Showing posts with label uitverkiesing. Show all posts
Showing posts with label uitverkiesing. Show all posts

Tuesday, October 14, 2008

Vir wie het Christus gesterwe ?

EC Skea, Waverley skryf in die Kerkblad van Oktober 2008:
Het Christus net die skuld vir die uitverkorenes betaal? – Ek verwys na my vorige brief (DK Junie 2007) in dié verband, wat weens sy lengte nie geplaas is nie, en u antwoord (DK Maart 2008). Ek het gehoop dat ander sou reageer op die inhoud.

Die antwoord van die redaksie is in ’n sekere opsig teleurstellend. Aangesien ons as Gereformeerdes ons beroem op die Skrif alleen, het ek weerlegging van my standpunt uit die Skrif verwag. Of andersins dat ek die aangehaalde tekste verkeerd interpreteer of dat hulle verkeerd vertaal is. Die finale opmerking is egter ’n dogmatiese, naamlik dat ons glo dat ons glo dat die mens nie ’n keuse het nie, maar dat dit God is wat kies. Kan ons met soveel sekerheid beweer dat die mens nie kies nie, terwyl ons in die Dordtse Leerreëls lees dat God nie met die mens soos met stokke en blokke werk nie, die wil en sy eienskappe nie vernietig nie, en dat God die wil nie met geweld teen sy sin dwing nie? God kan deur sy Woord en Gees ons wil buig om die regte keuse te maak. Niemand kom ook tot geloof as hy nie eers die Woord (evangelie) hoor nie (Rom 10:14, 17).

Verder meld u dat Calvyn nie die siening dat Christus vir almal gesterf het (alversoening) gesteun het nie. Tog het ek aangehaal wat Calvyn geskryf het, naamlik: “The Lord suffered for the sins of the whole world” en “is offered impartially to all in the kindness of God”. HCE Moule het dit uit Frans vertaal; ek kon die Franse weergawe gegee het, maar aangesien ek meen dat min van ons Frans verstaan, laat ek dit daar. Die eerste gedeelte van Calvyn se stelling is in ooreenstemming met ons belydenis in die Heidelbergse Kategismus (v/a 37). Die tweede deel sê in Afrikaans “en word aan almal, sonder aansiens des persoons, deur die goedheid (vriendelikheid) van God, aangebied”. Dit impliseer juis ook ’n keuse.

Daar bestaan vir my nie ’n verskil tussen ly vir die sonde van die hele menslike geslag, die dra van die sonde of die sterf vir die sonde van die hele menslike geslag nie. Totius skryf in 1912 in Die Kerkblad: “Dit is ook wat ons kategismus in Sondag 15 leer, naamlik dat Christus gesterf het vir die sonde van die ganse menslike geslag” (Totius, Versamelde Werke 4, Tafelberg 1977).
My vraag was uiteindelik ook nie aan wie verkondig ons die evangelie nie, maar hoe verkondig ons dit. Ons kan dus verkondig dat Christus almal se sonde gedra het (daarvoor gesterf het). Die mense kan dus opgeroep word om dit aan te neem en die ewige lewe te verkry, of dit te verwerp en vir ewig verlore te gaan.

Christus se sterwe was dus vir die sonde van die hele wêreld of die ganse menslike geslag, en nie net vir die uitverkorenes nie. So gesien, is dit ’n belangrike motivering vir die uitdra van die evangelie deur gelowiges aan alle mense, soos ons beveel is (Matt 28:19).

Vir wie het Christus gesterwe ?
deur ds. S. Le Cornu

In die Kerkblad van Oktober 2008 beweer EC Skea (Waverley) dat: “Christus se sterwe was dus vir die sonde van die hele wêreld of die ganse menslike geslag, en nie net vir die uitverkorenes nie”, met ‘n beroep op die Skrif, belydenis, Calvyn en Totius.

Aangesien br Skea vra dat ander ook daarop sal reageer, maak ek gebruik van die geleentheid, met die hoop dat my uiteensetting die broeder sal help om verder te besin oor hierdie onderwerp.

Eerstens, openbaar die Skrifgedeeltes wat spesifiek gaan oor Christus wat sy lewe vir ons gee (sy bloed vir ons stort, sy lewe as losprys gee), nie dat dit vir alle mense kop-vir-kop is nie, maar vir ‘baie’, bv.:

“… net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.” – Matt.20:28

“Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” – Matt.26:28

Sien die koppeling: ‘losprys’ – ‘vir baie’, en, ‘bloed’ – ‘vir baie’. Dit gaan in hierdie Skrifgedeeltes en met die woord ‘baie’, nie om ‘n spesifieke getal mense nie, maar dit gaan ook nie oor ‘almal’ nie.

Ander Skrifgedeeltes maak dit duideliker: Christus het gesterwe vir ‘sy volk’ (Matt.1:21), vir ‘sy vriende’ (Joh.15:13), vir sy ‘kinders, broers’ (Hebr.2:10-14). Hy is die goeie Herder wat sy lewe aflê vir ‘sy skape’ (Joh.10:11,15). Daarom bid Christus: “Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort” (Joh.17:9). Dus nie elke mens ooit nie, maar ‘n spesifieke groep.

Wat dan nou van frases soos bv. “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” of “En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” (Joh.1:29; 1 Joh.2:2) ?

Wanneer die Skrif woorde gebruik soos ‘(hele) wêreld’ (bv. Joh.3:16; 1 Joh.2:2) en ‘alle/alles/almal’ (bv.Rom.5:12-19; 1 Tim.2:1), dan moet dit elke keer verstaan word volgens die konteks waarbinne dit gebruik word (soos met enige woord wat in die Skrif gebruik word, wat die Skrif-met-Skrif vergelyking verklaringsbeginsel bevestig - en, wat ons Here Jesus (Matt.22:43) en Paulus (Gal.3;16) ons geleer het).

Partykeer word die woorde gebruik om letterlik alles/almal, die hele wêreld aan te dui (bv. Gen.1;1; Matt.28:20), maar in ander gevalle dui dit bv. op ‘n bepaalde groep, klas of soort mense, ens. (Sien bv. die bekende gereformeerde NT verklaarder, William Hendriksen, se verduideliking van die – ten minste ses - verskillende gebruike van die woord ‘wêreld’ (kosmos) deur Johannes in sy NT geskrifte (New Testament Commentary: The Gospel of John, Baker, 1979, p.79 [voetnota 26 by Joh.1:10,11]).

Aangesien Totius deur br. Skea aangehaal word om sy standpunt te verdedig, laat ek vir Totius vir ons verduidelik hoe om hierdie woorde te verstaan in die Nuwe Testament:

Br. J. C. Kotzé (Bultfontein, Lady Grey) skryf: ,,Het Jesus vir alle mense gesterwe? Ek stel hierdie vraag met betrekking tot 2 Kor.5 : 15.”
In die aangehaalde vers staan: ,,En Hy het vir almal gesterwe.” Dieselfde lees ons in Rom. 5 18: ,,deur een daad van geregtigheid (is dit) vir alle mense tot regverdigmaking.” Hebr.2:9: ,,sodat Hy denr die genade van God vir elkeen die dood son smaak”. So ook Rom. 13:32; I Kor. 15:22; Jes. 53:6.
Aan hierdie tekste gee die Remonstrante die volgende verklaring:
Wanneer daar gesê word dat Christus vir almal gesterf het, dan moet dit verstaan word van die verwerwing van die saligheid; terwyl as daar staan dat Christus vir baie sy bloed vergiet het, dit moet sien op die daadwerklike toepassing, wat nie almal se deel is nie.”
Hierteen het ons Gereformeerde vaders tereg beweer dat Christus dan net die een helfte van ons saligheid verwerf het en dat die ander helfte van die mens afhanklik is.
Die woord ,,volbring !“ moes Jesus dan eintlik, volgens die Remonstrante, nie uitgespreek het nie.
Daar word egter vergeet dat almal ‘n woord van onbestemde betekenis is. As ek byvoorbeeld sé: ,,Toe ek deur die kerk loop, het al die mense na my gekyk” — dan bedoel ek met al nie al die mense wat op die aarde woon nie maar alleen al die mense wat in die kerk was.
So spreek die Skrif ook wanneer hy die oog op die gelowiges het, soos volg: ,,Christus het vir almal gesterwe”, d.w.s. almal wat aan Jesus behoort. Met die oog op die hele mensheid sê die Skrif net so beslis dat Christus nie vir almal gesterf het nie. ,,Die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” ,,Baie is geroep, maar min uitverkies.” ,,Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het.”
Waar die Skrif nou leer dat Christus nie vir alle mense gesterwe het nie, daar kan hy beide sê: én dat Jesus nie vir almal gesterwe het nie (d.i. alle mense een vir een) en dat Jesus wel vir alle mense gesterwe het, nl. vir al die gelowiges.
Maar as die Skrif nou leer wat die Remonstrante aan hom toe skrywe, nl. dat Jesus wel vir alle mense sonder uitsondering gesterwe het, dan mag die Skrif nooit van ,,nie almal” of ,,min” spreek nie. En tog doen hy dit! ‘n Duidelike bewys dus hoe onskriftuurlik die Remonstrantse leer is.
In 2 Kor.5: 15 blyk dan ook duidelik uit die verband dat die apostel met gelowiges te doen het en niks anders as dit wil sê nie: Christus het vir alle gelowiges gesterwe, en nou moet hulle ook in hulle self sterwe, d.i. vir Christus lewe. (Het Kerkblad, 1 Junie 1913. (Vertaal.), geneem uit: Versamelde Werke, deel 1, p.288, 289)

Wanneer die Skrif dus, veral in die NT, leer dat Christus vir die sonde van die (hele) ‘wêreld’ gesterwe het (bv.Joh.3:16; 1 Joh.2:2), dan dui dit daarop dat God sy gelowiges wat Hy uitverkies het, onder alle volke het (Matt.28:19), en nie net meer onder Israel soos in die OT bedeling nie (sien die woorde in Handelinge 10:36, waar dit juis daaroor gaan dat die Here nie net kinders onder die Joodse volk het nie, maar ook onder die nie-Joodse volke: “... deur Jesus Christus – Hy is die Here van almal”, d.w.s. almal wat Hy uitverkies het onder al die volke, Matt.28:19).

Dus ‘alle’ beteken bv. alle soorte mense, of mense van alle volke, maar nie elkeen kop vir kop nie. Die Here red wel die hele wêreld, maar die hele wêreld in sy uitverkorenes/gelowiges. Ons moet die Skrif dus organies-verbondsmatig lees, en nie individualisties-arminiaans nie, anders gaan ons daarin eindig dat, soos br.Skea dit stel, skrifgedeeltes verkeerd ‘ge-interpreteer’ en verstaan word, en dit alles mekaar weerspreek.

Om net enkele voorbeelde te noem, aangaande die verskillende gebruik van die woorde ‘wêreld, alle, oral, hele, almal’:

“Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.” – Hand.19:27

“In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.” Rom.1:8

“… en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.” Hand.21:28

Dit is duidelik dat in hierdie verse die woorde ‘hele’, ‘wêreld’, ‘oral’ en ‘almal’ nie letterlik alles en almal kop vir kop op elke plek regoor die wêreld beteken nie.

Die bybelse verhouding tussen uitverkiesing en verbond, God se soewereiniteit en menslike plig, predestinasie en prediking, ens., gaan glad nie meer sin maak nie, as ons nie die Skrif organies-verbondsmatig lees soos dit ditself aanbied nie, soos oud-prof. Willie Snyman dit soos volg stel,:

“In Christus is die patria verlos, families, geslagte, volke, en die hele mensheid in sy organiese ontwikkeling. Wat ver­lore gaan, is die afgekapte takke van die menslike geslag.”

Ja, in die uitverkorene gelowiges onder elke volk, stam, taal en nasie, word die menslike geslag organies-verbondsmatig gered deur die bloed van Christus wat vir hulle gestort is. So verstaan is dit heeltemal reg om te glo en te bely: Christus red die ‘hele menslike geslag’, die ‘mensheid’, die ‘mensdom’, die ‘hele wêreld’ (Op.5:9):

“Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie

Tweedens, verduidelik dit dus ook hoe ons hierdie woorde, o.a. ‘hele menslike geslag’ van ons belydenis (Sondag 15) moet verstaan. Ursinus wys in sy verklaring daarop dat dit die uitverkorenes is, d.w.s. hulle wat glo in Christus, wat hierdie ‘hele menslike geslag’ uitmaak. Calvyn in sy kommentaar op Mark.14:24 wys daarop dat die Here se bloed gestort is nie net vir ‘n gedeelte van die wêreld nie (dus net vir die Joodse volk nie), maar vir die hele menslike ras (vir Jood en Griek, man en vrou, slaaf en vryman, Gal.3:28) , d.w.s vir almal wat sal glo (Joh.3:16) onder elke volk, stam en nasie, “almal wat verordineer (is) tot die ewige lewe” (Hand.13:48).

Die oomblik as ons die soewereine uitverkiesing en genadeverbond wil skei en losmaak van mekaar of teenoormekaar stel, in plaas van om dit net te onderskei soos die Skrif en die belydenis dit handhaaf, verval ons in ‘n doodloopstraat waarin ons of die almag en soewereine welbehae van God bevraagteken of die menslike verantwoordelikheid en plig ophef.

Die Gereformeerde geloof bely dat die versoening van Christus insigself kragtig, waardig, oorvloedig en genoegsaam is om die sonde van elke mens weg te neem (DL 2.3). Ons bely dit teenoor die arminianisme wat beweer dat indien Christus nie vir almal gesterwe het nie, sy bloed nie kragtig genoeg was om verlossing te bewerkstellig nie.

In DL 2.8 bely ons egter eksplisiet vir wie Christus se bloed gestort is, d.w.s. vir wie het Hy gesterwe aan die kruis (beklemtoning bygevoeg):

Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis—waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het—uit elke stam, volk, geslag en taal hulle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder dat Hy hulle van al hulle sondes—sowel die erfsonde as die werklike sonde wat na en voor die geloof begaan is—deur sy bloed sal reinig. Ten slotte dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.

En daarom, derdens, uit ‘n bybels-teologiese oogpunt kan die arminiaanse standpunt, dat Christus vir alle mense (kop-vir-kop) gesterwe het, nie gehandhaaf word o.g.v. bogenoemde belydenis nie.

