat hul uit eie plesier uitgedink is ... is dit onbelangrik, omdat dit uitgedink is sonder die gesag van God se Woord; en omdat, aan die anderkant, soveel bygelowe daaruit ontstaan het, dat ons geensins daarin getwyfel het om dit af te skaf nie, sodat daar niks is wat die mense keer om direk na Christus te gaan nie. Eerstens, wat nie beveel is nie is ons nie vry om te kies nie. Tweedens, niks wat nie dien tot opbou nie moet in die Kerk ontvang word nie.' "[7]
Prof. David J. Engelsma, nadat hy die regulerende beginsel verantwoord het in die lyn van die kontinentale gereformeerde tradisie, skryf as volg:
"In hul verdediging van die regulerende beginsel het beide Ursinus en Voetius (nie puriteine of presbiteriane nie – SLC) hulself as getroue dissipels van Johannes Calvyn bewys, wat die derde verteenwoordiger is van die Gereformeerde tradisie. Ek verbaas my oor die vermetelheid, of onkunde van Gereformeerde teoloë en predikante vandag wat die regulerende beginsel laat vaar en Gereformeerde aanbidding oopmaak vir eiewillige, willekeurige en grillerige seremonies wat progressiewe aanbidding karakteriseer. Of hulle weet nie, of hul gee nie om dat Calvyn die regulerende beginsel geleer het nie. Of hul weet dit nie, of hul gee nie om dat Calvyn daarop aangedring het dat die regulerende beginsel ‘n noodsaaklikheid vir die ware Gereformeerde godsdiens is nie, want hy het die verwerping van die regulerende beginsel gesien as ‘n groot deel van die oorsaak vir die Rooms Katolieke bygeloof en afgodery." [8]
Die doel van hierdie vertaling
Die doel van hierdie vertaling van ‘n gedeelte van Ursinus se verklaring van v/a 96, is om te sien of daar enige gronde is vir ds. Williamson se stelling dat die regulrende beginsel van die erediens (RBE) gegrondves is in die belydenis van v/a 96.[9] Dit is ‘n gegewe dat ons kontinentale gereformeerde tradisie en kerkgeskiedenis nie die term ‘regulerende beginsel van die erediens’ gebruik het nie, maar dit inhoud en saak, ‘Om die HERE te dien soos Hy beveel’ is en was nog altyd daar. Daar is wel verskil onder gereformeerdes oor die spesifieke toepassing van die RBE, maar die beginsel is stewig begrond in die Skrifte en die gereformeerde belydenis. Kom ons kyk wat Ursinus self sê oor vraag en antwoord 96 en die erediens aan die HERE:
_________________________________
SONDAG 35: Verklaring van die tweede gebod
Dat die ware God van Israel door ons reg geken, gevrees, bemin en met godsdienstige eer gedien moet word, is in die eerste gebod voorgestel, en in die vorige Sondagsafdeling verklaar.
Hoe hierdie enige God gedien moet word, of op watter manier hierdie diens Hom bewys moet word, word vervolgens voorgeskrywe in die tweede gebod, naamlik nie deur beelde, of deur ‘n menslik-uitgedinkte godsdiens nie, maar soos Hyself in Sy Woord ons beveel het.
Daardie gebod word verklaar in hierdie Sondagafdeling, waarin voorgestel word:
1. Die verk1aring, in Vraag 96.
2. Enkele besware tot nadere verklaring beantwoord, in die Vrae 97 en 98.
DIE TWEEDE GEBOD
Exodus 20: 4-6 en Deuteronomium 5: 8-10
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod ?
Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie b).
a) Deut. 4: 15-29, Jes. 40: 18-25, Rom. 1 : 23-25, Hand. 17 : 29. b) 1 Sam. 15 : 23, Deut. 12 : 30-32, Matth. 15 : 9.
Verklaring van Vraag 96
Bastingius. In die eerste gebod is verklaar, dat ons alleen die enige God mag liefhê, eer en dien, naamlik Hy wat Homself aan Sy Kerk in Sy Woord geopenbaar het. Maar hoe hierdie God deur ons gedien en ge-eer wil word, word hier met goeie onderskeiding in die tweede gebod onderwys, te wete nie deur beelde of enige vorm, maar alleen op so ‘n manier soos Hyself in Sy Woord uitdruk en voorskryf, om Sy diens daarvolgens in te rig.
In die tweede gebod is twee sake begrepe: Die gebod se1f, en ‘n vermaning en aansporing tot gehoorsaamheid. Oor die gebod sal ons eerste spreek, en daarna oor die bygevoegde vermaning.
Die doel waartoe die gebod gegee is, is: Sodat ons die ware God, wat in die eerste gebod aangebied word, dat ‘n mens Hom alleen sa1 dien …., reg gedien word; of dat die ware en wettige wettige godsdiens suiwer en onvervals gehandhaaf en deur geen bygelowige dienste enigsins ontheilig sal word nie.
Daarom wordt hier alle eiewillige, d.w.s. versinde diens van God verbied, en die ware godsdiens gebied, wat uit alle uiterlike en innerlike werke bestaan, soos God dit gebied het, en wat gedoen word uit ‘n opregte geloof, in die sekerheid dat die persoon en die werk God behaag ter wille van die Middelaar; voornamelik met die bedoeling, dat God ge-eer en ons hierdeur een reël van die ware godsdiens voorgeskrewe word, dat ons nie alleen die skepsels of bee1de vir geen God hou nie, maar dat ons ook selfs die waaragtige God nog by, of deur beelde, nog op enige andere manier dien, as wat Hy beveel het.
En dat ons die godsdiens wat Hy ingestel het, met alle vlyt en ywer waamemen, en dit onvervals bewaar. En hiertoe behoort die sewende reël: Dat wanneer die vernaamste soort genoem word, ook alle ander bedoel word, wat daarmee enige verwantskap besit. Want as God hier een van die vernaamste en mees bekende soorte van ongeoorloofde godsdienste verbied, naamlik die diens deur die beelde, dan sluit Hy die andere nie uit nie, maar noem alleen dit, omdat dit die allergrofste is, en ‘n teëlaarde is van alle andere, wat Hy daarom ook meteens verbied, omdat daarin dieselfde rede tot ‘verbieding’ aanwesig is, naamlik afgodery.
Daarom word alle godsdiens wat nie deur God self ingestel is nie, maar deur mense uitgedink is, deur hierdie grofste soort met name te verbied, en word ons ook tewens ‘n reël gegee, dat ons ons heilig en eerbiedig moet hou binne die perke, wat ons deur God “voorgesteld zijn”, ja dat ons nie die minste moet af- of toedoen van en aan die diens, wat deur God ingestel is nie; “hetgeen” ons ook op andere plekke in die Skrif “overal” beveel word, soos onder andere in:
- Spr. 30 : 6: "Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ’n leuenaar openbaar word nie.”
(Bastingius. Tot hierdie doel het God onder die Ou Testament die ganse Levitiese diens, met alle offerande en andere seremonies so naarstiglik vir Sy volk voorgeskrewe en ingeprent, sodat sy geen rede sou hê om iets vreemds of nut te versin nie. Dit moet ons ook onder die Nuwe Testament volgens hierdie wet bedink, en ons alleen aan Gods Woord hou, sodat ons die ware godsdiens en die regte gebruik van die sakramente leer. Dit betuig Christus in Matth. 15 : 9 op grond van Jes. 29 : 13: ""Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is," en in Johs. 4 : 24: "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid".)
Vertalingsnota: Ursinus spreek dan in ‘n paragraaf die beswaar aan dat die eerste twee gebooie eintlik een gebod is, soos Rome dit het. In sy antwoord skryf hy dan verder:
… Ook is dit nie waar dat in die 1e en 2e gebod dieselfde sonde verbied word nie. Want hoewel dit in die algemeen dieselfde sonde is, n.l. afgodery, wat in beide (gebooie) verbied word, tog word in die 2e gebod een andere vorm of soort van afgodery verbied, as in die 1e, soos al vroeër bewys is. Intussen “dient” mens tog daarop te let, dat hierdie gebooie so met mekaar saamhang, dat die 2e nie oortree kan word, of die 1e word dan ook oortree.
Want as God anders gedien word as wat Hy gedien wil word, dan word daar ‘n ander wil van God versin/uitgedink, en derhalwe ook een andere god. Daarom word God dan nie gedien nie, maar ‘n afgod, ‘n produk van mense se “hersenen,” die men denkt zo gesteld te zijn.
Teen die opregte godsdiens en dus ook teen die tweede gebod stry (die volgende sake – SLC):
a) Afgoderij, wat ‘n versinde of bygelowige godsdiens is. Soos ons al eerder gesê het, is die afgodery twee-erlei.
Die een is ‘n growwe afgodery wanneer ‘n mens valse en versinde gode dien, wat in die eerste gebod verbied word, en ten dele ook in die derde gebod.
Die andere is ‘n meer subtiele afgodery, wanneer ‘n mens hom voordoen, asof hy die ware God wil dien, maar as ‘n mens dan dwaal in die manier van die diens, d.w.z. as mens God wil dien met ‘n werk, wat Hy nie gebied het nie.
Dit word eintlik in die 2e gebod verbied en heet eiewillige godsdiens of superstitie, as mens by God se gebooie nog menslike instellinge voeg. Daarom word hul superstieuse of bygelowige mense genoem, wat die diens van God met hul versinsels vervals.
Dit word orals in die Skrif verbied:
- Jes. 29 : 12 en Matth. 15 : 9: "Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is."
- Kol. 2 : 8: “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.”
- en vers 16: "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie,”
- en vers 22ev.: "almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.".
b) Huigelary
Dit is ‘n veinsery van die opregte godsaligheid en diens van God, deur die uiterlike werke te doen, wat deur God gebied is; deugde en seremonies, sonder ‘n ware geloof, bekering en innerlike gehoorsaamheid, Jes. 29 : 13ev.:
"Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar", ens.
Sien hoe hierdie huigelary gevoeg word by die gebooie van mense, as daaronder inbegrepe.
c) Goddeloosheid
Dit is ‘n veragting of moedwillige verwaarlosing (nalating) van die religie in sy geheel en van die uiterlike en innerlike godsdiens of ‘n deel daarvan. En daarom stryd hierdie sonde nie alleen teen die tweede gebod, maar ook teen die diens van die hele 1e Tafel.
Beswaar:
Ten gunste van de verdediging van die superstitie of eiewillige godsdiens (word die volgende argument aangevoer – SLC): “Die tekste uit die Skrif, wat kort tevore teen die eiewillige godsdiens ingebring is, soos Jes. 29 : 13, Matth. 15 : 9, Kol. 2, die verse 8, 22 en 23, en wat elders aangehaal is, soos Ez. 20: 18, Deut. 12: 8, Gal. 5 : 1, ens., spreek alleen van die seremonies van die wet van Moses en van goddelose gebooie van mense. Daarom moet die andere menselike gebooie, wat deur die Gemeente of Opsieners daarvan ingestel word - as dit niks gebied wat met God se Woord in stryd is – nie veroordee1 word met die naam van eiewillige dienste nie, maar dan is dit diens van God.”
Antwoord:
Dit is nie waar dat in hierdie plekke alleen gespreek word van die seremonies van Moses se wet of goddelose gebooie van mense nie. Want die verklaring wat by die tekste gemaak is, wys aan, dat ook alle andere menslike wette verwerp word, wat iets gebied om God te dien, wat deur God Self nie gebied is nie,[10] hoewel dit een saak is, wat op sigself deur God nie verbied is en daarom nie goddeloos is nie. Want op die manier verwerp Christus die instelling van die Jode, wat in sigself nie goddeloos was, insake die was van hande, omdat hul meen God daarmee te dien, Matth. 15 : 11: "Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.”
Sodanig is ook die ongehude staat, die onderskeid in spyse en dae, waaroor Paulus spreek en wat hy, terwyl hul as noodsaaklik opdring word, "leringe van duiwels” noem (1 Tim. 4 : 1 en 3), van watter dinge hy tog op ander plekke leer, dat dit die godsaliges wel geoorloof is, soos in Rom. 14 : 6, 1 Kor. 9 en 10 : 25v.
Daarom is dit ook duidelik, dat deur sulke en dergelike tekste uit die Skrif ook alle middelmatige werke verbied word, n.l. sulke werke, die deur God nog verbied nog gebied word, wanneer dit maar gebied word en gedoen word as ‘n diens van God, d.w.s. sodat God deur die doen daarvan ge-eer word en deur die nalating daarvan onteer sou word.
