Tuesday, June 10, 2008

Die Skeppingsleer gehandhaaf teen die wetenskaplike fundamentalisme van J. Lever, deur dr. F.W. Buytendach

Inleiding - S. Le Cornu (VDM)
Na aanleiding van onlangse gesprekke wat opnuut gevoer is oor die “Skepping vs Evolusie” debat, teenoor die agtergrond van die groter vraag van onder andere, die verhouding tussen “teologie en wetenskap” asook oor “Skrifbeskouing en wetenskap”, is dit goed om kennis te neem dat ons gereformeerde voorvaders ook reeds aan hierdie belangrike onderwerp aandag gegee het.

Hieronder vind u die bespreking van dr. F.W. Buytendach: "Enkele gesigspunte van die natuurwetenskaplike kyk van J. Lever op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis en met name op die ontstaan van die mens"

Ek het om die leeswerk te vergemaklik, die volgende opskrif-afdelings bygevoeg:
1. Lever se “creationisme”
2. Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie
3. Die Bybel: gaan dit net oor die boodskap of die gebeure ook ?
4. Lever en die onstaan van die mens
5. Natuurwetenskaplikes en filosowe se getuienis
6. Lever se standpunt bevorder die “Nuwere Gereformeerde Teologie” in Nederland
7. Die ondergrawing van ons verlossingsgeloof

Hierdie artikel is van belang om die volgende redes:

1. Dr. Buytendach wys wie die werklike 'fundamentaliste' is, nl. hulle wat die eerste hoofstukke van Génesis (veral Gén.1) bloot sien as "'n kerugmatiese bedoeling en betekenis" en dus nie as "geskiedkundige feitelike medelinge nie", maak hul skuldig aan wat hy noem "wetenskaplike fundamentalisme":

"Waarin sit die uitsluitlike sin en bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis vir Lever - as Christen-bioloog, maar nie-teoloog? Dit sit vir hom slegs in die ,,eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis” daarvan; dit behels vir hom slegs ,,scheppings- en heilsverkondiging”. Of soos by dit nog duideliker stel: ,,het (gaat) in Genesis slechts .... om de Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing, gegoten in een vorm die geen feitelijk-reële betekenis toekomt”
Maar dan is dit mos sinloos om i.v.m. Génesis nog van ,,geopenbaarde werkelijkheden” te spreek - soos Lever óók doen! M.a.w. Genesis het, volgens hom, slegs kerugmatiese bedoeling en betekenis. In die lig van die geheel van Lever se kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis, is dit duidelik dat ons daarin te doen het met natuurwetenskaplike fundamentalisme. J.H. Kroeze het - kontra Lever - duidelik aangetoon dat ons in Génesis te doen het met geopenbaarde ware werklikhede, d.w.s. feitelike mededelinge én die boodskap wat dit behels."

2. Hy wys op die regte betekenis van die stelling "Die Bybel is nie 'n 'wetenskaplike handboek' nie", nl. die Bybel is nie geskryf in 'wetenskaplike begripstaal ... in die moderne wetenskaplike sin van die woord ... nie' maar vir "alle mense van alle eeue" om te kan verstaan. Die Bybel is wel 'n "Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarom aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf":

"Dit is wel waar dat Genesis nie aan ons ,,historie-wetenschap” - tereg met die klem op die ,,wetenschap”, d.w.s. geskiedskrywing in die moderne wetenskaplike sin van die woord - bied nie. Dit bied aan ons egter sonder twyfel Openbaringsgeskiedenis (historie) wat in nie-wetenskaplike taal geskrywe is, en wat - gedagtig aan die Goddelike Openbaringsherkoms daarvan deur menslike bemiddeling heen - wel volkome waar is. Dit is verder so dat Genesis nie ‘n ,,geschiedkunde-boek” - in die geval met die klem op die ,,kunde” - is nie. Dit is egter baie beslis ‘n Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarorn aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf. Die waarheid van bostaande word duidelik gemaak deur wat in Gen.2:4 staan. W.H. Gispen verklaar: ,,Ik weet geen betere vertaling voor (tooledooth) in ons vs. ... dan ,geschiedenis’ ”.

3. Die valse teenstelling "vorm vs inhoud" van die Skrif, spesifiek van toepassing oor die vraag na oorspronge, word deur dr. Buytendach verwerp. Die populêre frase, wat ons vandag nog hoor, is: "Die Bybel (o.a. Génesis, veral Gén.1) leer ons dat God geskape het, en nie hoe God geskape het nie." Dr. Buytendach meen dit is slegs 'gedeeltelik waar' want:

"In Gén.1:26,27 word aan ons geopenbaar dat God die mens as afsonderlike en uitsonderlike wese geskape het en wel na Sy beeld en gelykenis - dit beklemtoon die hoe, die wyse waarop Hy die mens geskape het." (Sien ook eindnota iii in die dokument).

4. Dr. Buytendach wys daarop dat Christene "die skerpste beswaar aanteken" teen die 'mogelijkheids-hypotese' van Lever, nl."een genetische continuiteit van alle levende organismen, de mens niet uitgesloten":

"Alhoewel nóg die Bybel, volgens hom, nóg die wetenskap die vraag na die hoe van die ontstaan van die mens beantwoord, is hy van oordeel dat - met behulp van die wetskringleer van Dooyeweerd, met name die vierde individualiteitstruktuur van die menslike liggaam, d.w.s. ,,de act-structuur van het menselijk lichaam” én vanuit sy (Lever) ,,creationisme”-standpunt, waarin wetenskaplike en Bybelse gegewens saam verdiskonteer word - die ,,mogelijkheid” nie afgesny word dat by die ontstaan van die mens ,,gebruik gemaak werd van een dier”; dat ons ,,de mogelijkheid niet bijvoorbaat (mogen) verwerpen, dat de genese van de mens geschied is via een wezen dat minstens naar zijn skeletkenmerken volgens onze normen en criteria een dier was”

5. As eenvoudige Bybelgelowige wys hy op die radikale implikasies van Lever se 'creationisme' oor die algemeen, maar veral in die besonder oor Lever se hipotese dat die mens van die dier geneties moontlik kon afstam. Dit het die volgende moontlike implikasies:

- dat God die mens nie direk na Sy beeld en gelykenis geskape het soos Hy dit in Gén.1 :26,27 aan ons Openbaar nie;
- dat die mens - ook wat sy liggaam betref - nie wesensverskillend van die dier is nie, ondanks die feit dat in I Kor.15:39 uitdruklik staan: ,,die vlees van die mense is anders as die vlees van vee”
- dat Adam (ondanks wat in Gén.5:1,2 en Lukas 3:38 staan, en Eva (ondanks wat in Gén. 3:20;4:1;2 Kor.11:3;1 Tim.2:13 staan) nie die menslike aanvangsfigure, d. w.s. die eerste mense, was nie;
- dat die biologiese ,,dood” vóór die sondeval in die plante- en diereryk óók m.b.t. die mens ‘n skeppingsgegewendheid was - en wat aan ons geopenbaar word insake sondeval-dood-verlossing van die mens (Gén,2:17; Gén.3; Rom.5:12 v.; I Kor.15) derhalwe nie waar is nie.

6. Die voetnotas (gewone syfers) alleen maak die artikel/uitreksel die moeite werd, omdat dr. Buytendach ruim uit gereformeerde teoloë, filosowe en natuurwetenskaplikes vanuit Nederland (o.a. A. Kuyper, F.W. Grosheide, S. Greijdanus, W.H. Gispen, G.Ch. Aalders, Dooyeweerd) en Suid-Afrika (o.a. S.J. van der Walt, J.H. Kroeze, S. Du Toit, J.L. Helberg, G.T.S. Eiselen, J.J. Duyvené de Wit, H.G. Stoker, J.A.L. Taljaard) aanhaal en na hulle werke verwys, om aan te toon hoe teologies, filosofies én wetenskaplik onhoudbaar Lever (en die teoloë wat hy volg, o.a. N.H. Ridderbos) se standpunte is.

Van die belangrikste aanhalings en verwysings in die verband is:

“W.H. Gispen, wat vashou aan ‘n skeppingsdag van 24 uur (Schepping en Paradijs, p. 41), kwalifiseer dus as ‘n fundamentalis - volgens dié sienswyse van Lever.”

G.T.S. Eiselen oor die ontstaan van die mens: “As Christelike bioloog kan ek net volstaan met die woorde in Genesis 1:27”

“As die Skrif verklaar dat die mens na die Beeld van God geskape is, het geen wetenskap wat gelowig buig vir die Woord ,die reg om die mens te sien as bloot ‘n afstammeling van een van die diere of mensagtige wesens nie. Die Bybel gee lig op sake wat die wetenskap nooit kan ontdek nie” – S. Du Toit

“Gestel dat die mens uit die dier ontwikkel het, sou by daardie ,primitiewe’ mens van ‘n sondeva! sprake kon wees? Maar verloor die kruisdood van Jesus Christus nie sy kardinale betekenis, as daar geen sondeval was nie? Die konflik gaan hier om die grondslae van die Christendom self?” – HG Stoker

7. Dr. Buytendach se boek wys dat die hervertolking van Genesis in die "skepping vs evolusie" kwessie in Nederland, juis een van die doodsteke was waardeur die 'nuwere teologie' in Nederland houvas gekry het, en wat later deur totaal liberale ongelowige teoloë soos Kuitert oorstroom is. Psalm.11:3 geld ook vir Skrifbeskouing, Skrifverklaring, Skrifgeloof en christelike wetenskap, "As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?":

"Alhoewel Lever se sienswyse - in die lig van die geheel van bostaande - m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote vormgewing sou wees van ‘n ,,Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing” waaraan ,,geen feitelijk reële betekenis toekomt”; en sy daaruit voortvloeiende wetenskaplik konsepsie van die moontlike genetiese ontstaan van die mens via die dier, o.i. hoegenaamd geen spoorsiag is tot ‘n beter verstaan daarvan nie - d.w.s. in vergelyking met die gangbare Gereformeerde opvatting van die betekenis daarvan nie -, het dit desnietemin sterk invloed uitgeoefen (en doen dit nóg) op die kontemporêre verdiskontering van die verhouding tussen die vorm en inhoud van die Skrif in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland – met name vanuit die gesigspunt van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifontstaan.

M.a.w. sy natuurwetenskaplike taksasie van die sinduiding van die eerste hoofstukke van Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote feitelose kerugma sou behels wat derhalwe ook ruimte sou laat vir ‘n evolusie-sienswyse m.b.t. die ontstaan van die mens, het o.i. kragtige invloed uitgeoefen op die huidige koers wat ons in die Gereformeerde teologie in Nederland in bogenoemde verband onmoet.

Saam met die invloed van die Nuwere Teologie (Barth en Bultmann - waarop ons reeds die aandag gevestig het) het dit enersyds ten gevolg gehad dat in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland sodanige kiem gelê word op die kerugma-inhoud van die Skrif en sodanige relief toegeken word aan die menslike bemiddeling i.v.m. die Skrifontstaan en -verstaan, dat die vertikale Goddelike ontstaansdimensie van die Skrif as ‘t ware in verdrukking gebring word en as gevolg waarvan die Skrifvorm in mindere of meerdere mate gerelativeer word - sodat ons in genoemde teologiese koers wesenlik te staan kom voor ‘n vorm/inhoud-problematiek m.b.t. die toepassing van die organiese Skrifinspirasie.

Andersyds - en direk voortvloeiende uit voorafgaande - het dit ten gevolg dat, alhoewel Lever nog slegs die moontlikheid van ‘n genetiese ontstaan van die mens via die dier voorstaan en wat noodwendig die moontlike konsekwensie oproep dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie, en wat noodwendig daarmee saamhang (soos ons aangedui het), gaan sommige teoloë van genoemde teologiese koers teenswoordig so ver om óf die realiteit van die bestaan van Adam en Eva as eerste mense te betwyfel óf om dit te ontken.

Dat dit ‘n frontale ondergrawingsaanslag - vanuit Gereformeerde (? ! ) teologiese hoek - op die fundamentele grondslae van ons verlossingsgeloof is, staan o.i. buite kyf" (dit is onbetwisbaar - SLC).


