Saturday, November 25, 2006

Belofte en eis van die genadeverbond deur prof.dr. PJS De Klerk

BELOFTE EN EIS VAN DIE GENADEVERBOND[1]
(Inougurele rede gehou by die aanvaarding van die Professoraat in die Dogmatologiese Vakke, aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk
en Potchefstroomse Universiteitskollege vir C.H.O.,
op Saterdag, 26 November 1949, deur dr. P.J.S. de Klerk, B.A. Th.D.)

Hooggeagte here Kuratore van die Teologiese Skool.
Hooggeagte Raadslede van die P.U.K. vir C.H.O.
Hooggeleerde here Professore en Lektore.
Eerwaarde broeders ampsdraers.
Geagte dames- en here-studente.
Geagte broeders en susters,
Geagte Toehoorders.
­
Ek wil hier 'n onderwerp behandel wat baie aktueel in die Geref. teologiese wêreld is nl.: die belofte en die eis van die genadeverbond. Die leer van die verbonde is 'n eienaardig-gereformeerde leer, wat in die Gereformeerde Teologie opgekom het. Die Calvinisme verleen sy krag en sy rigting aan die verbondsidee, waar die leer van die Metodisme lynreg teenoor die verbondsgedagte staan. Ons sien dit by die Wesleyanisme. Om die ewewig by hulle spiritualistiese drywery te behou, "wordt niet alleen de kerk geseculariseerd en de genade genaturaliseerd, maar ook het Verbond geprofaneerd, doordat onder dat verbond alle menschen, individueel genomen, begrepen zijn en niet (naar Gereformeerd belijden) alleen de geloovigen en hun zaad.''1)

Hierdie woorde is 'n aanhaling uit die proefskrif van my hooggeëerde kollega, wie ek die eer het om op te volg.[2]

"Aan de juiste verbondsbeschouwing hangt heel de leer der kerk en der sacramenten."2)
Hierdie woorde van dr. H. H. Kuyper is seker nie te kras nie. In die verbondsidee tog skuil die krag van ons Calvinisme teenoor Doperse subjektivisme en metodistiese bekeringsywer. Om hier­die twee uiterstes te vermy moet ons deurdring tot die kern van die ver­bondsleer, nl. die belofte en die eis van die genadeverbond. Om die juiste verhouding van belofte en eis van die genadeverbond te verstaan, moet ons eers wys op die regte opvatting van die genadeverbond volgens ons Gereformeerde standpunt.

§1. Die Genadeverbond.
Die genade neem van die eerste oomblik van sy openbaring af die vorm van 'n verbond aan. Reeds dadelik na die val neem hierdie genade­verbond 'n aanvang. God verplig Hom daarby met 'n eed om die mens, nieteenstaande sy afval en ontrou, die ewige saligheid te skenk; maar die mens word daardeur van sy kant ook vermaan en verplig tot 'n nuwe gehoorsaamheid. Vir hierdie verbond in die tyd moet ons 'n vaste, ewige grondslag in die Raad van God soek. God rig juis sy verbond op om sy ewige Raadsbesluit te verwesenlik. Daarom is die uitverkiesing die ewige bron van Gods genade vir ons en die genadeverbond is die stroom wat uit hierdie bron ontspring, afdaal van die berge van Gods heiligheid en die dorstige siele laaf. "Het is de eeuwige sneeuw op de bergen Gods, met de beekjes die ervan afvloeien" sê dr. A. Kuyper.3) So 'n stroom is helder daarbo op die sneeubedekte bergtoppe, maar sodra dit laer afvloei na die vlaktes neem dit modder en slyk saam. Hierdie beeld omskryf duidelik die gemengde karakter van die genadeverbond.

­Gewoonlik word deur die Gereformeerdes onderskei tussen die verlossingsverbond of vredesraad en die genadeverbond. In die eerste is Christus Borg en Hoof, in die tweede Middelaar. Die eerste bly tot Christus beperk en eis van Hom dat Hy die straf moet dra en die wet volbring vir sy volk; die tweede brei hom oor en deur Christus tot die mense uit en eis van hulle geloof en bekering. Die eerste loop oor die verwerwing van die saligheid, is ewig en ken geen historie nie; die tweede handel oor die toepassing van die saligheid, neem sy aanvang in die tyd en het onderskeie bedelings. Andere spreek liewer van een genadeverbond, maar onderskei daarin dan tussen verwerwing en toe­passing van die heilsweldade deur Christus, wat die Hoof en Middelaar van die verbond is. In verband hiermee merk dr. Bavinck op dat by die onderskeid tussen verlossings- en genadeverbond die samehang en die eenheid nie oor die hoof gesien mag word nie.4) Agter die genadever­bond in die tyd staan die Verlossingsverbond in die ewigheid, waarin Christus tot Hoof van die genadeverbond bestem word om also aan die eis van die werkverbond te voldoen. Die verlossingsverbond druk uit dat die genadeverbond gekonsentreer is in Christus, deur wie se bemid­deling ons daarin opgeneem word; terwyl die verkiesing te kenne gee dat die genadeverbond alleen van God uitgaan dat dit sy soewereine be­skikking is.[3]

Ons mag die genadeverbond dus nooit losmaak van die verkiesing nie, soos dr.Heyns dit doen.[4] In sy Gereformeerde Geloofsleer sê hy:
"En de oprichting in den tijd met Abraham is niet te beschouwen als slechts een openbaring in den tijd van een verbond, dat reeds in de eeuwigheid was tot stand gekomen." (p.123).
Dis 'n ernstige dwaling. Christus tog staan van ewigheid af in bondsbetrekking met sy uitverkorenes. Die genadeverbond het geen ander doel as om die uitverkiesing te verwesenlik nie."5).
God het die genadeverbond opgerig om sy ewige Raadsbesluit te verwesenlik. Genadeverbond en uitverkiesing staan tot mekaar as oorsaak en gevolg, doel en middel. Tog neem dit nie weg dat daar tussen beide verskil is nie, 'n verskil wat daarin uitkom dat die uit­verkiesing individueel en die genadeverbond organies is."6). Tereg beweer dr. H. H. Kuyper:
"Een genadeverbond, dat niet vast ligt in de uitver­kiezing Gods, maar afhangt van onzen menschelijken wil, baat ons niets. Een genade die alleen de mogelijkheid der redding schenkt, troost onze zielen niet. . . . Een genadeverbond dat afhankelijk wordt gemaakt van onzen menschelijken wil, rooft ons alle zekerheid onzer zaligheid."7)
Hier kry ons die eerste punt waarop ons moet let. Maak ons die genade­verbond los van die uitverkiesing, dan kry ons 'n skewe verhouding tus­sen die belofte en die eis van die verbond, en dan word die genadever­bond 'n verkapte werkverbond, waarin die dade van die mens op die voorgrond staan.

Die tweede punt waarop ons hier moet let is die vraag: met wie is die genadeverbond opgerig? Wie is die bondelinge? Hieromtrent is daar tweërlei voorstelling onder Gereformeerde teoloë. Ten eerste kry ons te doen met hulle wat die verlossings- en genadeverbond onderskei. Hulle beweer dat die genadeverbond met die uitverkorenes opgerig is. Dan kry ons hulle wat één heilsverbond stel. Hulle beweer dat die genade­verbond met Christus opgerig is en in Christus met al die uitverkorenes.
Die eerste voorstelling word gedruk deur die beswaar dat die Here nie met sondaars 'n verbond oprig nie. Die tweede voorstelling laat die eienaardige van die verbondslewe tot sy volle reg kom, omdat 'n verbond gesluit word met 'n Hoof wat almal verteenwoordig, wat in die verbond begryp is. Die genadeverbond word dus aangegaan, soos dr. A. Kuyper tereg beweer, "met den Christus als zijnde middelaar en optredend als Hoofd van de uitverkorenen”.8) Christus is die Hoof van sy liggaam in wie alle uitverkorenes besluit is. Die verbond is dus gesluit met sy hele liggaam. "Derhalwe, sê Kuyper, niet in de eeuwigheid een verbond met Christus en in den tijd met de uitverkorenen, maar uitsluitend in de eeuwigheid met Christus als het Hoofd der uitverkorenen."9) In die ge­nadeverbond tree Christus op as die plaasvervanger van Adam, as die tweede Hoof van die menslike geslag. In die uitverkorenes onder Christus word die organisme van die mensheid en van die wereld self gered.10). Hierop kan nie te sterk nadruk gelê word nie.