En die middelmatige dinge moet van die diens van God onderskei word, veral om drie redes:
1. Omdat ‘n andere versinde godsdiens beteken: een andere wil van God en daarom ook ‘n andere god versin. Daarom word dié wat dit doen, soos vroeër ‘n Aaron en Jerobeam, ewe goed van afgodery beskuldig, as hulle wat inderdaad een andere god dien as die HERE, wat Homself in die Kerk geopenbaar het (Ex. 32 : 58, 21 en 25; 1 Kon. 12 : 30 en 33, en id. 13 : 33v.).
2. Omdat wanneer die diens so deur elkeen vermeng word, ook God met de afgode vermeng word, dat Hy dan ge-eer word met diens wat deur mense uitgedink is.
3. Omdat daar in Rom. 14 : 23 staan: "Alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde". En wie iets doen om God te dien en nie weet of God wel op daardie manier ge-eer wil word nie, handel nie uit die geloof nie, aangesien hy nie weet of die werk God behaag nie, ja dan nee, ja, selfs God verag, omdat hy durf doen wat Hom mishaag.
[1] Ursinus, Zacharias (1534–1583). German reformer and theologian. A reforming theologian, Ursinus was born at Breslau in 1534 and studied at Wittenberg from 1550 to 1557. He then moved to Geneva for further study and from there took a teaching post in his native city of Breslau. His doctrine of the Lord’s Supper led to his dismissal from Breslau in 1559. But in 1561, thanks to his mentor Peter Martyr Vermigli, he received an invitation from Elector Frederick III to come to Heidelberg as director of the theological academy. It was at Heidelberg that with Caspar Olevianus he made his most notable contribution to church life by drafting the Heidelberg Catechism (1563). He also undertook the defense of the Catechism against Lutheran objections. From 1562 he added the professorship of dogmatics to his administrative duties and also prepared a new liturgy. Zanchius relieved him of the burden of teaching in 1568, but Ursinus became involved in a difficult struggle to bring in a new discipline on the Genevan model (1570). The death of the elector in 1577 opened the way for Lutheran influences; Ursinus, with Zanchius, moved to Neustadt in 1578 and spent his last years there. In addition to his work on the Catechism, he also wrote an important treatise on the Lutheran Book of Concord and did much to promote Peter Martyr’s Loci.- G.Bromiley (in: Douglas, J. D., Comfort, Philip W. & Mitchell, Donald, Editors, Who’s Who in Christian History, Wheaton, Illinois: Tyndale House Publishers, Inc. 1992).
[2] Sien ook die Skotse Konfessie (1560); Franse Konfessie (1561) en die Westminster Konfessie (1643-48).
[3] Voetius’ Catechisatie over den Heidelbergschen Catechismus (Rotterdam: Gebroeders Huge, [1662] 1891), p.783.
[4] Sien die blad: Waarheid en Dwaling, Maart 2004, p.9,10 en die e-pos bespreking op die Calvyn poslys (Sept./Okt 2005).
[5] Sien die volgende Esra Verslae, wat artikels bevat wat die teendeel bewys: nrs.41 (Die Psalms); nr.42 (Anno Domini); nr.45 (Feesdae); nr.49 (Reformatio Ecclesiae); nr.54 (1859?); nr.55 (Ons gedrag in die huis van God).
[6] Aangehaal deur Derek W.H. Thomas, The Regulative Principle: Responding to Recent Criticism, in: P.H. Ryken (red.), Give Praise to God: A Vision for Reforming Worship (Phillipsburg, NJ: P&R Publishing), p.82.
[7] “First, whatever is not commanded we are not free to choose. Secondly,nothing which does not tend to edification ought to be received into the Church,” ibid., p.82. Laasgenoeme frase van Calvyn, “niks wat nie dien tot opbou nie moet in die Kerk ontvang word nie’, word gevind in ons belydenis by NGB artikel 32: “Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou.”
[8] Ibid., p.10.
[9] Sien ook die werkstuk van ds. Wes Bredenhof, wat deeglik uitwys dat die regulerende beginsel begrond is in NGB artikel 7 oor die genoegsaamheid van die Skrif: “Die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word”. Verkrygbaar by Esra Boeke.
Monday, January 1, 2007
DIE UITVERKIESING VAN GOD deur ds. M. Postma
DIE VASTE FONDAMENT VAN DIE SALIGHElD VAN DIE UITVERKORENES
deur Ds. M. POSTMA, M. A. te Pretoria[1]
Teks: 2 Tim. 2:19, “Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”
Leerrede oor 2 Tim. 2 : 19.
Sing: Ps. 89: 1.
Lees: 2 Tim. 2 en Rom. 8: 28-39.
Sing: Ps. 89: 7.
Gebed.
Sing: Ps. 89: 8.
Teks: 2 Tim. 2 : 19.
Gebed.
Sing: Ps. 138: 4.
Uit die gevangenis te Rome skryf Paulus hierdie sendbrief aan Timotheus, wat toe leeraar te Efese was. In die eerste hoofstuk van hierdie brief wek hy Timotheus ernstig op om die dierbare, voortreflike en vertroostende leer van die Evangelie van Jesus Christus naarstigtelik te verkondig en te versprei. In die tweede hoofstuk vermaan hy Timotheus tot getrouheid en standvastigheid in die verdrukking (v. 3): “Ly dan verdrukking soos ’n goeie krygsman van Jesus Christus.”
Hy beveel hom om die leer van die opstanding van Jesus Christus uit dood met erns te verkondig (v. 8): “Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is.”
Hy waarsku hom teen die ketters, veral Himenéüs en Filétus, wat die opstanding uit die dood verloën (v.17,18): “onder wie daar Himenéüs en Filétus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.”
In hierdie verband wys Paulus op die vastheid en sekerheid van die saligheid van die gelowiges. Van die ewigheid af het God uitverkies wie salig gaan word, en al wyk sommige nou van hierdie waarheid af, verander dit nie die besluit van God nie. Hulle wat afwyk behoort dan nie tot die getal van die uitverkorenes nie. Dat daar sulke valse leringe en dwalinge versprei sou word, word deur Christus reeds voorspel in Matt. 24:24: “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”
Maar dié, naamlik die uitverkorenes, kan nie verlei word nie, want hul saligheid is vas en seker in die ewige raad van God. Die apostel Paulus vergelyk hul sekerheid van die saligheid met ‘n fondament wat vas, heg en seker is. Die fondament lê diep en kan nie beweeg word nie. Die voorneme van God na die ewige verkiesing is vas en seker, daarom sê die profeet Jesaja in hoofstuk 14 : 27: “Want die HERE van die leërskare het dit besluit - wie sal dit kan verydel?”
En weer in Jesaja 46 : 10: “Wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.”
Die name van die uitverkorenes is in die hemel in die boek van die lewe opgeskrywe, want die Here Jesus sê in Luk. 10: 20: “Maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.”
Hierdie uitverkorenes, wat van hul saligheid in Jesus Christus, deur God se Heilige Gees verseker is, mag dan ook nie en sal dan ook nie agter alle ligsinnige leer en dwalinge aanloop nie.
In hierdie teks spreek die apostel van een seël. Die vaste fondament van God staan en het hierdie seël. Hierdie fondament het ‘n seël, waarvan aan die een kant as’t ware geskryf staan: “Die Here ken die wat syne is”, en aan die ander kant: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”
Die heerlikheid van hierdie uitverkiesingsleer is dat God die wat Syne is van alle ewigheid af ken. Die Here Jesus self het dit gesê waar Hy Homself vergelyk met die Goeie Herder (10: 14): “Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.”
Die verwerpers van die predestinasie of uitverkiesing beskuldig dikwels die aanhangers en verdedigers daarvan, van sorgeloosheid. Hulle sê die predestinasie maak sorgelose mense, want, sê hulle, as die Here van ewigheid besluit het wie salig sal word, dan kan die mens maar lewe soos hy wil, hy sal wel tog salig word, as hy uitverkore is.
0 nee, sê ons, dit is ‘n valse beskuldiging. Nee, die predestinasie of uitverkiesings-leer, maak nie sorgelose, maar inteendeel, versigte mense. Want as ek eenmaal weet dat God van ewigheid my so liefgehad het om my tot die ewige lewe te verkies, dan sal ek, met God se hulp, tog o so versigtig lewe en wandel om hierdie God nie te bedroef nie. Daarom sê die tweede gedeelte van ons teks tog so uitdruklik: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”
In hierdie vers sien ons dus in die eerste gedeelte die heerlike leer van die uitverkiesing aan ons voorgestel: “Die Here ken die wat syne is”, en in die tweede gedeelte die uitwerking, die gevolg van die aanneming van hierdie leer, naamlik: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”
Na aanleiding van ons teks, met die hulp van die Here, wys ek u dan op:
1. Die heerlike troos van die uitverkorenes: “Die Here ken die wat syne is”
a. God ken die wat Syne is van ewigheid af, van die grondlegging van die wêreld.
b. God ken die wat Syne is in die smarte van wedergeboorte en verseker hul van hul saligheid.
c. God ken die wat Syne is in die moeilike stryd van die geloof.
d. God ken die wat Syne is in hul beproewinge en liggaamlike lyding in hierdie rampwoestyn.
2. Die ernstige waarskuwing en vermaning wat daaruit volg: “Doen afstand van die ongeregtigheid”
a. Doen afstand van die ongeregtigheid van alle valse leer.
b. Doen afstand van alle ongeregtigheid in u wandel.
1. Die heerlike troos van die uitverkorenes
a. God ken die wat Syne is van ewigheid af, van die grondlegging van die wêreld.
Die Here Jesus sê in Matt. 25: 34: "Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af."
Toe, in die ewigheid wat nie ‘n begin het nie, toe hemel en aarde gegrondves is, toe daar nog niks van ons, die uitverkorenes was nie, ja, toe het God in Jesus Christus, Sy geliefde Seun, Hom ontferm oor sy volk, die uitverkorenes, en hul liefgehad. ‘n Moeder het haar kind vurig lief reeds vóór die geboorte, maar die onbegrypelike liefde van God gaan veel verder terug, tot die grondlegging van die wêreld. By die grondlegging van die wêreld het God reeds sy uitverkorenes geken, sien Matt. 20: 16: "Want baie is geroep, maar min uitverkies."
Joh. 6 : 37: " Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie."
Die uitverkorenes is ook geheel onmagtig om tot God te gaan; hy word getrek soos Jesus sê in Joh. 6: 44: "Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie.”
En Paulus sê so heerlik in Rom. 8 : 29: "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders".
So uitdruklik sê Paulus in Efesiërs 1 : 4: "Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees".
0 ! as die uitverkorenes, as die kind van God nadink oor hierdie ewige, hierdie onbegryplike liefde, dat God hom liefgehad het by die grondlegging van die wêreld en toe reeds in Jesus Christus, die Saligmaker, wie bestem was om vir hom te ly, dan sink hy weg in dankbaarheid.
By die grondlegging van die wêreld word die naam van die uitverkorenes in die boek van die lewe geskrywe. Die uitverkorenes kan dus nie verlore gaan nie, want die raad van God staan vas. Dit is wel treurig wanneer ‘n uitverkorene, soos ‘n Dawid, in sonde val. Maar hy kan nie wegval nie. God rig hom weer op uit sy diepe val en bewaar hom vir die ewige lewe, want die Here sê immers in Jes. 49 : 16: "Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer".
Maar die uitverkorene kan homself dan ook nie self bekeer nie en kan ook nie deur ‘n ander, deur sy medemens, mede-sterweling, bekeer word nie. 0 nee, die bekering is ‘n goddelike werk. Veral in ons tyd gaan baie rond om mense te bekeer en doen so tekort aan God se eer.
Die predestinasie, die fondament van die suiwere Gereformeerde leer, word ontken en verwerp. Daardeur, deur hierdie verkeerde verwerping, word dan ook ons voortbestaan als Calvinistiese, as Afrikaanse volk, vernietig.
Heerlik is dus hierdie troos vir u, gelowige ! uitverkorene !, dat God u reeds by die grondlegging van die wêreld geken en liefgehad het. Om nog meer te sê, Christus, God se Seun het ons liefgehad toe ons nog sondaars was, toe ons nog kragteloos, toe ons nog vyande was, want sê Paulus in Rom. 5 : 6 “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.”
Toe ons nog diep in die val van Adam was, toe het Christus vir die wat Syne is gesterwe. Daarom sê Paulus is Rom. 5 : 7, 8 “Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe - vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe - maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
Maar, sê u, hoe weet ek dat ek ‘n uitverkorene is ?
Dit kan u, dit moet u weet in hierdie lewe voor u dóód. Die Here gee deur sy Heilige Gees sekere kenmerke in onse harte, waardeur ons oortuig word: “God het ons uitverkies tot die ewige lewe.” Byvoorbeeld, wanneer u diepe smart en rou oor u sonde voel, is dit ‘n wenk van die Heilige Gees, en ‘n bewys dat God u trek, want in die natuurlike mens sal hierdie smart nie wees nie.