Die vraag is nou: leer ons uit die geskiedenis ?

Hier volg die volledige bespreking van dr. FW Buytendach:

DIE SKEPPINGSLEER GEHANDHAAF TEEN
DIE WETENSKAPLIKE FUNDAMENTALISME VAN J. LEVER
- Enkele gesigspunte van die natuurwetenskaplike kyk van J. Lever op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis en met name op die ontstaan van die mens - deur dr. F.W. Buytendach
[i]

Sedert J. Lever sy inougurele rede[1] aan die V.U. gelewer het, maar veral ná die verskyning van sy boek: Creatie en Evolutie (1e druk 1956), het daar ‘n wedersydse vertrouensvolle gesprekskonfrontasie tussen teoloë en gelowige natuurwetenskaplikes ontstaan m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke van Génesis – met name op die punt van die ontstaanprobleem i.v.m. wêreld en mens. In Geref. teologiese kringe het dit - soos ons nog sal sien - terselfdertyd nog meer toegespitste studietoeleg meegebring m.b.t. die regte verstaan van die Skrif in die lig van die rol van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifkomposisie.

1. Lever se “creationisme”
Lever stel dit duidelik dat die bydrae van hom sy ontstaan te danke het aan die “gespannen situatie” wat daar bestaan as gevoig van die “orthodoxe .... fundamentalistische en supra-naturalistische” houding van die “laatste vijftig jaren” teenoor die sg. “schijn-zekerheden van de natuurwetenschap” oor die “ontstaansprobbeem”[2]. M.a.w. dit kom volgens hom neer op ‘n illegitieme geringskatting van die resultate van die natuurwetenskap te dien effekte. As Christen-Bioloog is hy van oordeel dat daar ‘n regmatige weg moet wees om uit dié impasse te geraak[3].

Hy verdedig uitvoerig sy opvatting insake die ontstaan van die dinge, wat hy “creationisme” noem en wat hy soos volg nader omskrywe: “Onder creationisme wordt hier verstaan iedere biologische benadering van het ontstaansvraagstuk, die ‘uitgaande van het centrale credo van de christelijke kerk, ook in de vakwetenschap de creatie van deze werkelijkheid en de daglijkse leiding van alle processen door God wil belijden[ii][4] (nota: na my mening die voorloper van wat vandag bekendstaan as ‘teïstiese evolusie’, d.w.s. dat God deur evolusieprosesse oor miljoene jare alles ‘geskep’ het – SLC) .

Hy meen hiervoor steun te vind in - wat na sy mening - die ware bedoeling van die Bybelskrywer met Gén.1 sou wees[5].

Wat sy “creationisme” m.b.t. die ontstaan van die mens beteken, sal ons straks sien.
As nie-teoloog bekyk hy Gén.1 vanuit sy natuurwetenskaplike begripsapparaat en bestempel hy diegene wat aan die dae van Gén.1 ‘n bepaalde betekenis wil heg - d.w.s. in die sin van ‘n bepaalde ,,physische tijds duur” van 24 uur of van ,,perioden van bv. honderden millionen jaren” - kortweg-vrymoedig as fundamentaliste.[6]

Hy sluit hom aan by die kader-opvatting van N.H. Ridderbos in die verband as hy sy opvatting van die betekenis van die dae soos volg stel: ,,Zij vormen een ordening in die zin dat Genesis ons allereerst verhaalt dat God alles heeft geschapen”[7].

Die volgorde van die skeppingsdae mag ook ,,niet gezien worden als een physisch na-elkander. Hun zin ligt niet in het vakwetenschaplijke vlak, maar in het religieus beslissende geloofsvlak”[8].

Die gelykstelling van die woord ,,aard” met ,,soort” en ,,aarde” met ,,aardbol” kom van die fundamentaliste, maar dit is nie die bedoeling van die Bybelskrywer nie[9].

Hierdie fundamentalistiese interpretasie van die woorde: ,,dag”,,aard”, en ,,aarde” in Gén.1, berus, volgens Lever, in belangrike mate op gebruikmaking van natuurwetenskaplike denkbeelde ,,van enkele eeuwen terug”[10].

Hierdie stand van sake bring noodwendig mee dat die - deur die natuurwetenskaplike begripsapparaat - omgevormde tekste van Genesis vir die wetenskap normatief gestel word m.b.t. die ontstaansprobleem[11].

Dit is onhoudbaar, want aangesien die natuurwetenskaplike begrippe op menslike afsprake berus[12]
- d.w.s. as ons in gedagte hou dat ,,iedere natuuronderzoeker sal erkennen dat onze inzichten voortdurend wijzigen[13]
- ,,ziet men ineens duidelijk dat met deze methode zowel de Bijbel verkeerd gelezen wordt als ook de wetenschap ongeoorloofd aan banden wordt gelegd”[14].

Uit bogenoemde vloeiende karakter van die insigte van die natuuondersoeker verval ook meteen die fundamentalistiese kontensie as sou ,,men met het natuuronderzoek de juistheid van de geloofsinhouden exact meent te kunnen bewijzen”[15].

Een van die mees kardinale foute van die fundamentalisme bestaan dus daarin ,,dat het de juistheid van het geloof als exact bewijsbaar stelt, waardoor geloof en verstand enerzijds, openbaring en wetenschap anderzijds volkomen in elkaars vlak komen te liggen. Dit heeft tot gevolg gehad een beredeneerd geloof en een onwaarachtige wetenschap, met als eerlijke consequenties geloofstwijfel en ongeloof (Darwin)”[16]

Desondanks is dit nie so dat die Bybel - met name Genesis - slegs vir die teologie wetenskaplike betekenis het maar op die natuurwetenskap geen invloed sou uitoefen nie, want dit is vir die wetenskap wel deeglik van betekenis in die sin dat die Bybel as wonder ,,ons gegevens verschaft over de werkelijkheid die geen enkele wetenchap sou kunnen ontdekken, bv. dat er een persoonlijk God bestaat en dat Dese alle dingen in het aanzijn riep. De Bijbel is dus in sekere sin een lamp die onse werkelijkheid in, naar wij geloven, het juiste licht stelt. Ook onse werkelijkheid die wij moeten ondersoeken. Maar de Bijbel is geen toverlantaarn die ons exact-natuurwetenschappelijke gegevens wil meedelen”[17].

Omdat Genesis nie spreek in ,,wetenschappelijke begripstaal, ja in het geheel niet als wetenschappelijk gekwalificeerde taal” nie, bring dit mee ,,dat de Bijbel ons veelal alleen zegt dat iets gebeurt, maar niet hoe het gebeurt. Het hoe ligt soms op het terrein van de wetenschap. De Bijbel geeft ons de hoogtepunten, de wetenschap kan soms de lijnen daartussen ontdekken. We kunnen aan de Bijbel dus nimmer exact-physische, -astronomische, en -biologische kennis ontlenen, en dus ook geen exact-geschiedkundige, daar dit eenvoudig de bedoeling van de Bijbel niet is“[18].

Omdat ,,Genesis geschreven is om ons die werkelijkheden te openbaren die voor ons van eeuwigdurende fundamenteel-religieuse betekenis zijn en die niet door wetenschappelijk ondersoek ontdekt kunnen worden” en wat ons dankbaar moet aanvaar en ,,normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijke denken” moet Iê, bied dit wel die moontlikheid van raakvlakke tussen Genesis en die natuurwetenskaplike ondersoek i.v.m. die geopenbaarde werklikhede - maar, op dit terrein is Genesis niet normatief meer voor de waarnemende natuurwetenschap, eenvoudig omdat het niet de bedoeling heeft ons gegevens te verschaffen in de vorm zoals wij dese met ons ondersoek (in principe) zélf kunnen vinden, en tevens omdat het niet bedoelt een wetenschappelijk geschrift te zijn”[19].

As ons konsekwent daaraan vasthou dat Genesis aan ons die ,,oorsprong”, ,,sin” en ,,doel” van die skepping openbaar[20], dan beteken die feit dat ,,de Bijbel op het substraat-terrein niet normatief is .... niet dat zijn mededelingen hierover niet juis zouden behoeven te zijn, maar alleen dat hij een methode en een begripsapparaat gebruikt dat niet wetenschappelijk is”[21].

Lever is van oordeel dat slegs ‘n dusdanige bejeëning ,,van de betekenis en de normativiteit van de eerste hoofdstukken van Genesis maakt het ons mogelijk het evolutievraagstuk te bezien zonder dat wij de neiging hebben de letter van Genesis en de wetenschappelijke gegevens kunstmatig naar elkander toe te buigen en zonder dat een ogenschijnlijke discordantie geloofsbetekenis heeft”[22].

Slegs as die fundamentalistiese kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis afgewys word, dan kom daar ruimte om ,,het vraagstuk van de relatie tussen creatie en evolutie aan de orde” te stel en om ,,de gegevens welke door de biologie gedurende de laatste eeuw ontdekt zijn, en welke met het begrippen- en hypothesencomplex der evolutie-gedachte geïnterpreteerd worden, serieus” te beskou[23].

2.Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie
Aleer ons sy sienswyse in ‘n lyn met bostaande paragraaf – met name m.b.t. sy sienswyse oor die ontstaan van die mens - nader kortliks aan die orde stel, wil ons eers ‘n paar opmerkings maak i.v.m. sy natuurwetenskaplike kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis.
Ons kan hom dit toestem dat die Bybel ‘n ,,niet-wetenschappelijk boek” is en derhalwe ook nie in wetenskaplike begripstaal geskrywe is nie. God het Sy Openbaring in die Skrjf deur menslike bemiddeling gefikseer in ‘n begripstaal wat alle mense van alle eeue kan verstaan. lemand wat die teendeel wil beweer - d.w.s. dat dit in wetenskaplike taal geskrywe sou wees -, kan Lever dus tereg as ‘n fundamentalis bestempel. Al sy fundamentalisme-tiperinge m.b.t. die verstaan van die betekenis en bedoeling van Genesis gaan egter nie op nie.

Hy erken dat die Bybel ‘n wonder is; dat ,,Genesis openbaart”; dat dit aan ons ,,gegevens verschaft over de werkelijkheid die geen enkele wetenschap zou kunnen ontdekken” — en dat Genesis derhalwe ,,voor ons in de wetenschap dan wel van betekenis is”; dat die geopenbaarde werklikhede dankbaar aanvaar moet word ,,en normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijk denken” gelê moet word.

Maar aan die anderkant stel hy dat die Bybel ,,ons veelal alleen zegt dat iets gebeurt, maar niet hoe het gebeurt”; dat die Bybel derhalwe ,,op het substraatterrein niet normatief is vir die waarnemende natuurwetenskap - alhoewel dit nie beteken dat die Bybelse rnededelinge ,,niet juist zouden behoeven te zijn”, want Génesis is geskrywe ,,om ons die werkelijkheden te openbaren die voor ons van eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis zijn” - want wat Genesis verhaal, lê ,,in het religieus beslissend geloofsvlak” - dit is ,,scheppings- en heilsverkondiging”.

As ons al die bostaande bewerings in sy betoog as geheel beskou, dan lyk dit vir ons na natuurwetenskaplike fundamentalisme. Volgens Lever het Génesis vir die wetenskap betekenis, want die werklikhede wat daarin geopenbaar word moet ,,normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijk denken” gelê word - máár in dieselfde asem konstateer hy dat die Bybel (d.w.s. Génesis) ,,op het substraat-terrein niet normatief is”.

Watter betekenis het Génesis - in die lig van dié stellingname - vir die natuurwetenskap en natuurwetenskaplike denke dan ,,uberhaupt”? Sy stelling dat die Bybel (Génesis) nie aan ons sê hoe God die skeppingswerklikhede in aansyn geroep het nie, is slegs gedeeltelik waar.[iii] In Génesis 1:26,27 word aan ons geopenbaar dat God die mens as afsonderlike en uitsonderlike wese geskape het en wel na Sy beeld en gelykenis — dit beklemtoon die hoe, die wyse waarop Hy die mens geskape het[24].