Bondelinge in die genadeverbond is alleen hulle wat lewende lidmate is van Christus, wat deur die innerlike werking van die Heilige Gees uit die duisternis oorgesit is in die lig. Daaroor kan geen twyfel bestaan nie, dat die genadeverbond gesluit is met Christus en in Hom met almal wat in Hom begryp is.
Ds. Woelderink beweer in sy verklaring van die Doopsformu­lier dat daar wesenlike bondelinge is wat nie in Christus begryp is nie en dat 'n mens wel in Christus begryp kan wees sonder om uitverkies te wees.11). En dr. Heyns betoog:
"In dit verbond staat Christus niet als tweede partij tegenover den Vader, maar staat Hij met den Vader en den Heiligen Geest als eerste partij tegenover ons als tweede partij."12)

Verder leer dr. Heyns dat die genadeverbond "geen representerende Verbonds­hoofd" het wat vir almal handel en vir almal beslis nie. Die vredesraad en die werkverbond het wel so 'n Verbondshoof. Die tweede party was Abraham en sy saad, ook Ismael (!)[5] "De belijdenisschriften denken er niet aan, uitverkoren te zijn te maken tot vereischte om in het verbond te zijn".13) De gevaarlike konklusie waartoe dr. Heyns kom is dat die heils­goedere van die verbond aan al die kinders van die gelowiges geskenk word, want almal is bondelinge, "dus ook aan hen die niet uitverkoren zijn".14) Hier kry ons 'n baie gevaarlike bewering. Dis die sogenaamde kollek­tivistiese gedagte in die genadeverbond. Die bondelinge word nie beskou as in Christus begrepe te wees nie. Dit druis in teen 2 Tim. 1:9,10; Ef.1:4.
Tereg merk Calvyn op:
"Christus wordt door den Vader ons als een spiegel voor oogen gehouden, opdat wij in Hem onze verkiezing beschouwen"15).
Volgens dr. Schilder omvat die genadeverbond sowel die uitver­korenes as die nie-uitverkorenes: "Het is de Woordpoort, waardoor de Heere hen allen, uitverkorenen en niet-uitverkorenen, d.i. dus liefhebbers van Hem of haters van Hem; wedergeborenen of weder te baren menschen, en degenen, die nooit zullen geboren worden, doet binnengaan"16).
Dis moeilik te begryp wat die bedoeling hier is. Hierdie verbonds­kollektivisme verdedig met klem die gedagte dat alle gedooptes in die verbond begryp is en dat die verseëlde krag hulle almal tref. Maar ongemerk word die ryke inhoud van die verbondsbelofte veruitwendig. Teen hierdie rigting, wat al sterker in ons tyd word,[6] antwoord dr. A. Kuyper:
"Vraagt men: of het Verbond dan ook met niet-uitverkoren personen gesloten is, en of het verschil tusschen Verkiezing en Verbond dan daarin moet gezocht, dat in de Verkiezing alleen de verkorenen en in het Verbond ook de verworpenen begrepen zijn, dan moet van meet af een vermoeden van dien aard lijnrecht weersproken . . . Het genadever­bond is volstrekt nie een onzeker, maar integendeel een volstrekt zeker verbond, dat eeniglijk en uitsluitend op de uitverkorenen doelt. Bond­genoot in dat Verbond is niemand, dan wie genade ontving of voor genade bestemd is." [7]

As dit dan vasstaan dat die genadeverbond met Christus en in Hom met die uitverkorenes opgerig is, dan kom ons tot die vraagstuk: wat van hulle wat nie uitverkies is nie? Behoort hulle tot die verbond of nie? Ons het gesien dat die rigting van die verbondskollektivisme die ver­bond veruitwendig en almal, uitverkorenes en nie-uitverkorenes, deelge­note van die weldade van die verbond maak.
Dit spreek vanself dat die genadeverbond tydelik in hierdie aardse bedeling ook sulkes in hom op­neem, wat innerlik ongelowig bly en die geestelike weldade nie deelag­tig is nie. Soos die genadeverbond uitwendig sigbaar voor ons op aarde optree, val dit dus nie saam met die uitverkiesing nie.18). Dr. A. Kuyper onderskei tussen wesenlike bondgenote en werklike bondgenote. Hy sê dat wesenlike bondgenote alleen hulle is wat in Christus ingeplant is en die ewige saligheid deelagtig is of sal word. Die werklike bondgenote is hulle wat tydelik met hierdie kring van godsaliges in organiese verband staan.19). Hy spreek ook van egte bondelinge, wat slegs 'n deel is van die skare van uitwendige bondgenote.20).
Ons mag geen skeiding maak tussen die egte en skynbare bondgenote nie, om daarna die verbond alleen in die egte te gaan soek nie. Dan tog verwar ons verbond en uit­verkiesing. Ons mag geen skeiding maak nie, maar wel 'n onderskeiding. Dit het Augustinus reeds gedoen en dis deur ons geloofsbelydenis oorge­neem. Hierdie onderskeiding is dat die skyngelowiges wel in foedere is maar nie de foedere nie. Hulle is in die verbond maar nie van die ver­bond nie. Hierdie gemengde karakter van die verbond het sommige daartoe gelei om 'n onderskeid te maak tussen 'n uitwendige en inwen­dige genadeverbond. Dit het Witsius reeds gedoen. Hy maak selfs die gewaagde opmerking:
"Soo kan men niet ontkennen dat vele te dien opzichte bondgenoten zijn, welker namen nochtans in het Testament Gods niet en worden gevonden"21).
Die genadeverbond het wel 'n uitwendige en inwendige kant, maar dit bly een genadeverbond. Maar dit gee ons nog nie die reg om dit in twee dele te skei nie. Dit kan so maklik daartoe lei, dat die historiese gelowiges 'n wettige posisie in die kerk kry. Ons Geloofsbelydenis ken slegs goeie lede, in die sin van ware gelowiges, en huigelaars. Dis daarom beter om liewer nie van uitwendige en inwendige bondgenote te spreek nie, maar van ware en valse bondgenote.22). Ons mag dus nie veronderstel dat almal wat uit gelowige ouers gebore is wesenlike bondelinge is nie. Daar is Esau en Ismael wat wel in die verbond was maar nie van die verbond nie. Omdat ons oor die wese van die genadeverbond nie kan oordeel nie, moet ons na sy verskyning oordeel en handel. En dan moet ons met die oordeel van liefde[8] alle kinders van gelowige ouers bondelinge noem, totdat hulle later in leer en lewe bewys dat hulle dit nie is nie.23). Calvyn teken in sy kommentaar op Gen. 17: 7 aan: "Maar in die verborge heiligdom van God word niemand anders as seuns van God geag nie, as hulle in wie die belofte deur die geloof bekragtiging ontvang het"24).

Wie beweer dat die verbond alleen vir almal is wat kragtens geboorte daarin opgeneem is, en die uitverkiesing alleen vir hulle geld wat salig word, doen te kort aan die openbaring van die verbond. Die feit dat ons deur geboorte in die verbond 'n plek ontvang, wil nie sêdat ons daarin dieselfde plek ontvang nie. Daarom kan ons alleen tot die onderskeiding van 'n uitwendige en inwendige kant van die verbond kom.

§2. Die Beloftes van die Genadeverbond.
Na die voorafgaande sal ons nou ook beter die juiste verhouding van die belofte en die eis van die genadeverbond verstaan. Dis egter nodig om eers na te gaan wat ons onder die belofte van die verbond verstaan. Dis opmerklik dat in die kerklike stryd in Nederland dit veral gaan oor die beloftebegrip.