Wanneer, deur God se Heilige Gees, die kragtige en onbegryplike liefde van Jesus Christus in u hart uitgestort word en die siel tot Christus, as die enigste Borg en Middelaar getrek word - dit is ‘n kenteken van die uitverkiesing - want in die wêreldse, natuurlike hart woon die liefde van Christus nie. Wanneer die siel lus en welbehae kry in die dinge van God se Koninkryk, heilig wil lewe en wandel, en, die Naam van Jesus Christus bo alles liefhet en bemin - dit is ‘n kenteken van die uitverkiesing (sien ook NGB artikel 24, HK v/a 64; DL 5.9; 5.V5 – SLC).
So keurig word dit uitgedruk in die vyf artikels teen die Remonstrante - Hoofstuk 1 art. 12 oor die verkiesing en verwerping – wat ons hier letterlik oorneem:
Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur in verskillende trappe en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenheid en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem.
O heerlik ! O salig is u troos, u uitverkorene ! u gelowige ! u kind van God ! U het niks gebring nie, u kon niks voeg by u saligheid nie. Maar u verbonds-God het u liefgehad by die grondlegging van die wêreld. Hy het toe u naam in die boek van die lewe geskrywe, en op sy tyd deur sy Heilige Gees, aan u hart die versekering van hierdie ewige verkiesing gegee. Aan God alleen die lof, eer en danksegging nou en tot in alle ewigheid !
Is u uitverkore ?
Dit is een allergewigte vraag.
b. God ken die wat Syne is in die smarte van wedergeboorte en verseker hul van hul saligheid.
Elke siel wat op ‘n latere leeftyd wedergebore word, ondergaan in die wedergeboorte bittere smarte, want immers dan word die siel oorgeplant uit die ryk van die duisternis in die wonderbare lig van Christus. Die siel word losgeskeur van die sonde en ongeregtigheid, en tot Christus, die enigste Borg en Middelaar gebring. Dit kan geen mens doen nie. Dit is ‘n goddelike werk in die siel. Juis in sulke smartlike oomblikke is dit ‘n troos om te weet dat God die wat Syne is ken. In hierdie oomblik bring God die siel, deur middel van sy Heilige Gees tot die wedergeboorte, tot die nuwe mens. Dus kan een mens ‘n ander mens nooit bekeer nie. Daarom staan daar so duidelik in ons Borstius Kinder-vraagboekie:
Vraag. Kan die mens homself bekeer?
Antw. Nee, God gee die bekering tot die lewe.
Wanneer die siel, deur God se Heilige Gees, tot ontwaking gebring word en haar eie ellende en doemwaardigheid insien, dan beef en skrik hy, want immers het hy te doen met ‘n regverdige God en die ewigheid staan hom voor die deur. Maar dan hoor hy die lieflike lokstem
van die Here Jesus in Matt. 11: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."
Die siel is dood in sonde en misdade en dreig om verslaan te word deur die satan, die vors van die duisternis. Maar in ‘n oomblik omhels die Here Jesus die siel so lieflik en toon haar sy ewige
liefde. Deur die Heilige Gees word die siel deur die wedergeboorte gebring tot die nuwe lewe in Christus en vind dan rus en vrede. Die walglike, die afskuwelike toestand van die siel in die wedergeboorte word so duidelik beskryf deur die profeet Esegiël in die 16de hoofdstuk deur die beeld van ‘n pasgebore kind wat onrein is. Ons wil u aanbeveel om tog biddend en bedaard die hele hoofstuk te lees, veral vers 6: “En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!”
Maar in dieselfde vers en dieselfde hoofstuk word ook die goddelike krag in die bekering getoon deur die woord: "Ek vir jou gesê - Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!”
Terwyl die siel haar rondmaal in haar onreine bloed van sonde en ongeregtigheid, gee God se Heilige Gees lewe, krag en genade. As die barmhartige God Hom nie in sulke oomblikke ontferm oor die siel nie, dan moet dit verniel en verwoes word deur die sielevyand, die satan. Daarom skryf die kind van God die wedergeboorte toe nie aan homself of enige mens nie, maar aan God en God alleen.
Hoe troosryk is hierdie waarheid dat God die wat Syne is in die wedergeboorte ken en ook verseker van hulle ewige saligheid. Met Paulus roep die kind van God dit uit in 2 Tim. 1 : 12: “Ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.”
In die Heilige Skrif vind ons dan ook baie duidelike voorbeelde dat God deur sy Heilige Gees, die siel in die wedergeboorte ken. As Saulus op die weg na Damaskus verbryseld op die aarde lê en in die hewige sielestryd verkeer, roep Jesus van die hemel tot hom: "Ek is Jesus wat jy vervolg", en vind hy rus in die Saligmaker. As die tronkbewaarder te Filippi, in die bange nag, in die kerker worstel met sy onsterflike siel en deur Paulus en Silas op Jesus Christus as die
Enigste Redder en Saligmaker gewys word, Hand. 16: 25-34, ken God hom in die smart van die wedergeboorte en die ewige lig van God se genade skyn in sy siel. God ken die wat Syne is, maar wie Syne is ken ook vir Hom. Hulle weet en voel, dit is die tyd van beminning.
Ken u daardie oomblik van wedergeboorte in u lewe ?
0, hoe gelukkig wanneer u dit ken, maar indien nie, dan leef u nog onbekeerd voort, in die sonde en ongeregtigheid. Hoe vreeslik is dan u toestand.
c. God ken die wat Syne is in die moeilike stryd van die geloof.
Wanneer die wedergeboorte plaasgevind het, dan is maar nog die eerste treë op die weg van die geloof gestap, daar moet nog ‘n geloofslewe volg. Daar kom dan ‘n moeilike stryd, want ons het drie doodsvyande wat ons siele vervolg en probeer doodmaak, naamlik: die satan, wat die vors van die duisternis is, die wêreld en ons eie verdorwe vlees. In hierdie moeilike stryd ondersteun en versterk God die wat Syne is deur sy goddelike krag. As ons die goddelike hulp elke oomblik nie ervaar nie, dan moet ons nie beskwyk nie. Daarom kon Dawid, die man na God se hart, wat vele sielestryd moes ondergaan, so gelowig sing in Ps. 27 : 7 (berymd):
As ek op aard, deur soveel smart omgewe,
Omring deur droefenis en dood en rou,
nie meer sou glo dat ek in hierdie lewe
die goeie van Gods hand nog sal aanskou –
dan het ek lankal in my druk versmag.
Wees sterk, my siel, wees altyd sterk en wag !
Die HEER sal hoor en op jou roepstem merk,
Hy sal jou weer met nuwe krag versterk.
In hierdie moeilike stryd bid Jesus vir hulle wat Syne is, stry vir hulle, bewaar hulle en bring hul eenmaal in die baie wonings daarbo. Die gelowige het geen krag. Al sy krag is in sy Verbonds-God. Al het die gelowige so menigmaal en so swaar gesondig, sy Verbonds-God laat hom nie los nie. Sien byvoorbeeld die aartsvader Jakob vlugtende na Paddan Aram. Hy het alles verbeur, niks verdien a.g.v. sy bedrog en sluwe lis - maar in die bange nag te Bet-el, kom sy Verbonds-God tot hom aan en bowendien van die leër en sê (Gen. 28 : 13): “Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee".
Ons hoor van geen verwyt, wat Jakob eintlik verdien het, maar enkel van liefde en ontferming, en nog weer in vers 15: "En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan".
Petrus, die vurige apostel, wil sink op die ope see en roep dan uit: "Here, red my!" (Matt. 14 : 30). Maar Jesus gryp hom by die hand en sê: " Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?" (v. 31). Die siel kwyn menigmaal en satan bestorm haar op alle moontlike wyses om die geloof uit te doof, maar hier kom die heerlike troos in Jes. 42 : 3: “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie".
God dink aan sy verbond wat vas en seker is.
Paulus, die apostel, wat tog so sterk is in die geloof, voel en beskryf die inwonende stryd van die geloof in Rom. 7 : 18, 19: " Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.". En verleë roep hy dan uit in vers 24: " Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?" Maar hoor wat sy heerlike vertroue en vaste hoop is, soos dit uitgedruk word in vers. 25: " Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!".
Gelowige ! God ken u in hierdie stryd. Hy hou u staande.
0, in hierdie aanvegtinge vlug die siel tot Christus, soos die duif na Noag se ark. Die duif kon geen rus vir haar voete vind nie, so kan die siel geen rus vind buite Christus nie. Heerlik is dan u troos, uitverkorene. God ken u in hierdie moeilike stryd, versterk en help u en gee in uiteindelik die oorwinning, want Jesus, u Saligmaker, het aan die kruishout uitgeroep: Dit is volbring ! Vertrou dan vas op Hom.
Is u ‘n uitverkore ?
Dit is ‘n allergewigtige vraag.
d. God ken die wat Syne is in hul beproewinge en liggaamlike lyding in hierdie rampwoestyn.
Hierin bestaan ook die heerlike troos van die uitverkorene, dat God hom ken en help nie alleen in alle sielelyding nie, maar ook help en ken in alle liggaamlike lyding en smarte. Die liggaam van die gelowige is ook die eiendom van Christus, waarvoor Hy sorg. Hierin bestaan die voortreflikheid van die Gereformeerde leer, wat aan ons preek en leer dat onse Hemelse Vader ook vir ons liggame en tydelike bestaan sal sorg. Ons het dus geen dweepsieke leer, wat verkondig dat ons alleen vir die siel moet sorg nie. Nee, daarom is ons Calviniste, Gereformeerdes en nie Metodiste nie. Die strenge Metodis leer dat as iemand bekeerd word, hoe gouer hy dan sterf en na die hemel verhuis, hoe beter. Die strenge Calvinis, die Gereformeerde, daarenteen leer dat as iemand bekeer word, hoe langer hy deur Gods genade kan lewe, hoe beter; want dan is hy eers nuttig op elke gebied en terrein van die lewe. Want dan versprei en verbrei hy die ewige beginsels van God se liefde in Christus, die ewige beginsels van waarheid en geregtigheid. Hy word dan ‘n soutende sout vir kerk en maatskappy.
So pragtig word hierdie sorg van God vir ons ligame, vir ons tydelike bestaan uitgedruk in die eerste vraag en die antwoord daarop in ons Heidelbergse Kategismus, dat ons elkeen wil aanraai om dit uit die hoof te leer en ernstig te bedink. Dit lui as volg:
Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe ?
Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ’n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.
Maar o, die gelowige, die kind van God, het soveel liggaamlike lyding deurgegaan, soveel bittere beproewing ondergaan in hierdie rampwoestyn van die lewe. Die Vader laat dit juis toe dat soveel storms oor sy kind moet kom, om hom te beproef en te louter vir God se Koninkryk. Die Here Jesus het immers self gesê (Joh. 16: 33): "In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."
Maar in al die beproewinge en smarte ken God die gelowige. Hy help, red en beskerm hom, neem die kruis weg of gee anders krag op die pad van die kruis. '
In die geskiedenis van God se volk, Israel en sy kinders, is soveel treffende voorbeelde van die redding van God. Toe Israel sug in die verdrukking in Egipte, beskik God ‘n Moses en Aäron wat hul uitlei. Met manna word hul gevoed in die woestyn.
Toe Dawid, die man na God se hart, rondvlug in die woestyn voor Saul, beskerm, bewaar en red God sy kind keer op keer.
As Job in die grootste ellende – liggaamlik en geestelik neersit en treur - ken God hom in al sy ellende, troos en red hom, sodat hy in geloofstriomf uitroep (Job. 19: 25): "MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan."
Die drie jongelinge in die vurige oond word wonderbaarlik bewaar, die monde van die leeus word vir Daniel in die leeukuil gesluit sodat hy ongedeërd daaruit kom.
God ken hulle wat Syne is in hul tydelike nood.
Onse dierbare Saligmaker spysig vyfduisend mense met vyf brode en twee visse (Matt. 14 : 15-21). Die apostel Paulus, die groot geloofsheld, word so menigmaal in die bangste gevare bewaar en gered.
Kind van God ! uitverkorene, gaan dus met al u tydelike nood en behoeftes tot onse genadige Verbonds-God. Hy ken ons en kan en wil ons red. Maar weet dit, as Hy u nie daarvan red nie, dan moet u u kruis met lydsaamheid dra en die woord van die apostel Paulus leer verstaan in Rom. 8 : 28: "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is."
Want God soek bo alles die geestelike en ewige heil van sy uitverkorenes. Daarom moet dan ook menigmaal die gelowige op aarde swaar beproef en gelouter word, om geskik gemaak te word vir God se ewige en heerlike koninkryk.