Omdat Lever Gén.1 as ‘n ,,ordening” of kader beskou, behels dit vir hom nie ‘n beskrywing van werklike feitelike historiese gebeurtenisse nie. Soos reeds gestel, kan ons met hom saamstem dat die Bybel ,,een niet-wetenschappelijke boek is” en dat dit derhalwe nie in wetenskaplike begripstaal geskrywe is nie - asóók dat ,,Genesis geen natuurkunde- of biologieboek is“[25].
As hy egter direk hieraan toevoeg dat Génesis ,,ook niet geschreven is om ons historie-wetenschap bij te brengen, het is ook geen geschiedkunde-boek”[26] kan ons slegs gedeeltelik met hom saamstem.

3. Die Bybel: gaan dit net oor die boodskap of die gebeure ook ?
Dit is wel waar dat Genesis nie aan ons ,,historie-wetenschap” - tereg met die klem op die ,,wetenschap”, d.w.s. geskiedskrywing in die moderne wetenskaplike sin van die woord - bied nie. Dit bied aan ons egter sonder twyfel Openbaringsgeskiedenis (historie) wat in nie-wetenskaplike taal geskrywe is, en wat - gedagtig aan die Goddelike Openbaringsherkoms daarvan deur menslike bemiddeling heen - wel volkome waar is. Dit is verder so dat Genesis nie ‘n ,,geschiedkunde-boek” - in die geval met die klem op die ,,kunde” - is nie. Dit is egter baie beslis ‘n Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarorn aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf. Die waarheid van bostaande word duidelik gemaak deur wat in Gen.2:4 staan.

W.H. Gispen verklaar: ,,Ik weet geen betere vertaling voor (tooledooth) in ons vs. ... dan ,geschiedenis’ ”[27].

Die vraag is nou: waarop slaan hierdie woord tooledooth?

Volgens J.H. Kroeze slaan dit terug op Gen.1:1 v.[28].
J.L. Helberg is - kontra Kroeze -van oordeel dat dit slaan op dit wat volg[29].
Ons insiens kry ons die juiste opvàtting as ons albei sienswyses as waar neem[30].

M.a.w. die eerste hoofstukke van Genesis is historie of geskiedenis wat aan ons ,,geopenbaarde werkelijkheden” - waarvan Lever self spreek - bied.
Waarin sit die uitsluitlike sin en bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis vir Lever - as Christen-bioloog, maar nie-teoloog?
Dit sit vir hom slegs in die ,,eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis” daarvan; dit behels vir hom slegs ,,scheppings- en heilsverkondiging”. Of soos by dit nog duideliker stel: ,,het (gaat) in Genesis slechts .... om de Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing, gegoten in een vorm die geen feitelijk-reële betekenis toekomt”[31].

Maar dan is dit mos sinloos om i.v.m. Génesis nog van ,,geopenbaarde werkelijkheden” te spreek - soos Lever óók doen! M.a.w. Genesis het, volgens hom, slegs kerugmatiese bedoeling en betekenis.
In die lig van die geheel van Lever se kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis, is dit duidelik dat ons daarin te doen het met natuurwetenskaplike fundamentalisme. J.H. Kroeze het - kontra Lever - duidelik aangetoon dat ons in Génesis te doen het met geopenbaarde ware werklikhede, d.w.s. feitelike mededelinge én die boodskap wat dit behels[32].

In aansluiting by wat in voetnoot (24) staan, wil ons nou Lever se verdiskontering van ,,de relatie tussen creatie en evolutie” m.b.t. die ontstaan van die mens kortliks releveer.

4. Lever en die onstaan van die mens
Soos ons gesien het, erken Lever dat die Skrif aan ons werklikhede openbaar wat die natuurwetenskap nie kan ontdek nie. Hy stel dit verder duidelik dat die natuurwetenskap feitlik niks van die ontstaan van die lewe weet nie[33].

Hy gaan sorgvuldig in op ,,de gegevens welke door de biologie gedurende de laatste eeuw ontdekt zijn, en welke met het begrippen en hypothesencomplex geinterpreteerd worden” m.b.t. die ontstaan van die mens[34], en kom dan tot die gevolgtrekking: ,,Door het nog ontbreken van enige aanwijzing uit de periode vóór het Pleistoceen is momenteel alles wat men over de oorsprong van de mens in de literatuur tegenkomt zuivere speculatie”[35] Hy is verder van oordeel: ,,Het ontstaan van de mens ten slotte blijkt een gecompliceerder probleem te zijn dan aanvanklijk werd gemeend. De relatie der fossiele mensachtige vormen is sterk omstreden, de criteria van het mens-zijn blijken niet in het vlak van ons fossiliseerbaarheid te liggen. Het enige waarvan wij zeker zijn, is, dat de soorten niet constant en ook in het verleden in belangrijke mate gewijzigd zijn. Enkele mechanismen die hij deze veranderingen een rol spelen, zijn ons bekend .... Hoewel onze kennis in de laatste eeuw sterk is toegenomen, blijken de problemen echter groter te zijn geworden. De evolutie der organismen van de levenloze materie tot de mens is niet bewezen”[36].

Dit behoef geen betoog dat ons Lever innig dankbaar sal bly vir hierdie deurtastende wetenskaplike bestudering en beoordeling van die bestaande biologiese gegewens i.v.m. die oorsprong van die mens. Dit is ‘n koers in die krisis tussen bioloë en teoloë in dié verband.
Desondanks ag Lever dit legitiem om ,,het vraagstuk aan de orde (te) stellen, of door ons als christenen de mogelijkheid van een genetische samenhang tussen mens en dier reeds bij voorbaat moet worden afgesneden”[37].

Alhoewel nóg die Bybel, volgens hom, nóg die wetenskap die vraag na die hoe van die ontstaan van die mens beantwoord,[38] is hy van oordeel dat - met behulp van die wetskringleer van Dooyeweerd, met name die vierde individualiteitstruktuur van die menslike liggaam, d.w.s. ,,de act-structuur van het menselijk lichaam” én vanuit sy (Lever) ,,creationisme”-standpunt, waarin wetenskaplike en Bybelse gegewens saam verdiskonteer word - die ,,mogelijkheid” nie afgesny word dat by die ontstaan van die mens ,,gebruik gemaak werd van een dier”; dat ons ,,de mogelijkheid niet bijvoorbaat (mogen) verwerpen, dat de genese van de mens geschied is via een wezen dat minstens naar zijn skeletkenmerken volgens onze normen en criteria een dier was”[39].

In ‘n lyn hiermee is hy van kontensie dat ons die ,,mogelijkheid niet bij voorbaat (mogen) verwerpen, dat er een genetische relatie heeft bestaan tussen mens en dier. De menselijke ,actstructuren’ zijn echter niet te herleiden tot de dierlijke psyche. Zij functioneren binnen in den beginne geschapen aspecten van deze werkelijkheid. Hoe deze eventuele ontwikkeling van dier naar mens is verlopen is ons onbekend. Ook weten wij niet, hoe en waar en wanneer deze ,actstructuren’ gerealiseerd zijn geworden. Dit zijn vragen die misschien op de weg van de wetenschap liggen. Wij dienen ons daarom niet van deze vraagstukken te distantiëren alsof wij de oplossing hiervan reeds hebben, maar moeten ons te midden van alle andere onderzoekers hiermee bezighouden”[40].

Ondanks al die ,,mogelijkheid”-spekulasies in sy gedagtegang oor die ontstaan van die mens via die dier, en afgesien van sy erkenning van die magteloosheid van die natuurwetenskaplike ,,resultate” te dien effekte, hou Lever hom daarvan oortuig ,,dat men onzes inziens als christen, ondanks de cardinale lacunes in ons kennen, principieel geen bezwaar behoeft te hebben tegen de generale hypothese van een genetische continuiteit van alle levende organismen, de mens niet uitgesloten”[41].

Volgens hom moet ons as Christene dus die ,,mogelijkheid” aanvaar dat die mens van die dier afstam, d.w.s. dat God die mens se liggaam bes moontlik uit die dier sou gekreëer[iv] het.
O.i. moet ons as Christene juis die skerpste beswaar aanteken teen hierdie ,,mogelijkheid”-,,hypothese” van die Christen: Lever.

Lever se standpunt impliseer die grootste denkbare bedreiging van ons Christelike geloof
Wat in voetnote (33-40) geponeer word, beklemtoon nie net die wetenskaplike basisloosheid van so ’n konsepsie nie, maar dit hou terseffdertyd die mees funeste[v] gevolge vir ons Christenskap in; dit impliseer die grootste denkbare bedreiging van ons Christelike geloof.

Immers, dit roep per consequentiam die volgende moontlikhede op, t.w.:
- dat God die mens nie direk na Sy beeld en gelykenis geskape het soos Hy dit in Gén.1 :26,27 aan ons Openbaar nie;
- dat die mens - ook wat sy liggaam betref - nie wesensverskillend van die dier is nie, ondanks die feit dat in I Kor.15:39 uitdruklik staan: ,,die vlees van die mense is anders as die vlees van vee”[42].
- dat Adam[43] (ondanks wat in Gén.5:1,2[44] en Lukas 3:38[45] staan, en Eva[46] (ondanks wat in Gén. 3:20;4:1;2 Kor.11:3;1 Tim.2:13 staan) nie die menslike aanvangsfigure, d. w.s. die eerste mense, was nie;
- dat die biologiese ,,dood”[47] vóór die sondeval in die plante- en diereryk óók m.b.t. die mens ‘n skeppingsgegewendheid was - en wat aan ons geopenbaar word insake sondeval-dood-verlossing van die mens (Gén,2:17; Gén.3; Rom.5:12 v.; I Kor.15) derhalwe nie waar is nie.

Wat die Heilige Gees as Auctor Primatius van die Skrifontstaan deur menslike bemiddeling heen dus as stellig waar Openbaar, verklaar Lever - met die huldiging van sy ,,hypothese” as waarskynlik onwaar. Hierdie waarskynlikheidstese van Lever i.v.m. die afstamming van die mens via die dier, is net so gevaarlik én verwerplik soos enige ,,werklikheidstese” te dien effekte.

S. du Toit beklemtoon tereg: ,,As die Skrif verklaar dat die mens na die Beeld van God geskape is, het geen wetenskap wat gelowig buig vir die Woord ,die reg om die mens te sien as bloot ‘n afstammeling van een van die diere of mensagtige wesens nie. Die Bybel gee lig op sake wat die wetenskap nooit kan ontdek nie”[48].

5. Natuurwetenskaplikes en filosowe se getuienis
M.b.t. die ontstaan van die mens verklaar G.T.S. Eiselen: ,,As Christelike bioloog kan ek net volstaan met die woorde in Genesis 1:27”[49].

J.J. Duyvené de Wit is van oortuiging: ,,Laat ons ... onvermoeid voortgaan met die soek na-antropoïede fossiele; laat ons nie rus voordat ons hierdie materiaal uit ‘n vergelykend-anatomiese gesigspunt gerangskik het nie. Laat ons egter nie verbaas wees as ons diskontinuiteite in plaas van kontinuiteite vind (die resente ontwikkeling van die paleontologiese antropologie wys in hierdie rigting.) En laat ons allermins verbaas wees as ons uiteindelik tot die insig gedwing word dat ons ten aansien van die afstamming van die mens voor ‘n ondeurgrondelike misterie staan, d.w.s. voor ‘n toestand wat hom aan elke poging tot natuurwetenskaplike beskrywing prinsipieel onttrek!“[50].

W.M. Oesch is van oordeel: ,,Jede Abstammung des Menschen aus dem Tierreich hebe Gen.1-3 und Röm.5 auf. Vom Christusglauben her gebe es nur die Alternative: Gott oder das Tier”[51]. ("Each descendent/origin of the human from the animal kingdom apply Gen.1-3 and Rom.5.
According to the Christian faith, it gives only one alternative: God or the animal.")

H.G. Stoker wys tereg daarop: ,,As hy. m.b.t. die oorsprong van die mens ... paleontoloë ten gunste van ‘n uitsluitlike dierlike afstamming van die mens sou besluit, en die skeppingsbeginsel sou verwerp, sal die ... wysgeer o.a. vra: vanwaar dan die radikale onderskeid tussen mens en dier? - en sal die teoloog daarop wys, dat as die mens nie na Gods beeld geskape was nie, by die eerste mens (wat hom nouliks van ‘n betrokke hoogste diertipe onderskei) moeiik van sonde sprake kan wees, en dat dan die soenverdienste van Jesus Christus aan die kruis sy sin verloor en die fondamente van die Christelike geloof verval”[52].