In die N.T. kry ons die woord epangelia vir belofte. In die O.T. is daar sprake van toesegging. Die begrip van sekerheid en vastheid is daaraan verbind. Die eerste openbaring van die beloftes kry ons in die moederbelofte in Gen.3:15. Ook by die geskiedenis van Abraham tref dit ons dat die verbond wat met hom opgerig is in niks anders bestaan as in beloftes nie. Ons lees in Gen.15:18: "Op die dag het die Here met Abram 'n verbond gemaak en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land." Hier kry ons die verbond met 'n belofte. In Gen.17:4 word dit in 'n ander vorm herhaal: "Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal 'n vader van 'n menigte van nasies word." In 17:7 word die verbond wat die Here met Abraham oprig weer in die vorm van 'n belofte gegee. Die beloftes aan Abraham word telkens met die naam van 'n opgerigte verbond aangedui.
Dis dan ook opvallend dat die apostel Paulus, wanneer hy oor die verbond met Abraham handel, ge­durig van die belofte van God aan Abraham spreek, Rom.4:13,16,20. In vs. 21 kom die vastheid van die belofte uit: "Hy was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het." Ook Gal.3:16,17 en Hebr.11:39. Ook in die geval van Dawid word daar telkens van verbond gespreek, maar daardie verbond is alleen as belofte gegee. In Ef.2:12 sê die apostel dat die Efesiërs vroeër "vreemdelinge ten aan­sien van die verbonde van die belofte was." Waar die Heilige Skrif die woorde belofte en verbond deur mekaar gebruik, daar lyk dit of die ver­bond eensydig is. Maar ons sal later sien dat God ook eise stel. Hier wil ons met nadruk daarop wys dat die uitnemendheid van die genadeverbond daarin bestaan dat die beloftes daarin op die voorgrond staan.25). ­

Volgens die Heilige Skrif kan belofte nou eens 'n goddelike heils­toesegging aandui en dan weer die vervulling van daardie toesegging. As daar in Hand.13:23 staan dat God aan Israel volgens die belofte Jesus as Verlosser verwek het, dan slaan belofte hier op die goddelike heilswoord in die verlede, waarin die koms van die Saligmaker aangesê is. As die dissipels in Hand.1:4 die bevel ontvang om die "belofte van die Vader" te verwag, dan moet ons nie dink aan die toesegging van God nie maar aan die vervulling daarvan. So word belofte in die Heilige Skrif dikwels gebruik om die beloofde goed aan te dui. In Hebr.11:39 beteken die "verkry van die belofte" die verkry van die deur God in die belofte toegesegde heil self.26). Hier word die vervulling van die belofte ver­bind aan die belofte as heilstoesegging. Wat die inhoud van die beloftes betref lyk dit asof in Gods verbond met Abraham die materiële op die voorgrond staan.
Maar die aardse seëninge wat daarin beloof word ­moet gesien word as middel om die gemeenskap met God in die partikularistiese bedeling te verwerklik. Dit beteken dat die gemeenskap met God die vernaamste is. Tereg sê prof. Ridderbos: “Wat het verbond voor zegeningen en voor goederen bevatten moge, ten slotte is de eigenlijke inhoud der verbondsbelofte God zelf."27).

God self met al sy ryke weldade in Christus is die ryke inhoud van die verbondsbelofte. Die vraag is nou of hierdie verbondsbelofte aan almal toekom. Die verbond van Sinal het gelei tot die konstituering van 'n volk van God. Hierby was die bindende band louter uitwendig, nl. die nasionaliteit.[9] Die nuwe verbond waarvan Hebr.8 spreek lei tot die vorming van 'n nuwe volk van God, waarby die binden­de band suiwer innerlik is. Wie tot hierdie nuwe volk van God be­hoort, word bepaal deur die feit dat die wet van die Here in die hart geskrywe is (Jer.31:31-34). In hierdie nuwe verbond is die bondelinge hulle wat lewende lidmate van Christus is. Die kern van hierdie nuwe verbond is die versoende gemeenskap met God in Christus.

Hulle wat verbondskollektivisme voorstaan, leer dat 'n mens 'n wesenlike bondeling kan wees sonder om die versoende gemeenskap met God deur Christus te besit. Dit word in die genadeverbond beloof, en as hierdie belofte geglo word dan word dit ook verkry. So word aan die verbondsbelofte 'n kondisionele karakter toegeken, ,d.w.s. dit word van die geloof afhanklik gemaak. Volgens hierdie opvatting is alle kinders van die gelowiges op dieselfde wyse in die verbond begryp. Hulle ontvang almal in dieselfde sin die volle doop en die volle belofte. Volgens hierdie opvatting word die inwendige genade nie self met die verbond gegee en deur die doop beseël nie. Die inwendige genade word slegs in die vorm van 'n voor­waardelike belofte aan almal geskenk.

Dis duidelik volgens die Heilige Skrif dat die beloftes nie vir almal bestem is nie. Die nageslag van Abraham is volgens die belofte erfgename (Gal.3:29). Hulle wat kin­ders van die vlees is, is nie kinders van God nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag (Rom.9:8). Skynbaar is Rom.9:4 hiermee in stryd. Daar sê die apostel dat aan Israel die beloftes behoort. Dis egter duidelik wat Paulus hier bedoel. Die belofte is aan Israel ge­gee, maar hulle was nie almal Israel wat uit Israel was nie. Daarom gryp die apostel terug na die uitverkiesing in die volgende verse. Die ware Israeliete het die verbond en die belofte gehad, en die ander nie.29)

As die belofte aan almal toekom, dan word die verbond veruitwendig en dan moet die belofte kondisioneel opgevat word. Vanaf Coccejus het hierdie deformasie al in die verbondsleer begin. Coccejus self het 'n kondisionele verbondsbelofte geleer.30). Die beloftes van God word kondisioneel gemaak. God bied aan almal genade en versoening aan. Of hierdie weldade ons deel word, hang dan van ons geloof af. "Gods verbondsbeloften," sê ds. Woelderink, "worden door ongeloof krachteloos gemaakt"31). Die beloftes word dán alleen verwesenlik wanneer daar by die bondelinge geloof is. Die verbond van God is dan 'n blote aanbod van 'n sekere vooruitsig wat verwesenlik kan word wanneer die mens deur die geloof die belofte aanvaar. Dit maak van die genadeverbond 'n verkapte werkverbond. Die mens kan dus deur ongeloof Gods ver­bondsbeloftes kragteloos maak.

Hierteen beweer ons dat die sogenaamde kondisies van die verbond nooit voorwaardes in die eintlike sin word nie. ­
Die belofte word nooit uitgehol tot 'n blote aanbod van genade nie 32). "Men zij dus op zijn hoede," se dr. Wielenga, "de belofte Gods niet te doen verflauwen tot een ‘misschien,’ maar haar te verstaan als reëele, ernstige aanbieding van genade, ja nog sterker, als een waarachtige aan­zegging des heils."33).

Die verbond lê metterdaad 'n feitlike band tussen God en mens waardeur nie slegs die toesegging maar die besit van die versoende gemeenskap met God in Christus geskenk word. Dis volkome waar dat die beloftes van die verbond deur die geloof aanvaar moet word, maar dis God wat die geloof in die hart van die bondelinge werk. En deur die geloof aanvaar hulle die beloftes. By Rom. 9: 9 teken prof Greydanus[10] aan:
"By een belofte hangt alles slechts af van den beloner, komt het enkel aan op den inhoud van het beloftewoord. Eene belofte is eene vrijmachtige beschikking, een souverein gegeven, dat zich doorzet, onaf­hankelijk van het doen van hem, aan wien de belofte gegeven wordt."

Dis dan ook nie onbedenklik om die vervulling van Gods beloftes te laat afhang van die mens nie.
Die Westminsterse godgeleerdes het in hulle toeligting van die Klein Kategismus al teen hierdie dwaalleer opgetree. Op die vraag: "hoe be­vatte het verbond met Christus de toepassing in zich"? het hulle geant­woord:

"Gelijk de verlossing en alle andere dingen daartoe behorende, tot Christus behooren in de toebrenging van de conditie, alzoo behoort de toepassing van de verlossing in al de weldaden en voorrechten die ontvangen worden tot de belofte"34).

Ons kom nou tot die Heilige Skrif.

Teenoor hierdie uitwendige, kondisionele verbondsbelofte stel Paulus in Rom.3:3 die wesenlike vast­heid van die genadeverbond. Dit bestaan daarin dat die ontrou van sommige die getrouheid van God nie kan vernietig nie. Paulus gaan hier uit van 'n radikale ander beskouing van die verbondsbelofte nl. dat die vervulling van die belofte juis nie van die dade van die mens afhanklik is nie. In Rom.4:16 sê hy dat alles uit die geloof is, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag. In Gal.3:15-29 wys Paulus verder daarop. Die wet kan die belofte nie vernietig nie. Sy vervulling is onafhanklik van wat deur die wet van die mens geëis word. Volgens Gal.3:19 is die vervulling van die belofte geheel en al 'n daad van God. Prof. Greydanus teken hierby aan: "Het alleenwerkende van Gods genade komt bij de wet niet uit, doch bij Zijne belofte"35).

Die verbond bring 'n gewysigde verhouding tussen God en mens tot stand. Deur en in die verbond bind God Hom met 'n onverbreeklike band aan hulle wat in die verbond opgeneem is. Dan is hulle nie langer kinders van die toorn nie, maar is hulle voor Hom regverdig gereken en erfgename van die ewige lewe. Wie die belofte in kondisio­nele sin opvat versubjektiveer die genadeverbond. Die nadruk val dan nie meer op Christus nie maar op die Christen, nie meer op Gods trou­belofte nie maar op die mens.