Die rede: sou Christus vir alle sondes van alle mense gesterwe het, is die vraag aan die arminianisme: hoekom gaan mense dan nog verlore ?
Waarop die antwoord seker is: omdat hul nie glo nie;
waarop die opvolgvraag is: maar is om ‘nie te glo nie’, dan nie ook een van die sondes waarvan ons dan hierbo bely “Verder dat Hy hulle van al hulle sondes—sowel die erfsonde as die werklike sonde wat na en voor die geloof begaan is—deur sy bloed sal reinig.” ?

Ek hoop u sien hierdie wesentlike probleem raak: as Christus vir alle sondes gesterf het, dan het Hy ook vir die sonde van ‘ongeloof’ gesterwe, en kan selfs mense wat nie glo nie, ook nie verlore gaan nie ... behalwe, as daar inderwaarheid iets fout is met die bloed van Christus, of die verlossing wat Hy bewerkstellig of ‘moontlik’ gemaak het ?

Dus, as iemand vir wie Jesus se bloed gevloei het, nogsteeds verlore gaan, in die arminiaanse sisteem gesien, dan beteken dit inderwaarheid dat Christus se bloed nie genoegsaam, waardevol, en kragtig genoeg is om ‘n mens se sonde (van o.a. “nie glo nie”) te kan reinig nie. Dan is Jesus se bloed “gebrekkig of onvoldoende“, dan lê die skuld by God, nie die mens nie (wat ons natuurlik verwerp in DL 2.7). Ja, die mens bly skuldig, maar Christus se bloed is onvoldoende, in die arminiaanse sisteem.

Daarteenoor glo ons “... en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” – Matt.1:21

Christus maak nie verlossing net moontlik nie (ons verwerp ‘moontlike verlossing’ in DL verwerping 2.3, want Jesus is nie ‘n ‘halwe’ nie, maar ‘volkome’ Verlosser, HK v/a 30), Hy verlos werklik en sekerlik !
Hy volbring dit in ons plek, sodat ons deur Gees en Woord sal glo en ons sal bekeer, as vrug van die wortel: God se liefdevolle genadige uitverkiesing in Christus voor die grondlegging van die wêreld (Ef.1:4; sien HK v/a 64).

Kom ons dank God vir sy soewereine genade, want as Hy ons nie uitverkies het nie, sou ons nooit kon glo nie, en sou geen ware sending of evangelisasie kon plaasvind nie (sien DL 2.5). Die dankbare belydenis van die gereformeerde gelowige, is ons dierbare Jesus Christus se woorde:

Dit is volbring ! (Joh.19:30)

Wat br. EC Skea se probleme betref aangaande of mense ‘n ‘keuse het’ aangaande wat God Hom ‘aanbied’ (met verwysing na DL ¾.16), wil ek aan die hand van Joh.6:44 net die volgende opmerk:

“Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie”

Ons ‘kom’ (d.w.s. handel, tree op) om na die Vader te kom, as vrug van sy nadertrek na Hom (uitverkies, roeping, wedergeboorte, ens., sien Rom.8:30).

Ons ‘keuse’ is die vrug/gevolg van God wat ons eers geplant het (uitverkiesing). Ons ‘keuse’ bepaal nie ons redding nie, maar is die gevolg van ons redding. God se uitverkiesing is die bron of wortel van ons geloof, bekering en heiligmaking (sien DL 1.9). God se uitverkiesende werk is die bepalende oorsaak, ons antwoord is die gevolglike oorsaak (Fil.2:12,13).

Volgens die arminiaanse dwaling, is die wil of ‘keuse’ van die mens egter nie net ‘n gevolg nie, maar ook bepalend of ten minste mede-bepalend, of hy verlos gaan word en daarin gaan bly. In die arminiaanse sisteem word die mens se ‘keuse’ losgemaak van, gelyk gestel aan, of in stryd gestel met God se almag. Dit weerspreek vanselfsprekend die woord van die Here, om maar net op een plek te wys:

So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. – Rom.9:16

En dit is in wese die verskil tussen die gereformeerde geloof en die arminianisme: nie dat die mens ‘n ‘keuse’ uitoefen (d.w.s. handel en optree in die verbond) nie, maar dat in die arminianisme die finale hoop uiteindelik op die mens is om reg te kies, sy verlossing hang ten einde van homself af. Christus het verlossing slegs ‘moontlik’ gemaak, God ‘wil’ alle mense red (kop-vir-kop), maar nou moet die mens nog net sy deel doen (sien DL verwerping 5.2), anders gaan hy verlore.

Daarteenoor skryf Calvyn:

“Christus sal egter nie toelaat dat iemand uit diegene wat Hy eenmaal in sy liggaam ingelyf het, verlore gaan nie. … As Hy wou hê dat almal gered moes word, sou Hy sy Seun as hul Beskermer aangestel en hulle almal deur die heilige band van die geloof in sy liggaam ingelyf het. Maar nou staan dit vas dat die geloof ‘n besondere waarborg van sy Vaderlike liefde is, wat weggelê is vir die kinders wat Hy aangeneem het.” – Calvyn, Institusie III.22.7,10.

In die Skrif, soos bely in ons gereformeerde belydenis, hoor ons die werlike goeie nuus, nl. dat alles, ja alles afhang van “God wat barmhartig is ... deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.” (Ef.1:5,6)

Christus is nie net die Begin nie, maar ook die Voleinder van ons geloof (Hebr.12:1,2). Hy sal die werk wat Hy in ons begin het ook voleindig:

“… omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” – Fil.1:6

Ons moet daarom die verderflike valse leringe van Pelagius, Pighius en Arminius aanhou verwerp (DL, verwerping 2.6) omdat dit ons enigste troos in lewe en sterwe ondermyn (HK Sondag 1). Ons moet vashou aan die ware evangelie van Jesus Christus:
verlossing uit genade alleen,
deur die geloof alleen,
sonder enige werke,
tot Sy eer (Rom.11:36).

ns. Dit is ook belangrik om enige skrywer se standpunt oor ‘n saak te gaan lees, waar hy die meeste of die duidelikste daaroor skryf. Sien daarom Calvyn se werke oor uitverkiesing, wie die Here wil red, vir wie het Christus gesterwe, ens., in sy Institusie boek 3, hoofstuk 24 asook sy minder bekende werke:
"The Eternal Predestination of God" en "The Secret Providence of God"
(beskikbaar by: http://www.the-highway.com/calvin)

Monday, January 1, 2007

DIE UITVERKIESING VAN GOD deur ds. M. Postma

DIE UITVERKIESING VAN GOD (predestinasie) IS DIE VASTE GROND,
DIE VASTE FONDAMENT VAN DIE SALIGHElD VAN DIE UITVERKORENES
deur Ds. M. POSTMA, M. A. te Pretoria
[1]

Teks: 2 Tim. 2:19, “Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”

Leerrede oor 2 Tim. 2 : 19.

Sing: Ps. 89: 1.
Lees: 2 Tim. 2 en Rom. 8: 28-39.
Sing: Ps. 89: 7.
Gebed.
Sing: Ps. 89: 8.
Teks: 2 Tim. 2 : 19.
Gebed.
Sing: Ps. 138: 4.

Uit die gevangenis te Rome skryf Paulus hierdie sendbrief aan Timotheus, wat toe leeraar te Efese was. In die eerste hoofstuk van hierdie brief wek hy Timotheus ernstig op om die dierbare, voortreflike en vertroostende leer van die Evan­gelie van Jesus Christus naarstigtelik te verkondig en te versprei. In die tweede hoofstuk vermaan hy Timotheus tot getrouheid en standvastigheid in die verdrukking (v. 3): “Ly dan verdrukking soos ’n goeie krygsman van Jesus Christus.”

Hy beveel hom om die leer van die opstanding van Jesus Christus uit dood met erns te verkondig (v. 8): “Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is.”

Hy waarsku hom teen die ketters, veral Himenéüs en Filétus, wat die opstanding uit die dood verloën (v.17,18): “onder wie daar Himenéüs en Filétus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.”

In hierdie verband wys Paulus op die vastheid en sekerheid van die saligheid van die gelowiges. Van die ewigheid af het God uitverkies wie salig gaan word, en al wyk sommige nou van hierdie waarheid af, verander dit nie die besluit van God nie. Hulle wat afwyk behoort dan nie tot die getal van die uitverkorenes nie. Dat daar sulke valse leringe en dwalinge versprei sou word, word deur Chris­tus reeds voorspel in Matt. 24:24: “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

Maar dié, naamlik die uitverkorenes, kan nie ver­lei word nie, want hul saligheid is vas en seker in die ewige ­raad van God. Die apostel Paulus vergelyk hul sekerheid van die saligheid met ‘n fondament wat vas, heg en seker is. Die fondament lê diep en kan nie beweeg word nie. Die voorneme van God na die ewige verkiesing is vas en seker, daarom sê die profeet Jesaja in hoofstuk 14 : 27: “Want die HERE van die leërskare het dit besluit - wie sal dit kan verydel?”
En weer in Jesaja 46 : 10: “Wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.”

Die name van die uitverkorenes is in die hemel in die boek van die lewe opgeskrywe, want die Here Jesus sê in Luk. 10: 20: “Maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.”

Hierdie uitverkorenes, wat van hul saligheid in Jesus Christus, deur God se Heilige Gees verseker is, mag dan ook nie en sal dan ook nie agter alle ligsin­nige leer en dwalinge aanloop nie.

In hierdie teks spreek die apostel van een seël. Die vaste fondament van God staan en het hierdie seël. Hierdie fondament het ‘n seël, waarvan aan die een kant as’t ware geskryf staan: “Die Here ken die wat syne is”, en aan die ander kant: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”

Die heerlikheid van hierdie uitverkiesingsleer is dat God die wat Syne is van alle ewigheid af ken. Die Here Jesus self het dit gesê waar Hy Homself vergelyk met die Goeie Herder (10: 14): “Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.”

Die verwerpers van die predestinasie of uitverkiesing beskuldig dikwels die aanhangers en verdedigers daarvan, van sorgeloosheid. Hulle sê die predestinasie maak sorgelose mense, want, sê hulle, as die Here van ewigheid besluit het wie salig sal word, dan kan die mens maar lewe soos hy wil, hy sal wel tog salig word, as hy uitverkore is.

0 nee, sê ons, dit is ‘n valse beskuldiging. Nee, die predestinasie of uitverkiesings-leer, maak nie sorgelose, maar inteen­deel, versigte mense. Want as ek eenmaal weet dat God van ewigheid my so liefgehad het om my tot die ewige lewe te verkies, dan sal ek, met God se hulp, tog o so versigtig lewe en wandel om hierdie God nie te bedroef nie. Daarom sê die tweede gedeelte van ons teks tog so uitdruklik: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”

In hierdie vers sien ons dus in die eerste gedeelte die heerlike leer van die uitverkiesing aan ons voorgestel: “Die Here ken die wat syne is”, en in die tweede gedeelte die uitwerking, die gevolg van die aanneming van hierdie leer, naamlik: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”

Na aanleiding van ons teks, met die hulp van die Here, wys ek u dan op:

1. Die heerlike troos van die uitverkorenes: “Die Here ken die wat syne is”
a. God ken die wat Syne is van ewigheid af, van die grondlegging van die wêreld.
b. God ken die wat Syne is in die smarte van wedergeboorte en verseker hul van hul saligheid.
c. God ken die wat Syne is in die moeilike stryd van die geloof.
d. God ken die wat Syne is in hul beproewinge en liggaamlike lyding in hierdie rampwoestyn.

2. Die ernstige waarskuwing en vermaning wat daaruit volg: “Doen afstand van die ongeregtigheid”
a. Doen afstand van die ongeregtigheid van alle valse leer.
b. Doen afstand van alle ongeregtigheid in u wandel.


1. Die heerlike troos van die uitverkorenes

a. God ken die wat Syne is van ewigheid af, van die grondlegging van die wêreld.
Die Here Jesus sê in Matt. 25: 34: "Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af."

Toe, in die ewig­heid wat nie ‘n begin het nie, toe hemel en aarde gegrondves is, toe daar nog niks van ons, die uitverkorenes was nie, ja, toe het God in Jesus Christus, Sy geliefde Seun, Hom ontferm oor sy volk, die uitverkorenes, en hul liefgehad. ‘n Moeder het haar kind vurig lief reeds vóór die geboorte, maar die onbegrypelike liefde van God gaan veel verder terug, tot die grondlegging van die wêreld. By die grondlegging van die wêreld het God reeds sy uitverkorenes geken, sien Matt. 20: 16: "Want baie is geroep, maar min uitverkies."

Joh. 6 : 37: " Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie."

Die uitver­korenes is ook geheel onmagtig om tot God te gaan; hy word getrek soos Jesus sê in Joh. 6: 44: "Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie.”

En Paulus sê so heerlik in Rom. 8 : 29: "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders".

So uitdruklik sê Paulus in Efesiërs 1 : 4: "Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees".

0 ! as die uitver­korenes, as die kind van God nadink oor hierdie ewige, hierdie onbegryplike liefde, dat God hom liefgehad het by die grondlegging van die wêreld en toe reeds in Jesus Christus, die Saligmaker, wie bestem was om vir hom te ly, dan sink hy weg in dankbaarheid.

By die grondlegging van die wêreld word die naam van die uitverkorenes in die boek van die lewe geskrywe. Die uitverkorenes kan dus nie verlore gaan nie, want die raad van God staan vas. Dit is wel treurig wanneer ‘n uitverkorene, soos ‘n Dawid, in sonde val. Maar hy kan nie wegval nie. God rig hom weer op uit sy diepe val en bewaar hom vir die ewige lewe, want die Here sê immers in Jes. 49 : 16: "Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer".

Maar die uitverkorene kan homself dan ook nie self be­keer nie en kan ook nie deur ‘n ander, deur sy mede­mens, mede-sterweling, bekeer word nie. 0 nee, die beke­ring is ‘n goddelike werk. Veral in ons tyd gaan baie rond om mense te bekeer en doen so tekort aan God se eer.

Die predestinasie, die fondament van die suiwere Gereformeerde leer, word ontken en verwerp. Daardeur, deur hierdie verkeerde verwerping, word dan ook ons voortbestaan als Calvinistiese, as Afrikaanse volk, vernietig.

Heerlik is dus hierdie troos vir u, gelowige ! uitverkorene !, dat God u reeds by die grondlegging van die wêreld geken en liefgehad het. Om nog meer te sê, Christus, God se Seun het ons liefgehad toe ons nog sondaars was, toe ons nog kragteloos, toe ons nog vyande was, want sê Paulus in Rom. 5 : 6 “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.”