H.G. Stoker takseer Lever se sienswyse soos volg: ,,Hy trag om skepping en evolusie te verbind met behulp van Dooyeweerd se wetskringleer. Hy slaag o.i. nie daarin nie, omdat hy eensydig aan die kousaal-genetiese metode ‘n te groot oorwig toeken, en deur die verbinding van die wetskringleer met die evolusieleer in antinomieë verval en spekulatief word”[53].

Dit was veral H. Dooyeweerd[54] wat insnydende kritiek geoefen het op die opvatting van Lever. Hy onderstreep die spekulatiewe karakter uit die wetenskaplike basisloosheid daarvan soos volg: ,,Welke wetenschappelijke zin kan zij hebben, waar LEVER zelf nog even te voren opmerkte: ,Over het ontstaan der phyla is, zoals wij zagen, eigenlijk geen verstandig woord te zeggen’ (pag. 75). Zijn wij hier inderdaad nog op het vakwetenschappelijk terrein der biologie, of bevinden we ons geheel op het gebied ener speculatieve philosophie van het ontstaan der levende natuur?“[55].

,,Inderdaad, voor hem die ,gelijk LEVER, het mechanistisch evolutionisme verwerpt, kan de hypothese i.z. het ontstaan van de mens via een dierlijke lijn strict genomen geen eigenlijk wetenschappelijke betekenis hebben, omdat zij niets kan bij dragen tot een wetenschappelijke beantwoording van de vraag, hoe het typisch menselijke ontstaan is”[56].

Boweal konform die Godsopenbaring in die Skrif oor die ontstaan van die mens maar óók in die lig van die natuurwetenskap se wetenskaplik-basislose en magtelose poging om die ontstaan van die mens via die dier trag te bewys - soos deur die ondersoek van Lever aangetoon is -, is dit o.i. slegs eksklusief legitiem om te spreek van die Goddelike ,,Creatie” van die mens[57].

,,Creatie” en ,,Evolutie” sluit mekaar - wat die ontstaan van die mens betref - prinsipieel en prakties uit. Daarmee verval Lever se ,,generale hypothese” van die ,,mogelijkheid” van ‘n ,,genetische relatie tussen mens en dier” o.i. terselfdertyd óók.

6. Lever se standpunt bevorder die “Nuwere Gereformeerde Teologie” in Nederland
Alhoewel Lever se sienswyse - in die lig van die geheel van bostaande - m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote vormgewing sou wees van ‘n ,,Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing” waaraan ,,geen feitelijk reële betekenis toekomt”; en sy daaruit voortvloeiende wetenskaplik-basislose konsepsie van die moontlike genetiese ontstaan van die mens via die dier, o.i. hoegenaamd geen spoorsiag is tot ‘n beter verstaan daarvan nie - d.w.s. in vergelyking met die gangbare Gereformeerde opvatting van die betekenis daarvan nie -, het dit desnietemin sterk invloed uitgeoefen (en doen dit nóg) op die kontemporêre verdiskontering van die verhouding tussen die vorm en inhoud van die Skrif in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland – met name vanuit die gesigspunt van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifontstaan.

M.a.w. sy natuurwetenskaplike taksasie van die sinduiding van die eerste hoofstukke van Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote feitelose kerugma sou behels wat derhalwe ook ruimte sou laat vir ‘n evolusie-sienswyse m.b.t. die ontstaan van die mens, het o.i. kragtige invloed uitgeoefen op die huidige koers wat ons in die Gereformeerde teologie in Nederland in bogenoemde verband onmoet.
Saam met die invloed van die Nuwere Teologie (Barth en Bultmann - waarop ons reeds die aandag gevestig het) het dit enersyds ten gevolg gehad dat in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland sodanige kiem gelê word op die kerugma-inhoud van die Skrif en sodanige relief toegeken word aan die menslike bemiddeling i.v.m. die Skrifontstaan en -verstaan, dat die vertikale Goddelike ontstaansdimensie van die Skrif as ‘t ware in verdrukking gebring word en as gevolg waarvan die Skrifvorm in mindere of meerdere mate gerelativeer word - sodat ons in genoemde teologiese koers wesenlik te staan kom voor ‘n vorm/inhoud-problematiek m.b.t. die toepassing van die organiese Skrifinspirasie.

7. Die ondergrawing van ons verlossingsgeloof
Andersyds - en direk voortvloeiende uit voorafgaande - het dit ten gevolg dat, alhoewel Lever nog slegs die moontlikheid van ‘n genetiese ontstaan van die mens via die dier voorstaan en wat noodwendig die moontlike konsekwensie oproep dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie, en wat noodwendig daarmee saamhang (soos ons aangedui het), gaan sommige teoloë van genoemde teologiese koers teenswoordig so ver om óf die realiteit van die bestaan van Adam en Eva as eerste mense te betwyfel óf om dit te ontken.

Dat dit ‘n frontale ondergrawingsaanslag - vanuit Gereformeerde (? ! ) teologiese hoek - op die fundamentele grondslae van ons verlossingsgeloof is, staan o.i. buite kyf.[vi]

Voetnotas
[1] Het creationisme, 1952.
[2] Creatie en Evolutie (1958), p. 6.
[3] Idem.
[4] Idem, p. 19 - cf. pp. 166-171.
[5] Idem, p. 10 vv.
[6] Idem, pp. 10/11. - W.H. Gispen, wat vashou aan ‘n skeppingsdag van 24 uur (Schepping en Paradijs, p. 41), kwalifiseer dus as ‘n fundamentalis - volgens dié sienswyse van Lever.
[7] Idem, p. 11 - Met verwysing na N.H. Ridderbos: Beschouwingen over Genesis I (1954).
[8] Idem.
[9] Idem.
[10] Idem, p. 12.
[11] Idem.
[12] Idem.
[13] Idem, p. 13.
[14] Idem, p. 12
[15] Idem, p. 13.
[16] Idem, p. 14.
[17] Idem. – cf. pp. 15, 17.
[18] Idem, p. 15.
[19] Idem - cf. p. 11. Dit is: ,,seheppings- en heilsverkondsging” (p. 10).
[20] Idem, pp. 16/17.
[21] Idem, pp. 15/16 - ,,de Bijbel (is) een niet-wetenschappelijke boek ....!“ (p. 15).
[22] Idem, p. 16.
[23] Idem, pp. 17/18.
[24] Cf. W.H. Gispen: Op. cit., pp. 69-82; G.Ch.Aalders: De Goddelijke Openbaring in de eerste drie hoofdstukken van Genesis, pp. 298-314; N.H. Ridderbos: Op. cit., (1963), pp. 93-95; S.J. van der Walt: Die Mens Gods Beeld (In: Koers, April 1963, pp. 323-338).
[25] Creatie en Evolutie, p. 149.
[26] Idem.
[27] Op. cit., p. 109.
[28] Die tuin van Eden, p. 10.
[29] Die tuin van Eden (In: In die Skriflig, Augustus-September 1968, p. 49).
[30] Cf. W.H. Gispen: Op. cit., pp. 111-115
[31] Creatie en Evolutie, pp. 143/144. (Kurisvering van ons - F.W.B.).
[32] Strijd bij de Schepping (In: Exegetica 1962, pp. 30-34); Cf. N.H. Ridderbos: Op. cit., (1963), p. 30 (én voetnoot 9).
[33] Creatie en Evolutie, pp. 32, 41, 45.
[34] Idem, HFst. V.
[35] Idem, p. 150 - ,,Pleistoceen” = ,,de periode van de vier ijstijden” (p. 113).
[36] Idem, pp. 168/169.
[37] Idem, p. 150.
[38] Idem, pp. 165/166.
[39] Idem, pp. 162-165.
[40] Idem, p. 184.
[41] Idem, p. 169. Hiervoor beroep hy hom (p. 190/191) op A. Kuyper (Evolutie, Rectorale oratie Vrije Universiteit, 1899, pp. 46-48). O.i. geheel en al ten onregte, want Kuyper rep daarin geen woord oor die ontstaan van die mens via die dier nie. De woorde van Kuyper: ,,Had het dus God beliefd” (aangehaal deur Lever, p. 190) is allesbeslissend in de gedagtegang van Kuyper. In sy Dictaten Dogmatiek (Locus de Homine) het hy juis aangetoon dat dit God nie ,,beliefd” het om die mens via die dier te skape nie, maar direk en afsonderlik - en wel na Sy beeld en gelykenis; Cf. ook Kuyper: De Gemeente Gratie I, pp. 113/114.
[42] F.W. Grosheide: De eerste Brief aan de Kerk te Korinthe (1957), p. 418: ,,Mensen en verschillende dieren hebben hun eigen sarx (sa,rx). D.w.z. niet alleen de vorm, ook de substantie is verschillend”.
[43] K. Dronkert: Adam (In: Chr. Encyc., I (1956), pp. 71-73): ,, A(dam) neemt niet allen de eerste maar ook de geheel enige plaats in, in de wordingsgeschiedenis der mensheid” (p. 73).
[44] G.CH. Aalders: Het boek Genesis I (K.V.), pp. 177: ,,Het Hebreeuwse woord a d a m zonder lidwoord kan niet alleen de eigennaam Adam, maar ook het algemene ,mens’, als verzamelwoord voor ,de mensen’ of ,het mensdom’ zijn”.
[45] Cf. S. Greijdanus: Het Heilig Evangelie naar de beschrijving van Lucas I, pp.182/183.
[46] K. Dronkert: Eva (In: Chr. Encyc., 2 (1957), pp. 668/ 669).
[47] L.W. Kuilman: De biologische dood vóór de zondeval (In: Chr. Encyc., 2 (1957), pp. 461/462: ,,Men mag deze biologische d(ood) dus ook niet vereenzelvigen met de d(ood) die zijn intrede in de wereld deed als straf op de zonde van het eerste mensen paar” (p. 461).
[48] Bybel-Skepping-Evolusie, p. 30; Cf. sy kritiek op Lever se opvatting - Progressive Creation (In: Koers, Jan.-Febr. 1962, pp. 205/206); Cf. Idem, In: Perspektief, OktobEr 1967, p. 81 (par. 4).
[49] Die biologiese aspek van die rnensbeskouing (In: Koers, Jan.-Febr., 1960, p.178).
[50] Die Evolusionisme, p. 21.
[51] A. a. (In: Op. cit., s. 74).
[52] Op. cit., p. 188; Cf. Stoker (In: Koers, Oktober 1959, p. 145): ,,Gestel dat die mens uit die dier ontwikkel het, sou by daardie ,primitiewe’ mens van ‘n sondeva! sprake kon wees? Maar verloor die kruisdood van Jesus Christus nie sy kardinale betekenis, as daar geen sondeval was nie? Die konflik gaan hier om die grondslae van die Christendom self?” (Kontra A.A. Manten).
[53] Idem, pp. 188/189.
[54] Schepping en Evolutie (In: Philosophia Reformata, 24e Jaargang, 3e en 4e Kwartaal 1959, pp. 113-159). N.H. Ridderbos (Beschouwingen over Genesis I, p. 116 (voetnoot 8)) sê van die kritiek: ,,de bezwaren, die Dooyeweerd inbrengt tegen het standpunt van Lever, verdienen het m.i. ernstig overwogen te worden”.
[55] Idem, p. 140.
[56] Idem, p. 156; Cf. M. Vreugdenhil: Persschou (De Evolutie bewezen, In: Waarheid en Eenheid, 23 Februari 1968) vir uitsprake van ‘n aantal prominente natuurwetenskaplikes wat die evolusie-idee in di verband óók afwys.
[57] Cf. J.A.L. Taljaard: Christelijke Evolusie? (In: Perspektief, Oktober 1967, pp. 83-87); Cf. ook verál H. Bavinck: Wijsbegeerte der Openbaring - waarin hy die evolusie-teorie breed én indringend aansny en, wat die ontstaan van die mens betref, dit op ‘n grondige wyse tereg as onhoudbaar takseer.