Hierdie vraagstuk word nog meer verward as ons tot die verseëling van die beloftes kom. Die voorstanders van die kondisionele verbonds­belofte ontken dat die verbond inwendige genade skenk. Hieroor wil ons heel kort wees, want dit sou ons midde in die kerklike stryd van Nederland bring 36). Die voorstanders van die kondisionele verbonds­belofte beweer dat die doop uitsluitend 'n toekomstige moontlike genade verseël.

Die woorde van ons Doopsformulier: "in Christus geheilig" beteken dan slegs: reg te hê op die beloftes sonder om daarmee uit te spreek dat die bondeling werklik deur die bloed van Christus gewas is. "Heilig" slaan hier dan slegs op uitwendige verbondsheiligheid. 37). Dit druis in teen ons Heidelbergse Kategismus vraag 69: dat ons gewas is met die bloed van Christus; en vraag 70: vergewing van sonde te hê en dan om deur die Heilige Gees vernuut en geheilig te wees tot lede van Christus. Dit druis in teen die dankgebed na die doop. Daarin tog word God gedank vir reeds ontvange weldade. God word gedank dat Hy ons en ons kinders deur die bloed van sy liewe Seun Jesus Christus al ons sondes vergeef het en ons deur sy Heilige Gees tot lidmate van sy eniggebore Seun en daardeur tot sy kinders aangeneem het; en dat Hy dit aan ons met die heilige doop beseël en bekragtig. Hierin kan ons niks anders lees nie as dat die doop ook inwendige genade beseël en bekragtig. Die voorstanders van die kondisionele verbondsbe­lofte sê: hier dank die kerk vir wat hom in die belofte geskenk is, maar dit wil nie sê dat die vervulling van die belofte ook plaasgevind het of sal plaasvind nie; dit hang heeltemal daarvan af of die belofte eenmaal deur die kinders in die geloof aanvaar sal word.38).

Hierteenoor beweer ons dat die sakrament dien tot verseëling van die geloof; dus van die inwen­dige lewe wat reeds aanwesig is. Abraham het die teken van die besny­denis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof (Rom.4:11).[11] Hy was reeds geregverdig "toe hy nog nie besny was nie," en die besnydenis het hom nie die vooruitsig op regverdiging gegee nie, maar het die reeds aanwesige regverdiging beseël.39). Die doop gee dus nie slegs reg op die verbondsweldade nie, bied hulle nie slegs aan nie, maar verseël hulle as reële genade. Die woorde "in Christus ge­heilig" kan niks anders beteken as om deur die Heilige Gees geheilig te wees nie 40). Dis dan ook die opvatting van Calvyn. Ds. van der Vegt laat deurskemer dat Calvyn die belofte van die genadeverbond kondi­sioneel opvat 41). Tog is die opvatting van Calvyn baie dieper. Hy sê dat deur die doop ons aanneming aan ons verseël word, sodat ons tot die kinders van God gereken word. 42). In sy Institusie sê hy dat die kinders van die gelowiges nie gedoop word dat hulle dan eers kinders van God sou word nie 43). Hulle is reeds deur die doop in die kerk opgeneem.

Dit het die Westminster Confession of Faith reeds in 1647 erken en bely. In cap. XXVIII:
"Baptism is a sign and seal of the covenant of grace, of our ingrafting into Christ, of regeneration, of remission of sins and of giving us up unto God through Jesus Christ, to walk in newness of life" 44).

Dis ook die opvatting van Beza en Justinus Martyr Walaeus skrywe:

"Want ook in die kinders beweer ons dat mens uit krag van die goddelike seëning en van die evangeliese verbond die aanwesigheid van die saad en die gees van die geloof en van die bekering moet vasstel"45).

Van hierdie skriftuurlike rigting, dat die doop 'n verseeling is van reële genade, is almeer afgedwaal. Dr. Bavinck merk op in sy artikel: "De Eerste Doopvraag":
"Practisch resultaat was, dat langzamerhand alge­meen in de kerk de opvatting gehuldigd werd, dat de woorden in Christus geheiligd in voorwerpelijken, uitwendigen, verbondmatigen zin waren te verstaan. Deze uitlegging heeft zich staande gehouden tot op dezen dag."
Met hierdie probleem is daar eeue lank geworstel. Selfs á Brakel kon nie tot helderheid kom nie. Nou eens beweer hy dat sakramente aan die regte genieters beseël al die beloftes van die Evangelie, al die goedere van die genadeverbond, Christus met al sy volheid, "dat zij daaraan deel hebben" 46); en dan weer beweer hy: "waar de geheele kracht des doops is dat kind te verzegelen het verbond der genade en al zijne beloften, niet dat het die heeft, maar dat het recht aan die heeft" 47). Prof. Heyns soek die oplossing in tweërlei toepassing van die heilsgoedere. Hulle word aan almal in die verbond geskenk, maar hulle word nie aan almal deelagtig gemaak nie 48). Dit is egter geen oplossing nie. Die verbondsbelofte gee ons nie slegs reg op die heilsgoedere nie, maar skenk ons hulle, maak hulle tot ons werklike besit.[12]

§3. Juiste Verhouding van Belofte en Eis.
Die oplossing van hierdie probleem lê ons insiens in die juiste verhouding van die verbondsbelofte en die verbondseis. Om hierdie verhouding te kan vasstel, is dit nodig om eers korteliks na te gaan wat ons onder verbondseis verstaan. Die verpligting wat God op Hom neem in die verbond is die belofte en die verpligting wat Hy aan die mens oplê is die eis van die verbond. In die werkverbond het God die kondisie gestel: God sal die ewige saligheid skenk op voorwaarde van wetsvolbrenging. Ook in die genadeverbond stel God eise. Die Here gee aan Abraham sy beloftes, maar Abraham moet in opregtheid voor die aangesig van die Here wandel. God wil ons getroue Verbonds-God wees, maar ons staan voor die eis van geloof en bekering. Waar dit in die werksverbond gaan om die verdienste van die mens,[13] daar staan in die genadeverbond die beloftes op die voorgrond. God bly die eis stel dat ons Hom met 'n opregte geloof sal aanhang, maar Hy self skenk ons die geloof as ‘n gawe (Ef. 2: 8).

By die voorstanders van die kondisionele verbondsbelofte kom die geloof enkel voor as voorwaarde en as eis, nie as kenmerk en as gawe nie. Die geloof word deur die belofte nie gewaarborg en nie deur die doop verseël nie. Die ongelowige kinders van die verbond is volgens hulle in dieselfde volle sin bondelinge, en die belofte kom op dieselfde wyse aan hulle toe. Die geloof is volgens hierdie opvatting iets wat by die verbond bykom, dog dit behoort nie tot die wese van die verbondsbetrekking nie. Die laaste beslissing in die verbond lê dus by die mens en nie by God nie. 49). Daarom is die volgende uitdrukking van dr. Honig gewaagd:
"Immers eischt God dat de mensch in het geloof zijn verbond aanvaarden, dat hij getrouw het verbond bewaren en over­eenkomstig den regel van het verbond wandelen zal" 50).
Die mens aan­vaar nie deur die geloof die verbond nie. Ons kinders word as lidmate van Christus daarin gebore., Die geloof is geen voorwaarde van die ver­bond nie maar 'n gawe van God.[14] Wanneer die belofte kondisioneel is, kan sy vervulling ons slegs in die weg van geloof geskenk word. Maar dan volg daaruit, dat dit deur ongeloof verhinder en onmoontlik gemaak kan word. Dis waar, die ouer Geref. dogmatici het sonder beswaar die term "verbondseise" of "verbondsvoorwaardes" gebruik, maar omdat die Remonstrante geleer het dat die mens deur eie krag tot geloof en bekering kan kom en self sy saligheid in die genadeverbond verdien, is die term gewysig en is daar gespreek van weldade van die verbond. Die geloof is geen kondisie of eis nie, dis 'n weldaad van die verbond. Dis waar dat God sy eis stel maar dis die eis van gehoorsaamheid. Dr. A. Kuyper gee ons insiens die suiwere standpunt weer as hy sê:
"Nu spreken wij bij het verbond niet van geloof maar van trouw. En de idee van het genadeverbond is zoo zeer op den achtergrond gekomen omdat men enkel bij God en niet ook bij God sprak van trouw, maar in plaats daarvan van geloof. Toch, trouw is de conditie van het genadeverbond. Het verplicht tot trouw (Ps. 89:50; Klaagl.3:23; Spr.13:17; Openb.3:14)" 51).
Vergun ons nog hierdie aanhaling van dr. Kuyper: "Voorwaardelijk is dit genadeverbond nooit. God geeft alles. Alles om niet. En niets van wat God geeft is afhankelijk gesteld van de contrapraestatie des menschen" 52).
Hiermee stem dr. H. Bavinck saam. Hy sê: "Eigenlik zijn er in het gena­deverbond geene eischen en geene voorwaarden. Want God geeft wat Hij eischt; Christus heeft alles volbracht en ook wedergeboorte, geloof en bekering" schoon Hij ze niet in onze plaats volbracht, toch voor ons verworven."").