Toe ons nog diep in die val van Adam was, toe het Christus vir die wat Syne is gesterwe. Daarom sê Paulus is Rom. 5 : 7, 8 “Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe - vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe - maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

Maar, sê u, hoe weet ek dat ek ‘n uitverkorene is ?

Dit kan u, dit moet u weet in hierdie lewe voor u dóód. Die Here gee deur sy Heilige Gees sekere kenmerke in onse harte, waardeur ons oortuig word: “God het ons uitverkies tot die ewige lewe.” Byvoorbeeld, wanneer u diepe smart en rou oor u sonde voel, is dit ‘n wenk van die Heilige Gees, en ‘n bewys dat God u trek, want in die natuurlike mens sal hierdie smart nie wees nie.
Wanneer, deur God se Heilige Gees, die kragtige en onbegryplike liefde van Jesus Christus in u hart uit­gestort word en die siel tot Christus, as die enigste Borg en Middelaar getrek word - dit is ‘n kenteken van die uitverkiesing - want in die wêreldse, natuurlike hart woon die liefde van Christus nie. Wanneer die siel lus en welbehae kry in die dinge van God se Koninkryk, heilig wil lewe en wandel, en, die Naam van Jesus Christus bo alles liefhet en bemin - dit is ‘n kenteken van die uitverkiesing (sien ook NGB artikel 24, HK v/a 64; DL 5.9; 5.V5 – SLC).

So keurig word dit uitgedruk in die vyf artikels teen die Remonstrante - Hoofstuk 1 art. 12 oor die verkiesing en verwerping – wat ons hier letterlik oorneem:

Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur in verskillende trappe en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenheid en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem.

O heerlik ! O salig is u troos, u uitverkorene ! u gelowige ! u kind van God ! U het niks gebring nie, u kon niks voeg by u saligheid nie. Maar u verbonds-God het u liefgehad by die grondlegging van die wêreld. Hy het toe u naam in die boek van die lewe geskrywe, en op sy tyd deur sy Heilige Gees, aan u hart die versekering van hierdie ewige verkiesing gegee. Aan God alleen die lof, eer en danksegging nou en tot in alle ewigheid !

Is u uitverkore ?
Dit is een allergewigte vraag.

b. God ken die wat Syne is in die smarte van wedergeboorte en verseker hul van hul saligheid.
Elke siel wat op ‘n latere leeftyd wedergebore word, ondergaan in die wedergeboorte bittere smarte, want immers dan word die siel oorgeplant uit die ryk van die duisternis in die wonderbare lig van Christus. Die siel word losgeskeur van die sonde en ongeregtigheid, en tot Christus, die enigste Borg en Middelaar gebring. Dit kan geen mens doen nie. Dit is ‘n goddelike werk in die siel. Juis in sulke smartlike oomblikke is dit ‘n troos om te weet dat God die wat Syne is ken. In hierdie oomblik bring God die siel, deur middel van sy Heilige Gees tot die wedergeboorte, tot die nuwe mens. Dus kan een mens ‘n ander mens nooit bekeer nie. Daarom staan daar so duidelik in ons Borstius Kinder-vraagboekie:

Vraag. Kan die mens homself bekeer?
Antw. Nee, God gee die bekering tot die lewe.

Wanneer die siel, deur God se Heilige Gees, tot ontwaking gebring word en haar eie ellende en doemwaardigheid insien, dan beef en skrik hy, want immers het hy te doen met ‘n regverdige God en die ewigheid staan hom voor die deur. Maar dan hoor hy die lieflike lokstem
van die Here Jesus in Matt. 11: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."

Die siel is dood in sonde en misdade en dreig om verslaan te word deur die satan, die vors van die duisternis. Maar in ‘n oomblik omhels die Here Jesus die siel so lieflik en toon haar sy ewige­
liefde. Deur die Heilige Gees word die siel deur die wedergeboorte gebring tot die nuwe lewe in Christus en vind dan rus en vrede. Die walglike, die afskuwelike toestand van die siel in die wedergeboorte word so duidelik beskryf deur die profeet Esegiël in die 16de hoofdstuk deur die beeld van ‘n pasgebore kind wat onrein is. Ons wil u aanbeveel om tog biddend en bedaard die hele hoofstuk te lees, veral vers 6: “En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!”

Maar in dieselfde vers en dieselfde hoofstuk word ook die goddelike krag in die bekering getoon deur die woord: "Ek vir jou gesê - Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!”

Terwyl die siel haar rondmaal in haar onreine bloed van sonde en onge­regtigheid, gee God se Heilige Gees lewe, krag en genade. As die barmhartige God Hom nie in sulke oomblikke ontferm oor die siel nie, dan moet dit verniel en verwoes word deur die sielevyand, die satan. Daarom skryf die kind van God die wedergeboorte toe nie aan homself of enige mens nie, maar aan God en God alleen.
Hoe troosryk is hierdie waarheid dat God die wat Syne is in die wedergeboorte ken en ook verseker van hulle ewige saligheid. Met Paulus roep die kind van God dit uit in 2 Tim. 1 : 12: “Ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.”

In die Heilige Skrif vind ons dan ook baie duidelike voorbeelde dat God deur sy Heilige Gees, die siel in die wedergeboorte ken. As Saulus op die weg na Damaskus verbryseld op die aarde lê en in die hewige sielestryd verkeer, roep Jesus van die hemel tot hom: "Ek is Jesus wat jy vervolg", en vind hy rus in die Saligmaker. As die tronkbewaarder te Filippi, in die bange nag, in die kerker worstel met sy onsterflike siel en deur Paulus en Silas op Jesus Christus as die
Enigste Redder en Saligmaker gewys word, Hand. 16: 25­-34, ken God hom in die smart van die wedergeboorte en die ewige lig van God se genade skyn in sy siel. God ken die wat Syne is, maar wie Syne is ken ook vir Hom. Hulle weet en voel, dit is die tyd van beminning.

Ken u daardie oomblik van wedergeboorte in u lewe ?

0, hoe gelukkig wanneer u dit ken, maar indien nie, dan leef u nog onbekeerd voort, in die sonde en ongeregtigheid. Hoe vreeslik is dan u toestand.

c. God ken die wat Syne is in die moeilike stryd van die geloof.
Wanneer die wedergeboorte plaasgevind het, dan is maar nog die eerste treë op die weg van die geloof gestap, daar moet nog ‘n geloofslewe volg. Daar kom dan ‘n moei­like stryd, want ons het drie doodsvyande wat ons siele vervolg en probeer doodmaak, naamlik: die satan, wat die vors van die duisternis is, die wêreld en ons eie verdorwe vlees. In hierdie moeilike stryd ondersteun en versterk God die wat Syne is deur sy goddelike krag. As ons die god­delike hulp elke oomblik nie ervaar nie, dan moet ons nie beskwyk nie. Daarom kon Dawid, die man na God se hart, wat vele sielestryd moes ondergaan, so gelowig sing in Ps. 27 : 7 (berymd):

As ek op aard, deur soveel smart omgewe,
Omring deur droefenis en dood en rou,
nie meer sou glo dat ek in hierdie lewe
die goeie van Gods hand nog sal aanskou –
dan het ek lankal in my druk versmag.
Wees sterk, my siel, wees altyd sterk en wag !
Die HEER sal hoor en op jou roepstem merk,
Hy sal jou weer met nuwe krag versterk.

In hierdie moeilike stryd bid Jesus vir hulle wat Syne is, stry vir hulle, bewaar hulle en bring hul eenmaal in die baie wonings daarbo. Die gelowige het geen krag. Al sy krag is in sy Verbonds-God. Al het die gelowige so menigmaal en so swaar gesondig, sy Verbonds-God laat hom nie los nie. Sien byvoorbeeld die aartsvader Jakob vlugtende na Paddan Aram. Hy het alles verbeur, niks verdien a.g.v. sy bedrog en sluwe lis - maar in die bange nag te Bet-el, kom sy Verbonds-God tot hom aan en bowendien van die leër en sê (Gen. 28 : 13): “Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee".

Ons hoor van geen verwyt, wat Jakob eintlik verdien het, maar enkel van liefde en ontferming, en nog weer in vers 15: "En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan".

Petrus, die vurige apostel, wil sink op die ope see en roep dan uit: "Here, red my!" (Matt. 14 : 30). Maar Jesus gryp hom by die hand en sê: " Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?" (v. 31). Die siel kwyn menigmaal en satan bestorm haar op alle moontlike wyses om die geloof uit te doof, maar hier kom die heerlike troos in Jes. 42 : 3: “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie".

God dink aan sy verbond wat vas en seker is.

Paulus, die apostel, wat tog so sterk is in die geloof, voel en beskryf die inwonende stryd van die geloof in Rom. 7 : 18, 19: " Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.". En verleë roep hy dan uit in vers 24: " Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?" Maar hoor wat sy heerlike vertroue en vaste hoop is, soos dit uitgedruk word in vers. 25: " Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!".

Gelowige ! God ken u in hierdie stryd. Hy hou u staande.

0, in hierdie aanvegtinge vlug die siel tot Christus, soos die duif na Noag se ark. Die duif kon geen rus vir haar voete vind nie, so kan die siel geen rus vind buite Christus nie. Heerlik is dan u troos, uitverkorene. God ken u in hierdie moeilike stryd, versterk en help u en gee in uiteindelik die oorwinning, want Jesus, u Saligmaker, het aan die kruishout uitgeroep: Dit is volbring ! Vertrou dan vas op Hom.

Is u ‘n uitverkore ?
Dit is ‘n allergewigtige vraag.

d. God ken die wat Syne is in hul beproewinge en liggaamlike lyding in hierdie rampwoestyn.
Hierin bestaan ook die heerlike troos van die uitverkorene, dat God hom ken en help nie alleen in alle sielelyding nie, maar ook help en ken in alle liggaamlike lyding en smarte. Die liggaam van die gelowige is ook die eiendom van Christus, waarvoor Hy sorg. Hierin bestaan die voortreflikheid van die Gereformeerde leer, wat aan ons preek en leer dat onse Hemelse Vader ook vir ons liggame en tydelike bestaan sal sorg. Ons het dus geen dweepsieke leer, wat verkondig dat ons alleen vir die siel moet sorg nie. Nee, daarom is ons Calviniste, Gereformeerdes en nie Metodiste nie. Die strenge Metodis leer dat as iemand bekeerd word, hoe gouer hy dan sterf en na die hemel ver­huis, hoe beter. Die strenge Calvinis, die Gereformeerde, daarenteen leer dat as iemand bekeer word, hoe langer hy deur Gods genade kan lewe, hoe beter; want dan is hy eers nuttig op elke gebied en terrein van die lewe. Want dan versprei en verbrei hy die ewige beginsels van God se liefde in Christus, die e­wige beginsels van waarheid en geregtigheid. Hy word dan ‘n soutende sout vir kerk en maatskappy.

So pragtig word hierdie sorg van God vir ons ligame, vir ons tydelike bestaan uitgedruk in die eerste vraag en die antwoord daarop in ons Heidelbergse Kategis­mus, dat ons elkeen wil aanraai om dit uit die hoof te leer en ernstig te bedink. Dit lui as volg:
Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe ?
Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ’n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.

Maar o, die gelowige, die kind van God, het soveel liggaamlike lyding deurgegaan, soveel bittere beproewing ondergaan in hierdie rampwoestyn van die lewe. Die Vader laat dit juis toe dat soveel storms oor sy kind moet kom, om hom te beproef en te louter vir God se Koninkryk. Die Here Jesus het immers self gesê (Joh. 16: 33): "In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."

Maar in al die beproewinge en smarte ken God die gelowige. Hy help, red en beskerm hom, neem die kruis weg of gee anders krag op die pad van die kruis. '
In die geskiedenis van God se volk, Israel en sy kinde­rs, is soveel treffende voorbeelde van die redding van God. Toe Israel sug in die verdrukking in Egipte, beskik God ‘n Moses en Aäron wat hul uitlei. Met manna word hul gevoed in die woestyn.
Toe Dawid, die man na God se hart, rondvlug in die woestyn voor Saul, beskerm, bewaar en red God sy kind keer op keer.
As Job in die grootste ellende – liggaamlik en geestelik neersit en treur - ken God hom in al sy ellende, troos en red hom, sodat hy in geloofstriomf uitroep (Job. 19: 25): "MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan."

Die drie jongelinge in die vurige oond word wonderbaarlik bewaar, die monde van die leeus word vir Daniel in die leeukuil gesluit sodat hy ongedeërd daaruit kom.

God ken hulle wat Syne is in hul tydelike nood.

Onse dierbare Saligmaker spysig vyfduisend mense met vyf brode en twee visse (Matt. 14 : 15-21). Die apostel Paulus, die groot geloofsheld, word so menigmaal in die bangste gevare bewaar en gered.

Kind van God ! uitverkorene, gaan dus met al u tydelike noo­d en behoeftes tot onse genadige Verbonds-God. Hy ken ons en kan en wil ons red. Maar weet dit, as Hy u nie daarvan red nie, dan moet u u kruis met lydsaamheid dra en die woord van die apostel Paulus leer verstaan in Rom. 8 : 28: "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is."

Want God soek bo alles die geestelike en ewige heil van sy uitverkorenes. Daarom moet dan ook menigmaal die gelowige op aarde swaar beproef en gelouter word, om geskik gemaak te word vir God se ewige en heerlike koninkryk.

2. Die ernstige waarskuwing en vermaning wat daaruit volg:
“Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid”

Ons het opseltlik lank stilgestaan by die eerste gedeelte, om u die heerlike troos van die uitverkiesings-leer voor te stel. Ons wil nou met ‘n kort woord van waarskuwing eindig. Reeds in die eerste gedeelte het ons gesê dat die verwerpers of bestryders van die predestinasie-leer die aanhangers daarvan, beskuldig van sorgeloosheid. Hulle sê die predestinasie maak sorgelose mense, want as dit nou eenmaal besluit is dat ek salig sal word, dan kan ek maar sorgeloos lewe – ek word tog salig. O nee ! sê ons, die predestinasie maak versigtige mense – want as ek weet dat God my van alle ewigheid af liefgehad het voordat daar nog iets van my was, dan sal ek, met God se hulp, tog o so versigtig lewe en wandel om hierdie God nie te bedroef nie, maar om Hom in my lewe en wandel te verheerlik.