2. Die ernstige waarskuwing en vermaning wat daaruit volg:
“Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid”
Ons het opseltlik lank stilgestaan by die eerste gedeelte, om u die heerlike troos van die uitverkiesings-leer voor te stel. Ons wil nou met ‘n kort woord van waarskuwing eindig. Reeds in die eerste gedeelte het ons gesê dat die verwerpers of bestryders van die predestinasie-leer die aanhangers daarvan, beskuldig van sorgeloosheid. Hulle sê die predestinasie maak sorgelose mense, want as dit nou eenmaal besluit is dat ek salig sal word, dan kan ek maar sorgeloos lewe – ek word tog salig. O nee ! sê ons, die predestinasie maak versigtige mense – want as ek weet dat God my van alle ewigheid af liefgehad het voordat daar nog iets van my was, dan sal ek, met God se hulp, tog o so versigtig lewe en wandel om hierdie God nie te bedroef nie, maar om Hom in my lewe en wandel te verheerlik.
Maar ek sal dan ook versigtig wees om nie alle valse leer en dwalinge na te volg nie. Daarom roep die apostel ons toe:
a. Doen afstand van die ongeregtigheid van alle valse leer.
Dit was die eerste bedoeling van die apostel – want hy wys in die vorige verse op die dwaling, wat Himenéüs en Filétus versprei het – naamlik dat die opstanding reeds plaasgevind het. Dit is ‘n groot sonde om die valse leer en dwaling na te volg. Neem byvoorbeeld die geskiedenis van Israel. God het aan sy verbondsvolk die suiwer godsdiens gegee, maar hulle wil die vreemde gode dien en die sedes van die vreemde volke navolg. Dit is waarom Israel menigmaal so swaar gekasty is en uiteindelik in ballingskap weggevoer is.
Ons het as Calviniste die suiwere predestinasie-leer ontvang en al die dierbare leerstukke wat daaruit volg. Hoe sal ons dan nou alle valse leringe wil volg ?
Wat sal u dink van die man wat ‘n rots het as fondament waarop hy sy huis kan bou, maar hy verkies tog liewer om op sandgrond te bou? Sommige dink dit is ‘n groot sonde as ‘n mens skuldig is aan dronkenskap of andere growwe sonde, maar hul meen dit is nie ‘n groot sonde om valse leringe en dwalinge aan te hang nie. Dit is ‘n ewe groot sonde.
Watter treurige verskynsel sien ons ook in ons dag. Daar kom miskien ‘n geheel vreemde man uit Engeland of ‘n ander land. Hy hou bekeringsvergaderings. Elke aand bekeer hy soveel. Hy preek en handel direk in stryd met die Gereformeerde leer, dat nie die mens, maar God die bekering tot die lewe gee. Maar vele van dié wat die Gereformeerde leer bely gaan tog daarheen en werk saam. Ja self het ons verneem en in die nuusblaaie gelees dat leraars, wat die drie formuliere van Eenheid onderteken het, daarheen gaan, meewerk en selfs hierdie arbeid aanprys. Deur so ‘n leer van ligsinnige bekering en uitwendige godsdiens word ons suiwere calvinistiese godsdiens vervals, ons Afrikaanse volksbestaan vernietig.
0, wees dan gewaarsku, gereformeerdes, om nie met sulke dwalinge van ons tyd mee te gaan en daaraan deel te neem nie. U het ‘n suiwere godsdiens soos dit aan ons in God’s Woord geopenbaar is en in ons Heidelbergse Kategismus en Geloofsbelydenis verder ontwikkel is.
Die meesleuring van dwalinge en nuwighede in die godsdiens vloei dikwels voort uit onkunde met die suiwere en eenvoudige waarhede, en omdat ons nie genoeg, en ook nie biddend genoeg, ondersoek doen nie. Die profeet Hoséa sê in Hos. 4: 6, “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.”
Daarop moet ons nadruklik en ernstig wys en vermaan. Ondersoek tog gedurig biddend God se Heilige en dierbare Woord. Lees en ondersoek ons keurige Heidelbergse Kategismus, lees en ondersoek ons onoortreflike Geloofsbelydenis agter die Kategismus en ook die vyf artikels teen die Remonstrante (Dordtse Leerreëls – SLC). Lees sulke boeke soos Brakel’s Redelijke Godsdienst in 2 dele en ander sulke ou en beproefde Gereformeerde skrywers en u sal geen lus hê in die nuwe ligsinnige leer en dwalinge, wat geen voedsel vir die hoof en hart gee nie, en die fondament van ons Calvinistiese kerk en volk ondermyn.
Daarom, doen afstand van die ongeregtigheid van alle dwalinge en wind van leringe. Hou vas aan die ou suiwere beproefde leer. Staan op die ewige fondament van God.
b. Maar doen ook afstand van alle ongeregtigheid in u wandel.
Gelowige, uitverkorene, u is duur gekoop deur die bloed van Christus, die ewige Seun van God. U mag nie in die sonde lewe en wandel nie. As u Verbonds-God dan soveel liefde vir u het, om u van alle ewigheid te verkies en lief te hê, hoe heilig moet dan ook u wandel nie wees nie. God wil u krag gee en bewaar, want uit onsself kan ons dit nie doen nie. Maar ons God lei ons van trap tot trap, en ons gaan van krag tot krag, totdat ons eenmaal voor God in Sion verskyn.
0, watter bittere smart was dit toe Noag, die uitverkorene van God, wat deur God so getrou in die tyd van die sondvloed bewaar word, in die sonde van dronkenskap geval het.
Watter bittere saak was dit nie, toe Dawid, die man na God se hart, aan wie God soveel redding en soveel liefde bewys het, geval het in die dubbele sonde van owerspel en moord !
Watter smaad word ook nie op die Naam en die Saak van die Here gebring nie !
Watter bittere beproewing was dit, selfs vir ons Heiland, dat Petrus, sy vurige en geliefde apostel, in die bittere ure van sy lyding, Hom so skandelik verloën het nie.
Gelowige, uitverkorene, wees gewaarsku deur hierdie treurige val van God se kinders vermeld in die Skrif.
Maar o, hoe gelukkig dat die gelowige dit weet, dat die Here ook die wat Syne is ken in hul val en genadiglik weer oprig. Neem dan tog gereeld en gedurig die toevlug tot u enigste Borg, Middelaar en Saligmaker, wat vir al ons sonde betaal het en ons in sy krag wil bewaar
tot die ewige lewe.
Heerlik is dus die troos van die uitverkorene: "Die Here ken die wat syne is” maar ernstig dan ook de waarskuwing, die roepstem tot hulle: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid."
Die Here heilig deur sy Heilige Gees hierdie woord aan ons harte tot eer van Sy Naam.
Amen.
[1] Vertaal uit: W.J Snijman (red.), Bewaar het Pand u toebetrouwd: Drie-en-vyftig leerreden over verscheidene stoffen door eenige Predikanten der Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika (Amsterdam: Hoveker & Wormser, 1904), bl.245-263. Ds M. Postma, een van ds.Dirk Postma se seuns, was predikant van die GKSA vanaf 1890-1926. Hy is oorlede op 26 Julie 1926.
Wednesday, December 13, 2006
DIE DORDTSE LEERREËLS: BESTRY EN BEVESTIG deur ds. Ph Snyman
DIE DORDTSE LEERREËLS: BESTRY EN BEVESTIG[1]
deur ds. Ph Snyman[2]
Die stryd om die deel van die geopenbaarde waarheid wat in die Dordtse Leerreëls bely word, duur al baie eeue lank. Hierdie referaat wil ná 'n kort oorsig oor die pogings tot ondermyning van die Skrifwaarheid aangaande die predestinasie aantoon dat in Romeine 9 nie alleen die uitverkiesing nie, maar ook die verwerping onomwonde geleer word.
I. Die bestryding van die predestinasieleer deur die remonstrante
In
Dieselfde lyn wat loop oor Arius (4e eeu), Pelagius (5e eeu) en Socinus (eerste helfte van die 16e eeu) het weer sigbaar begin word. Dieselfde hoogmoed van die menslike hart, die begeerte na selfverlossing, die ontkenning van die absolute verdorwenheid van die sondaar en die strewe om die mens op die troon te plaas, is via die Ariane, die Semi-Pelagiane e.a. voortgesit deur die Remonstrante.
Die ander lyn loop oor Athanasius (4e eeu), Augustinus (4e en 5e eeu), Calvyn en Guido du Bres na die Gereformeerdes wat op die Dordtse Sinode standpunt ingeneem het teenoor die Remonstrante.
Die botsende leergeskille onder Nederlandse Gereformeerde teoloë aan die einde van die 16e en die begin van die 17e eeu sou alleen op 'n algemene sinode opgelos kon word. Diegene wat besware gehad het teen sekere uitsprake in die bestaande belydenisskrifte[iii] was bereid om 'n sinode oor die saak te hou, mits so 'n sinode die Belydenis sou hersien.
Volgens die beswaardes was die Belydenis slegs voorlopig vasgestel en daarom kon die sinode dit wysig en finaal vasstel. Onder leiding van Utenbogaert word die sogenaamde "Remonstrantie" in 1610 opgestel:
- Artikel 1 van die “Remonstransie” handel oor die predestinasie. Daaruit blyk dat die Remonstrante nog vasgehou het aan 'n "eeuwig en onveranderlijk besluit" voor die grondlegging van die wêreld, hoewel dit begin deurskemer dat hulle die uitverkiesing op 'n vooruitgesiene geloof laat rus.[iv]
- Artikel 2 van die Remonstransie bely egter die algemene versoening, as daar gesê word "dat krachtens Gods eeuwig besluit Jezus Christus, de Zaligmaker der wereld, voor ieder mensch gestorven is, alzoo dat Hij voor allen door den kruisdood de verzoening en de vergeving der zonden verworven heeft, alzoo nochtans dat niemand de vergeving der zonden werkelijk geniet dan de geloovige".
En dan beroep hulle hul vir die algemene versoening op 1 Joh. 2 : 2.[v] Hier word dus blykbaar geleer dat die moontlikheid van skuldvergiffenis vir almal verwerf is, maar dat die werklikheid daarvan alleen die deel van die gelowiges is.
- Artikel 3, oor die noodsaaklikheid van die wedergeboorte, lewer geen probleme op nie.
- Artikel 4 roep egter ernstige bedenkinge na vore wanneer daar van die genadewerking van God gesê word: "Maar wat de manier van de werking dier genade aangaat, die is niet onweerstaanlijk; want daar staat van vele geschreven: dat zij den Heiligen Geest wederstaan hebben, Hand. 7 en elders op vele plaatsen".[vi] Van hierdie dwaling sê Wagenaar: "Als de mensch Gods genade, ook ter wedergeboorte en vernieuwing kan weerstaan of niet weerstaan naar zijn eigen welbehagen, dan moet er toch iets onafhankelijks in den mensch zijn, door welks medewerking die genadewerking slagen kan; door welks tegenwerking alle Gods genadepogen mislukt . . . Hier scheen de religie God-Zelf als God te verliezen en het eigen ik afgodisch te klimmen op het altaar".[vii]
- In Artikel 5 van die Remonstransie word die moontlikheid van die afval van die gelowiges geleer.
1. Die verkiesing rus op 'n vooruitgesiene geloof. God het naamlik hulle uitverkies van wie Hy geweet het dat hulle sou glo en tewens in daardie geloof sou volhard. Sy verkiesing rus dus alleen op sy voorwetenskap. Die een mens is waardiger as die ander, die een volk is waardiger as die ander volk. Daarom is daar voorwaardes vir die uitverkiesing. En daarom mag daar eintlik nie van verwerping gespreek word nie.
2. Jesus Christus het vir almal gesterf, maar só dat slegs die gelowiges die vergewing van sonde
3. Die geloof is in die sin 'n gawe van God dat dit aan die vrye wil van die mens deur God aangebied word. God en mens werk hier saam. Die genade help die mens, maar dit hang van die mens af of hy sal glo of nie.
4. Die mens
5. Die volharding van die heiliges is nie 'n vrug van die verkiesing en van die werk van Christus nie, maar 'n voorwaarde wat die mens self moet volbring. Daarom hang dit van die mens af of hy sal volhard en of hy sal uitval van die saligheid en vir ewig verlore sal gaan.