God stel dus wel 'n eis maar Hy gee ook wat Hy eis. By die voorstanders van die kondisionele verbondsbelofte is die ge­loof nie in die vervulling van die belofte begryp nie. Dis geen vrug en gevolg van die belofte nie, maar dit staan heeltemal selfstandig, volkome korrelaat naas die belofte. Die vervulling van die belofte word in strikte sin ondergeskik gemaak aan de geloof. Die volle belofte kan deur ongeloof weerstaan word. Hier is die crux van die hele vraagstuk. Die belofte en die vervulling van die belofte word van mekaar geskei. Dan kry ons wat dr. Ridderbos noem “ 'n neonomistisch Verbondscollecti­visme," 54).
Ons mag ons die belofte en die geloof nooit korrelaat voor­ stel nie. Ons kan wel spreek van bepaalde voorwaardes, waaraan die koms van die belofte gebind is; dog hierdie voorwaardes word deur die belofte self vervul. Dis die juiste verhouding van belofte en eis. Die geloof is geen eis nie, maar is slegs die weg waarin die belofte vervul word. In sover kan dit voorwaarde van die vervulling van die belofte genoem word. Maar dit beteken nooit dat die ongeloof die vervulling van die belofte kan teëhou nie. Want ook die vervulling van hierdie voorwaarde is in die belofte begrepe.

Een ding moet ons goed in die oog hou en dit is dat God al die gawes van sy genade skenk in die weg van die verbond. God gee Hom­self aan ons en die eis is dat ons ons aan Hom gee. Dis heeltemal iets anders as om die gawes van God deur die geloof te aanvaar. "God zegt ons toe in Christus onze zonden weg te nemen," sê dr. Aalders: “en daardoor den slagboom te verwijderen die ons van Hem scheidt, om dan, als geheel en ten volle, al zijne goedheid en macht ten onzen behoeve aan te wenden, voor tijd en eeuwigheid. Maar wij hebben de roeping om dien Christus en de verzoening onzer zonden door zijn bloed geloovig aan te nemen en God als onze Vader in dien Heiland te vertrouwen en lief te hebben, en met heel ons hart en leven aan zijn dienst te geven" 55).

Hier het ons kragtige taal van 'n man, wat die juiste verhouding van belofte en eis in die verbond gevind het. Hier blyk dit so duidelik dat die gelowige aanneming van Christus en die versoening van ons sondes deur sy bloed vrug is van die verbondsbelofte. Maar dan volg hieruit dat iemand wat nie uitverkore is, nie gelowig is nie, geen reg het op Gods belofte van genade. Want dit sou beteken dat daar buite Christus om enige reg was op Gods genade. Die buitengewone generale sinode van die Geref. Kerke in Nederland het die skriftuurlike standpunt in hul verklaring opgeneem. Punt 2 lui as volg:
"In dit verbond komt de Heere tot ons met de belofte des heils en op grond daarvan met den eisch tot geloof en bekering."
Hierdie eis tot geloof en bekering kan verkeerd opgevat word soos ons reeds ge­sien het. Geloof en bekering is feitelik weldade van die verbond en nie eise nie. Hierdie beswaar word egter ondervang deur wat daar nou volg:
"Deze beide, belofte en eisch, zijn op zulk een wijze aan elkander verbonden, dat de menschelike verantwoordelijkheid ten vol1e wordt ge­handhaafd en nochtans de Heere in zijn verbond niet afhankelijk is van het doen des menschen. In de belofte immers betuigt Hij niet alleen, dat een iegelijk die in den Zoon gelooft het eeuwige leven heeft, maar zegt Hij ook den Heiligen Geest toe, die het geloof werkt, waardoor Hij ons Christus en al zijn weldaden deelagtig maakt. Dienovereenkomstig werkt Hij in zijn uitverkorenen hetgeen Hij van hen eischt, vervul1ende aan hen al de beloften des verbonds, rekende niet ‘de kinderen des vleesches,’ doch ‘de kinderen der belofte’ voor het zaad" 56).
Hierdie verklaring is ook goedgekeur deur die Geref. Ekumeniese Sinode van Grand Rapids, 1946. Hier word dit duidelik verklaar dat die Here in sy uitverkorenes werk wat Hy van hulle eis. Hiermee is die verbondskol1ektivisme verwerp. Hier word duidelik verklaar dat die Here aan die uitverkorenes al die beloftes van die verbond vervul. Hiermee is die kondisionele verbondsbelofte verwerp. Mag hierdie verklaring rus in die onstuimige gemoedere bring.

§4. Sekerheid en Verantwoordelikheid.
Ons moet tenslotte nog die aandag vestig op die sekerheid en verantwoordelikheid, wat hierdie verhouding van belofte en eis ons gee. Die belyers van die uitwendige verbond met sy kondisionele verbondsbelofte meen dat elkeen wat hulle standpunt betwis die sekerheid van die geloof in die gemeente sou wegneem. Dit moet ons beslis betwis. Wie die verbondsbelofte kondisioneel opvat, kan daaraan geen sekerheid ontleen nie. Juis deurdat hulle die belofte van die verbond algemeen maak, hef hulle die sekerheid van die vervulling op. Die egte sekerheid rus juis in die onvoorwaardelikheid van die verbond en in die wetenskap dat die geloof in strikte sin geen voorwaarde is nie, maar 'n gawe of weldaad van die verbond.
As dit vasstaan dat die verbond op Christus bevestig is, dan staan dit ook vas, dat dit Gods werk alleen is. Christus was van ewigheid af die Borg, wat die vervulling van die verbond op Hom geneem het. Hy is die Fondament van die verbond. Al die geroepenes tot die ewige lewe tog word gebou op die fondament van die apostels en profete, waarvan Christus self die hoeksteen is (Ef.2:20). Hy is die vervulling van die verbond, want alle beloftes van God is in en deur Christus vervul. Hulle is in Hom ja en amen (2 Kor.1:20). Christus is die waarborg van die werk wat die Vader aan Hom gegee het. Niemand sal een van sy verbondskinders uit sy hand ruk nie.
Ons mag op Gods beloftes pleit as op 'n gegewe reg.
Ons kan vastelik daarop staatmaak, dat hulle vervulling seker sal wees want Hy wat dit beloof het is getrou (Hebr.10:23). "Als God iets slechts belooft, sê dr. A. Kuyper jnr. in sy troosvol1e boek - De Vastigheid des Verbonds, dan is het toch even vast als een met teeken en zegel gestaafd verbond" 57) (Deut.7: 9). "En dat," so vervolg hy "is het zalige van het geloofsvertrouwen in het leven des verbonds, om God den Heere te mogen kennen als een God van onbezweken trouw, als den Almachtige, die het doen kan en ook gewisselijk doen zal" 58).

Waar ons op die troosvolle sekerheid van die verbond gewys het, daar kom ons nou tot die verantwoordelikheid van die verbondskind. Dit lyk asof volgens ons verbondsbegrip God alles doen en die mens niks te doen het nie. Werk ons verbondsbegrip geen valse lydelikheid in die hand nie?