Maar ek sal dan ook versigtig wees om nie alle valse leer en dwalinge na te volg nie. Daarom roep die apostel ons toe:

a. Doen afstand van die ongeregtigheid van alle valse leer.
Dit was die eerste bedoeling van die apostel – want hy wys in die vorige verse op die dwaling, wat Himenéüs en Filétus versprei het – naamlik dat die opstanding reeds plaasgevind het. Dit is ‘n groot sonde om die valse leer en dwaling na te volg. Neem byvoorbeeld die geskiedenis van Israel. God het aan sy verbondsvolk die suiwer godsdiens gegee, maar hulle wil die vreemde gode dien en die sedes van die vreemde volke navolg. Dit is waarom Israel menigmaal so swaar gekasty is en uiteindelik in ballingskap weggevoer is.

Ons het as Calviniste die suiwere predestinasie-leer ontvang en al die dierbare leerstukke wat daaruit volg. Hoe sal ons dan nou alle valse leringe wil volg ?

Wat sal u dink van die man wat ‘n rots het as fondament waarop hy sy huis kan bou, maar hy verkies tog liewer om op sandgrond te bou? Sommige dink dit is ‘n groot sonde as ‘n mens skuldig is aan dronkenskap of andere growwe sonde, maar hul meen dit is nie ‘n groot sonde om valse leringe en dwalinge aan te hang nie. Dit is ‘n ewe groot sonde.

Watter treurige verskynsel sien ons ook in ons dag. Daar kom miskien ‘n geheel vreemde man uit Engeland of ‘n ander land. Hy hou bekerings­vergaderings. Elke aand bekeer hy soveel. Hy preek en handel direk in stryd met die Gereformeerde leer, dat nie die mens, maar God die bekering tot die lewe gee. Maar vele van dié wat die Gereformeerde leer bely gaan tog daarheen en werk saam. Ja self het ons verneem en in die nuusblaaie gelees dat leraars, wat die drie formuliere van Eenheid onderteken het, daar­heen gaan, meewerk en selfs hierdie arbeid aanprys. Deur so ‘n leer van ligsinnige bekering en uitwendige godsdiens word ons suiwere calvinistiese godsdiens vervals, ons Afrikaanse volksbestaan vernietig.

0, wees dan gewaarsku, gereformeerdes, om nie met sulke dwalinge van ons tyd mee te gaan en daaraan deel te neem nie. U het ‘n suiwere godsdiens soos dit aan ons in God’s Woord geopenbaar is en in ons Heidelbergse Kategismus en Geloofsbelydenis verder ont­wikkel is.
Die meesleuring van dwalinge en nuwighede in die godsdiens vloei dikwels voort uit onkunde met die suiwere en eenvoudige waarhede, en omdat ons nie genoeg, en ook nie biddend genoeg, ondersoek doen nie. Die profeet Hoséa sê in Hos. 4: 6, “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.”
Daarop moet ons nadruklik en ernstig wys en vermaan. Ondersoek tog gedurig biddend God se Heilige en dierbare Woord. Lees en ondersoek ons keurige Heidelbergse Kategismus, lees en ondersoek ons onoortreflike Geloofsbelydenis agter die Kategismus en ook die vyf artikels teen die Remonstrante (Dordtse Leerreëls – SLC). Lees sulke boeke soos Brakel’s Redelijke Godsdienst in 2 dele en ander sulke ou en beproefde Gereformeerde skrywers en u sal geen lus hê in die nuwe ligsinnige leer en dwalinge, wat geen voedsel vir die hoof en hart gee nie, en die fondament van ons Calvinistiese kerk en volk ondermyn.

Daarom, doen afstand van die ongeregtig­heid van alle dwalinge en wind van leringe. Hou vas aan die ou suiwere beproefde leer. Staan op die ewige fonda­ment van God.

b. Maar doen ook afstand van alle ongeregtigheid in u wandel.
Gelowige, uitverkorene, u is duur gekoop deur die bloed van Christus, die ewige Seun van God. U mag nie in die sonde lewe en wandel nie. As u Verbonds-God dan soveel liefde vir u het, om u van alle ewigheid te verkies en lief te hê, hoe heilig moet dan ook u wandel nie wees nie. God wil u krag gee en bewaar, want uit onsself kan ons dit nie doen nie. Maar ons God lei ons van trap tot trap, en ons gaan van krag tot krag, totdat ons eenmaal voor God in Sion verskyn.

0, watter bittere smart was dit toe Noag, die uitverkorene van God, wat deur God so getrou in die tyd van die sondvloed bewaar word, in die sonde van dronkenskap geval het.
Watter bittere saak was dit nie, toe Dawid, die man na God se hart, aan wie God soveel redding en soveel liefde bewys het, geval het in die dubbele sonde van owerspel en moord !
Watter smaad word ook nie op die Naam en die Saak van die Here gebring nie !
Watter bittere beproewing was dit, selfs vir ons Heiland, dat Petrus, sy vurige en geliefde apostel, in die bittere ure van sy lyding, Hom so skandelik verloën het nie.

Gelowige, uitverkorene, wees gewaarsku deur hierdie treurige val van God se kinders vermeld in die Skrif.

Maar o, hoe gelukkig dat die gelowige dit weet, dat die Here ook die wat Syne is ken in hul val en genadiglik weer oprig. Neem dan tog gereeld en gedurig die toevlug tot u enigste Borg, Middelaar en Saligmaker, wat vir al ons sonde betaal het en ons in sy krag wil bewaar
tot die ewige lewe.

Heerlik is dus die troos van die uitverkorene: "Die Here ken die wat syne is” maar ernstig dan ook de waarskuwing, die roepstem tot hulle: “Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid."

Die Here heilig deur sy Heilige Gees hierdie woord aan ons harte tot eer van Sy Naam.

Amen.

[1] Vertaal uit: W.J Snijman (red.), Bewaar het Pand u toebetrouwd: Drie-en-vyftig leerreden over verscheidene stoffen door eenige Predikanten der Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika (Amsterdam: Hoveker & Wormser, 1904), bl.245-263. Ds M. Postma, een van ds.Dirk Postma se seuns, was predikant van die GKSA vanaf 1890-1926. Hy is oorlede op 26 Julie 1926.

Monday, November 27, 2006

Stryd en skeuring in die Nederlandse Kerke, deur prof. S. du Toit

STRYD EN SKEURING IN DIE NEDERLANDSE GEREFORMEERDE KERKE[1]
deur prof. S. Du Toit[2]

Die Leergeskille
In die Apriluitgawe van 1940 het ondergetekende die lesers van "Koers” na die beste van sy vermoë ingelig aangaande die leergeskille in die Nederlandse Geref. kerke. Daar is aangetoon dat die verskille ont­staan het in verband met die volgende punte: Algemene genade, genade­verbond en selfondersoek, die onsterflikheid en substansialiteit van die siel, die vereniging van die twee nature van Christus, die pluriformiteit van die kerk.

Die saak is op die sinode van Sneek in 1939 nie afgehandel nie, omdat al die rapporte nie gereed was nie. Die sinode is verdaag en het sy sittinge met onderbrekinge voortgesit te Sneek en te Utrecht tot 1942. Normaliter moes in 1942 weer 'n nuwe sinode vergader, maar die sinode van Sneek-Utrecht het gemeen dat omstandighede van die aard was dat die sinode van 1942 uitgestel moet word tot 1943. Hierdie handelwyse van die sinode van Sneek-Utrecht is deur die nuwe sinode van 1943 goedgekeur.
Nie lank na die sinode van Sneek in 1939 nie het die proff. Greyda­nus en Schilder hulself onttrek aan die werksaamhede van die deputaatskap wat moes rapporteer oor die leergeskille en uiteindelik ook aan die vergaderinge van die sinode self, hoewel die sinode ernstig daarop aange­dring het dat hulle sal saamwerk. Beide hoogleraars het besware teen die behandeling van die leergeskille geopenbaar en toe die sinode ten spyte daarvan tog besluit het om deur te gaan, het hul nie verder saamgewerk nie.
Die sinode het egter aangegaan met sy werk en uiteindelik in 1942 oor al die genoemde punte besluite geneem, behalwe oor die vraagstuk van die pluriformiteit van die kerk, in verband waarmee slegs verwys is na 'n besluit van Leeuwarden 1920, terwyl 'n kommissie ondersoek sal instel na die noodsaaklikheid al dan nie van verder uitbreiding van die genoemde besluit.

Besware teen die uitsprake van 1942
Dadelik het 'n storm van protes ontstaan, veral teen die toeligting van die leerbesluite deur 'n sinodale deputaatskap.Merkwaardigerwyse gaan die stryd nou konsentreer om 'n onderdeel van die uitsprake, naam­lik om die kwessie van die verhouding tussen verbond en doop. In ver­band met die genadeverbond en die selfondersoek het die sinode naamlik met instemming 'n gedeelte van 'n besluit van 1905 aangehaal, en hoewel ook besware teen die uitsprake op ander punte gekoester is, ontbrand die vuur tog rondom die genoemde punt. Om hierdie rede sal ons nou slegs die uitspraak in verband met die genadeverbond vermeld, terwyl in 'n volgende uitgawe uitvoeriger op die leerstellige kwessies ingegaan sal word.

Binding aan die uitsprake van 1942
Nog hoër sou die vlamme oplaai toe die sinode bepaal het dat van alle aanstaande predikante instemming met die leeruitsprake van 1942 gevra sal word, alvorens hulle tot die bediening toegelaat sal word. Prof. Schilder het aan die kerkraad van Kampen, waar sy hooggel. lidmaat is, 'n stuk toegestuur, waarin hy die kerkraad adviseer om, "ooreenkomstig artikel 31 van die kerkorde," hulle nie te onderwerp aan die leeruitsprake nie, maar via Klassis en Part. sinode beswaar te maak.

Skorsing en skeuring
Nadat daar 'n langdurige, pennestryd tussen prof Schilder en die sinode was, waarin die sinode van die prof. 'n de facto (feitelike) erkenning van die leerbeslissinge gevra het, asook 'n erkenning dat hy die ad­vies aan die Kerkraad van Kampen nie moes gegee het nie, is prof. Schilder uiteindelik geskors vir 'n tydperk van drie maande as hoogleraar en as emeritus-leraar van Rotterdam-Delfshaven, die gemeente waaraan hy laastelik verbonde was.

Proff. Greydanus en Schilder het hierop besluit om af te skei en laasgenoemde het in Den Daag 'n "acte van vrijmaking en wederkeer" voorge1ees, in die trant van die akte van afskeiding in 1834. Die nuwe kerk se naam is die "Vrijgemaakte Geref. kerk" en volgens berigte het reeds ongeveer negentig predikante en 10% van die lidmate by die nuwe kerk aangesluit. Behalwe proff. Greydanus en Schilder is nog drie professore gekies t.w.di. Volbeda, Veenhof en Deddens.
Aangesien die saak ook vir ons kerke alhier van betekenis is, mede vanweë die feit dat ons dieselfde belydenisskrifte het, wil ons nader daar­op ingaan. Vandaar hierdie poging om 'n beoordeling van die hele situasie te bied: Die saak het 'n kerkregtelike en 'n leerstellige kant wat agtereenvolgens behandel word.

DIE KERKREGTELIKE ASPEK

Besware teen die prosedure van die Sinode
'n Eerste beswaar teen die optrede van die sinode van Sneek-Utrecht is dat dit homself gedurig verleng het tot selfs in 1942, toe normaliter die nuwe sinode weer moes vergader. Volgens beswaardes gee art. 50 K.O. wel opening vir die oproeping van 'n sinode binne die drie jaar, maar geen reg am dit langer as drie jaar uit te stel nie. Hierteenoor wys die sinode daarop dat dit selfs die reg het om bepalinge van die K.O. te verander as dit nodig mag blyk, maar dat art. 50 nie oortree is nie, omdat dit spreek van die reël (dit gebruik in die Hollands die woord "ordinaarlijk") en dit wil nie bepaal dat daar geen uitsondennge mag wees nie. Daarby kom dat die nuwe sinode van 1943 die handelinge van sy voorganger bekragtig het teenoor beswaarskrifte.

Verder word beswaar gemaak teen die binding aan die leerbesluite van 1942 en wel tot so 'n mate dat ampsdraers wat hulself nie daaraan wou onderwerp nie weens gewetensbesware, geskors is. Die beswaardes is wel gewillig om hulle aan die belydenisskrifte te onderwerp, maar na hulle oortuiging geld die binding nie ten opsigte van leeruitsprake nie. Verder doen hulle 'n beroep op art. 31 van die kerkorde wat soos volg lees: "Wat deur die meeste stemme goedgevind is, moet as vas en bindend beskou word, tensy bewys word dat dit in stryd is met Gods Woord of met die artikels van hierdie kerkorde, so lank hulle nie deur 'n ander Algemene sinode verander is nie."
Die vraag waar dit om gaan, is die volgende: Aan wie moet die bewys gelewer word dat die besluit stry met die Woord van God? Die beswaardes meen dat dit genoegsaam is as iemand voor die forum van sy eie konsiensie die bewys gelewer het, hoewel dit nie uitsluit dat hy ook die meerdere vergaderinge moet probeer oortuig nie. Sodra dit vir die eie gewete vasstaan dat 'n bepaalde besluit in stryd is met die Skrif of die kerkorde, het iemand nie nodig om hom­self te onderwerp nie.

Hierteenoor handhaaf die sinode dat hierdie standpunt moet uitloop op gesagsondermyning en anargie in die kerk. As elkeen maar vir homself kan uitmaak of en wanneer hy homself sal onderwerp, word kerkregering onmoontlik. Die juiste posisie is dat iemand hom de facto on­derwerp en dan by die volgende sinode sy besware kenbaar maak. Natuurlik kan daar gevalle wees waar 'n besluit in flagrante stryd is met 'n uitgedrukte woord van God, soos die vaders dit genoem het, en dan is iemand geroepe om dadelik sy nee uit te spreek. 'n Kerk moet egter gron­dig gedeformeer wees as dit die geval sou wees. Om hierdie rede word met die algemene reël rekening gehou dat daar onderwerping aan sinodebesluite moet wees.