Eindnotas
[i] Geneem en verwerk deur S. Le Cornu vanuit dr. Buytendach se doktorale dissertasie, wat gepubliseer is onder die titel: Aspekte van die Vorm/Inhoud-problematiek met betrekking tot die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere Gereformeerde Teologie in Nederland (Amsterdam: Ton Bolland, 1972), pp.95-105. Dr. FW Buytendach was in lewe predikant van die Gereformeerde Kerke Reddersburg (1949-1955) en Lichtenburg (1955-1989). Hy is oorlede op 21-12-2001. Redaksionele nota: die hoofopskrif asook subopskrifte is bygevoeg. Die voetnotas (gewone syfers) is van die oorspronklike dokument, en die eindnotas (romeinse syfers) is bygevoeg. ‘n Eie numering van die voetnotas is gevolg sodat die artikel as ‘n selfstandige artikel kan dien.
[ii] Dit is min of meer parallel met die hedendaagse ‘teïstiese standpunt’ wat meen dat God deur evolusie prosesse oor mijoene jare alles geskape het.
[iii] Lever se stelling is glad nie waar nie, o.g.v. onder andere Ps.33:6-9, 6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. 7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. 8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; 9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan. Calvyn se kommentaar by hierdie verse: “In saying that the heavens were created by the word of God, he greatly magnifies his power, because by his nod alone, without any other aid or means, and without much time or labor, he created so noble and magnificent a work. But although the Psalmist sets the word of God and the breath of his mouth in opposition both to all external means, and to every idea of painful labor on God’s part, yet we may truly and certainly infer from this passage, that the world was framed by God’s Eternal Word, his only begotten Son. ... but the breath of his mouth is used figuratively for the very utterance of speech; as if it had been said, As soon as God uttered the breath of his mouth, or proclaimed in word what he wished to be done, the heavens were instantly brought into existence, and were furnished, too, with an inconceivable number and variety of stars."
"To fear Jehovah, and to stand in awe of him, just means to do honor to, and to reverence his mighty power. It is a mark of great insensibility not to bow at God’s presence, from whom we have our being, and upon whom our condition depends. The prophet alludes to both these things, affirming that the world appeared as soon as God spake, and that it is upheld in being by his commandment; for it would not have been enough for the world to have been created in a moment, if it had not been supported in existence by the power of God. He did not employ a great array of means in creating the world, but to prove the inconceivable power of his word, he ordered that so soon as he should as it were pronounce the word, the thing should be done. The word command, therefore, confirms what I formerly said, that his speech was nothing else than a nod, or wish, and that to speak implies the same thing as to command. It is proper, however, to understand that in this nod, or command, the eternal wisdom of God displayed itself." (Calvin, J. (1998). Calvin's Commentaries: Psalms (electronic ed.). Logos Library System; Calvin's Commentaries (Ps 33:6). Albany, OR: Ages Software. Beklemtonings bygevoeg)
[iv] “geskep” het.
[v] “noodlottige”.
[vi] buite “dispuut”, d.w.s. dit is onbetwisbaar.

Monday, June 2, 2008

KERK EN VOLK prof WJ Snyman

KERK EN VOLK
prof WJ Snyman

Inleiding (deur S Le Cornu )
Hierdie is 'n lesing van wyle prof. WJ (Willie) Snyman, dosent in NT aan die Teologiese Skool, Potchefstroom (1946 - 1969). Die titel van sy lesing was 'Kerk en Volk' en is gelewer tydens 'n huldeblykgeleentheid van sy emeritaat op 14 Augustus 1968 (Vir dié wat meer te wete wil kom van prof. Snyman, sien sy boek 'Nuwe en Ou Dinge' [Potchefstroom: Pro Rege, 1977], wat 'n samestelling is van verskeie van sy artikels oor koninkryk, kerk en volk).

In hierdie lesing wys prof. Snyman die regte rigting aan oor hoe ons moet dink oor hierdie onderwerp vanuit 'n gereformeerde openbaringshistoriese perspektief op die Heilige Skrif. Soos ek sy lesing deurgelees het, het ek besef dat ons beide die volkskerk- én wêreldkerkgedagte moet afwys. Ineersgenoemde is die kollektivisme (net die groep/gemeenskap is belangrik) die gevaar teenoor die wêreldkerkgedagte se gevaar van individualisme (net die losse individu is belangrik).

Die Skrif leer dat kerk en verbond beide 'n individuele én kollektiewe (gemeenskaplike/organiese) kant of aspek het, en nie net die een of die ander nie. Dit is juis omdat die gemeenskaplikheid van die verbond baiemaal nie in ag geneem word nie, dat ons die leer van die verbond verkeerd verstaan.

Prof. Snyman se lesing gee ook baie waardevolle insigte i.v.m. die vraag aan wie die beloftes van die verbond behoort.Ongelukkig het ons die term 'volk' eksistensieël oftewel fenomenologies begin definieer, en nie vanuit die Skrif verbondsmatig nie. Fenomenologiese definisies werk met wat in die natuurlike openbaring na vore kom en gepositiveer word, wat volgens die geskiedenis bloot 'is' bv. ras, geskiedenis, taal, kultuur, ens., en nie vanuit Openbaring, dus wat 'behoort' 'n volk te wees nie.Dit eindig gewoonlik daarin dat die natuur (bloed) die genade (geloof) opvreet, in plaas daarvan dat die geloof die bloed heilig in diens van God se Koninkryk (Bavinck).

Prof Snyman betoog onder andere as volg:
"... Ons glo aan die versekerde bestaan van die indiwidu in Christus, en aan die voortbestaan van die groep, nie los van die persone nie, maar in die persoon, en in hierdie geval in die wedergebore persoon. Dit sien ons as die grondslag van die juiste verhouding ook van kerk en volk. Dis maar net indie algemeen gestel. ..."

"... Nie die Gereformeerde Kerk is die kern van die volk nie, maar die ware ge­lowiges. . . dis die kern van die volk. Dit is die volk soos hy finaal oorbly. Die ander is die kaf wat bestem is om te verdwyn. Dit is die gelowi­ges wat finaal oorbly, van elke volk, vir die nuwe aarde, en aan wie (soos Calvyn sê) hierdie aarde nou reeds behoort. Hulle sal die aarde beërwe as hul wettige eien­dom, en in hul gelowiges sal ook die volke dit beërwe. Dit is die positiewe verhouding tussen kerk en volk. Die volk, die mensheid,bly voortbestaan in sy gelowiges.
Ek is dankbaar dat die Skrifte vir ons hierdie lyn so laat sien, en dat ons met die Skrifte tussen hierdie twee uiterstes - enersyds die vereenselwiging van kerk en volk, en andersyds die skeiding van kerk en volk - die regte pad kan vind. Die Skrif gee vir ons te midde van die doolhof van gedagtes hierdie antwoord: In die gelowiges bestaan die huisgesinne voort. In die gelowiges bestaan ook die volk voort.
In die gelowiges bestaan die mensheid voort, met al sy verskeidenhede. Dis nie mense, dis nie indiwidue, wat gered word nie. Dis die mensheid wat gered word, die mensheid as 'n boom wat gegroei het deur die hele geskiedenis heen. Wat nou vir my oorbly is om die gegewens na vore te bring waarop hierdie slotsom rus."

Sien die volledige lesing hieronder, vir die begronding van prof. Snyman se siening oor kerk en volk.
_______________________________________


KERK EN VOLK
prof WJ Snyman

Nou: die onderwerp vir hierdie kollege, naamlik Kerk en Volk, 'n onderwerp wat my belangstelling gehad het van die begin af, en waarmee ek nog maar steeds be­sig is.Ek wil begin deur te sê dat die vraagstuk van volk en kerk saamhang met die groot vraagstuk van alle eeue, 'n algemene vraagstuk wat ek sou wil aandui as:die verhouding van die indiwidu tot die gemeenskap.

Ons moet dit sien teen hierdie algemene agtergrond, en as 'n vraagstuk wat in ons tyd weer besonder aktueel is.Aan die een kant is daar die neiging om die indiwidu te laat opgaan in die groep, in die gemeenskap. Laat die gemeenskap nou wees: mensheid, volk, ras, klas; daar is altyd die een gevaar dat die bestaan van die in­diwidu en van die persoon daardeur opgeneem word. Ons het die eksponent daarvan vandag natuurlik in die Kommunisme. En dit is een van die groot probleme van ons tyd, dat die indiwidu opgeneem word in die gemeenskap, dat hy altyd meer en meer 'n rat word in die masjinerie van die gemeenskapslewe.Daarteenoor het ons vandag die geweldige protes van die kant van die eksistensialisme waar weer eensydiglik die indiwiduele, die persoonlike, beklemtoon word teenoor die gemeenskap. Dit is kenmerkend van die eksistensialisme dat dit uiters indiwidualisties is.

Ons standpunt - en dit is die kern van my hele voordrag - kom hierop neer:
Ons glo aan die versekerde bestaan van die indiwidu in Christus, en aan die voortbestaan van die groep, nie los van die persone nie, maar in die persoon, en in hierdie geval in die wedergebore persoon. Dit sien ons as die grondslag van die juiste verhouding ook van kerk en volk. Dis maar net in die algemeen gestel.

Die verhouding van kerk en volk is 'n veelbesproke saak, waarmee vandag nog altyd geworstel word. Ons weet verbasend goed (ook as Gereformeerdes) wat die verhouding nie moet wees nie.Ons weet baie goed dat die verhouding nie moet wees dat kerk en volk met mekaar vereenselwig moet word nie - dit is die volkskerkgedagte, wat deur ons verwerp word. En ons weet net so goed dat jy ook die kerk nie mag losmaak van die volk nie.Ons weet presies hoe dit nie moet wees nie: geen volkskerk nie; en ook geen kerk wat los staan van die volkslewe nie. Maar nou is die groot probleem hoe dit dan (positief) wel moet wees, naamlik die verhouding van volk en kerk.Ek wil sommer hier by die begin verwys na die proefskrif van prof. S.C.W. Duvenage wat handel oor die probleem van kerk en volk, en ek wil dadelik my groot waardering uitspreek vir die ontleding wat hy daar van die saak gegee het; veral dat hy in die proef­skrif aangetoon het dat as jy die woord "volkskerk" ge­bruik, jy baie noukeurig aandag daaraan moet gee wat jy noupresies met volkskerk bedoel.Daar is soveel verskillende opvattings in verband met die volkskerk.

En ek het besonder hoë waardering daarvoor dat prof. Duvenage in genoemde werk 'n ontleding gegee het van die verskillende opvattinge omtrent die volkskerk.Hy het die volkskerkgedagte in Nederland behandel, en by al die opvattinge het hy dit saamgetrek in hierdie twee groot gedagtes van die volkskerk: waar jy die teokratiese aksent kry, en die volkskerk waar jy weer die missionêre aksent kry.Ek wil hier nou sommer aansluit by die volkskerk­gedagte met 'n teokratiese aksent, en hoedat die verhou­ding van kerk en volk vroeër gesien is in Nederland, veral die opvatting van Wormse:

"Die Nederlandse volk is deur God gelei om met Hom in 'n verbond van ge­nade te staan. Die Nederlandse volk is in sy geheel gedoop. Die Nederlandse volk is aan God toegewy deur die doop.Hy sien dan in die doop die skakel tussen die kerk en die volk. Die Nederlandse volk is nie maar 'n na­tuurlike grootheid van 'n stamverbondenheid nie, maar die volk word ook gekwalifiseer deur die verbond van die genade."

As ons hierdie gedagte van Wormse, hierdie gedag­te oor die volkskerk, so lees, dan wil ek net (ek meen op goeie grond) konstateer dat hierdie volkskerkgedag­te, die teokratiese volkskerkgedagte, diep ingeweef is in die geskiedenis van ons Afrikaanse volk; dat in die opsig prakties volk en kerk vir ons saamval in ons ge­skiedenis, waar volk en kerk een geboortedatum het hier in Suid-Afrika; en dat presies van ons volk geld wat Wormse destyds gesê het van die Nederlandse volk, en dat ons dan in die opsig ook 'n besondere volk is. Ons geskiedenis sê vir ons: daar is 'n groot vereensel­wiging tussen volk en kerk.Daarom is dit vir ons so 'n geweldige aktuele en belangrike probleem.