Prof. Vos wys op die verbondsplig, as hy sê:
"Het nieuwe leven, door Christus verwor­ven, moet in actie en tot ontwikkeling worden gebracht, door den prikkel der dankbaarheid op het vernieuwde zedelijk bewustzijn te laten werken" 59).
Dan kom die verantwoordelikheid van die verbondskind. Hier merk dr. H. H. Kuyper tereg op:
"Wanneer de kerk zegt: op grond van het verbond Gods, waarin gij geboren zijt, heb ik u te houden voor een kind Gods, dan geschiedt dat niet om u te zeggen, dat al gelooft ge niet en al komt ge niet tot bekering, ge toch een erfgenaam van het rijk Gods zijt, maar juist omgekeerd, om u te vermanen dat uit uw geloof en bekering blijken moet, dat ge waarlijk zijt wat de kerk naar het oordeel der liefde van u hoopt. Hoe hooger en heerlijker de eeretitel is, dien de kerk u schenkt, hoe ernstiger en grooter uw verantwoordelijkheid is, of ge met­terdaad aan dien eeretitel beantwoordt.'' 60).
Die genadeverbond is in sy wese eensydig, monopleuries. Eers gee God Hom aan ons en dan vervul Hy met die belofte sy weldade. Maar dis bestem om tweesydig, dipleuries te word. Ons word deur God in die verbond ook vermaan en verplig tot 'n nuwe gehoorsaamheid, dat ons die enige en waaragtige God moet aanhang, betrou en van ganser harte liefhê. Die genadeverbond maak die mens nie dood nie, en behandel hom nie soos 'n stok en 'n blok nie, maar neem die mens geheel en al op met al sy vermoëns en kragte, na siel en liggaam, vir tyd en ewigheid. Dit ver­nietig nie sy krag nie, maar ontneem hom sy onmag. Dit maak sy wil nie dood nie, maar maak hom vry van die sonde. Dit herskep die ganse mens en laat hom dan, deur die genade vernuut, vry en selfstandig met sy hele siel en gees en liggaam Gods liefhê en hom aan Hom toewy. 61).
Die genadeverbond maak die verbondskind dus selfwerksaam. Dit ken geen valse gerustheid nie. Die kerk het dan ook 'n ernstige roeping om te wys op die eis van die verbond. "Onbekeerdheid," se prof. G. Wisse, is een schandvlek tegenover Gods verbond en kerk.'' 62).
Kinders van gelowige ouers moet vermaan word om te beantwoord aan die eis van nuwe gehoorsaamheid. Ons staan hier voor 'n probleem wat ons nooit kan oplos nie: as iemand in God glo en Hom dien dan is dit alleen te dank aan die soewereine beskikking van God; en as iemand nie glo nie en verlore gaan, dan dra hy die gevolge van sy eie skuld.
So stel die Heilige Skrif en ons belydenisskrifte dit voor. Ons moet die soewereine beskikking van God bely en daarnaas ons eie verantwoorde­likheid. Die onvoorwaardelike verbondsbelofte maak ons nie lydelik nie. Nee, genade is aktief, werksaam. Daarom moet die kerk die verbondskinders opwek tot geloof, tot aanvaarding van die beloftes van die verbond om aan die eis van die verbond te beantwoord. Die opwekking kan en moet so kragtig moontlik wees. Ons mag 'n beroep doen op die verbond, waarin die Here verklaar het dat Hy onse God sal wees. Die verbond is 'n band, waardeur God Hom aan ons bind en ons aan God gebind word. Daarom moet ons daarvoor waak dat nooit by verbondskinders die indruk gewek word asof 'n louter uiterlike gehoorsaamheid voldoende sou wees nie. Tot elke verbondskind kom die eis van selfondersoek, selfbeproewing. Die apostels het dit nooit nagelaat om die gemeente tot selfondersoek te vermaan nie.

So skryf Paulus aan die Korintiers: "Ondersoek julself of julle in die geloof is, stel julself op die proef", (2 Kor.13:5). Die apostels het van die gedagte uitgegaan dat die gemeente uit nuutgebore kinders bestaan, uit gelowiges, uit geestelike mense. Tog neem dit nie weg dat die mens moet ondersoek of dit alles in waarheid van hom gesê kan word, en of dit ook van hom persoonlik geld. Teen hierdie valse gerustheid in die verbond het Jesus reeds getuig. Ons lees in Joh.8:39:
"Hulle antwoord en sê vir Hom: ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen."

In 2 Kor.5:20 vermaan die apostel die gemeente: "Ons tree dan op as gesante om Christus ontwil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus ontwil: Laat julle met God versoen."
Uit die regte verbondsbeskouing volg die eis tot geloof en bekering. Dis verbondsweldade wat ons in die belofte geskenk word. As ons kinders van die belofte is, moet dit uit ons lewe blyk. Juis omdat die verbondskinders seuns en dogters van God genoem word, het God 'n dubbele reg op die liefde van hulle hart. Hulle het die teken van die verbond ontvang dat hulle aan God behoort en nie aan die wêreld nie. "De onderstelling," sê dr. H. H. Kuyper: “waarvan de kerk in den kring van het genadeverbond heeft uit te gaan, verzwakt dien eisch niet, maar versterkt dien veeleer. Indien de kerk het zaad des verbonds voor wedergeboren te houden heeft, dan moet te meer er op worden aangedrongen dat de werkelijkheid dier wedergeboorte uit een waarachtig geloof en een wandelen op den weg der bekering blijken zal" 63).

Die skyngelowiges mag die verbond nie as 'n kussing gebruik om maar heerlik daarop te slaap nie, maar, hulle moet ernstig vermaan word om tot waaragtige bekering en tot 'n daad werklike geloof te kom.
Ons eindig met te verwys na die Verklaring van die Sinode van die Geref. Kerke van Nederland in 1946. Punt V lui:
"Het verbond des Heeren verplicht een ieder zich steeds ernstig te beproeven, of hij wel waarlijk in den Christus Gods gelooft en de vruchten der dankbaarheid voortbrengt; want de Schrift zegt, dat alleen die geloofd zal hebben en gedoopt zal zijn, zal zalig worden" 64).

* * * * ***********************************

Ek gevoel dit as 'n groot eer en sware verantwoordelikheid dat ek my volle aandag nou mag toewy aan die groep van dogmatologiese vakke wat aan my toevertrou is. Dis my 'n groot vreugde om steeds meer en meer in die dieptes van God in te dring vir sover dit Hom behaag het om dit aan ons te openbaar. Ek wil dan ook hiermee my dank uitspreek aan die eerw. Kuratorium en die ander eerw. lede van die Kieskollege, asook aan die Raad van die P.U.K. vir C.H.O. vir die vertroue wat hulle in my gestel het. Dis 'n gewigvolle roeping wat u my opgelê het, 'n roeping wat ek na biddende oorweging opgevolg het. Ek vertrou dat ek met die genade en krag van die Here my gewigvolle taak sal kan volbring. Die Here het my die krag en genade gegee om 25 jaar lank as predikant op te tree.

Onder die seënende hand van die Here kan ek betuig dat die Here sy belofte aan my bewaarheid het nl. dat ons arbeid nie tevergeefs in die Here is nie. Daar het in die afgelope 25 jaar 'n groot uitbreiding van ons kerk plaasgevind, en ook 'n groot uitbreiding op ons sending­veld[15] waaraan ek 'n leidende aandeel mog hê. Ek gevoel my gebind met bande van innige liefde aan die gemeentes, waar ek mog arbei. 'n Woord van besondere dank en waardering aan die kerkraad en gemeente van Pretoria-Oos waar ek so 'n geseënde arbeidskring gehad het en waar ek 17 en ‘n half jaar mog arbei. Die verblyf in die midde van die gemeente van Pretoria-Oos het my lewe verdiep en verinnig, iets wat my baie goed te pas sal kom in my gewigvolle werk van opleiding van aanstaande herders en leraars vir ons kerk.

Ek hoop om aan die verwagting te beantwoord wat my kollega, dr. B. J. de Klerk, in sy bevestigingsrede uitgespreek het om alles te doen volgens die volmaakte bestek wat die Here aan ons geopenbaar het.

Hooggeleerde dr. J. D. du Toit, aan u is ek baie verskuldig. Die grootste deel van my teologiese opleiding het ek geniet onder u bekwame leiding. Die erns en besieling wat daar van u kolleges uitgegaan het, het 'n blywende indruk op my gemaak en was 'n besieling vir my heilige amp. Ek gevoel my klein om in u plek in ons Teologiese Skool te staan en u opvolger te wees. Ek het 'n groot verantwoordelikheid op my geneem, maar met die genade van die Here hoop ek om te voldoen aan die ver­troue wat in my gestel is, al is dit dan op my manier en met my gawes. Waar u van aktiewe diens nou afgetree het, mag die Here u en u eggenote nog lank spaar om nog verder 'n seen vir ons kerk en volk te wees.