'n Algemene beswaar is dat die sinode die weg van die "doleansie­kerkreg" verlaat en weer op die kerke die sinodale juk gaan lê het. As die sinode maar besluit het, dan is die saak daarmee uit. Dit was teen hierdie dwangjuk van die sinode dat die stryd van De Cock en Kuyper gegaan het en nou lê 'n Gereformeerde sinode dieselfde juk op. Die selfstandig­heid van die plaaslike gemeente word heeltemal ondermyn. Sommige be­swaardes gaan selfs so ver om te beweer dat alle besluite van meerdere vergaderinge eers deur die plaaslike kerke geratifiseer moet word voordat hulle van bindende krag is. Volgens hulle het "die Sinode nie meer gesag as die kerkraad nie, maar minder. Veral die skorsing van prof. Schilder het olie op die vuur gewerp. Volgens die beswaardes het dit nie in die bevoegdheid van die sinode gelê om die prof. ook te skors as predikant nie. Hulle moes die kerkraad van Rotterdam-Delfshaven geadviseer het om dit te doen ooreenkomstig die K.O.

Die sinode beklemtoon hierteenoor dat meerdere vergaderinge wel deeglik gesag het en beroep hulle op art. 36: "Dieselfde seggenskap het die Klassis oor die kerkraad wat die Partikuliere sinode oor die klassis en die Algemene sinode oor die Partikuliere het."
Verder word aangetoon dat die sinode sy besluite nie as van krag beskou omdat dit nou eenmaal besluit is nie, maar omdat dit na die oortuiging van die meerderheid ooreenkomstig die Woord van God en die Belydenis is. Aan besware het hulle altyd 'n gewillige oor geleen en uitvoerig daarop geantwoord. As hulle die besware afgewys het, is dit omdat hulle nie daardeur oortuig is nie.
Wat die geval van prof. Schilder betref, beroep die sinode hom op voorbeelde uit die tyd van die Dordtse sinode toe predikante direk deur meerdere vergaderinge geskors is. Van sy kant beweer die sinode dat die beswaardes baie naby aan die Independentisme is en nie meer Ge­reformeerd nie. Die grond vir die skorsing van prof. Schilder word deur beswaardes as onvoldoende beskou.

Die prof. is naamlik geskors weens skeurmakery ooreenkomstig art. 80 van die K.O. en as gronde word opgegee dat hy die plaaslike gemeentes opgewek het, om hulle nie aan die sinodebesluite te onderwerp nie; homself ook nie de facto daaraan wou onderwerp nie en nie sy leedwese wou betuig oor wat hy gedoen het nie. Verder het die prof. homself onttrek aan die sinodale arbeid, hoewel die sinode hom her­haaldelik versoek het om te kom. Hoewel hyself geen beswaarskrif teen die besluite van 1942 by die sinode van 1943 ingedien het nie, het hy nadat die beswaarskrifte afgewys is, die sinodebesluite opelik bestry.

Prof. Schilder en sy medestanders is van oortuiging dat hy volkome binne die kerkorde bly as hy aan 'n plaaslike kerkraad adviseer om oor­eenkomstig K.O. (art. 31) hulle besware kenbaar te maak by die meer­dere vergaderinge. Die sinode stel hierteenoor dat besware teen sinode­besluite by die volgende sinode ingedien moet word en nie by plaaslike kerke nie. Die prof. het in sy ondertekeningsformulier beloof dat hy sy besware kenbaar sal maak aan die kerk in Generale sinode vergader.
Dat die prof. hom onttrek het aan die sinodale arbeid is nie 'n oor­treding nie, volgens die beswaardes. 'n Teologiese prof. - so redeneer hulle -is nie verplig om die vergaderinge van die sinode by te woon nie. Hy kan kom as hy wil. Buitendien, prof. Schilder het daarop gewys dat sy teëstanders in die openbaar skrywe en dat hy weens oorlogsomstan­dighede daartoe nie in staat is nie. Gedurende 'n hele tyd was hy ook "onderduiker" d.w.s. hy het aan die ondergrondse beweging deelgeneem en moes homself skuilhou.

Die sinode van sy kant hou vol dat daar wel geen uitdruklike bepaling is dat proff. die sinodes moet bywoon nie, maar alles hoef ook nie gereglementeer te word nie. Dit is 'n eeue-oue gebruik en die kerk ver­wag dat sy proff. - en veral die prof. in Dogmatiek waar dit leerkwessies betref - advies sal gee. Dit is ondermynend as die prof. dan agterna die uitsprake bestry en selfs kerkrade adviseer om hulle nie te onderwerp nie.

Die sinode het ten volle met die moeilikhede van die prof. rekening gehou en die uiterste lankmoedigheid betoon. Hoewel hy nie in die publiek mog skryf nie, sou hy volle geleentheid ontvang het om sy saak op die sinode voor te dra, want die sittinge is in komitee gehou. Prof. Schilder se begeerte was eintlik dat die leerkwessies in openbare sitting behandel sou word, maar weens die oorlogsomstandighede was dit nie moontlik nie. Hoewel die prof. nie op die sinode verskyn het nie, was hy tog voort­durend besig om die sinode te bestry. As hy nie te voor­skyn kon kom nie, kon hy tog ten minste 'n passiewe houding ingeneem het. Die sinode gee toe dat elkeen van die skorsingsgronde, afsonderlik beskou, nie genoegsaam sou wees nie, maar hulle het met 'n hele kompleks van insubordinasie te doen.

DIE LEERSTELLIGE ASPEK

Die leeruitspraak van 1942 insake genadeverbond en selfondersoek
Reeds vóór 1936 is beskouinge in verband met die genadeverbond voorgedra wat in verskillende kringe aanhangers gevind het en by som­mige onrus laat ontstaan het. Ons gee die verskillende beskouinge hier kortliks weer:
1. Ons is in die verbond wedergebore en kan deur ons eie skuld afval. Wie bondeling is, is in Christus ingelyf, dié het die ewige lewe. Gesien onder die gesigspunt van die Goddelike verkiesing bly die werk van God in stand en is daar geen afval nie. Maar gelet op ons roeping is daar wel afval.

2. God sê vir elke bondeling: Ek gee aan jou die vergewing van sondes en dit word beseël deur die doop. Of die bondelinge egter die heil sal ontvang, hang daarvan af of hulle dit aan­neem.

3. Hiervolgens word onderskeid gemaak tussen gelowiges-in-die­-tyd en gelowiges-in-die-Raad-van-God. Die gelowiges in die tyd is kinders van God en het deel aan Christus. Maar dieWoord van God wat Hy oor gelowiges in die tyd gespreek het, kan herroep word. As die gedoopte die verbond breek, berou dit die Here.

Beskouing 1 gee die indruk asof daar tog 'n afval van die heiliges kan wees, terwyl 2 dit laat voorkom asof dit van die mens afhang of God se werk sal bestaan al dan nie, en 3 'n gevaarlike teëstelling aanneem.

Oor die algemeen kom hierdie beskouinge daarop neer dat uitverko­renes en bondelinge nie kwantitatief gelyk is nie. Laasgenoemdes is meer as eersgenoemdes. Maar dan ontstaan die vraagstuk: as dit só is, moet een van twee aangeneem word: óf dat daar bondelinge kan wees wat nie in Christus begrepe is nie; óf dat 'n mens wel in Christus begrepe kan wees en tog verlore gaan. Albei is vir die sinode onaanvaarbaar, maar die bogenoemde beskouinge probeer die moeilikheid op een of ander wyse oplos.

Die groot beswaar teen die gangbare opvatting is dat dit oor die ver­borge dinge wil redeneer. Ons mag nie onderskeid maak tussen egte bondelinge en sulkes wat alleen uitwendig aan die weldade deel het nie. Dan kan ons nooit seker wees as 'n kind gedoop word of sy doop wel 'n egte doop is nie. Nee, almal is kinders van God, hoewel daar onderskeid moet gemaak word tussen 'n algemene en besondere kindskap van God. Die doop is 'n egte teken. Die feit dat sommige gedooptes verlore gaan, doen daar niks van af nie. Om hierdie rede is die beswaardes ook teen die selfondersoek in die prediking, want dit soek 'n subjektiewe grondslag vir geloofsekerheid. In plaas dat ons glo wat God sê, word die hart ondersoek om uit te vind of God iets aan ons doen.
Ons voel dat dit 'n konsekwente toepassing is van hul standpunt dat alle gedooptes bonde­linge is. Met die verborge dinge, dus ook met die saak of sommige verlore gaan, het ons niks te maak nie. In kort kom dit daarop neer dat hulle wel selfondersoek na ons toestand wil hê, met name ons sondige toestand, maar nie selfondersoek na die staat nie, d.w.s. of ons wel kinders van God en wedergebore is nie. Ten einde aan al die verwarring 'n einde te maak het die sinode met algemene stemme die volgende konklusies aanvaar:

a. Aangaande het genadeverbond:
1. dat het genadeverbond van zulk een fundamenteele beteekenis voor het geloofsleven is, dat zoowel de prediking als elke andere arbeid der kerk ervan behoort uit te gaan, en dat iedere voorstelling of practijk moet gemeden, die aan de beteekenis van Gods verbond te kort zou doen;
2. dat de Heere in de belofte des verbonds ongetwijfeld toezegt de God niet alleen van de geloovigen, maar ook van hun zaad te zijn (Gen.17:7); doch in Zijn Woord ons niet minder openbaart, dat zij niet allen Israel zijn, die uit Israel zijn (Rom.9:6);
3. dat daarom - overeenkomstig hetgeen de synode van Utrecht 1905 (Acta art.158) uitgesproken heeft - "het zaad des verbonds krachtens de belofte Gods te houden is voor wedergeboren en in Christus geheiligd, totdat bij het opwassen uit hun wandel of leer het tegendeel blijkt"; al heeft de synode daaraan ook terecht toegevoegd, dat dit "geenszins zeggen wil, dat daarom elk kind waarlijk wedergeboren zou zijn";
4. dat de kerk ook haar ten avondmaal toegelaten leden naar ditzelfde oordeel der liefde heeft te beschouwen en te behandelen;
5. dat het met de waarachtigheid Gods strijdt, zulk een tweeheid in de Schrift aan te nemen, dat zij aangaande dezelfde zaak ja en neen zegt en eenerzijds de volharding der heiligen leert, anderzijds dat wedergebo­renen kunnen afvallen en verloren gaan;
6. dat men niet minder feil gaat door een valsche tegenstelling te maken tusschen een eeuwig verbond en een verbondsbedeeling in den tijd; en door de spreekwijze der Schrift, om de leden der kerk in het gemeen geloovigen te noemen, aldus op te vatten, dat alle kerkleden geloovigen zijn, maar dan "geloovigen in den tijd" en daarom nog niet "in den Raad Gods"; wat in strijd is met de Schrift, die de leden der kerk in het gemeen evenzeer aanspreekt als "uitverkorenen naar de voorkennis van God den Vader" (1 Petr.1:2, vgl. Col.3:12; Efeze 1:4-5).

b. Aangaande het zelfonderzoek:
1. dat onder meer de bediening van de sleutelmacht, die Christus aan Zijn kerk heeft toebetrouwd, eischt, dat in het midden der gemeente tot een ieder uitga de ernstige vermaning tot zelfonderzoek ook aangaande de vraag of hij waarlijk in den Christus Gods gelooft (Heidelb. Catech. antw. 84);
2. dat dit zelfonderzoek ongetwijfeld in het verbond der genade zijn uitgangspunt behoort te nemen, maar daarom door den doop niet minder noodzakelijk gemaakt wordt, aangezien niet ieder gedoopte het ware geloof bezit;
3. dat de vermaning tot zelfonderzoek niet in strijd is met den oproep tot geloof en bekeering, maar veeleer als een onderdeel daarvan is te beschouwen, en daarom nooit naar den achtergrond mag dringen de vermaning, om zijn vertrouwen alleen te stellen op de offerande van Jezus Christus aan het kruis, waarheen Woord en Sacrament ons geloof als op den eenigen grond onzer zaligheid wijzen (Heid. Catech. antw. 67) en dat de sterking des geloofs door de werking des Heiligen Geestes het allereerst hiervan te verwachten is;
4. dat dit echter niet uitsluit, dat de christen van zijn geloof ook wordt verzekerd uit de werken (Heidelb. Catech. antw. 86) en in het algemeen uit het waamemen van de kenmerken der genade, die door Woord en Geest in hem worden gewerkt (Dordtsche leerregels I 12; V 10).

Soos reeds opgemerk ontbrand nou 'n nuwe stryd wat nie soseer oor die leeruitsprake in die algemeen gaan nie, maar spesiaal dié oor die genadeverbond tref en dan nog meer in besonder konklusie 3 waarin aangehaal word uit die besluite van 1905. Vóór hierdie jaartal was daar ook 'n heftige stryd wat deur die sinode van Utrecht in daardie jaar tot 'n gelukkige einde gebring is. Gedurende 40 jaar het die formule van 1905 vrede bewaar. Nóg prof. Greydanus, nóg prof. Schilder het daar ooit 'n beswaarskrif teen ingedien nie. Laasgenoemde het dit selfs verdedig teenoor die bewering dat dit in stryd is met die gees van die Afskeiding van 1834 en die kommentare van eersgenoemde gee dieselfde doopsbe­skouing (sien bylae 1 en 2 – SLC).[3]

Die merkwaardige is dat die besware nie soseer gemaak word teen die nuwe uitsprake van die sinode nie, maar teen die aanhaling van 1905. Uit die beswaarskrifte .wat ingedien is (o.m. deur wyle dr. S. O. Los e.a.), blyk dat daar hoofsaaklik vyf besware bestaan, nl.:
1. Die belydenis leer dit nergens nie;
2. die verklaring gaan in teen duidelike uitsprake van die belydenis;
3. die beroep op die oordeel van die liefde is hier nie geoorloof nie;
4. die breuk met die Christelik-Gereformeerdes word hierdeur verskerp;
5. dit bring allerlei gevare mee vir die praktyk van die godsaligheid.
Oor die algemeen skyn dit die gedagte van beswaa'rdes te wees dat die sinode die A-rigting (die rigting van die Afskeiding van 1834) in 'n hoek gedruk, en party gekies het vir die sog. Kuyperianisme: die leer van die "veronderstelde wedergeboorte" sou hierdeur weer ingeloods wees.
Om op die argumente van voorstanders van die sinodebesluit in te gaan, sou 'n afsonderlike artikel vereis. Ons wil die belangstellende leser intussen verwys na die ondergenoemde pra-advies ,van Komm. I, asook die werkies van Polman en De Bondt-Weggemans.
Kortliks kan net gesê word dat ter verdediging aangevoer word dat 1905 heeltemal in die lyn van die Afskeiding van 1834 is en dat ook manne van albei rig­tinge hoogs tevrede was met die besluit.
Die besluit het nie die "veron­derstelde wedergeboorte" as grond van die doop aangeneem nie, maar nadruklik verklaar: "dat dit minder juis is om te verklaar dat die doop aan die kinders van die gelowiges bedien word op grond van hulle veronderstelde wedergeboorte, omdat die grond van die doop is die bevel en die belofte van God."
Die sinode het ook nie probeer om 'n uitgewerkte verbondsleer daar te stel nie, maar alleen afgewys wat na sy oortuiging nie in harmonie met die Skrif en die belydenis is nie en positief alleen dít gestel wat vasstaan.
As daar beweer word dat dit slapheid in die hand kan werk as alle gedooptes vir wedergebore gehou moet word, is die antwoord dat die enkeling nie die reg het om homself as wedergebore te beskou op grond van die feit dat die kerk hom na die oordeel van die liefde as sodanig beskou nie. Juis dáárom is selfondersoek nodig. As verklaar word dat 1905 nooit bindend verklaar is nie, en dat daarom geen opposisie ontstaan het nie, word geantwoord dat alle sinodebesluite bin­dend is, onderworpe aan die bepalinge van art.31, om 't ewe of dit na­druklik gesê word of nie. As die verwyt gemaak word dat die leergeskille in die doofpot gedoen moes gewees het terwyl die verskriklike gésel van God oor die land gegaan het, antwoord die sinode dat die voorstanders van die nuwe beskouinge tog voortgegaan het met hul propaganda onder die volk, sodat dit nie meer 'n bloot teologiese kwessie was nie en die sinode moes waarsku.