In een sin saamgevat, kom die dwaling van die Remonstrante hierop neer: God het die reddingstou uitgewerk en die mens
In die Dordtse Leerreëls het ons nou die antwoord of die beslissing van die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke van die Verenigde Nederlande (te
In die tetiese deel van die D.L. word nie op 'n abstrakte en deterministiese wyse gehandel oor die uitverkiesing nie. Inteendeel, die Skrifwaarheid word selfs prakties toegepas op die lewe en die stryd van die gelowiges. Daar word bv. ook gehandel oor sake soos geloofsekerheid, oor twyfelvrae wat die gelowige mag kwel, oor die dood van klein kindertjies van gelowiges, oor die stryd teen die bose natuur. Dit gaan in die belydenisskrif nie slegs oor die predestinasie nie, maar ook oor geloof, wedergeboorte, bekering, volharding, heiliging, in samehang met die werk van Christus tot verlossing van die uitverkorenes. Daarom bly hierdie belydenisskrif tot in die huidige tyd aktueel.
II. Die moderne bestryding van die predestinasieleer
Die moderne bestryding van die Bybelse predestinasieleer is ingelei deur Karl Barth:
"Wat Barth over de verkiezing naar voren brengt, kunnen wij zien als een groots opgezette poging om een wereld van misverstand te doorbreken en de moderne mens op geheel nieuwe wijze met het evangelie van Gods vrije genadige verkiezing in aanraking te brengen. Barth ziet er daarbij niet tegen op, om de klassieke leer van de praedestinatie, zoals deze bijvoorbeeld door Calvijn vertolkt is, af te wijzen en een eigen weg te gaan".[ix]
By Barth is die verkiesing kern en hoofsaak van die evangelie. Dit is die sentrale Woord van God.[x] God is die verkiesende God. Hy was dit nie net nie. Hy is dit steeds weer. Hierdie verkiesende God is Jesus Christus. En Hy is self ook die uitverkore mens. Barth wil geen woord oor die uitverkiesing spreek sonder dat hy oor Jesus Christus spreek nie.[xi] God se uitverkiesing is steeds 'n daad van sy genade, 'n handeling van God se eindelose barmhartigheid in Christus met ons.
Hier kom dit volgens Spier veral neer op: "Barth ontkent ten stelligste, dat er een eeuwig besluit Gods is, waarin Hij het eeuwig wel of wee van alle mensen van te voren in Zijn eeuwigheid heeft vastgesteld".[xii]
Terwyl God vir die mens die verkiesing gekies het, het Hy vir Homself, vir Christus, die verwerping en die verdoemenis gekies. God het Self in Christus aan die kruis die verworpene vir ons geword. Dit beteken dat predestinasie vir ons nou geheel en uitsluitend die geloof is dat God die mens nie verwerp nie.[xiii]
Barth se leer is byna iets soos die algemene versoening wat die Remonstrante geleer het. Tog sê hy nie dat alle mense salig word nie. Volgens hom moet ons die wêreld ingaan met hierdie boodskap aan elke mens: "Jy is uitverkies! In Christus het God vir jou gekies! Die verwerping is deur Jesus Christus vir jou oorwin!" Alleen as hierdie boodskap nie geglo word nie, kom 'n mens daartoe om sy verkiesing te verwerp: "Dan gebeurt het, dat in Christus uitverkoren mensen hun verkiezing tegenstaan en tenslotte, doordat zij hun verkiezing afwijzen, verworpenen worden".[xiv]
So val uiteindelik die beslissing nie meer by God nie, maar by die mens, naamlik in sy geloof. Daarom wil Barth ook niks weet van 'n geslote getal uitverkorenes of van 'n vaste besluit van God nie. God se uitverkiesing
Dit kortliks wat Barth se standpunt betref.
In die jongste tyd vermenigvuldig die getal teoloë wat allerlei vraagtekens agter die Dordtse Leerreëls, en daarmee agter die Bybelse predestinasieleer, begin plaas.
Van Teylingen wys in sy brosjure "Tussentijdse Balans"[xv] daarop dat dit mettertyd duidelik geword het dat Kuyper en Bavinck nie meer die onbestrede outoriteite in die gereformeerde wêreld was nie. In die nuwe situasie het 'n reeks nuwe probleme na vore gekom, wat om 'n antwoord begin roep het wat binne die "oude kaders" nie te vinde was nie.[xvi] Wat in die nuwe tyd in die Gereformeerde wêreld plaasvind, sien Van Teylingen as 'n proses van "herorientatie"[xvii] en van distansiëring van die skolastiek, selfs van ortodokse skolastiek.[xviii] Hy sê in hierdie verband o.a.:
"Ik denk in 't bizonder aan de studie over de verkiezing Gods, waarin met die uiterste ingetogenheid over de leer van de eeuwige besluiten Gods wordt gesproken, het neutrale speculeren over verkiezing en verwerping wordt bestreden en de fatale parallelisering van die twee in het besluit Gods wordt afgewezen".[xix]
Voorts wys Van Teylingen daarop dat in die diskussie wat onder Nederlandse teoloë ontstaan het i.v.m. die predestinasie "enkele krasse formuleringen in de Dordtse Leerregels er niet zonder kleerscheuren afkomen".[xx] Volgens hom kan die groep teoloë in Nederland wat beswaar het teen bepaalde formuleringe van die D.L., maar nie teen die inhoud en die "intentie" daarvan nie, nie oor dieselfde kam geskeer word met die voorstanders van die quatenus-standpunt nie.[xxi]
Dr. M. J. Arntzen is baie skerp in sy beoordeling van die huidige stryd op leerstellige gebied onder Nederlandse teoloe.[xxii] Hy bestempel 'n deel van die diskussie i.v.m. die D.L. as "openlijk kritiek... op hetgeen het hart van ons belijden is, op de leer van verkiezing en verwerping en op de absolute onfeilbaarheid van de bijbel".[xxiii]
In hierdie verband sê hy: "Onze theologen moeten hun krachten veel meer gebruiken tot verdedigen van het gereformeerd belijden, dan in het stelselmatig ondermijnen ervan".[xxiv] Hy skryf oor die kritiek wat in die Gereformeerde Kerke met altyd groter vrymoedigheid gelewer word op die Dordtse Leerreëls, en dit nie slegs op bykomstighede nie, maar op die sentrale tema van verkiesing en verwerping.
Prof. K. Dijk wys in sy brosjure "Koerswijziging in onze kerken?" op verantwoorde wyse daarop dat die leer van verwerping deur baie teoloë min of meer ontken word. Daar word betoog dat die Heilige Skrif ons niks leer van 'n besluit oor die verwerping nie. Artikel 16 van die N.G.B. en hfst. I, artikels 15 en 16 van die D.L. vind volgens sommige teoloë geen steun in die Skrif nie.
Lees 'n mens wat dr. G. C. Berkouwer sê in sy "Dogmatische Studien" oor die verkiesing en verwerping, dan is dit duidelik dat daar op meer as een punt ernstige rede is om sy gebondenheid aan die D.L. te bevraagteken. Hy stel op kenmerkende wyse sy besware in hierdie verband meesal in die vorm van vrae. Nadat hy bv. tereg daarop gewys het dat volgens die D.L. die verkiesing die fontein is van alle saligmakende goed waaruit die geloof, ens., as vrugte voortvloei en dat God en sy raad nie gesien word as die oorsaak of oorsprong van die sonde en die ongeloof nie, sê hy:
"Er is nu echter een uitspraak, die hiermee in strijd schijnt te zijn, nl. wanneer de canones direct na het aanwijzen van de oorzaak of schuld van ongeloof in de mens, schrijven: Dat God sommigen in den tijd met het geloof begiftigt, sommigen niet begiftigt, komt voort uit zijn eeuwig besluit".[xxv]
Berkouwer stel hier dus sagkens sy beswaar teen die aangehaalde sin in die D.L., hfst. I, art. 6. Dat hy wel beswaar het teen die uitdrukking, blyk duidelik uit die volgende woorde:
"In deze strijd (nl. oor die verwerping - Ph. S.) speelde vooral een rol het feit, dat in de Schrift telkens van Gods verwerpen gehandeld word als een Goddelijk antwoord in de geschiedenis, een reactie op menselijke schuld en ongehoorsaamheid. In zulke uitspraken is niet Gods verwerping ‘oorzaak' van de schuld, maar roept de schuld het antwoord der verwerping op".[xxvi]
Dit is dus duidelik dat selfs 'n teoloog soos Berkouwer se opvatting in stryd is met die D.L., hfst. I, art. 6, omdat hy die verwerping nie sien as deel van God se besluit in die ewigheid nie, maar slegs as 'n handeling van God in die tyd.
III. Die bestryding van die Dordtse Leerreëls in die jongste tyd hang ons insiens saam met die hele klemverskuiwing vanaf God na die mens in die nuwe teologie
In die versamelwerk "Revolte in de Theologie", onder redaksie van dr. G. C. Berkouwer en dr. A. S. van der Woude, word die sogenaamde "vernuwingsteologie"[xxvii] onder die soeklig geplaas. Daaruit is dit vir die objektiewe leser duidelik dat daar inderdaad 'n revolte, 'n opstand of oproer, aan die gang is op die erf van die teologie. Hierdie opstand op teologiese erf is onteenseglik tot 'n groot mate 'n opstand teen God en sy Woord. In die "teologie" van vernuwingsteoloe soos Harvey Cox, Paul van Buren en J. A. T. Robinson word God neergehaal uit die sentrum en ontvang die mens die grootste belangstelling en ereplek.
Die vernuwingsteoloe self sien die opstand natuurlik nie as 'n opstand teen God nie. Dr. G. C. van Niftrik vra: Waarteen "revoleert" die nuwe teologie? En dan antwoord hy: "Zij revoleert tegen een absolutistische dogmatiek",[xxviii] teen die piëtisties godsdiens, teen die teïsme, ontologie en metafisika, teen die "jenseits", teen die objektiwiteit van die heil, teen die onverstaanbaarheid van die prediking en teen die "van-de-wereld-afgewend-staan" van baie Christene. "Zij wil de saecularisering van leven en denken restloos erkennen".[xxix]
Dit gaan in die nuwe teologie sogenaamd om die ontkenning van die oorgelewerde Godsvoorstelling. Dit is die bedoeling van die vernuwingsteoloë. Dit is egter duidelik dat dit al meer en meer neerkom op 'n ontkenning van God Self soos Hy Hom in die Heilige Skrif geopenbaar het. Wanneer dr. W. H. Velema in die boek "Nieuwe Wegen Oude Sporen" handel oor die "God-is-dood-Theologen", dan sê hy tereg: "We komen hier in aanraking met gedachten die vanuit de bijbel niet anders dan godslasterlijk genoemd kunnen worden".[xxx]
Waar die klem in die nuwere teologie al meer en meer op die mens val i.p.v. op God, is dit byna vanselfsprekend dat, soos inderdaad gebeur, die klem ook al meer sal val op die verantwoordelikheid van die mens.
Ds. J. H. Velema noem in hierdie verband dr. Dorothee Solle as voorbeeld en tipeer die denkrigting o.a. met hierdie woorde: "Nú is het tijd iets voor God te doen. God van de mens afhankelijk! ... Nu God van de mens afhankelijk is, is het aan de mens werk voor God te doen".[xxxi]
Die oordrewe beklemtoning van die verantwoordelikheid van die mens word ook al by sommige Suid-Afrikaanse Gereformeerdes aangetref.