Hooggeleerde rektor van die P.U.K., prof. F. Postma, ook aan u is ek baie verskuldig. Onder u bekwame leiding mag ek my propedeutiese studies voltooi aan die P.U.K. Ek wil u ook verseker dat ek ywerig my sal toewy aan die dogmatiek en ander vakke wat aan my nog mag toevertrou word aan die P.U.K. Daar was 'n tyd toe ons van insig ver­skil het, maar ek het my neergelê by die beslissing van ons sinode en ek bied u my hartlike samewerking aan. Mag ons dit belewe dat die P.U.K. 'n selfstandige Christelike Universiteit sal wees. Dit sal die kroon op u werk sit.
Aan u, kollegas, medeprofessore van ons Teologiese Skool, bied ek my hartlike samewerking aan. Mag ons met die krag van die Here ge­samentlik arbei tot die opbou van ons Skool. Ek reken op u steun en samewerking. So reken ek ook op die steun en samewerking van die professore en lektore van die P.U.K. Ons het in hierdie dae van ongeloof 'n heerlike taak om saam te werk aan die opbou van 'n Christelike wetenskap.

Aan u, studente van altwee inrigtings, wil ek graag my hulp aanbied om, waar dit nodig is, leiding aan u verenigingslewe te help gee. Ek sal meer intiem in aanraking kom met u as teologiese studente, en ek wil graag waar ek kan 'n raadsman vir u wees in die moeilikhede waar­mee u in u studie te kampe het. U moet straks in die volle kerklike lewe met al sy probleme staan, en u sal met baie probleme kennismaak. Mag u opleiding alhier vir u 'n ware oefenskool vir u kerklike loopbaan wees. Laat ons in ons kerklike lewe daaraan dink:
"Hy is aan sy verbond gedagtig.
Hy het sy volk bevry, bewaak,
Vir ewig sy verbond gemaak."
Ek het gesê.

Aantekeninge
1) Dr. J. D. du Toit - Het Methodisme, p.149.
2) Dr. H. H. Kuyper - Hamabdil, p.17.
3) Uit het Woord, V, p.180.
4) Geref. Dogmatiek 3, III, p.239.
Vgl. ook dr. A. Kuyper jnr. - De Vastigheid des Verbonds, p.72.
5) Dr. H. H. Kuyper - Hamabdil, p.23.
6) t.a.p., p. 24,44.
7) t.a.p., p.54. Verder: Dr. H. A. van Andel - Godsdienst en Wetenschap, p.261; Dr. A. Kuyper jnr. - De Band des Verbonds, p.25; Bavinck - Geref. Dog­matiek 3, III, p.241,243; Dr. G. Vos - De Verbondsleer in de Geref. Theologie, p.45.
8) Locus de Foedere, p.131,143.
9) t.a.p., p.143.
10) Bavinck, t.a.p., p.243.
Ook Dr. A. Kuyper jnr.- De Vastigheid des Verbonds, p.77. Tereg merk dr. Vos op: "Dewijl de toepassing des heil door Christus en van Christus uit haar een grondbeginsel is, zoo heeft de gereformeerde theologie met recht deze toepassing onder het gezichtspunt van een ver­bondseisch gesteld, die tot den Middelaar kwam en voor welks vervulling Hy Borg geworden is," De Verbondsleer in de geref. theologie, p.29.
11) Ds. J. G. Woelderink - Het Doopsformulier, pp.116,145,161,171 v.v.
12) W. Heyns - Geref. Geloofsleer, p.122.
13) t.a.p., p.123,130,140.
14) t.a.p., p.131,132.
15) Kyk dr. S. P. Dee - Het Geloofsbegrip van Calvyn, p.141.
16) Looze Kalk, Afl. 2, p.4,5.
17) Uit het Woord, V, p.180.
18) Dr. H. H. Kuyper - Hamabdil, p.67.
19) Uit het Woord, V, p.182,183.
20) t.a.p., p.194.
21) De Verbonden Gods, uitg. 1716. Bk. III, hf.1, §5.
22) Dr. H. H. Kuyper, t.a.p., p.149. Dr. A. Kuyper - Loc. de Foedere, p.134,153. Dr. Bavinck - Dogm. 3, III, p.244.
23) Dr G. Ch. Aalders - Het Verbond Gods, p.218.
24) Die Latynse teks lui: "sed in arcano Dei sacrario. non alii censentur Dei
filii quam in quibus fide rata est promissio." Kyk o.o.k dr. L. van der Zanden - Het Genadeverbond, p.133,114.
25) Dr. A. Kuyper jnr. - De Vastigheid des Verbonds, p.109.
26) Dr. H. N. Ridderbos - De Belofte van het Genadeverbond, p.8.
27) Abraham, de Vriend Gods, p.258.
28) De Belofte van het Genadeverbond, p.6.
29) Prof. G. Ch. Aalders - Het Verbond Gods, p.206.
30) De Leere van het Verbond Gods, uitg. 1689, par.184.
31) Het Doopsformulier, p.164.
32) Dr. E. Smilde - Een Eeuw van Stryd over Verbond en Doop, p.87,88.
33) Ons Doopsformulier, p.148.
34) De Leer der Waarheid, uitgegee deur Alex Comrie, p.107.
35) Commentaar op Galaten, p.235. Ds. H. Meulink se in sy Kerkreformatie, p.12: "De belofte des heils komt, als ze ons in het verbond wordt geopen­baard, niet anders tot ons dan in conditioneelen vorm." Hierteenoor sê Ds. J. C. Brussaard - De Heilige Geest en de Genademiddelen, p.28 dat ons nie te sterk die nadruk op die geloof as voorwaarde moet lê nie, terwyl die geloof as gawe op die agtergrond tree.
36) Ek wil hier verwys na my Art. oor Verbond en Doop in Koers, Junie 1946.
37) Kyk Ds. C. Veenhof - In den Chaos, p. 51. Ons verwys hier vir die uitvoerige weerlegging van hierdie dwaling na Dr. B. Wielenga - Ons Doopsformulier, pp.265-297.
38) Dr. H. N. Ridderbos - De Belofte van het Genadeverbond, p.24.
39) t.a.p. p. 25. Dr. B. Wielenga, t.a.p., p.152.
40) G. Kramer- Het Verband van Doop en Wedergeboorte, p.310.
41) Het Verbond der Genade by Calvyn, p.50.
42) Corp. Ref. XXXVI, p.483: "Baptismo nobis adoptionem nostram obsignari, ut censeamur inter Dei fiIios."
43) Institusie, IV,15,22. Dis lynreg in stryd met wat Wesley beweer. Ons
lees in Catechisms of the Wesleyan Methodists, II, Ch. IX. §2: "They bap­
tized infants have the outward advantages of the Christian Church, and all the spiritual blessings of the covenant are assured to them for the future when they shall comply with the terms of the gospel."
44) Die oorspronklike teks lui: ,,verum etiam ut signem eidem sit, et sigillum cum foederis gratiae, tum suae in Christum insitionis, regenerationis, remis­sionis peccatorum, ac sui ipsius Deo per Christum dedicationis, ad ambulandum in vitae novitate."
45) Synopsis Purioris Theologiae Disp., XLIV, 27,29: "idque tam in infantibus foederatis, in quibus ex vi divinae benedictionis et foederis Evangelici, semen et Spiritum fidei ac resipiscentiae statuendum esse, contendimus."
46) Redelijke Godsdienst, cap. XXXVIII, par 15.
47) t.a.p., Cap. XXIX, par 24. Kursivering is van my.
48) Geref. Geloofsleer, p.132.
49) Dr. H. N. Ridderbos, t.a.p., p.17.
50) Handboek Geref. Dogmatiek, p.438.
51) Loc. de Foedere, p.153.
52) t.a.p., p.134.
53) Geref. Dogm. 3, III, p.242.
54) t.a.p., p.17.
55) Het Verbond Gods, p.192.
56) Acta van de Buitengewone generale Synode van Geref. Kerken in Neder­land, 22 Jan. - 8 Maart 1946, p.49.
57) p.110.
58) t.a.p., p.197.
59) De Verbondsleer in de Geref. Theologie, p.51.
60) Hamabdil, p.177.
61) Dr. H. Bavinck, Geref. Dogm. 3, III, p.242. Kyk ook Dr. A. Kuyper­
Uit het Woord V, p.163 Dr. H. A. van Andel - Godsdienst en Wetenschap, p. 274.
62) Schriftuurlike Kerkbesef, p.65.
63) Hamabdil, p.192.
64) Acta van de Buitengewone Generale Synode, 1946, p.50.