Besluit
En nou is die skeuring 'n feit, 'n bedroewende feit. Enigeen wat daarvan verneem, spreek dadelik as sy oortuiging uit dat sake nie in hierdie rigting kan bly ontwikkel nie - sodoende word die Gereformeerde Christendom tot 'n aanfluiting. Van Hervormde kant is reeds opgemerk dat ons hier die vrug het van Kuyper se beleid. M.a.w. die Gereformeer­des moes nooit die Hervormde kerk verlaat het nie.

Die Gereformeerde Kerke in Nederland besef blykbaar self dat daar ernstig oor die onder­hawige kwessies beraadslaag moet word en aangesien die Christ. Geref. Kerk in Noord Amerika 'n uitnodiging aan die Nederlandse Geref. Kerk en die Geref. Kerk in S.A. gerig het om in Aug. 1946 saam te vergader, is van Nederlandse kant versoek dat hulle moei­likhede ook aldaar bespreek sal word.

Reeds toe in 1892 die kerke van Afskeiding en Doleansie verenig is, het die Christ. Geref. Kerk in Nederland eenkant bly staan, gedeelteIik vanweë dieselfde dogmatiese besware as die van die Schildergroep van tans. Daarna het moeilikheid gekom met dr. Geelkerken wat sy eie kerk gaan stig het en nou weer met prof.Schilder e.a. Dit word hoog tyd dat daar ernstig ondersoek ingesteI sal word na die wortel van die kwaad.

Ondergetekende wil hiertoe 'n beskeie poging waag, in die besef dat dit maar gebrekkig is, veral waar dit nie moontlik is om 'n ondersoek ter plase in te stel nie. Hy het met 'n ope gemoed die offisiële stukke van die sinodes, asook 'n hele aantal pamflette van beide kante, gelees en geprobeer om tot 'n objektiewe oordeel te kom.

In die eerste plek moet die vraag gestel word of die leergeskiIIe ooit op die sinode moes gekom het. Moes dit nie liewer in akademiese kon­ferensies uitgemaak gewees het nie ? Van die kant van die anti-sino­dales word hierdie vraag bevestigend beantwoord, maar van die kant van die sinode word daarop gewys dat die nuwe rigting hulle beskouinge onder die volk verbrei het en selfs gedurende die oorlogsjare voortgegaan het met hul propaganda.
Ander Gereformeerdes is van oortuiging dat (die) verskillende gedagtes nie in ooreenstemming met Skrif en belydenis is nie. Moet hulle nou swyg en moet dit gedoog word dat allerlei rigtinge binne die Geref. kerke ontstaan? Is ons dan nie maar weer op die standpunt van die Hervormde kerk dat verskillende rigtinge binne die kerkverband 'n tuiste kan vind nie? Waar is dan die grens tussen leertug en leervryheid?

Ons is oortuig dat die sinode nie mog swyg of die saak in die doofpot probeer doen het nie, ook omdat dit gaan om sake wat die wortel van ons geloof raak. Maar om 'n herhaling van hierdie pynlike gebeurtenisse in die toekoms te voorkom, moet die hele Gereformeerde Christenheid die weg volg dat teologiese beskouinge wat enigsins nuut van aard is, eers in teologiese konferensies bespreek word en as daardeur geen bevredi­gende oplossing gevind word nie, dan die koninklike weg van gravamina (beswaarskrifte) en wel aan die adres van die sinode.
Die onophoudelike perspolemieke is een van die bronne van onrus. Niemand wil graag sien dat die Geref. teologie stagneer nie, maar daar is genoeg ruimte binne die bepalinge van die Kerkorde om 'n progressiewe Geref. teologie te beoefen.

Wat die kerkregtelike aspekte betref, wil ons opmerk dat die anti­sinodale rigting op anargie in die kerklike lewe afstuur opgrond van 'n eensydige beklemtoning van een kerkregtelike beginsel, naamlik die self­standigheid van die plaaslike gemeente. Volgens hulle bly hulle by die "doleansiekerkreg" en lê die sinode 'n ondraaglike juk van hierargie op. Hulle vergeet egter dat 'n sinode ook gesag dra. Dit is juis die mooie van die Geref. kerkreg dat dit die beide uiterstes van Independentisme en Kollegialisme vermy. Die kerkreg van die antisinodales hel gevaarlik oor na die Independentisme. As hulle standpunt konsekwent gehandhaaf moet word, is kerkregering 'n onmoontlikheid. As iemand in die Vrygemaakte Geref. Kerk teenoor sy sinode dieselfde houding sou inneem as prof. Schilder teenoor die van die Geref. Kerke, sou dit spoedig tot kerkontbinding lei.

As, elkeen maar vir homself kan uitmaak of hy hom gaan onderwerp aan besluite al dan nie, is die deur vir anargie wyd oopgemaak. Blykens die acta het die sinode die uiterste lankmoedigheid betoon en besware uitvoerig behandel en beantwoord.
Die beswaardes vergeet dat in die dae van die Doleansie die selfstandigheid van die plaaslike gemeente wel besonder sterk beklemtoon moes word teenoor die sinodokrasie van die Herv. Kerk, maar dat daarmee die gesag van meerdere vergaderinge, nie in die gedrang gekom het nie. Dan sou die kerke van die Doleansle in flagrante stryd gekom het met die Geref. kerklike tradisie.
Deur homself gedurig te verleng het die sinode van Sneek-Utrecht, miskien die skyn van sinodokrasie gewek, maar dit blyk nou tog dat sake nie anders sou verloop het nie, gesien die feit dat die nuwe sinode van 1943 die werk van sy voorganger bekragtig het.
Om aan die teëstanders ook nog hierdie stok uit die hand te neem sou dit wellig 'n veiliger weg gewees het as die sinode prof. Schilder nie ook as bedienaar van die Woord geskors het nie, maar die kerkraad van Rottterdam-Delfs­haven geadviseer het om op te tree ooreenkomstig die bepalinge van die kerkorde in hierdie verband.
Prakties sou die resultaat egter dieselfde gewees het, want die kerkraad kon tog nie sonder baie gewigtige redes teen die advies van die sinode ingegaan het nie en uiteindelik moes die saak dan tog weer op die sinode as die meeste vergadering gekom het. Die teenstanders van die sinode het 'n legio van formele besware, soos dit gewoonlik gaan, en dit is wys om in hierdie opsig die veiligste weg te bewandel.

Wat die dogmatiese kwessie betref, merk ons op dat na ons oortuiging die sinode die suiwer Skriftuurlike waarheid leer. So het ons nog altyd arts.33-35 van die Ned. geloofsbelydenis gelees en die verbondsbeskouing van die antisinodales is vir ons onverstaanbaar. Dr. Polman e.a. het op oortuigende wyse aangetoon dat die besluite in die Gereformeerde lyn lê. Moontlik sou die saak van die sinode nog sterker gestaan het as die besluite nie spesiaal bindend gemaak is nie. Elke sinodebesluit is tog bindend.
Dit skyn of die spesiale binding baie geirriteer het, terwyl daar geen beroering was oor die uitspraak van 1905 nie. Nietemin - al sou die sinode ook op hierdie punte na die sin van die beswaardes gehan­del het, twyfel ons tog of daardeur die skeuring verhoed sou gewees het. Blykbaar was die nuwe rigting al geruime tyd besig om te ontwikkel en het die teëstelling te skerp geword.

Ons weet daar word baie gepraat oor persoonlike kwessies, lief­deloosheid, oor verkeerde diplomasie in die kerklike lewe, oor onver­draagsaamheid, ens., maar die Kerkgeskiedenis het bewys dat agter elke leergeding persoonlike kwessies gesoek word. Wat ons wel getref het is die kalme en besadigde toon van alle stukke van die sinode teenoor die skerpe taal van sommige antisinodales.
Laat ons egter vir 'n oomblik aanneem dat die Geref. Kerke werklik tot in die grond gedeformeer is, dan nog was afskeiding op hierdie sta­dium definitief prematuur. Só het die groot Hervormers nie opgetree nie.
Eerste plig was die stryd om kerkherstel. Dr. Polman het in sy werkie: “Zonder krijgsmanseer en vlag,” voortreflik aangetoon wat die verskil tus­sen die optrede van manne as Calvyn, De Cock, Kuyper e.a. aan die eenkant en die Schildergroep aan die ander kant is. Selfs diegene wat as ampsdraers geskors is, het tog lidmate gebly en as die besluite van die sinode die Skrif nie suiwer verklaar het nie, moes ook hier uiteindelik die waarheid seëvier, solank natuurlik as die Geref. Kerke nie die weg tot hervorming absoluut toegemuur het nie.

Ons wil van harte hoop dat die breuk weer geheel mag word met behoud van die waarheid, en wil aanbeveel dat 'n openhartige samespreking ­van verteenwoordigers van die verskillende groepe, ingeslote die Christ. Geref. kerk, sal plaasvind. Dan mag hierdie krisis nog vrugte afwerp, nie alleen vir Nederland nie, maar vir die hele Gereformeerde Christendom.
_______________________________

Vir die leser wat meer van hierdie saak wil weet, noem ons die volgende werke wat genoegsaam is om beide standpunte te leer ken:

Van die kant van die sinode:
- Die offisiële acta asook die Toeligting by die leerbesluite en by die skor­singsbesluit.
- Die pre-advies van Komm. I insake beswaarskrifte teen die leerbesluite.
- Ds. L. Oranje - Het gezag in de kerk van Christus.
- Dr. A. D. R. Polman - De Verklaring van Utrecht 1905 gehandhaafd.
- Dr. A. de Bondt en ds. J. Weggemans - Verbond en Doop (drie dele).
- Dr. J. Ridderbos - Kerkscheuring.
- Dr. G. M. den Hartogh - In de lijn der Afscheiding.

Van die kant van prof. Schilder:
- Dr. S. Greydanus - Snelle afloop als der wateren.
- Dr. S. Greydanus - Actueele vragen betreffende de wedergeboorte.
- Dr. S. Greydanus - De Schorsing van prof. dr. K. Schilder.
- Ds. C. Veenhof - In den chaos.
- Ds. J. H. Rietberg - De schorsing en de K.O.
- Dr. S. Greydanus - Zij dan deze dingen alzoo?


- Bylaag 1 -
HOE OORDEELDE PROF. SCHILDER OVER 1905?
[4]

Eenige citaten
In de jaren 1927-1929 heeft Prof. Dr. K. Schilder in "De Bazuin" vrij regelmatig de Chr. Gereformeerden be­streden, die in de uitspraak van 1905 voldoende reden zagen, waarom zij zich met de Geref. Kerken onmogelijk zouden kunnen vereenigen.

Prof. Schilder heeft in zijn bestrijding van het Chr. Geref. standpunt zich ook uitgelaten over 1905 in een zin, die niet kan worden misverstaan, en die voor ons van de grootste beteekenis is.

In "De Bazuin" van 30 Sept.1927 schreef Prof. Schilder tegen Ds. Jongeleen, die de volgende stelling had geponeerd: "Aan deze goederen hebben deel al de bondelingen, ook de niet-uitverkorenen. Wij meenen het zoo te moeten stellen."

Prof. Schilder schreef toen: "Hier wordt wel zeer sterk afgeweken, niet slechts van wat men in de Chr. Geref. Kerk "neo-calvinisme" noemt, maar ook van de theologie der gerefor­meerden, gelijk die in de beste vertegenwoordigers van de voor en na 1834 optredende theologen geleerd is."

In "De Reformatie" van 4 Aug.1939 blijkt Prof. Schi1­der zijn polemiek nog geheel voor zijn rekening te nemen. Hij schrijft dan: "Nog steeds ben ik deze overtuiging toegedaan. Het lijkt me fataal, dat Ds. Jongeleen (zie "Bazuin" 30 Sept. '27) geen plaats heeft voor de leer, dat geloof en bekeering ook behooren tot de weldaden des verbonds."

In 1929 behandelde Prof. Schi1der in "De Bazuin" in den breede de vraag, of de Synode van 1837 niet precies "het­zelfde leerde, als de Geref. Kerken in 1905 deden. In het nummer van 10 Mei 1929 schreef de hoogleeraar: "Wanneer men dan ten overvloede nog leest van Hendrik de Coek zelf (Wederl. Besch. en Antw. v.h. leerst. d. H. Doops, 1837, in een KERKELIJK GOEDGEKEURD geschrift, zie daarover weer de acta van 1836, bl.21), deze uitspraak, dat de term "geheiligd" in de EERSTE doopvraag de "betrekkelijke verbondsheiligheid en lidmaatschap bedoelt", niet met uit­sluiting echter, MAAR MET INSLUITING van de ware heilig­heid en het ware lidmaatschap, voortkomende uit Gods kragtig TOEGEPASTE genade … ik herzeg: wanneer men dit leest van Hendrik de Cock, dan staat men wel zeer verwonderd. Want: De Cock zegt: de ware heiligheid, vrucht van toegepaste ge­nade, is begrepen in de eerste doopvraag. Maar "De Wekker" werkt ze er wekelijks uit "in nomine H. de Cock"."