As ds. C. Hattingh in sy brosjure "Die kerk en die Heilige Gees", handel oor die verantwoordelikheid van die mens in verband met die heilswerk van die Heilige Gees, sê hy instemmend: "J. H. Bavinck wys daarop dat die verantwoordelikheid van die mens tot openbaring kom: (2) Ten opsigte van die wederbarende heilswerk van die Heilige Gees. Die houding van die mens teenoor die heilswerk is van beslissende betekenis". Verder: "Weerstand teen God se wil lê op die weg van die mens se verantwoordelike wilsbeslissing. Hy
Hier word soveel klem gelê op die verantwoordelikheid van die mens dat dit lyk asof die mens God die Heilige Gees
Prof. W. J. de Klerk stel weer die Goddelike uitverkiesing teenoor die menslike verantwoordelikheid en skryf:
"Die predikers moet nie vlug vir die teëstelling verkiesing/verantwoordelikheid nie. Die verantwoordelikheid is die ‘vertrekpunt' van verbondsprediking die verkiesing is die ,arriveringspunt', en eers vanuit die sekerheid van die verkiesing deur die vrugte van die geloof vertrek die prediking weer na die verantwoordelikheid van die dankbaarheidslewe".[xxxiv]
As dit al was wat De Klerk hieroor sou gesê het, sou 'n mens jou nog daarby kon neerlê. Hy skryf in "Woord en Antwoord" in hierdie verband egter: "Uitverkiesing is nie 'n beginpunt in die geestelike lewe van die mens nie".[xxxv]
Indien De Klerk gelyk het, is bv. Paulus se "vertrekpunt" in sy brief aan die Efesiërs ongelukkig gekies en sou 'n predikant of sendeling in 'n nuwe arbeidsveld nooit kon begin met 'n reeks preke uit hierdie deel van God se Woord nie. Paulus vertrek in hierdie brief vanuit God die Vader en die Here Jesus Christus en die uitverkiesing tot saligheid voor die grondlegging van die wêreld.[xxxvi]
Paulus
A. D. R. Polman wys daarop dat baie predikers oor die uitverkiesing swyg omdat hulle die mense nie wil verwar nie. Hulle argumenteer: Die waarheid is vir Christus dierbaar, maar ook die siele van sy skape! M.a.w. oor die predestinasie moet dan (aanvanklik in elk geval) geswyg word om die siel van die skape te wen. Polman wys daarop dat Calvyn hierteenoor sê: Dit is dwaas om te wil bedek wat God geopenbaar het.[xxxvii]
'n Ander voorstelling van sake wat al meer ingang vind binne die hedendaagse klemverskuiwing vanaf God na die mens, tree na vore in die volgende stelling wat al populêr begin word: "God is honderd persent verantwoordelik en die mens is honderd persent verantwoordelikheid". Hierdie "honderd-persent-honderd-persent" - poging kom neer op 'n ondermyning van die waarheid van bv. God se soewereiniteit en sy vrye welbehae. Maar dis ook 'n valse stelling, want as dit waar was dat God honderd persent verantwoordelik was en die mens ook honderd persent verantwoordelik, dan sou met net soveel reg verklaar kon word:
1) Die totstandkoming van die heelal is honderd persent toe te skryf aan God se skeppingswerk en honderd persent aan die proses van ewolusie.
2) Die verlossing is honderd persent genade van God en honderd persent verdienste van die mens.
Dit is duidelik dat ons met sulke rasionalistiese kunsgrepe nooit die verborgenhede van God se raad
IV. Die Goddelike uitverkiesing en verwerping, as hooftema van die Dordtse Leerreëls, word geleer in die Heilige Skrif
'n Kort oorsig van slegs een Skrifgedeelte, naamlik Romeine 9, is genoeg om aan te toon dat ons in die Dordtse Leerreëls nie met 'n menslike denksisteem of 'n stukkie skolastiek te doen het nie, maar dat die Goddelike besluite en handelinge i.v.m. die uitverkiesing en verwerping onomwonde deur God se Woord geleer word. Ons het nie meer alle Gereformeerde teoloë aan ons kant as ons laasgenoemde stelling op grond van Rom. 9 maak nie. Berkouwer skryf:
"Nu is echter over de bedoeling van Rom. 9-11 zeer veel te doen geweest en men kan zeggen, dat men meer en meer gaat accentueren, dat het hier niet gaat om een locus de praedestinatione als een beschouwing over individueel heil en onheil, maar om heilshistorische verbanden, die zeker in de analyse van wat Paulus schrijft, geen ogenblik mogen worden verwaarloosd".[xxxviii]
Hy wys verder daarop dat die heilshistoriese gesigspunt vir die eksegese van Rom. 9-11 van beslissende betekenis is.[xxxix] Hy wil nie saam met Calvyn bv. by Rom.
Herman Ridderbos lê sterk nadruk (en tereg ook) op die heilshistoriese aspek by die verklaring van
S. Greijdanus dui hier m.i. nog steeds die regte weg aan.[xliii] Hy wys op die noue aansluiting van Rom. 9 by die slot van hfst. 8, veral by 8 : 33-39. Ná laasgenoemde lofsang dring die vraag hom vanself op: Maar wat dan van
In hierdie hoofstukke staan (volgens Greijdanus) God se handeling ("Gods doen") op die voorgrond. God maak Hom hier bekend as die God wat in sy vrye welbehae verkies en verwerp. Prof. W. J. Snyman stel dit kort en duidelik in sy kommentaar oor
Nadat Paulus in Rom.
Vs. 6 is hier van besondere belang, veral die volgende woorde: "Want hulle is nie almal
Daar moet onderskei word tussen a)
Daarop volg vs. 7: "Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: In Isak sal jou nageslag genoem word". Hieruit is ook duidelik dat die ware, geestelike kindskap nie berus op vleeslike afstamming van Abraham nie. Daar word 'n skeiding gemaak tussen die kinders van Abraham: Die belofte is vir Isak, nie vir Ismael nie. Nie alle kinders van Abraham is kinders van God nie. God maak skeiding deur sy predestinasie. Dit hou tog nie alleen verkiesing in nie, maar ook verwerping. Vs. 8 bied 'n nadere verklaring van vs. 7.
Vs. 9: "Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê". By hierdie vers sê Greijdanus: "Dat Izaak krachtens Gods belofte geboren is, en dat het bij het deel ontvangen in het heil, alles afhang van Gods vrije beschikking, stelt de apostel nader in het licht door beroep op Gods beloften aan Abraham, en op Zijn woord tot Rebekka aangaande haar beide kinderen".[xlvii]
Van die vrymagtige en soewerein bepalende werking van God se verkiesing gee Paulus nou nog 'n verdere Skrifbewys, in vs. 10: "En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader". Die kinders van Abraham (Isak en Ismael) het een vader gehad, maar verskillende moeders. Daarom
Die enigste verklaringsgrond vir die onderskeid wat tussen hulle gemaak word, lê dus in die Goddelike voorbeskikking, in die uitverkiesing en verwerping. In hierdie verse word God geopenbaar as die God wat vrymagtig onderskeid maak, sonder die toedoen van die mens. Die leerstuk van die verkiesing en verwerping ("dubbele predestinasie") pas volkome in by wat ons van God leer ken, nie slegs uit Romeine nie, maar ook reeds uit Genesis.[xlviii]
God maak (vrymagtig) onderskeid tussen die kinders (Jakob en Esau) voordat hierdie kinders hulle van mekaar kon onderskei deur hulle dade. Die verwerping van Esau is dus nie maar 'n handeling van God in die tyd as reaksie op Esau se optrede nie, maar rus in God se besluit wat onderskeid maak nog vóór die kinders se geboorte. Vs. 11: "Want toe die kinders nag nie gebore was en nag geen goed of kwaad gedoen het nie - dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep. .." In hierdie vers word 'n verdere punt van gelykheid tussen die kinders gestel. Hier is dus nog 'n verdere bewys dat slegs God se vrymagtige verkiesing die lot en die heil van die mens bepaal.[xlix]
Uitverkiesing is hier nie "een uitkiezen van hetgeen in zichzelf beter is dan iets anders, maar, zoals uit dit gehele verband blijkt, een nemen naar het loutere welbehagen van God, Die verkiest wat Hij wil, zonder eenigen grond voor die keuze in den gekozene".[l]
Daarby leer ons hier dat God se uitverkiesing onveranderlik is. Dit "bly" (Grieks: menei[3]), omdat dit nie afhanklik is van die veranderlike mens nie, maar slegs van God se welbehae. By die uitverkiesing draai alles om God. Dis of die eerste akkoorde van die lofsang van Rom.
"Hy doet dit echter in woorden, waarin tevens de ganse antithese tussen zijn evangelieprediking en de synagogale verlossingsleer ligt uitgedrukt. Aldus wil hy doen gevoelen, hoezeer in de wijze, waarop God
Verkondiging van die Goddelike uitverkiesing is deel van die Evangelieverkondiging. Ons
Uit vs. 13 blyk dat God se uitverkiesing ook indiwidueel is:"Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat". Die uitverkiesing is nie net toegespits op volke nie, maar ook op persone, hier is Jakob en Esau, en in hulle persone ook hulle nageslagte, die volke uit hulle gebore, Gen. 25 : 23. In vs. 13 word die grond aangewys wat bewerk dat Esau (die oudste) vir Jakob die jongste) sal dien: God se liefde (tot Jakob) en God se haat (jeens Esau) bepaal hul lot. Ook midein[4] (haat) is positief, en mag nie in verswakte betekenis geneem word nie. Dat ons hier staan voor dieptes wat ons nie
Dit is seker geregverdig om uit verse 11 tot 13 af te lei dat God se liefde vir Jakob in die tyd rus in sy besluit in die ewigheid, soos God se haat vir Esau in die tyd rus in sy besluit in die ewigheid. Ons haal met instemming aan wat Dijk skryf as saamvatting van die Skriftuurlijke getuienis oor die verwerping:
"Gode zijn al Zijn werken van eeuwigheid bekend en er geschiedt niets of het is uitvoering van Gods raad; deze daden (nl. van verwerping en verharding - Ph. S.) voeren ons tot Zijn besluit".[liii]
Nadat Dijk ander Skrifgegewens behandel het, sê hy: "Maar het sterkst vinden we de leer der verwerping geopenbaard in Rom. 9". En dan gaan hy voort: "De apostel beroept zich nog op Mal. 1 : 2, 3, en ook deze liefde en haat Gods voert hij terug tot Gods besluit".[liv]
In Rom.
In sy antwoord op die beswaar haal hy sekere tekste aan (in vss. 15-18), nie met die doel om die regverdigheid van God te bewys nie (vgl. vs. 20), maar om aan te toon dat God van Homself so spreek soos hy in verse 6 tot 13 gedoen het. Paulus ontken dus ten sterkste dat sy redenering onreg aan God sou kon toedig. Daarop volg vs. 15: "Want aan Moses se Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm". Alle nadruk val op die soewereiniteit van die Goddelike genade. So ook in vs. 16: "So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is".
Teen hierdie uitspraak loop die dwalinge van alle Semi-Pelagiane, Remonstrante, Metodiste en geesgenote hulle te pletter. Nie die inspanning van die mens ("wil" en "hardloop" op die atletiekbaan) bepaal of hy verlos word of nie, maar die vrye ontferming van God.
Hoe
En teenoor die ontferming het ons die parallelle lyn van die verharding. Vs. 17: "Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag
Soos God vrymagtig sy barmhartigheid bewys, so laat Hy ook vrymagtig die vyande van sy saak optree om sy Naam te verheerlik. Toegepas op die predestinasie: sowel in die uitverkiesing as in die verwerping gaan dit om die eer van God!
Aan God se handeling met Farao ontleen Paulus nou die bewys van God se vrymag, vs. 18: "So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil". Ook hier val alle nadruk op God, naamlik op sy wil en op sy handeling. Vs. 18 is 'n konklusie wat Paulus trek uit die voorgaande verse.
Die tweede teëwerping wat Paulus behandel, vind ons in vs. 19: "Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan oog, want wie het sy wil weerstaan?" Hierdie beswaar raak die probleem van die Goddelike voorbeskikking en die menslike verantwoordelikheid. So raak die teëwerping ook die vraag na die regverdigheid van God:
God het mos geen reg om te verwyt as Hy selfs verhard (vir Farao) ook nie. As God só vrymagtig beskik (in sy raadsbesluit, vlg. bsulēma[5] = die wil van sy raadsbesluit, in onderskeiding van thelēma[6] = die wil van sy gebod of bevel) oor die bestaan en die bestemming van die mense, is daar tog geen moontlikheid dat enige skuld nog op hulle rekening geplaas sou kon word nie. Dan is hulle tog nie verantwoordelik nie?
Paulus probeer nie om hierdie teëwerping te weerlë nie. Hy voer geen teëargumente aan nie. Daarmee toon hy dat die probleem in die teëwerping nie reg gestel is nie en dat sodanige redenering fout is (Greijdanus). Hy ontken die reg van die mens om hoegenaamd so te spreek soos wat in die teëwerping gedoen word wanneer hy in vs. 20 sê: "Maar tog, 0 mens, wie is jy wat teen God antwoord?" God se hoogheid en die mens se nietigheid maak dit ongeoorloof om so 'n teëwerping te maak. Die mens moet onthou dat hy maar net 'n skepsel is en God die almagtige en alwyse Skepper. Die beeld wat Paulus dan in die volgende verse uitwerk - die van maker en maaksel, van pottebakker en klei - stel sowel God se mag as sy reg en sy wysheid in die lig.
"Maar tog, 0 mens, wie is jy wat teen God antwoord?"
Baie van die nuwere teoloë het hierdie bestraffing van Paulus besonder nodig. Ook die teoloog moet onthou: Hy is maar net 'n mens, nie 'n god nie! En as mens het hy, ook in sy teologiese arbeid, nie die reg om God tot verantwoording te roep nie!
Slot
1. Met die belydenis van die waarheid wat in die Dordtse Leerreels geformuleer is, gaan dit om die waarheid van die Skrif self. Daarom moet die handhawing en die verdediging ook van hierdie belydenisskrif nie gesien word as verstarring en dooie ortodoksie nie, omdat so 'n beskuldiging net 'n dekmantel vir potensiële of latente dwaalleraars
2. Ons verwerp alle teologiese diskussies waarin twyfel gesaai word i.v.m. ons Belydenisskrifte, omdat dit o.i. stry met die ondertekeningsformulier vir professore en predikante.