Ek sou daar baie meer van wou sê of kan sê, maar ek laat dit net by hierdie konstatering, en ek dink ek konstateer dit op goeie en stewige grond.Ek stem volkome saam met die kritiek van prof. Duvenage op die idee van die volkskerk. Met die volkskerkgedagte word die verhouding Kerk-Israel van die ou bedeling geprojekteer op die kerk van die nuwe Verbond – onoordeelkundig oorgebring (Ek kan hier net weer herinner aan baie preke ty­dens ons groot volksfeeste).Ek kan ons probleem in sy grootheid nou nog na­der omlyn: Dit gaan hier om die verhouding van Ou en Nuwe Testament.En dit gaan in hierdie probleem volks­kerk om (enersyds) 'n oorbeklemtoning van die Ou Testament ten koste van die Nuwe Testament - om niks minder nie.

En by die gedagte van die losmaking van die kerk van die volk het ons te doen met 'n oorbeklemtoning van die Nuwe Testament (die indiwiduele gelowige) ten koste van die Ou Testament.In hierdie opsig moet ons as Gereformeerdes lei­ding gee in ons volkslewe.Die regte pad is dat ons die Ou Testament en die Nuwe Testament nie teen me­kaar uitspeel nie, maar dat ons die hele Skrif ook in hierdie opsig tot sy reg laat kom, dit wil sê dat ons in die Nuwe Testament die verklaring van die Ou Testa­ment moet kry, en in die Ou Testament die verklaring van die Nuwe Testament (opmerking: vandag word hierdie hermeneutiese sleutel nie meer deur alle teoloë aanvaar nie, soos gesien word in die debat oor die Messiaanse profesieë en heenwysings - SLC).

Die onoordeelkundige verbinding van volk en kerk is Ou Testamenties. Prof.Duvenage het dit tereg gesê, in verband met al die voorstanders van die volkskerk in Nederland. En prof. Floor sê dit in sy proefskrif wat hy besig is om uit te werk, naamlik dat by Van Ruler, een van die pleitbesorgers van die volkskerkgedagte, daar 'n devaluasie is van die Nuwe Testament.As ons oor hierdie sake praat, gaan dit dus oor 'n waardering van Ou en Nuwe Testament. Dit is die ge­wig van ons probleem.Nog net dit in verband met die proefskrif van prof. Duvenage: Hy het die suiwere weg aangedui. Ook is ek bly dat ek met die standpunt wat ek bepleit, in die geselskap is van 'n man soos Groen van Prinsterer. Dit was vir my 'n verrassing om die volgende woorde van Groen van Prinsterer te lees:

"De Gereformeerden alhier (= Nederland), niet door aantal machtig, maar door onbedwingbaarheid van een moed en een volhar­ding uit geloofsvertrouwen enplichtsbesef, de kern der natie."

Die suiwer beginsel
Hiermee word die suiwere beginsel gestel. Ter­loops: ek sou dit nie wil waag om met Groen van Prinsterer te sê dat ons, die Gereformeerde Kerk, die kern van die (ons) volk is nie. Ek sou wil sê hy is baie naby die kern. Ek sal dit so stel: Nie die Gereformeerde Kerk is die kern van die volk nie, maar die ware ge­lowiges. . . dis die kern van die volk.Dit is die volk soos hy finaal oorbly. Die ander is die kaf wat bestem is om te verdwyn. Dit is die gelowi­ges wat finaal oorbly, van elke volk, vir die nuwe aarde, en aan wie (soos Calvyn sê) hierdie aarde nou reeds behoort. Hulle sal die aarde beërwe as hul wettige eien­dom, en in hul gelowiges sal ook die volke dit beërwe.Dit is die positiewe verhouding tussen kerk en volk. Die volk, die mensheid, bly voortbestaan in sy gelowiges.

Ek is dankbaar dat die Skrifte vir ons hierdie lyn so laat sien, en dat ons met die Skrifte tussen hierdie twee uiterstes - enersyds die vereenselwiging van kerk en volk, en andersyds die skeiding van kerk en volk - die regte pad kan vind.Die Skrif gee vir ons te midde van die doolhof van gedagtes hierdie antwoord:In die gelowiges bestaan die huisgesinne voort. In die gelowiges bestaan ook die volk voort. In die gelowiges bestaan die mensheid voort, met al sy verskeidenhede. Dis nie mense, dis nie indiwidue, wat gered word nie. Dis die mensheid wat gered word, die mensheid as 'n boom wat gegroei het deur die hele geskiedenis heen.Wat nou vir my oorbly is om die gegewens na vore te bring waarop hierdie slotsom rus.

Nuwe Testament
Die gegewens is sodanig, dat ons nie hoef te soek nie. 'n Mens sou kon dink dat jy sal moet soek om die gedagte van volk ook in die Nuwe Testament te kry. Daar was 'n tyd waarin 'n mens self ook gedink het: in die Nuwe Tes­tament verdwyn die volk, want in die Ou Testament kry jy baie te doen met die volk, maar in die Nuwe Tes­tament kry jy te doen met die kerk. Daarverdwyn die volk en die nasies nou eintlik van die toneel.Totdat 'n mens dan nou sien: die Nuwe Testament is vol van "nasies". Dit is net vertaal met die woord "heidene". Natuurlik, die nasies was almal heidene, maar omdat hulle heidene was, het hulle nie opgehou om nasies te wees nie. Hulle het ethnee (nasies) gebly, al was hulle heidens.

'n Herinnering daaraan dat buite die besondere openbaring die verskeidenheid op­gelos word, en dat ethnee (nasies) naderhand heidene word, en hulle almal net heidene is; en dat dit eintlik die Christendom is wat weer die nasies red uit die hei­dendom, en hulle nasies laat bly, ook wanneer hulle verlos is uit die heidendom.En as 'n mens dit in gedagte hou, dan sien jy dat ook die Nuwe Testament vol is van "nasies", van Mat­teus tot in die laaste hoofstuk van Openbaring. Die Nuwe Testament spreek dus nie net oor die kerk nie, maar nasies neem daar 'n baie belangrike plek in.Nou moet ek maar verder so ver moontlik elimi­neer en net op sekere punte konsentreer.

Johannes die Doper
Ek begin by die begin van die Nuwe Testament, naamlik by die groot gestalte van die oorgang van die Ou na die Nuwe Testament, Johannes die Doper. Hy lyk vir ons onbelynd; want die son was besig om op te kom, en dan word die morester onbelynd. Ek moet minder word, Hy moet meer word. Maar dit neem nie weg nie dat daardie gestalte sy belyning gehad het voordat die son opgekom het. En daardie belyning het ons in die Nuwe Testament, daardie kort (maarbelynde) beskry­wing.En die hedendaagse verwarring tussen volk en kerk is veral daaraan te wyte dat die figuur van Johan­nes die Doper nie raakgesien is nie, die skakel tussen Ou Testament en Nuwe Testament. Een van die belangrike sake in verband met Johannes die Doper is dat hy vir ons die verband lê tussen volk en kerk. Hy gee die sleutel.

As ons Johannes die Doper se optrede sien soos dit vir ons geteken word, dan los hy vir ons die hele probleem op. Dus, ons hoef nie by die konklusie of standpunt wat ek gestel het, te kom as ons met die Nu­we Testament klaar is nie - nee, die openbaring is mos soos 'n pit wat groei, alles is daarin opgeslote; dis maar net 'n ontsluiting van wat alles aanwesig is in die aan­vang.En hier in die aanvang kan 'n mens tog die lyne, wat vir jou baie verwarrend lyk, alles bymekaar sien.In die eerste plek - en dit is in ons tyd veral weer geaksentueer met die ontdekking van die Dooie See­rolle, - die feit dat Johannes die Doper opgetree het in die midde van die volk. Hy het die volk nie prysgegee nie.

Hy preek: "Bekeer julle".Wie is "julle?"Is dit al die mense?Nee, hy praat met bepaalde mense. Hy praat met die volk. Dit lyk onbelynd, maar in werklikheid is dit belynd. Hy spreek die hele volk toe. En die hele volk (staan daar) het na hom toe gekom. Hy het gespreek in die midde van die volk, hy het gestaan in die midde van die volk: daar in die woestyn van Judea, daar by die grootpad deur die Jordaan - dit was sy doopplek. Nie daar eenkant in die woestyn, daar by die Dooie See nie. Hy het niks te doen gehadmet 'n sekte nie.Prediking en doop ... dis die kerk, kenmerke van die ware kerk.

Met die Woord en Sakramente trek Johannes die Doper 'n lyn binne in die volk – egter nie maar net 'n kring binne die volk nie, met 'n kerkie binne in 'n groter kerk nie (waar die volk die groot kerk is en die eintlike kerk dan die kern is, soos ons dit dikwels voorgestel kry by die mense van die volkskerk­gedagte wat die volkskerk sien, nie as 'n gegewe nie, maar as 'n taak).Nee, die kring wat hy trek, is die kom van die volk, die oorblyfsel van die volk - dit wat van die volk sal oorbly, en wat sal bly voortbestaan. Lees Matt.3:10,12. Dit is die bome wat nie vrugte dra nie, wat uitgekap word.

Waar uitgekap word?
Uit die volk!En hy bring ons by die dorsvloer. Die oorblyfsel van Israel, die gelowiges - hulle is nog vlees en bloed, al is hulle gelowiges - is die koring van Israel. Die ander is die kaf wat wegwaai. As jy nie glo nie, en as jy nie ingelyf word in Christus nie, dan kry jy indivi­dualisme, dan lyk die mensheid soos stoppels, soos kaf. En daarin moet ons ook iets van die rampsaligheid sien!
Die gemeenskap word gered in die kerk, nie in individue nie. Die toestand van rampsaligheid, van verb­renheid, is juis dat die heerlike bande van familie, en ook die heerlike bande van volk, ontbreek. Ek sal sê dat die verlorene 'n geisoleerde kaf, 'n stoppel, is. Dit moet iets wees van die rampsaligheid. 'n Mens dink aan die toestand wat juis ook al tot 'n sekere mate intree in die tyd waarin ons lewe, waar gepraat word van die alienasie, die vervreemding, die geisoleerd­held van die individu ... die eensame mens van die twintigste eeu.

En nou nog iets oor Matt.3:9, daardie bekende woord van Johannes die Doper, toe die Fariseërs en Skrifgeleerdes na hom gekom het:
"En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as Vader nie; want Ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek".

In plaas van nou 'n breedvoerige eksegese te gee, gee ek net die konklusie van prof. H.N. Ridderbos - wat tog nie verdink sal kan word van enige nasionale bevooroordeeldheid nie. Hy sê:

"Met deze woorden wordt de lichamelijke af­stamming niet tot een onverschillige zaak ver­klaard, noch ontkend dat de belofte aan Abra­ham niet in de eerste instantie diens lichamel­ijke nakomelingen geld."

Dus: die verbond hou sy krag ook vir die liggaamlike afstammelinge van Abraham. Afstamming is nie ge­noeg nie, maar vir die wat ook Abraham se geloof besit, bly die verbond sy krag behou. Dus, jy kan die gelowiges nie losmaak van die natuurlike afstam­ming nie.Prof. Grosheide (my vroeëre leermeester) sê ook dat daar geen grond is nie vir die verklaring wat daarop neerkom dat Johannes die Doper sou gesê het dat Is­rael opsy geskuif sal word as volk en dat daardie "klip­pe" nou die heidene is wat hulle plek sal inneem.

Paulus leer dieselfde waarheid as Johannes die Doper in hierdie verband - Romeine 9:6: "Want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie."

Vir ons beteken dit: Nie almal is Afrikaners wat uit die Afrikaners is nie. Die gelowiges, dit is die kern. Daarin trek jou volksgemeenskap, jou volksverband, saam. Daarin word jou volk behou. Nie almal is Israel wat uit Israel is nie.