In het nummer van 17 Mei 1929 lezen we: "Redacteur Van der Schuit heeft de bedoeling van De Cock alweer niet begrepen. De "verbondsbetrekking", die De Cock in de gemeente meer en meer gehandhaafd en erkend wil zien, vereischt, dat men naar het oordeel der liefde elkaar bejegenen zal. Wat is dat oordeel? Dat men van elkaar aanneemt, dat God door het Woord het genadeverbond als AANBOD van genade elkaar heeft doen toekomen? Maar dat behoeft men niet te oordeelen naar den aard der liefde, doch dat spreekt van zelf. Neen - natuur­lijk bedoelt De Cock, dat men van elkaar moet aannemen, dat men de goederen (geestelijke goederen) van dat verbond subjec­tief deelachtig is, tenzij het tegendeel blijkt. En dat is dus een verband leggen tusschen verbond en verkiezing, en een protest tegan de huidige chr. gereformeerde penvoeders, die het verbond Gods vervagen tot een aanbod van genade, een aanbod, dat ­om met De Cock te spreken - ook komt tot ‘Turken en heidenen en Joden’."

In "De Reformatie" van 22 Oct. 1931 citeert Prof. Schil­der het Chr. Geref. Jongelingsblad "Luctor et Emergo", waarin een recensie voorkwam over het Geref. Kerkboek van Prof. Biesterveld. Over de uitdrukking "in Christus geheiligd" zei de recensent: "In Christus geheiligd kan (nl. volgens het boek van Biesterveld) niet anders beteekenen "dan een wezen­lijk in Christus ingeplant en dus heilig zijn" (bl.175). En dan weer die opheffing der dingen: Dit zegt niet, dat nu alle ge­doopte kinderen wedergeboren zijn (bl.175). De lezers zullen daarmee rekening moeten houden; zij weten, dat wij over die dingen anders denken. Wij vinden't jammer, dat dit boek op dit standpunt staat."

Prof. Schilder plaatst daar dan dit onderschrift bij: “ 't Is weer de oude kwestie: hier wordt beweerd, dat de Geref. schrijver een eigen meening inlegt in het formulier. De schrijver zelf meent evenwel, dat het formulier door hem in zijn eigen historische bedoeling is ontvouwd. Wil de Chr. Geref. pers iets bereiken, dan moet ze bewijzen, dat de geschiedenis onjuist beschreven werd."

In "De Reformatie" van 4 Dec. 1931 neemt Prof. Schil­der een stukje over van Ds. Delleman uit de "Aaltensche Kerkbode", waarin deze zich verweert tegen Prof. Van der Schuit. Over de uitdrukking "in Christus geheiligd" zegt Ds. Delleman: "Bavinck komt tot de conclusie: Heel de geest en de leer van het doopsformulier sluit uit, dat het ge­heiligd zijn in Christus slechts in uitwendigen, voorwerpelijken zin te verstaan zou zijn. En Biesterveld: Zoo kan de bewuste uitdrukking niets anders beteekenen, dan wezenlijk in Christus ingeplant en dus heilig te zijn. Heeft men deze conclusies ooit weerlegd ?"

Prof. Schilder voegt er dit aan toe: "Volhouden maar ­terwille van de arme chr. geref. schapen, die in misverstanden dreigen te verdrinken."

In "De Reformatie" van 20 Jan. 1933 schrijft Prof. Schil­der: "Als dan vervolgens de docent (v.d. Schuit) beweert, dat in 1905 door de Geref. Kerken geleerd is, wat tegen de belijdenis van Lindeboom inging, dan zeggen we alleen maar: het is niet waar. Lindeboom heeft zelf natuurlijk ingezien, dat Dr. Kuyper niet de kwestie (inzake Paulus' wedergeboorte) geheel en al zoo stelde, als hij (trouwens ook slechts veronderstellenderwijs) ze had getermineerd; hij heeft het hoofd dan ook niet in den schoot gelegd (zooals De Wekker smaalt), maar het tegenover Dr. Kuyper recht op gehouden, wetende dat een man geen kerk is. Die het hoofd in den schoot legden voor een mensch, dat waren de scheurmakers van 1892; want zij zijn voor een mensch en een paar zinnetjes uit den weg gegaan. En in 1905 is niet datzelfde vastgesteld, wat volgens De Wekker in Kuyper Lindeboom niet kon behagen. Wie dat zegt, verwringt tekst en uitleg van 1905. Maar dat te herhalen, wordt nu heusch vervelend."

In "Dr. A. Kuyper en het ‘Neo-Calvinisme’ te Apeldoorn veroordeeld?" 1925 zegt Prof. Schilder op bl.12: "Dat er in diezelfde uitspraak der Synode ergens staat: "minder juist", waat docent v. d. Schuit meent, dat staan moet: "on­juist", is uit den treure herhaald. Waarom doet docent v.d. Schuit aldus ? Er was toch reden genoeg om nu eens op de officieele, wel overwogen uitspraak van de Gereformeerde kerken aan te vallen, nu de rector-redenaar over de ‘richting’ wilde handelen."



- Bylaag 2: GREIJDANUS OOR DIE HEILSBELOFTE VAN DIE GENADEVERBOND

Ek wil elkeen wat belangstel in die onderwerp van uitverkiesing en verbond, baie sterk aanbeveel om die kommentare van S. Greijdanus te bestudeer, spesifiek die boeke: Galasiërs en Romeine. Ek vereenselwig my met wat Greijdanus daaroor skryf, veral sy verklaring van Galasiërs 3, Romeine 4 en Romeine 9.

A. ROMEINE[5]
In Greijdanus (wat saam met Schilder die Vrygemaakte kerke begin het in 1940's) se Romeine kommentaar skryf hy in sy opsomming oor Romeine 9:6-13, dat dit hier gaan oor:
"... en vervolgens aan te wijzen, dat Israels toestand niet doet zien, dat Gods beloftewoord zijne kracht verloren heeft, maar openbaring is van de waarheid, dat Gods heilbelofte niet allen geldt, doch alleen Zijne verkoren, die Hij uit souvereine vrijmacht daartoe verordineerde ..." (beklemtoning bygevoeg, Romeinen II, Bottenburg, 1933, p.404).[6]

Hier volg ‘n paar aanhalings, vir eers uit sy verklaring op Romeine 9:

1. In antwoord op hulle wat meen dat God sy beloftes verbreek het, aangesien so baie nie geglo het nie en Christus verwerp het, skryf hy in kommentaar op Rom.9:6-8,
“Daarom gaat de apostel nu uiteenzetten, dat dergelijke gedachte onjuist is (dat God nie sy belofte nakom nie – SLC), en dat by Israel onderscheiden moet worden tusschen Israel naar het vleesch, en Israel naar Gods verkiezend voornemen, dat voor het zaad van Abraham gerekend wordt en de heilsbelofte ontvang. Dit zegt hij in deze verzen, om in vss. 9-13 Schriftbewijs bij te brengen voor de waarheid, dat alleen Gods belofte en vrije verkiezing bepalen, wie in het heil zullen deelen. … Vleeschlijke afstamming waarborgt nog geene geestelijke, gelovige, Godsvreezende zielsgesteldheid, vgl. Ook Matth.3:9; Joh.8:36-44, en daarom ook geene ontvangs of bezit van, noch deelgenootschap in, de heilsbelofte.”

Opmerking: om gedoop te word beteken nog nie dat jy outomaties die heilsbelofte ontvang het nie.

2. Met verwysing na die frase “Want dit is die woord van die belofte” (9:9), skryf Greijdanus:
“… want van belofte is het woord dit, d.w.z. bij eene belofte hangt alles slechts af van die belover, komt het enkel aan op den inhoud van het beloftewoord. Eene belofte is eene vrijmachtige beschikking, een souverein geven, dat zich doorzet, onafhankelijk van het doen van hem, aan wien de belofte gegeven wordt, zonder diens medewerking.”

Hy gaan verder, en met verwysing na die frase ‘sal ‘n seun hê’ (9:9b), skryf hy:
“Daarmede wordt het souvereine, alleenwerkende, en almachtige der God­delijke belofte uitgedrukt, die spreekt en bewerkt wat zij zegt, zonder door iets verhinderd te worden, of van eenige mede­werking, Of tegenwerking, afhankelijk te zijn, maar geheel vrij­machtig bepaalt, wat zij wil, en volbrengt, wat zij toezegt. Bij deze belofte aan Abraham ging het om dat Goddelijk souvereine en almachtige: want Hij spreekt, en het is er; Hij gebiedt, en het staat er, Ps. 33:9. En daar is het den apostel met de aan­haling dezer woorden nu ook om te doen, nl. dat de aard eener belofte, en tenminste van eene belofte Gods, is de onafhanke­lijke, uit eigen vrij believen gegeven toezegging, die haren in­houd realiseert, ondanks alles, los van alles, stellig en ontwijfel­baar.”

Opmerking: Duideliker kan dit seker nie gestel word nie. Hier is by Greijdanus geen VGK “Christus-het-alles-gedoen-maar-wag-jy-moet-glo-anders-is-jy-verlore” teologie nie. As geloof ‘n ‘voorwaarde’ is waaraan die mens moet voldoen anders word die seëninge van die verbond nie vervul nie, en jy dus uit die genade kan verval, dan beteken dit God se heilsbelofte is definitief nie soewerein en vrymagtig, soos Greijdanus dit hier stel nie. Die heilsbelofte is – soos sy liefde en genade - onweerstaanbaar tot hulle vir wie dit gerig is, nl. die kinders van die belofte, die gelowiges in Christus (Rom.9:8; Gal.3:29; sien DL 2.9). Dit is nie ‘n blote ‘toesegging vir almal’, wat redding vir almal ‘moontlik’ maak nie (soos die arminiane leer nie). Die heilsbelofte van God in Christus is vas en seker (2 Kor.1:20,21).

3. By Romeine 9:11 skryf hy:
“…. Naar het loutere welbehagen van God, die verkiest wat Hij wil, zonder eenigen grond voor die keuze in den gekozene. … Zou Gods voornemen onveranderlijk zijn, dan moest het niet afhankelijk zijn van de mensch, die telkens veranderen kan, maar enkel afhangen alleen van God welbehagen, met uitsluiting van al wat van den mensch zou kommen. Het moest zijn ene ‘voorneme volgens die verkiesing’, naar het souvereine verkiezen Gods; vgl. ook Eph.1:4. Alle doen de menschen moet als bepalende factor hierbij uitgesloten zijn.”

Opmerking: as – volgens die voorwaardelike verbondsbeskouing - slegs hulle wat die voorwaarde van ‘geloof’ vervul die ewige lewe ontvang, dan beteken dit die finale grond lê in wat die mens doen (‘glo’) en nie God se vrye welbehae nie. Daarom is geloof nie ‘n voorwaarde nie, maar slegs kenmerk, gawe en instrument waarmee en waardeur ons Christus en al sy weldade ontvang (HK, So.23). Dit help nie om te sê die geloof wat God eis om die voorwaarde vervul gee Hy in genade nie, en daarom verskil dit van die arminiane.
Nee, Greijdanus stel dit duidelik dat ons redding geensins afhanklik is van wat die mens enigsins doen nie. Dit beteken dat ALLES wat ons doen, is die gevolg en weldaad van die verbond, en nie die VOORWAARDE daartoe of om daarin te bly nie. God rig in Christus nie net eensydig die verbond op nie, maar Hy verseker, vervul en handhaaf dit ook tot in ewigheid. Ons deel as gelowiges in God se GENADEverbond en is betrokke daarin (ons deel is gehoorsaamheid), maar die verbond is nooit afhanklik van ons vir sy voortbestaan nie. Dank God daarvoor, anders sou niemand gered word nie !
Ja, natuurlik is geloof ‘n geskenk van God, en is dit noodsaaaklik as die instrument waardeur ons Christus ontvang, maar dit is die gevolg en vrug van die redding, nie ‘n voorwaarde daartoe of om daarin te bly nie. Van Genderen en Velema se Beknopte Gereformeerde Dogmatiek, op bl.565 stel dit as volg: "Het geloof is geen voorwaarde. Het is wel heilsnoodzakelijk, omdat het zelf tot het heil behoort."

4. Vir hulle wat Romeine 9 verkeerdelik verklaar as dat dit net op Edom en Israel as volke dui, wys Greijdanus daarop:
“… ook niet enkel op de volken Edom en Israel, maar ook reeds op Esau en Jacob persoonlijk. ... Want daarin wijst de apostel er juist op, dat niet alle Israelieten het heil Gods in Christus deelachtig worden, OMDAT Gods heilsbelofte niet hen allen gold. Daarmede is aangegeven, dat Gods praedestinasie individueel is, niet maar volksgewijze, en de enkele personen voor de heilsverkrijging aanwijst. ... ”

Opmerking: Greijdanus gaan dan verder en wys daarop dat al die individuele uitverkorenes in organiese verband (in verbond) met mekaar staan en saam ‘een volk Gods vormen”. Die uitverkorenes onder alle volke, tale en nasies, van alle ouderdomsgroepe (volwassenes, kinders, babas, ens.), is organies verbondsmatig die Israel van God, die kerk van Christus, die gelowiges en hul nageslag deur die eeue.

Die Jode wat Christus, Paulus en die kerk teengestaan het, het gemeen dat omdat hul die besnydenis ontvang het (die teken van die verbond ontvang het), deel hul outomaties in die heilsbelofte van God in Christus (verbondsoutomatisme ?). Romeine 9 en die res van die Skrif leer, soos Greijdanus dit hier stel, dat dit alleen God se ‘voorneme volgens die verkiesing’, sy liefdevolle vrye welbehae is wat bepaal aan wie die heilsbelofte behoort: die geliefde uitverkorenes, die kerk van Christus (DL 2:8,9).

Vandag – in die nuwe bedeling van dieselfde verbond - beteken dit nog presies dieselfde: mense deel nie in Christus, of ontvang die heilsbelofte bloot omdat hul gedoop is nie (verbondsoutomatisme). Nee, dit is God se vrye welbehae wat dit bepaal, nogsteeds. Die heilsbelofte is en geld alleen vir die uitverkorenes, die erfgename van Christus (Gal.3:29).