3. Die Heilige Skrif leer nie alleen die Goddelike uitverkiesing nie, maar ook die verwerping - en dit nie slegs as handeling nie maar ook as besluit van God. Die Skrif leer God bv. as die uitverkiesende God "wat alles werk volgens die raad van sy wil" (Ef. 1: 11) en bevestig die uitspraak in die Dordtse Leerreels I, 6: "Dat God sommige in die tyd met die geloof begiftig, ander nie begiftig nie, kom voort uit sy ewige besluit".
4. Van deurgronding van die Skriftuurlike leer van die uitverkiesing en verwerping
“0 Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy wee! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan Horn gegee, dat dit Hom vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid" (Rom.
DISKUSSIE[7]
Prof. dr. L. F. Schulze vra: Hoeveel persent is die mens verantwoordelik ?
Ek voel my tog gedronge om in alle beskeidenheid enkele opmerkings te maak oor die artikel van my vriend ds. Ph. Snyman (vgl. In die Skriflig, Jaargang 6, nr. 23, Sept. 1972).
Daar staan mooi dinge in sy artikel oor die Dordtse Leerreëls en die opkoms van die moderne humanisme met hul bevraagtekening van die Konfessie. 'n Mens ontkom egter nie aan die benouende gevoel dat die skrywer uit reaksie teen die oorbeklemtoning van die mens se prestasies en verantwoordelikheid in die ander eensydigheid tereg kom nie, nl. die onderbeklemtoning (of selfs die ontkenning) van die mens se verantwoordelikheid.
Moontlik bring hierdie reaksionêre afsku vir die modernisme hom daartoe om die Reformasie vir die inkwisisie in te ruil. Dan word onder punt III van sy artikel, wat handel oor die bestryding van die Dordtse Leerreëls in die jongste tyd, die name genoem van die "God is dead boys", soos Cox, Van Buren en andere en ook van die Dordtse dame, D. Solle - ten regte. Maar in dieselfde asem word die name van twee Gereformeerde manne van ons land genoem – m.i. ten onregte.
Dit gaan nie nou hier om die verdediging van die twee broeders nie maar eerstens oor die modus operandi, nl. dat uit twee enkele sinnetjies uit 'n hele brosjure per konsekwensie gekom word tot die "konsekwente konklusie dat God afhanklik is van die mens" (p.8).
In die ander geval lê die angel in 'n enkele sin, nl.: "Uitverkiesing is nie 'n beginpunt in die geestelike lewe van die mens nie". Ds. Snyman bestry hierdie stelling met 'n beroep op Paulus se brief aan die Efesiers, waar Paulus begin met die uitverkiesing. Hy meen dat hierdie "nuwe kerke . .. seker nog nie die arriveringspunt in hulle geestelike lewe bereik het nie". En dan word gevra: "... sou 'n predikant of sendeling in 'n nuwe arbeidsveld nooit kon begin met 'n reeks preke uit hierdie deel van God se Woord nie" (p. 9, my kursivering).
Nou hang alles seker af van die vraag of die "nuwe arbeidsveld" reeds 'n jong gestigte kerk impliseer of nie. Indien wel, dan het ons hier 'n analogie met Paulus se brief aan die Efesiërs. Maar dan is die verkiesing geen "vertrekpunt" meer nie, want die gemeente in Efese is nie meer heidene nie, maar 'n gemeente, gelowiges wat God ken en opbouend dieper ingelei word in die rykdom van God se genade. Die beswaar dat hulle nog nie die "arriveringspunt" bereik het nie is hier sekondêr - trouens wie en watter gemeente bereik dit op aarde?
Aan die ander kant: indien ons die "vertrekpunt" letterlik en absoluut moet neem en die "nuwe arbeidsveld" dus as heidene sien wat nog nooit die evangelie gehoor het nie, dan word hier 'n tipe gemeentelike "stigtingsprediking" (vgl. C. H. Dodd) gepropageer waarvoor daar geen enkele aanwysing in die N.T. te vinde is nie nóg by die aanvangsprediking van Jesus, Johannes, die apostels (Handelinge) of by Paulus (vgl. 1 Kor. 15 : 1-4).
Hierdie paar opmerkings word afgesluit met 'n aanhaling van Calvyn wat klaarblyklik ook - goed bybels - van oortuiging was dat die predestinasie nie die "vertrekpunt" van die verkondiging kan wees nie. Hy skryf die volgende: "But I do not merely send men off to the secret election of God to await with gaping mouth salvation there. I bid them make their way directly to Christ in whom salvation is offered us, which otherwise would have plain hid in God. For whoever does not walk in the plain path of faith can make nothing of the election of God but a labyrinth of destruction. Therefore, that the remission of sins may be a certainty to us, our consciences rest in confidence of eternal life, and we call upon God as Father without fear, the beginning is not to be made here. We must begin with what is revealed in Christ concerning the love of the Father for us and what Christ Himself daily preaches to us through the Gospel". (Concerning the Eternal Predestination of God, translated by J. K. S. Reid, p. 113 - kursivering van my).
'n Tweede saak, wat verwarrend werk, is ds. Snyman se onderskeiding tussen handeling en besluit, wat nie net onderskei word nie maar kontrasterend teen mekaar afgespeel word, en dan wel só (ek hoop my indruk is verkeerd en dan moet hy my reg help) dat Gods handeling in die tyd eintlik weggeskuif moet word ten gunste van die besluit in die ewigheid, wat dan die eintlike saak sou wees.
Hy skryf nl. in punt 3 van die Slot: "Die Heilige Skrif leer nie alleen die Goddelike uitverkiesing nie, maar ook die verwerping en dit nie slegs as handeling nie maar ook as besluit van God" (p. 14). Ook al sou hierdie stelling 'n polemiek teen Berkouwer wees (vgl. p. 7) dan wek die hantering van die begrippe tog verwarring. Sou God dan 'n "handeling in die tyd" uitvoer wat Hy nie besluit het of wil nie?
Blykbaar lê die probleem daarin dat die tyd in die ewigheid terug geprojekteer word en oor die besluit per se in die verlede tyd gespreek moet word in onderskeid van die (sekondêre) handeling in die hede. Daarom is dit goed om in die verband maar weer Kuyper se formulering in herinnering te roep, wat 'n ou teologiese insig weergee: Decretum Dei est Deus decernens. Of die mooi woorde van Bavinck in Geref. Dogmatiek II (1928), p. 334: "De raad Gods is evenmin als de generatie eene daad Gods in het verleden; hij is eene eeuwige daad Gods, eeuwig voltooid en eeuwig voortgaande, buiten en boven de tijd . . . En hij is evenmin te denken als een plan, dat ergens gereed ligt en nu op uitvoering wacht".
Die canones van Dordt honoreer hierdie saak ook deur die verkiesing te omskrywe as besluit (1, 6) as onveranderlike voorneme (I, 7) en ook as daad (= handeling) van God (1, 11).
Dit sou vrugbaarder gewees het om die bleek praescientia van die Remonstrante (los van die wil van God) vanuit hierdie hoek ook te benader. Dan was die verwarring in elk geval uitgeskakel.
'n Derde probleem, en dit raak die kern van die saak, is die hartseer manier waarop ds. Snyman die verantwoordelikheid van die mens wil wegsyfer. Hy het beswaar teen die stelling: God is honderd persent verantwoordelik en die mens is honderd persent verantwoordelik. Hy motiveer sy beswaar soos volg:
"Hierdie ,honderd-persent-honderd-persent'-poging kom neer op 'n ondermyning van die waarheid van bv. God se soewereiniteit en sy vrye welbehae. Maar dis ook 'n valse stelling, want as dit waar was dat God honderd persent verantwoordelik was en die mens ook honderd persent verantwoordelik, dan sou met net soveel reg verklaar kon word:
1) Die totstandkoming van die heelal is honderd persent toe te skryf aan God se skeppingswerk en honderd persent aan die proses van ewolusie.
2) Die verlossing is honderd persent genade van God en honderd persent verdienste van die mens.
Dit is duidelik dat ons met sulke rasionalistiese kunsgrepe nooit die verborgenhede van God se raad
Ek stem van harte saam met die laaste opmerking van die skrywer. Ek deel ook heelhartig sy verwerping van hierdie stelling. Ek grond dit egter op heel ander redes:
1) Dit is lasterlik om te sê: "God is verantwoordelik". Aan wie is Hy dan verantwoording verskuldig? Aan die mens? Nee! Hy is tog die soewereine Heerser wat geen raadgewer het nie en aan niemand verantwoordelik is nie (Jes. 40).
2) Die stelling impliseer dat God en sy skepping, d.w.s. God en mens, korrelate groothede is, wat onvermydelik die valse dilemma van die sunergisme na vore roep.
Nou is dit jammer dat die skrywer lg. dilemma nie ontwyk het nie maar, blykens sy beswaar op hierdie stelling, baie duidelik bly vassit in die problematiek van die sunergisme. Daarmee het hy sy eie betoog teen die moderne teologie ontkrag omdat hulle voluit God en wêreld as korrelate en gelykwaardige groothede sien (vgl. P. W. Bingle: Die stryd rondom die leer aangaande die triniteit met besondere verwysing na die vierde en twintigste eeue, in dieselfde nommer van In die Skriflig, p. 32).
Miskien
Op hierdie basis van "konkurrensie" moet, ter wille van die godddelike soewereiniteit, die menslike verantwoordelikheid gereduseer word tot 0%. Dit
Dis genoeg om hier 'n enkele sin van Calvyn in sy polemiek teen Pighius aan te haal: "The dispute between us is not whether men perish by the hidden judgement of God beyond their deserts. This we declare to be false and detest as a foul sacrilege" (Concerning the Eternal Predestination of God, p. 156).
Die "konsekwensies" wat ds. Snyman uit die stelling trek is ook ongelukkig omdat in die eerste geval die mens se verantwoordelikheid gelyk gestel word, met die proses van evolusie en in die tweede geval met verdienstelikheid.
Die eerste geval helder 'n argument van Calvyn op. Hy wys daarop dat God in sy almag gesê het: Laat die aarde voortbring. . . laat die plante en bome vrugte gee... Maar as die mens geskep word, ontvang hy 'n opdrag; en Paulus sê: Wie nie werk nie, sal nie eet nie. Die mens
DISKUSSIE[8]
Ds. Ph. Snyman, ViLjoenskroon, skryf oor: "Goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid".
In die uitgawe van Maart 1973 van In die Skriflig (wat ondergetekende op 22 Mei ontvang het), verskyn 'n reaksie van prof. L. F. Schulze oor 'n artikel van my wat in September 1972 van dieselfde blad verskyn het.
Kort saamgevat, kom prof. S. se reaksie op my artikel neer op "die benouende gevoel dat die skrywer uit reaksie teen die oorbeklemtoning van die mens se prestasies en verantwoordelikheid in die ander eensydigheid tereg kom, nl. die onderbeklemtoning (of selfs die ontkenning) van die mens se verantwoordelikheid".
L.w. prof. S. se konklusie dat ek die verantwoordelikheid van die mens wegredeneer, spruit uit 'n "benouende gevoel" dat ek dit wel doen. As 'n teoloog hom deur sy gevoel laat lei by die beoordeling van 'n stuk werk van iemand anders, loop hy nie slegs die gevaar van subjektiwisme nie, maar kan hy ook sonder objektiewe gronde (soos inderdaad in die professor se reaksie gebeur) selfs die monster van die "inkwisisie" (bl. 40) oor die horison sien loer, en verder daar agter die aaklige kloue van die Griekse "fatalisme" (bl. 42). So 'n benouende gevoel kan 'n mens maklik die vrees laat koester dat ons op die weg die "hele Bybel verloor". Ek
Ter wille van wedersydse begrip wil ek egter kortliks antwoord op 'n paar opmerkings wat die professor in sy reaksie maak:
1. Prof. S. meen dat my "reaksionere afsku vir die modernisme" my moontlik daartoe bring "om die Reformasie vir die inkwisisie in te ruil" (bl. 40). Die professor spreek so (sy eie woorde) "in alle beskeidenheid" met 'n paar "opmerkings 'n geweldige oordeel uit, blykbaar i.v.m. my afwysing van 'n paar Suid-Afrikaanse Gereformeerdes se (m.i.) verkeerde beklemtoning van die verantwoordelikheid van die mens. Oor hierdie beswaar van prof. S. kortliks die volgende:
1.1. Die prof. gee 'n verkeerde aanduiding van die derde deel van my artikeI. Hy skryf o.a.: "Dan word onder punt III van sy artikel, wat handel oor die bestryding van die Dordtse Leerreëls in die jongste tyd, die name genoem van ..." Punt III van my artikel handel nie oor die bestryding van die D.L. in die moderne of jongste tyd nie (dit word in punt II gedoen), maar oor die "klemverskuiwing vanaf God na die mens in die nuwe teologie", soos dit in daardie opskrif aangedui word, en nader bepaald oor die "oordrewe beklemtoning van die verantwoordelikheid van die mens". In dié verband word enkele uitsprake van "die twee broeders" afgewys. Dit maak nogal 'n groot verskil.