Jesus Christus
Nou die optrede van Christus. Hier trek ons net 'n paar groot lyne, en gaan nie op besonderhede in nie. Die Here Jesus het Sy optrede beperk, tot die einde toe, net tot Israel. Die uitsonderinge (vergelyk die met die Siro-Feniciese) het die reël bevestig. Ook aan sy apostels het Hy die uitdruklike bevel gegee: Bepaal julle tot Israel. Dit was by die eerste uitsending, tydens sy omwandeling nog.Ek herinner aan hierdie feit, 'n openbaringshisto­riese feit, dat die Here Jesus nooit Israel, sy volk, verwerp het nie. Die volk het Hom verwerp. Hulle het hulle Koning verwerp, en met die verwerping van Christus het hulle aan hulleself die reg ontsê om Is­raeliete te wees. Met ander woorde, hulle het hulle afgesonder van die volk Israel, deur hulle Koning te verwerp, deurdie Romeinse Keiser te kies.

Dit was die laaste groot beslissing gewees, totdat die nasionalis­tiese Fariseërs aan Pilatus gesê het: As jy Hom loslaat, dan is jy nie die vriend van die Keiser nie. Hulle moes op die end kies vir die Keiser, teen hulle volk, omdat hulle teen Christus gekies het.Christus het Israel nooit verwerp nie. As Paulus in Rom.11:1 vra: "Het God miskien sy volk verstoot?" dan antwoord hy kortweg: "Nee, stellig nie!"Die historiese feit is dat die volk God en sy Ge­salfde verwerp het. Johannes sê in sy Evangelie (1:11): "Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie."

Sy eie. Maar dan laat hy volg: "Maar die wat Hom aangeneem het. . ." Ewewydig met die verwerping deur sy volk loop daar ook die geskiedenis van aanneming; die wonder van die aanneming wat ook nou weer so onder ons aandag gekom het met die oorplanting van organe.Daar moes 'n wonder gebeur om die oë te open, sodat Christus aangeneem word en nie verwerp word nie deur die liggaam van die volk, en om daardeur as volk gered te word. Die verskriklike wat ons nou weer geleer het by hierdie geskiedenis van oorplantings is dat 'n liggaam 'n noodsaaklike orgaan kan verwerp, 'n hart kan verwerp, wat hom eintllk sy lewe sou gee.En dit is wat gebeur het in die Evangelies.In die geskiedenis is dit dan die ware Israel, uit Israel, waarop die ekklesia gebou is, die twaalf. Dit is die ware Israel, deur Christus.

Die volk is gebou op Christus, die verworpe steen. Uit Israel het die eerste lae gekom, deur die apostels, tot by Stefanus. Dan het ons die finaleverwerping. Maar dan het ons ook die vergadering van die eerstelinge, die oorblyfsel van Israel. En selfs Paulus gaan ook nog altyd eers weer (in sy sendingwerk) na die Jode toe, na die sinagoge toe, om hulle toe te bring.

Jerusalem
En dan nog 'n enkele feit: hoedat aan Jerusalem vasgehou is. Die Here Jesus het altyd verder en verder be­weeg van Jerusalem, soos die volk Hom verwerp het. Die lyn van die openbaringsgeskiedenis loop weg van Jerusalem, tot op 'n sekere punt. Maar dan gaan dit weer na Jerusalem toe. Jerusalem bly die middelpunt. Jesus het sy rug nie gedraai vir Jerusalem nie. Die pad is nie weg van Jerusalem af nie. Dis terug na Jerusalem.Ek moet hier wys op die woordjie kai (en) wat daar in Matt.16:21 staan: Dat hy na Jerusalem moet gaan, nie om te gaan sterf nie - dit was nie die deel van sy Jerusalemse reis dat hulle Hom moet kruisig nie; daar staan nie "om te" nie, daar staan "en" (konsekutief) - Die Here Jesus het geweet wat die gevolge van sy gaan na Jeru­salem sou wees. Maar hy het nie gegaan om wat die ge­volg sou wees, sy doel te maak nie. Dit was die gevolg. Maar Hy moes gaan. En waarom moes Hy gaan? Hy het na Jerusalem gegaan om daardie volk nog vir laas - die hele volk met sy leiers, op daardie paasfees – nog tot die uiterste toe, tot bekering te roep. Ons lees dat Jesus geween het oor Jerusalem, en oor sy volk.

Na die opstanding moet die dissipels ook weer na Jerusalem toe, te midde van al die gevare; na Jerusa­lem, na die sentrum van die volk. Jesus stuur hulle te­rug na Jerusalem om daar te wag vir die koms van die Koninkryk en die uitstorting van die Heilige Gees. Die dissipels se opdrag was ook nie maar net om (verstrooi­de) indiwidue bymekaar te maak nie, maar hulle moes na hulle volk gaan. Dit het gegaan om die volk.

Handelinge
Waarom het dit gegaan by die eerste vervolginge soos beskryf in Handelinge?
Dit het gegaan om hierdie kardinale vraag: Wie is die volk? Wie is die voortset­ting van die volk? Dit was die stryd. Dit was die diepte van die vyandskap. Dit was die offisiële leiers teen die kerk. En die vraag was: Wie is die ware Israel? En dit het gelei tot die finale verwerping van die offisiële Israel, maar intussen is die ware Israel vergader. Ook wat Israel betref, is die kerk die voortsetting van die volk van Israel in hulle gelowiges.En dit bring my by die tweede opmerking in ver­band met die opstandingsbevel: “Gaan heen, maak dis­sipels van die nasies.”

Dit kom hierop neer: Wat met Israel gebeur het, moet nou ook in elke nasie gebeur. Die kruis moet geplant word in elke nasie, want die verbond met Abraham geld nie alleen hom en sy nageslagte nie (Gen.17:7); dit geld ook nie net Abra­ham en alle geslagte nie (Gen.12:3); nee, dit geld alle nasies (Gen. 22:18). En daarom moet elke nasie voor die feit van Christus gestel word deur die Evan­gelieverkondiging, en moet uit elke nasie die wat aan God behoort,vergader word, en so uit elke nasie sy gelowiges toegebring word. Die geskiedenis van Is­rael is ook 'n voorbeeld vir elke nasie: Christus, ge­stel tot 'n val en opstanding, nie net vir Israel nie, maar vir elke nasie.E. Stauffer sê: elke volk neem op eie wyse aan­stoot teen die kruis.Elke volk het sy eie voorbehoude teen die woord van die kruis (ons Afrikaanse volk ook), en elke volk moet op sy eie wyse deur die krisis gaan. Die Jode het hulle aanstoot geneem: hulle wou krag sien. Die Grieke het hulle aanstoot geneem: hulle wou wysheid sien. En so het elke nasie dit wat hom voorbehoude gee, en elke volk het sy spesifieke "nee" vir Christus (opmerking: en wat is die Afrikanervolk se 'nee'vir Christus? - SLC).

En elke volk kruisig Jesus op eie wyse, en dit is wan­neer daar gekies moet word tussen selfverheerliking en die kruis van Christus.So het elke volk ook sy "ja" vir Christus in sy gelowiges. En so kom elke volk tot 'n val, en kom elke volk tot 'n opstanding in sy gelowiges in Christus Jesus. In verband met Handelinge wil ek nou nog net wys op die bekende doopbevel (2:39):"Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep". Ons het hier te doen met die eerste bekeerdes.

En die eerste bekeerdes is uit die volk Israel. En nou moet ons onthou dat dit nie maar 'n algemene uitspraak is nie, maar 'n uitspraak aan 'n bepaalde adres, en dit is naamlik daardie deel van die volk Israel wat tot die geloof gekom het. Aan hulle sê Petrus nou, aan hulle (die gelowiges) in wie Israel hom voortsit: "Want aan julle kom die belofte toe en julle kinders." Dus, die belofte aan Israel word nou gekonsentreer op hierdie oorblyfsel. En as ons eenmaal ingesien het dat dit met alle nasies so gaan soos dit met Israel gaan, dan is die belofte aan Abraham (dat in sy saad alle nasies geseën sal word) net so van toepassing op die gelowiges uit elke volk.

(opmerking: As God sy belofte van verlossing en die ewige lewe maak in Christus, dan openbaar en bedien Hy dit aan die volk in sy geheel, maar – dit geld net vir en behoort net aan- die gelowiges in die volk, want hulle, die gelowiges, en hulle alleen is waarlik Israel: "6 MAAR ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israelis nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag." - Romeine 9. Prof. Snyman, wat die kommentaar op die boek Romeine in die driedelige 'Bybel met verklarende aantekeninge' gedoen het, se verklarende aantekeninge by hierdie verse is as volg: "nie almal ... Israel nie: wat die seën ontvang het, Gen.32:24 v., is nie almal die ware Israel nie. uit Israel is: wat na die vlees van Jakob afstam. Die volk bestaan alleen voort in die gelowige deel, Matt.3:10. Vir hulle alleen is die belofte bedoel. [7] kinders nie: kinders van God, vgl. v.4,8. Kindskap en 'nageslag' val nie saam nie, 4:12, vgl. Matt.3:9 In Isak.... genoem word: God het dit self gesê, Gen. 21:12. [8] kinders van die belofte: gebore uit die belofte, Gal.4:23, d.i. op bonatuurlike wyse, hoewel in aansluiting aan die natuurlike, 4:1,3, soos ook die geval is met diegelowiges, Joh. 1: 13. Op hulle is die beloftes van toepassing, Gal.4: 28. ... kon bly staan: teenoor ,,verval", v. 6. So het God self gesorg vir die onwankelbaar­heid van Sy verbond en woorde, vgl. 4:16." (deel III: NT, p.425)
Dus, alhoewel die verbond kollektief aan almal bedien word, is die belofte van die verbond slegs vir die gelowiges, 'die kinders van die belofte'." Ten einde is die gelowiges die nageslag van Abraham, die ware Israel, en nie elkeen wat kop vir kop besny (OT) of gedoop (NT) is nie. So geld dit ook vir al die volke waar die kerk van Jesus Christus geplant word. - SLC]

Vervolgens Hand.3:23. Hier sluit Petrus in sy prediking direk aan by wat ons geleer het in verband met Johannes die Doper."En elke siel wat nie na die Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word."Wie is die volk?Die volk is die volk Israel.Dis nie 'n geestelike volk sonder meer nie. Hy sal uit die volk uitgeroei word. Dis net soos Johannes die Doper gespreek het: Die kring word nou getrek binne die volk, en die ware volk word voortgesit in die gelowiges uit Israel.Hand.15:14: "Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir ­sy volk aan te neem."" 'n Volk", (laos) dit is die naam wat Israel gedra het. God het vir Hom 'n volk (laos) uit die heidene (nasies) vir sy Naam aangeneem. Hier word nou dikwels aansluiting gevind vir die gedagte dat die volk van God net uit die geestelike volk bestaan, en dat die geestelike volk losgemaak word van die nasies uit wie hulle uitgeneem word.

Ons moet net 'n paar verse verder lees, ook 'n aanhallng deur Simeon uit die profete:"Sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen" (Hand.15:17).Met ander woorde, in elke volk gebeur wat in Israel gebeur: die uitverkorenes word vergader, en hulle ver­teenwoordig die nasies uit wie hulle uitgeneem is.RomeineNou nog 'n paar opmerkings in verband met Romeine.

Romeine
Ons kan die kwessie van volk en kerk nie bespreek as ons nie ook stilstaan by Rom. 9 - 11 nie. Dit is hoofstukke wat 'n hele referaat op sigself sou vereis, maar ek konsentreer op Rom.11:1; die vers trek die hele Romeine 9 tot 11 saam:"Het God miskien sy volk (die volk Israel -W.J.S.) verstoot? Nee, stellig nie!"Waarom nie?"Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin."Kyk nou watter geweldige aanspraak die apostel Pau­lus in sy persoon doen.

Het God sy volk verstoot? Hoe­genaamd nie, "Want ek is 'n Israeliet". As die apostel Paulus dit sê, dan kom dit op die volgende neer: In my bestaan die volk Israel voort. Hy, 'n gelowige uit Israel, (uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin) is die bewys dat God sy volk nie ver­stoot het nie. In die gelowige word die volk voortgesit.En dan herinner Paulus ook aan die oorblyfsel, die sewe duisend, in die dae van Elia, wat hulle knieë vir die Baäl nie gebuig het nie (11:4). Natuurlik het Paulus geweet hy is nie alleen nie. Hy het geweet daar is nog duisende wat op hierdie tydstip uit Israel ook tot die geloof gekom het, en in wie die volk Israel hom voortsit.Dan wil ek nog graag wys op Rom.15. Daar het ons te doen met die hele kwessie in die gemeente van Rome - gelowiges uit die Jode en gelowiges uit die nasies (heidene). Paulus pleit dat hulle mekaar moet aan­neem, omdat God hulle aangeneem het uit die Jode, uit die heidene.