Greijdanus leer in navolging van die Skrif dat die rede waarom sekeres nie in die heil deelagtig word nie, is omdat die heilsbelofte nie vir hul geld nie, dus volgens God se predestinasie. Die verskil lê in God se wil, en nie die mens se wil nie (Rom.9:16). Die vrygemaaktes leer dat die rede is: omdat hul nie die heilsbelofte se voorwaarde vervul het nie, dus iets wat die mens moet doen / nie doen nie. Die een siening leer dat dit alles van God afhang, laasgenoemde dat dit van die mens afhang, of positiewer gestel: van God én mens afhang wat saamwerk in die verlossing.

Om waarlik in die verbond te wees, beteken nie om ‘moontlik’ gered te kan word nie (dit is ‘n kontrakidee), maar dit is die verlossing in Christus self (Matt.26:28; sien die Nagmaalsformulier = verbondsmaal in Christus se bloed).

Hulle wat die verbond verwerp en vertrap, doen dit omdat hul nooit waarlik in die verbond was nie, maar slegs in die sfeer daarvan gelewe het. Daarvoor staan hul skuldig en sal rekenskap moet gee. Die doop en Nagmaal is en bly ware sakramente ongeag wie dit ontvang. Vir een is dit egter ter bevestiging en versterking van sy regverdiging voor God in Christus (gelowiges), vir ‘n ander is dit tot sy verdere regverdige veroordeling en verharding waarvoor hy skuldig is (ongelowiges):
Die bedienaars gee ons van hulle kant dus met die sakrament dit wat sigbaar is, maar ons Here gee wat deur die sakrament aangedui word, naamlik die onsigbare genadegawes ... Verder, hoewel die sakramente en die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie. Die goddelose mens ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sakrament nie. So het Judas en Simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie Christus, wat daardeur voorgestel word nie. Hy word slegs aan die gelowiges gegee. – sien NGB artikels 33 tot 35.


“Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ’n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.”
– Rom.11:5-7



B. GALASIËRS[7]
Hier is nog ‘n paar insiggewende aanhalings uit Geijdanus se kommentaar op Galasiërs. Dit kom spesifiek uit sy verklaring van verse 16-18 en 29 van hoofstuk 3.

Greijdanus begin by vers 16 om te wys dat die frase “en sy saad” benadruk word saam met Abraham, met die oog op die groot vraag: “Want het komt er vooral op aan te bedenken, aan wien God zijne belofte deed”. Met belofte hier in verse 16 en verder word bedoel volgens Greijdanus: “de belofte van Christus met al Zijn heil, Rom.4:13vv.” Hy wil dan ook die vraag beantwoord of “met de wet spreken van een werkeloos maken of vernietigen van de belofte? Kunnen wet en belofte dan niet gepaardgaan ? Neen, zegt de apostel nu, die vormen een tegenstelling en sluiten elkander uit …”

Dit is as’t ware asof Paulus vra of die heilsbelofte deur die handeling van ‘n mens (“uit die wet”) vervul kan word ? D.w.s. kan ‘n mensehandeling (bv. ons wat glo ) bepalend wees vir die vervulling van die belofte ?

Hier volg ‘n paar van sy antwoorde op die vraag aan wie God die heilsbelofte maak vanuit Greijdanus se kommentaar, gevolg elke keer met my eie opmerkings:

“Daarbij moet bedacht worden, dat de Heere juist Ismael, doe ook een zoon van Abraham was, in dezen had uitgeschakeld, Gen.17:20-21, en bepaald Izaak genoemd had als het zaad van Abraham, vgl. Gen.22:15-18. Dat wees juist in de richting van het enkelvoud. Dit verdeelingsproces zette zich later door bij Ezau en Jacob, Gen.27:33 en 28:4. … Doch de Heere heeft deze uitzondering en aanwijzing, dat wel Izaak, maar niet met Ismael, als zaad van Abraham zou gelden en het verbond zou ontvangen, reeds gemaakt voordat Izaak geboren was, en voorzoover voor de historie, vgl. Gen. 17 : 19-21; 21 : 22.”

Opmerking: Ismael het nie die verbond ontvang nie, al het hy die verbondsteken ontvang: “20 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en ververmeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak. 21 Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.” – Genesis 17

“Zoo kunnen we zeggen, dat God deze belofte gegeven heeft aan Abraham en het Abrahamszaad, dus aan alle in Christus-geloovenden als een geheel beschouwd, in onderskeiding van alle kinderen van Abraham, die niet tot de Abrahamszaad behooren, Ismael en de kinderen van Ketura, en later Ezau met zijne nakomelingen, die niet in God en Zijnnen Christus geloofden of geloven, en de ongeloovige heidenen. En van dit Abrahamzaad ligt de eenheid in Christus.”

Opmerking: Slegs die gelowige saad is ‘Abrahamzaad’ nie hulle wat bloot die vleeslike afstammeling is nie, of in vandag se taal: bloot gedoop is nie: “6 MAAR ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.” – Romeine 9

“Hoe God Zijne verbondsbeschikking bevestigd heeft, zegt de apostel niet nader. Maar reeds Gods beloven zelf was bevesti­ging, omdat God niet liegen kan. En Hij gaf onvoorwaardelijk, zonder het stellen van eene conditie.”

Opmerking: God se heilsbelofte, sy genadeverbond het nie ‘voorwaardes’ nie, maar wel pligte en opdragte waarvolgens God ons tugtig en straf tot ons heiligmaking: “29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas. 30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel. 31 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie; 32 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie, 33 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid. 34 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie. 35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie...” – Psalm 89

“Wanneer de hemelsche erfenis, de eeuwige zaligheid, Gods toegezegde heil, verworven word door eigene wetsvolbrenging, dan is het niet Gods genadig beloven, dat haar doet deelachtig worden, maar’s menschen eigene werkzaamheid, verdienste, waardigheid. Gods vrijmachtig en genadig beloven werk die erfenis en stelt in haar bezit, of 's menschen eigene werking en wetsvolbrenging: één van deze beide. Niet beide tezamen. Zij staan vlak tegenover elkander. Waar de eene is, kan de ander niet zijn.”

Opmerking: Dit help nie om te sê “maar die geloof as voorwaarde van die verbond wat ek vervul, is God wat in my genadiglik werk om te glo … en daarom is dit geen ‘werke’ nie (en daarom is ons nie arminiaans nie!), want alles wat die mens doen bly, in Greijdanus se woorde “menslike werksaamheid”. Die feit bly staan: as geloof ‘n voorwaarde is wat die mens moet vervul, dan hang dit van die mens af of hy die verbondsbelofte gaan ontvang en nié alleen van God wat die belofte toesê en beskik vir wie Hy wil nie. Dit is of die een of die ander nie albei nie, soos Greijdanus uitwys.

Die volgende aanhaling stel dit nog duideliker:

“… door middel van belofte, d.i. niet door Abrahams eigene werkzaamheid, verdienste, wetsvervulling, maar enkel door Gods genadig en krachtdadig beloven. Ook hier spreekt “belofte” van de werking van het beloven, zoaals even tevoren in dit vers. “Genadiglik gegee”, perf. het is geschied en is nu een onveranderlijk feit. God heeft geschonken, en Abraham bezit aldus voor eeuwig, onverliesbaar … uit genade, als een vrije gunst, schenken of verleenen …. Met nadruk achteraan, evenals Abraham vooraan, en deze twee aldus scherp tegenover elkander. God heeft zoo gedaan, en wel aan Abraham. Daarmede is alles beslist.

Opmerking: God se heilsbelofte (epaggelia) gee nie die ‘moontlikheid’ van verlossing nie, dit is die verlossing self ! In die doop word die regverdiging beseël vir sy kinders, nie die ‘moontlikheid’ daarvan nie.[8] Die beslissende handeling en bepaling in die verbond, is God se woord en handeling in Christus -vanuit die ewigheid- soos geopenbaar in Christus se woorde in die geskiedenis: Dit is volbring ! (Joh.19:30; sien ook nagmaalsformulier; DL 2.8)). Deur die geloof ontvang ons Christus en al sy weldade as VRUG en GEVOLG van sy uitverkiesende genade wat in die geskiedenis deur die verbond realiseer, in en deur Christus: sien DL 1.9; 2:8.

By vers 3:29 in Greijdanus se kommentaar bevestig hy hierdie sekerheid van die verbond en die verbondstekens, verbondsbeloftes en verbondsweldade:
“Het komt alleen maar aan op het geloof in Christus en de verbinding daardoor met Hem. “Ei” (as – SLC) stelt hier geene onzekerheid, noch blote mogelijk­heid, maar de werkelijkheid, doch in den vorm eener redeneering, als uitgangspunt voor het maken eener conclusie. Het is dus redeneerkundig gesteld. Maar alszoodanig geeft het toch de voorwaarde of conditie aan, van welke de waarheid van hetgeen volgt, afhankelijk is, al wordt dan ook verondersteld, dat die conditie bij de Galaten werkelijkheid is.”

Opmerking: Hierdie is ‘n baie belangrike stelling deur Greijdanus, veral wat die gesprekke oor die woord ‘voorwaarde’ betref. Eerstens wys hy daarop dat die woord in die Skrif nie net op ‘n moontlikheid of onsekerheid kan wys nie, maar –soos hier by 3:29- op ‘n werklikheid, d.w.s. ‘n feitlikheid/toestand. Tweedens dra die woord ‘voorwaarde’ met hom die betekenis of definisie, dat ‘n voorwaarde iets daar stel, waarvan dit wat daarop volg AFHANKLIK is. Die Verklarende Woordeboek vir Afrikaans verduidelik die woord as volg: “Belangrikste, primêre, dominante voorwaarde, voorwaarde waaraan ander ondergeskik is. 2. Eerste voorwaarde wat gestel word vir die uitvoering van een of ander onderneming.”

Dit beteken dat in ‘n voorwaardelike verbondsbeskouing, die heilsbelofte AFHANKLIK is van die voorwaarde: die geloof wat die mens moet vervul. Dit draai die sake net mooi om, want die Skrif leer dat die geloof afhanklik is van die heilsbelofte !

“…Maar hier wordt gezegd, hoe, op welke wijze, zij die erfenis deelachtig worden: niet “uit de wet”, v.18, maar … volgens belofte, naar Gods genadige ­toezegging. Dat is de maatstaf, de regel, naar welken het hierbij toegaat. … vgl. bij vs.18, vaste, eeuwige, recht­matige bezitters door Gods beschikking en schenking.”

Opmerking: Ons deel DEUR DIE BELOFTE aan Christus, en ontvang Hom deur die geloof uit genade alleen. Ons deel nie daarin deur voorwaardes na te kom nie. Die derde punt van die doopsformulier is ‘n GEHOORSAAMHEIDSvraag, nie ‘n VERLOSSINGSvraag nie. Die eis van die verbond word ‘n heilsvraag wanneer my gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid bepaal of ek deel aan Christus en al sy weldade het, al dan nie. Dit eindig daarin dat “kinders” van God in die hel eindig. As die eis van die verbond ‘n gehoorsaamheidsvraag is, dan beteken dit die heilsbelofte self, God se beskikking bepaal wie deel aan Christus en sy weldade, kragtig die genadige soewereine uitverkiesing. Dan is die eise van die verbond opnuut ‘n oproep toe dankbare gehoorsaamheid, soos ons leer in die Doopsformulier by die derde punt: “Ten derde: Omdat alle verbonde uit twee dele bestaan, daarom word ons ook weer deur die doop vermaan en verplig tot ‘n nuwe gehoorsaamheid … die doop is immers ‘n seël en ontwyfelbare getuienis dat ons ‘n ewige verbond met God het”

Slotsom: Om die geloof as ‘voorwaarde’ tot die ontvangs van die heilsbeloftes te sien (soos in die voorwaardelike verbondsbeskouing van die vrygemaakte kerke), is om terug te keer na die werksverbond (‘uit die wet’, 3:18a). Die geloof self is VRUG en GEVOLGE van(uit) die verbondsbelofte (3:18b): “Christus met AL Zijn heil”, soos ons ook bely in DL 1.9.

In D.L 5.8 bely ons dan ook teenoor die voorwaardelike verbondsidees:
Dat hulle nie heeltemaal uit die geloof of die genade uitval of ook tot die einde in die sonde bly of verlore gaan nie, verkry hulle nie deur hulle eie verdienste of inspanning nie maar weens die genadige barmhartigheid van God. As dit van hulle afgehang het, kon dit nie alleen maklik gebeur het nie maar sou dit ongetwyfeld ook gebeur het. Maar omdat dit van God afhang, kan dit glad nie gebeur nie. Immers, sy raad kan nie verander, sy belofte kan nie verbreek, die roeping na sy voorneme kan nie herroep, die verdienste, voorbidding en bewaring van Christus kan nie kragteloos gemaak word nie, net so min as wat die verseëling deur die Heilige Gees verydel of vernietig kan word.


[1] Koers, Deel XIII. No.4, Februarie 1946, p.123-135. Die opmerkings in die voetnotas van hierdie artikel is bygevoeg deur Slabbert Le Cornu.
[2] Prof. S Du Toit (Totius se seun), was professor in OT – GKSA.
[3] Vir Schilder se verdediging van die Utrecht-verklaring van 1905 teenoor die aanvalle van die Christelik Gereformeerde Kerk van Nederland se teoloë, sien: E. Smilde, Een Eeuw van Strijd over Verbond en Doop (Kampen: Kok, 1946), p.301-303; A. De Bondt & J. Weggemans, Verbond en Doop, deel III: “Is de verklaring van 1905 innerlijk teenstrijdig?” (Groningen: J. Niemeijer, 1944), p.50-54.
[4] Geneem uit A. De Bondt & J. Weggemans, Verbond en Doop, deel III: “Is de verklaring van 1905 innerlijk teenstrijdig?” (Groningen: J. Niemeijer, 1944), p.50-52.
[5] De Brief van den Apostel Paulus aan de Gemeente te Rome. Deel I en II. Amsterdam: Bottenburg, 1933.
[6] Alle beklemtonings in die tekste is bygevoeg – SLC.
[7] De Brief van den Apostel Paulus aan de Gemeente in Galatië. Amsterdam: Bottenburg, 1936.
[8] “Die Doop beseël die wedergeboorte, waardeur die Kerk geestelik ontstaan.” (Prof. WJ Snyman, in PC Snyman (red.), Nuwe en Ou Dinge, Potchefstroom: Pro Rege, 1977: 32).