1.2. Prof. S. het beswaar teen die modus operandi wat ek gevolg het in my bestryding van genoemde uitsprake, nl. "dat uit twee enkele sinnetjies uit 'n hele brosjure per konsekwensie gekom word tot ‘die konsekwente konklusie dat God afhanklik is van die mens’ ".
Ek vra: Is een enkele sin nie soms genoeg om die bedoeling van die skrywer duidelik te maak nie? Veronderstel iemand sou in 'n lywige publikasie o.a. die een sinnetjie skryf: "Die Goddelike gesag van die Heilige Skrif staan nie vas nie". Moet my modus operandi dan wees om te wag op meer sulke stellings voor ek ook in 'n gepubliseerde stuk daarop reageer?
1.3. Prof. S. het beswaar teen my afwysing van die stelling: "Uitverkiesing is nie 'n beginpunt in die geestelike lewe van die mens nie" en in dieselfde verband teen my afwysing van die beskouing dat die verbondsprediking nie met die uitverkiesing mag begin nie.
My antwoord: Die uitverkiesingsleer is deel van die Evangelie. Die prediker het m.i. geen reg om enige deel van die blye boodskap van verlossing doelbewus en skematies te verswyg in die eerste fase van die prediking nie. Maar dan moet ook hierdie deel van God se raad reg en versigtig verkondig word, nl. "in Christus" (Ef. 1 : 4). Fatalisme en determinisme word daar aangetref waar die uitverkiesing los van Christus (as 'n koue denksisteem) verkondig word. Ek gee toe dat geen prediker, wat die voorbeeld van Christus en die apostels se prediking volg, in die reël met die uitverkiesing sal begin nie, maar dit gee ons geen reg om 'n skema vir prediking voor te skryf waarby die uitverkiesing steeds na die toekoms verskuif moet word omdat die hoorders miskien nog nie die arriveringspunt in hulle geloofslewe bereik het nie. Wie die uitverkiesingsleer doelbewus en kategories uitsluit uit die eerste fase van die prediking, loop die gevaar om dit ook uit die latere fase van die prediking uit te sluit en dit uiteindelik heeltemal te verswyg. Dit is geen denkbeeldige gevaar nie, maar kom algemeen in ons land voor, gewoonlik omdat die prediker altyd onseker sal wees of die gemeente (of sommige van die hoorders dan) al die stadium in hul geestelike lewe bereik het dat hulle die Bybelse uitverkiesingsleer
Die Here Jesus Self het aangetoon dat daar situasies mag ontstaan waar die prediker, selfs waar 'n groot deel van die hoorders volslae "beginners" in die geestelike lewe is, nie langer mag swyg oor die uitverkiesingsleer nie. Ek verwys hier slegs na Joh. 6 (vgl. verse 44, 65 en 60, 66).
2. Vervolgens prof. S. se beswaar insake "Ds. Snyman se onderskeiding tussen handeling en besluit", asof ek die twee teen mekaar afspeel. My antwoord:
2.1. Die onderskeiding is nie myne nie, maar 'n onderskeiding van ons belydenis self (o.a. D.L. I, 6) wat rus op die Skrif (o.a. Ef.
2.2. Die onderskeiding word deur Berkouwer afgewys sover dit die verwerping betref, soos ek in my artikel probeer aantoon het. Daarom stel ek juis dat uitverkiesing en verwerping nie bloot 'n reaksie (handeling) van God in die tyd was nie, maar 'n handeling wat spruit uit Sy besluit van ewigheid af.
3. Prof. S. se derde beswaar raak "die hartseer manier waarop ds. Snyman die verantwoordelikheid van die mens wil wegsyfer". Hierop antwoord ek:
3.1. Prof. S. deel heelhartig my verwerping van die stelling: "God is honderd persent verantwoordelik en die mens is honderd persent verantwoordelik". Hy stem egter nie saam met die "hartseer manier" waarop ek dit doen nie. Die professor verstaan egter my "manier" honderd persent verkeerd. (Daaroor is ek saam met horn hartseer!) Hy se nl.: "Die ‘konsekwensies' wat ds. Snyman uit die stelling trek is ook ongelukkig omdat in die eerste geval die mens se verantwoordelikheid gelyk gestel word met die proses van evolusie en in die tweede geval met verdienstelikheid".
My antwoord: Vertrouende op die "goeie begrip" en die "halwe woord" het ek gemeen dat dit vir enige intelligente leser duidelik sal wees dat ek daar nie besig is om konsekwensies te trek nie, maar om die absurditeit van die stelling (100% ... 100%) aan die kaak te stel deur te wys op analoë stellings !
3.2. Prof. S. laat ook 'n belangrike motivering weg wat ek gee ter bestryding van die stelling dat God 100% verantwoordelik is en die mens ook 100% verantwoordelik, nl. Rom.
Saamvattend oor die vraag na die verantwoordelikheid van die mens (i.v.m. prof. S. se diskussie):
Ek aanvaar en beklemtoon saam met alle Skrifgelowiges ten volle die verantwoordelikheid van die mens. Ek verkondig dit ook skerp in die prediking van die Woord. In my artikel, waarna prof. Schulze verwys, bestry ek slegs die verkeerde beklemtoning van daardie verantwoordelikheid, nl. waar dit geskied ten koste van die beklemtoning van God se soewereiniteit, nader bepaald i.v.m. God se verlossingswerk. (Lg. is juis wat deur die Remonstrante gedoen is.) Daarom behandel ek in my artikel slegs Rom. 9 wat in hierdie verband vir ons baie te sê het.
As ek die ontkenning van die mens se verantwoordelikheid moes weerlê, sou ek ander Skrifgedeeltes behandel het wat spesifiek op die saak betrekking het. Die hele Bybel is vol van oproepe tot geloof, goeie werke, gebed, ens. En as ek die kerkgeskiedenis reg lees, het juis die kerke van Calvinisties-Gereformeerde oortuiging, wat die sterkste moontlike klem laat val op die Goddelike soewereiniteit soos o.a. geopenbaar in uitverkiesing en verwerping, ook die sterkste klem gelê op die verantwoordelikheid van die mens, en dit nie slegs in teorie nie, maar dit ook in praktyk o.a. deur vermaning en tugoefening gehandhaaf.
[1] In die Skriflig, Jaargang 6, nr.23, September 1972: 3-16 (Lesing gelewer voor die G.T.V. van die O.V.S. te Bloemfontein op 15 April 1971). Die eindnotas (romeinse syfers) is deel van die teks, die voetnotas (gewone syfers) is bygevoeg deur S. Le Cornu.
[2] Emeritus-predikant van die GKSA.
[3] menei
[4] midein
[5] Bsulhma
[6] qelhma
[7] In die Skriflig, Jaargang 7, Nommer 25, Maart 1973: 40-43. Emeritus-professor in Kerk- en Dogmageskiedenis van die GKSA.
[8] In die Skriflig, Jaargang 7, Nommer 26, Junie 1973: 49-51.
[i] Ds. J. G. Feenstra: "De Dordtse Leerregelen". Kampen, 1950.
[ii] Dr. L. H. Wagenaar: "Van Strijd en Overwinning". Middelburg, 1909.
[iii] Die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus.
[iv] Dr. L. H. Wagenaar: a.w.
[v] Dr. L. H. Wagenaar: a.w., bl. 108.
[vi] A.w., bl. 109.
[vii] A.w., bl. 109, 110.
[viii] Feenstra: a.w., bl. 10, 11.
[ix] Ds. H. J. Spier: “Karl Barth. Profeet of Ketter?"
[x] Spier: a.w., bl. 51.
[xi] Spier: a.w., bl. 52.
[xii] Spier: a.w., bl. 52.
[xiii] Spier: a.w., bl. 54, 55.
[xiv] 14 Spier: a.w., bl. 56.
[xv] 15 Dr. E. G. van Teylingen: "Tussentijdse Balans van het heroriëntatieproces in de Gereformeerde Kerken". Kampen, 1965.
[xvi] Van Teylingen: a.w., bl. 12.
[xvii] Van Teylingen: a.w., bl. 15.
[xviii] Van Teylingen: a.w., bl. 116.
[xix] Van Teylingen: a.w., bl. 16.
[xx] Van Teylingen: a.w., bl. 17.
[xxi] Van Teylingen: a.w., bl. 17.
[xxii] Dr. M. J. Arntzen: “De Crisis in de Gereformeerde Kerken". Amsterdom, 1965.
[xxiii] Dr. M. J. Arntzen: a.w., bl. 5.
[xxiv] Dr. M. J. Arntzen: a.w., bl. 6.
[xxv] Dr. G. C. Berkouwer: "Dogmatische Studiën. De Verkiezing Gods". Kampen 1955, bl. 211.
[xxvi] Dr. G. C. Berkouwer: a.w., bl. 214.
[xxvii] Terloops: Dwaling is al dikwels in die geskiedenis van die kerk en die teologie as vernuwing aangedien. As die regte etiket op die dwaling geplak word, is daar min teoloë wat wil agter bly of wat verstoke wil wees van die voorreg en eer van vernuwing. By sommige nuwere denkrigtings word die oue (bv. die Belydenis) verwerp of genegeer net omdat dit oud is ... soos sommige "tradisionaliste" die nuwe verwerp net omdat dit nuut is.
[xxviii] Dr. G. C. van Niftrik: "Theologische Revolte", 'n hoofstuk in G. C. Berkouwer e.a. se "Revolte in de Theologie". Nijkerk, 1968, bl. 19.
[xxix] Van Niftrik: a.w., bl. 19.
[xxx] Ds. J. H. Velema en dr. W. H. Velema: "Nieuwe Wegen Oude Sporen", bl. 33.
[xxxi] Velema: a.w., bl. 45.
[xxxii] Ds. C. Hattingh: "Die Kerk en die Heilige Gees", bl. 52.
[xxxiii] Weerstand teen God (die Heilige Gees) is die gewone werklikheid by alle mense: van nature sê die sondaar vir God “nee". Ons ontken nie die weerstand van die mens nie, maar dat die weerstand sal slaag as God die mens wil wederbaar. En dit is waarom dit gaan in die aangehaalde gedeelte van ds. Hattingh se werk. Die houding van die mens teenoor die wederbarende heilswerk van die Heilige Gees is dus wel van betekenis, dog nie van beslissende betekenis nie.
[xxxiv] Ds. W. J. de Klerk: "Wending?" Bl. 43, 44.
[xxxv] Ds. W. J. de Klerk en J. H. van Wyk: “Woord en Antwoord", bl. 115.
[xxxvi] Ef. 1 : 1-6.
[xxxvii] Dr. A. D. R. Polman: "Onze Nederlandsche Geloofsbelijdenis, Deel II, bl. 191.
[xxxviii] Dr. G. C. Berkouwer: "De Verkiezing Gods", bl. 249.
[xxxix] Berkouwer: a.w., bl. 250.
[xl] Berkouwer: a.w., bl. 250.
[xli] "So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil".
[xlii] Dr. Herman Ridderbos: "Aan de Romeinen" (Commentaar op het N.T.). Kampen, 1959.
[xliii] Dr. S. Greijdanus: "De Brief van den apostel Paulus aan de gemeente te
[xliv] Greijdanus: a.w., bl. 9.
[xlv] Prof. W. J. Snyman, e.a.: "Die Bybel met Verklarende Aantekeninge". Deel III. Kaapstad, 1959.
[xlvi] Greijdanus: a.w., bl. 404.
[xlvii] Greijdanus: a.w., bl. 416.
[xlviii] Verkiesing is ondenkbaar sonder verwerping, as besluit en as handeling. "Onderskeid maak" is hier dan ook niks anders nie as: verkies en verwerp.
[xlix] Greijdanus: a.w., bl. 419.
[l] Greijdanus: a.w., bl. 419.
[li] H. Ridderbos: a.w., bl. 213.
[lii] Greijdanus: a.w., bl. 422.
[liii] Dr. K. Dijk: "Van Eeuwigheid Verkoren".
[liv] Dijk: a.w., bl. 133.