Hy pleit ook dat die gelowiges uit die Jode tog die gawes, wat hy versamel het uit die hei­dene,mag aanneem.Dus: mekaar se gawes aanneem, mekaar aanneem. En dan kom Rom.15:9-12. Daar wys Paulus op Christus wat gekom het vir Israel, en vir die nasies (die ethnê) ter vervulling van die Skrifte. En dan sê hy eers: die etnê (nasies) sal U loof en psalmsing. En dan sê hy: Die etnê (nasies) sal U loof saam met die laos (volk) van God, (die naam vir Israel). En dan sê hy: Prys die Here,alle nasies (panta ta etnê) -en, parallel daarmee: Prys die Here, alle volke. Met ander woorde laos, wat die naam was vir Israel, word nou ook van toepassing op die heidene, en wel in hulle gelowiges wat nou ook saam, uit alle nasies, die een groot laos (volk) van God vorm.

Dit is ook weer 'n be­wys dat ons in verband met Hand.15 ons dit nie vir ons so moet voorstel asof God vir Hom nou een volk ver­samel as 'n geestelike gemeenskap, los van die natuur­like gemeenskap nie.GalasiërsUit die briewe van Paulus wys ek tog op die brief aan die Galasiërs, en daaruit slegs op die merkwaardige uitspraak:,,En mag daar vrede en barmhartigheid wees our almal wat sal wandel volgens hierdie reel, en oor die Israel van God". (Gal.6:16).Wat die eksegese betref, verwys ek u net na Ridderbos se Engelse kommentaar our Galasiërs, om te sien in watter moeilikheid 'n eksegeet kom as hy daardie gedagte hier wil vind dat die Israel van God sonder meer van toepassing is op die geestelike Israel. Die "en" wat Paulus in die vers gebruik, is belangrik. Hy wis dus nie die verskil uit tussen die gelowiges uit die nasies nie. Die "Israel van God", die volk van God, wis die verskille nie uit nie.EfesiërsTen slotte wil ek tog kom by Efesiërs 3, en daar­vandaan wil ek sommer maar die lyn deurtrek na Openbaring.Efesiërs is daar vol van. Hier gaan dit oor die universaliteit van die kerk.Maar ek wil U wys op Ef. 3 wat eindig met daardie gebed van Paulus.Eers Ef.3:3-6: Hier spreek die apostel Paulus van die groot verborgenheid. Wat is die groot verbor­genheid? Dat die nasies (heidene) mede-erfgename, mede-lede en mededeelgenote is van die belofte in Christus, van die verbond. (Dit slaan natuurlik terug op die belofte aan Abraham). Dit is iets nuuts in die geskiedenis. Dit is iets wat tog nooit bekend was aan die mense nie. Wel die daád. Maar hoe om al hierdie nasies weer bymekaar te kry, en saam tebring - dit was 'n verborgenheid wat niemand kon uitvind nie, wat niemand kon uitdink nie, wat God uitgedink het.Wat is die verborgenheid?

Efese is die lied aan die kerk. En nou toon Paulus die kerk die groot verborgen­heid. Die kerk is nie 'n godsdiens-historiese ontwikke­ling nie. Die kerk is nie 'n menslike ontwikkeling nie. Die kerk is 'n Godsgeheimenis, iets wat in sy raad be­kend was, wat Hy alleen geweet het, en wat Hy aan Paulbus geopenbaar het op 'n heel besondere wyse. En wat is die verborgenheid soos dit geopenbaar is? Dat God 'n weg het tot vereniging van Jode en heidene, van na­sies. Dat God die nasies, die volke, verenig deur sy eniggebore Seun, langs die weg van die kruis.Ek vra weer: Wie is die etnê? Grosheide sê dis die heiden-christene (maar dit is nie so nie). Die verborgenheid is seker, nie dat die christene uit die heidene (nasies) deelgenote is nie, maar dat in die christene uit die nasies die nasies deelgenote word aan die belofte in Christus.Dit bring ons dan by Ef.3:9-11. Die kerk is die verborgenheid. Dit is die Godsgeheimenis wat in Sy raadsplan verborge was, wat niemand kon uitvind nie. En hierdie geheimenis is 'n skeppingsgeheim (Paulus praat hier van God die Skepper).

Dit is die groot ge­heimenis van die geskiedenis, wat nou nie meer 'n ver­borgenheid is nie. Dit is die eenheid van die mensheid in Christus, in die gelowiges, teenoor die verbrokkeling van die mensheid. Die oplossing (van die geskiedenis) van die toekoms van die mensheid is nie volksverdeling nie. Babel is nie die laaste woord nie. Die laaste woord van die geskiedenisis die vereniging van volke in die huishouding van die genade.Hier is ongelukkig 'n vertaling wat baie verwarrend is. As Paulus in Ef.3:9 sê: "En vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgen­heid..." dan moet dit eintlik wees: "die ekonomie" van die verborgenheid, "die inrigting" van die ver­borgenheid. Met ander woorde, hoe is dit saamgestel?Hoe is dit ingerig?Die antwoord is dat in hulle gelowi­ges al die nasies weer een word in Christus.En dan sê hy dat in die kerk die veelkleurige ryk­dom van God geopenbaar is. Dit is pluriformiteit. Al daardie ander opvattings van pluriformiteit is mislei­dend. Daar is net een pluriformiteit, en dit is dat God aangeroep word uit die verskillende volkere en nasies in Christus Jesus.

Met ander woorde, dat almal in Christus weer verenig is en dat jy die verskeidenbeid van nasies het in Christus, en dit is die veelkleurige rykdom van Christus wat in sy kerk geopenbaar is.En dan die gebed in Ef.3:14 v.v.: "Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus van wie elke geslag in die hemele en op die aarde Sy naam ontvang.""Voor die Vader" (pater) "van wie elke patria ." "Elke geslag." Hier verskil ek met groot leedwese van die eksegese van Calvyn, want Calvyn is ook nie onfeilbaar nie. Ons het vandag 'n teks voor ons wat Calvyn nie gehad het nie. Calvyn laat die patria sien op die geestelike familie in Christus, en dan sê hy (op grond van hierdie teks): Daar is maar net een verwantskap wat tel in die hemel en op die aarde, en dis die geestelike. Ons lesing wat ons vandag het (en dis die beste lesing) lui: "Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader (met weglating van "onse Here Jesus Chris­tus") van wie elke patria genoem word.." Dit kom hierop neer dat ons die samestelling van die mensheid - ons kan dit nie in Afrikaans uitdruk nie - as "paternal" sien, vaderlik, met natuurlike afkoms.

Hier leer die Bybel vir ons weer die verwantskap van alle mense soos in Hand.17:26; en dat God die prototipe is van die hele vaderlike samestelling van die mens­heid; en dat alle mense so saamgebind is in afkoms in vader en kind. In Grieks word dit hier patria ge­noem omdat God pater heet. Met ander woorde, ons het 'n refleks van die Vaderskap van God in die ganse skepping. Ons het almal een vader, en dit is Adam. Die menslike geslag is een groot familie. Wat word gered? Nie los mense nie, maar die menslike familie, die menslike patria. Ons het hier dus 'n verbinding van skepping en verlossing.

Ons het hier 'n verbinding van die kerk en die menslike geslag.In Christus is die patria verlos, families, geslagte, volke, en die hele mensheid in sy organiese ontwikkeling. Wat ver­lore gaan, is die afgekapte takke van die menslike geslag.

En so aanbid Paulus hier, as Jood, saam met al die nasies, in hulle gelowiges, die pater van alle patriai. En hy sien in die gelowiges die redding van nasies, geslagte en stamme.Nou die konklusie uit Efesiërs(1) Vereenselwiging van kerk met volk, en gevolglik opbreking van die kerk in volks­kerke enersyds, en losmaking van die kerk van die volk andersyds, beteken aantasting van hierdie verborgenheid, hierdie Godsge­heim van die kerk, die verbinding van vol­kere in hulle gelowiges: Die antwoord op die valse eenheid van Babel.(2) Nêrens in die Bybel word vir ons geleer dat in die geskiedenis geen nuwe volkere ge­bore mag word uit bestaande volkere nie. Dit gaan om die motief. Uitwissing van volks­grense, met die doel om daardeur op hierdie wyse die eenheid van die mensheid teweeg te bring ... dit is verkeerd. Dit is sonde. Dit is miskenning van die verborgenheid, die ge­heim van God wat Hy vir Homself voorbehou het om op sy wyse die mensheid weer een te maak in Christus.

Ons mag dus nie standpunt inneem teen die vereniging, die eenheid van volkere nie - dit is 'n valse teëstelling (naamlik eenheid of veelheid). Dit gaan hier om die ware eenheid in Christus, teenoor die valse eenheid wat op menslike wyse tot stand gebring moet word deur 'n kunsmatige uitwissing van grense.OpenbaringTrouens, die groot verborgenheid het tot stand gekom in Christus, en die eenheid is al daar in die gelowiges uit alle volkere wat verbind is met Christus, en ook deur die Heilige Gees. En die groot verborgenheid sal nie van onder af opgebou word nie.

Openbaring
Die groot verborgenheid sal ons voltooid sien neerdaal uit die hemel van God, in Openb.21 beskrywe in sy veelkleurigheid. So word die stad die nuwe Jerusalem, beskrywe ... in sy veelkleurigheid. En daardie veelkleurigheid van Openb. 21 en die verborgenheid van Openb. 21 wat voltooid uit die hemel sal neerdaal, staan teenoor die verborgenheid waarvan ons lees in Open.17:5: Die verborgenheid van die ander vrou. In Openb. 21 is die verborgenheid van die bruid van Christus. In Openb.17:5 die ver­borgenheid van die hoer - die is eenkleurig.

Opmerklik genoeg, eenkleurig rooi, en dit is juis in die teken van die kleur rooi dat daar vandag ook gestrewe word na 'n eenheid van die mensheid. Dit is die Babelse eenheid wat al probeer is in Genesis, en versteur is, en wat telkens in die geskiedenis probeer is, waarop hierdie geskiedenis uitloop, maar wat weer versteur sal word, sodat die nuwe Jerusalem sal neerdaal in sy veelkleurigheid. En so lees ons in Openbaring ook in die laaste hoofstukke, van die verlostes, van hierdie natuurlike geledinge van die menslike geslag. Openb.5:9:"Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie."En die groot skare wat Johannes gesien het, die groot menigte, is ook uit alle tale en volkere en nasies vergader. Sien Openb.7: Daar word eers genoem die verseëldes uit die verskillende stamme van Israel; Israel uit al sy stamme, en geslagte, op die nuwe aarde, om sy erfdeel te ontvang. En dan die groot menigte uit alle nasies en stamme en volke en tale - hulle het gestaan voor die troon van God en van die Lam.

En dit eindig in Openb. 21 daarmee dat die nasies daar sal ingaan:"En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin." (Openb.21:24).Elke nasie sal sy bydrae doen. Is dit nou 'n enerse, geestelike, eenvormige mensheid? Nee. Op die nuwe aarde sal wees die mensheid soos hy gegroei het in sy verskeidenhede, die nasies in hulle gelowiges daar verteenwoordig.

Want ons glo per slot van rekening nie net aan die onsterflikheid van die siel nie, maar ons glo ook aan die opstanding van die liggaam, en daardie liggaam verbind, tot in alle ewigheid, met ons aardse afstamming.
__________________________________________________

Sien ook die volgende boeke oor die kwessie van die verhouding tussen:
- "Kerk en Volk": JC Coetzee, Volk en Godsvolk in die Nuwe Testament.
- "Eenheid en Verskeidenheid": RJ Rushdoony, The One and the Many & Foundations of Social Order.