[1] Geneem uit “KOERS” van Februarie 1949, deur die WESTELIKE STEM, Potchefstroom. Die eindnotas aangedui met ‘n nommer gevolg deur ‘n enkel hakie [bv. 1) ] is deel van die oorspronklike teks. Die eindnotas aangedui met 'n nommer in dubbelhakies geplaas (bv. [1]), is opmerkings van Slabbert Le Cornu wat bygevoeg is.
[2] Dit is prof.dr. JD Du Toit, beter bekend as Totius.
[3] “Terwyl God die verbond gesluit het met Abraham en sy nageslag, het Hy van die begin af – van vóór Isak se geboorte – sy vrymag gehandhaaf om soewerein te besluit wie tot die verbondsnageslag sal behoort. Terwyl God aan Abraham die verbondsbelofte van ‘n geseënde nageslag gegee het, het Hy van die begin af in sy verbond sy vrymag gehandhaaf om deur eie beskikking en verkiesing te bepaal wie die nageslag na die belofte sal wees. Van die begin het God sy verbond só gesluit dat alleen dié kinders van Abraham, d.i. alleen dié lede van die volk Israel wat Hý uitverkies het, wat Hý na sy voorneme en welbehae as kinders van die belofte verkies, dat alleen húlle as die kinders van die belofte gereken sal word as die nageslag, as die hele nageslag. Die beginsel van verenging is die vrymagtige uitverkiesing van God met sy twee kante: die vrymagtige welbehae in diegene wat die verbondsvolk vorm en die vrymagtige uitsnyding uit die volk van diegene wat nie tot die nageslag gereken word nie. … Alle oorsaaklikheid lê volkome in God se hand en in God se vrymagtige uitverkiesende welbehae.” (JC Coetzee, Volk en Godsvolk in die Nuwe Testament, Potchefstroom: Pro-Rege. 1965: 166)
[4] Hierdie dr. W. Heyns - professor in Dogmatiek aan die Christelike Gereformeerde Kerk in die VSA in die eerste helfte van die 20ste eeu - moet nie verwar word met dr. J.A. Heyns van die NGKSA nie.
[5] Calvyn skryf in sy kommentaar op Gen.16:11 dat die verbond van die ewige lewe nie aan Ismael behoort het nie.
[6] Ek vermoed dat deur die pamflet van D. Postma, Prediking en Verbond (1980, Potchefstroom: CJBF), die kollektivistiese verbondsgedagte sterker begin word het in die GKSA. Postma (oorlede in 2004) volg W Heyns se verbondsidees na (p.9). Hy meen die verbondsbeloftes kom almal wat gedoop is toe (p.12,37); maak die belofte los van die vervulling (p.13,37); sien die verskil in die verbond in die gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid van die verbondelinge (p.15,16,36,37) en nie in God se uitverkiesende genade in Christus nie; glo dat die mense se ontrou die trou van God tot niet kan maak (p.16,37); maak ‘n skeiding (en nie ‘n onderskeiding nie) tussen uitverkiesing en verbond, deur die uitverkiesing weg te steek onder die ‘nie-geopenbaarde dinge’ (p.16,38); neem die troos van die doop van gelowiges weg deur dit te stel dat die doop slegs die ‘objektiewe belofte’ verseël (p.22), en nie die geregtigheid wat deur die geloof is nie; hy maak van die geloof ‘n voorwaarde om regverdig te word, en sien dit nie as ‘n gawe en kenmerk van die verbond nie (p.30); hy sien die vertrekpunt van die verbond nie in “die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is” (DL, 1.6; 2.8) nie, en plaas dit dus by implikasie in die mens se handelinge (p.31,32). Laasgenoemde word veral bevestig deur Postma se gebruik van (arminiaanse ?) voorbeelde om die aanneem van die verbondsbeloftes te probeer verduidelik: “As ek jou R10 skenk, het jy dit nog nie. Dit word joune, as jy jou hand uitsteek en dit neem en in jou sak sit !” (p.14; sien ook p.22). Of Postma dit besef het of nie, het hy geleer dat ‘n mens a) of God se reddende genade in Christus kan verwerp, of b) Christus se bloed was nie genoegsaam vir die ‘ongehoorsaamheid’ van die bondeling wat nie in gehoorsaamheid geantwoord het op God se eise nie (p.39) ! As almal op dieselfde wyse deel aan die genadeverbond (p.37), hoekom gaan sekeres dan verlore ? Het Christus nie ook vir hul sonde van ‘verbondsongehoorsaamheid’ gesterwe nie ? Dit beteken die verskil moet in die mens lê en nie by God wat barmhartig is nie (Rom.9:16, 18).
Postma se standpunt – en die kondisionele oftewel voorwaardelike verbondsidee met al sy konstruksies – neem alle troos en hoop van die gelowige weg, omdat die beklemtoning en fokus nie op Christus en al sy weldade is nie, maar op die sondige mens en sy vermoëns, soos Postma dit ook stel, dat met sy vertrekpunt in die voorwaardelike verbond: “dit beklemtoon dat die verantwoordelike geloofsreaksie van die kinders op die gepredikte verbondsbelofte deel gee aan die heil.” (p.38). Teenoor hierdie mensgesentreerde kontrakbeskouing bely ons DL 2.8 as ons troos, wat die noue band en onderskeid tussen uitverkiesing en verbond volgens die Skrif netjies vashou en uiteensit: “Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis—waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het—uit elke stam, volk, geslag en taal hulle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder dat Hy hulle van al hulle sondes—sowel die erfsonde as die werklike sonde wat na en voor die geloof begaan is—deur sy bloed sal reinig. Ten slotte dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.” Sien ook die res van dr. de Klerk se rede as ‘n weerlegging van die voorwaardelike verbondsidee.
[7] Daarom kan saamgestem word met Bavinck se ‘samenhang tussen verbond en uitverkiezing’, nl.: “dat God de uitverkiezing uitvoert in de weg van het verbond, maar ook dat het verbond de weg beschrijft waarlangs de uitverkorenen tot hun bestemming worden geleid. ‘Verkiezing en verbond zijn daarom niet te onderscheiden als een engere en ruimere kring, want zij omvatten beide dezelfde personen.” (J. Van Genderen, Verbond en Uitverkiezing, Kampen: Kok, 1992: 25).
[8] Sien DL 3/4:15.
[9] Ek is nie so seker dat die verbond by Sinai bloot uitwendige ‘nasionaliteit’ bevestig het nie ? Die wet word in Ex.20 juis ingelei met die woorde van bevryding/verlossing: “Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, bevry het …”
[10] Volgens my kennis moet ‘Greydanus’ gespel word as ‘Greijdanus’, maar ek laat dit so volgens die oorspronklike bron.
[11] “Die Doop beseël die wedergeboorte, waardeur die Kerk geestelik ontstaan.” (Prof. WJ Snyman, in PC Snyman (red.), Nuwe en Ou Dinge, Potchefstroom: Pro Rege, 1977: 32).
[12] NGB artikel 33 wys daarop dat die sakramente nie net die ‘beloftes aan ons … beseël’ nie, maar dit is ook ‘tekens van sy goedheid en genade teenoor ons … en om ons te voed en in stand te hou.” Dan word daar duidelik ook bely dat dit ons wys op “wat Hy inwendig in ons hart doen. So bekragtig Hy in ons die heil wat Hy aan ons meedeel. Dit is immers sigbare tekens en seëls van ’n inwendige en onsigbare saak, en deur middel daarvan werk God in ons deur die krag van die Heilige Gees. Die tekens is dus nie sonder sin en sonder inhoud om ons te bedrieg of te mislei nie; hulle waarheid is juis geleë in Jesus Christus, sonder wie hulle geheel en al betekenisloos sou wees.”
[13] Ek is van mening dat in die werksverbond - ek verkies die term skeppingsverbond – dit nie gegaan het oor ‘verdienste’ nie, maar dat uit genade langs die weg van gehoorsaamheid/werke die heil ontvang is. In die genadeverbond word die heil verkry langs die weg van die geloof, as instrument en gawe (sien NGB artikel 22).
[14] “Het geloof is geen voorwaarde. Het is wel heilsnoodzakelijk, omdat het zelf tot het heil behoort.” (J. van Genderen & W.H. Velema, Beknopte Gereformeerde Dogmatiek, Kampen: Kok. 1992: 565)
[15] Die vashou aan die leer van die uitverkiesing en verwerping volgens die geopenbaarde Woord asook die onvoorwaardelike genadeverbond in Christus, bevestig en handhaaf ‘n gesonde sending en evangelisasie ywer om die Woord aan almal te verkondig met ‘n oproep tot geloof en bekering (sien DL 1.3).

No comments: