Friday, February 22, 2008

Fundamentalisme

FUNDAMENTALISME

Sodra ‘n rigting of party ‘n naam kry, of hy hom die naam self gee en of ander hom die naam gee, het die naam twee betekenisse – een betekenis, waarin die party of rigting dit self gebruik, en een betekenis, waarin sy vyand of teenstander hom besig. – Perold

’n Vergelyking tussen gereformeerde teologie en fundamentalisme

Voordat daar vergelyk word, moet eers gevra word:

Wat en wie is gereformeerde teologie en fundamentalisme ?

Met Gereformeerde teologie kan nie net een stroom of persoon as verteenwoordiger voorgehou word nie. Daarom moet die gereformeerde belydenis, in die besonder, Die Formuliere van Enigheid beskou word as verteenwoordigend van ‘Gereformeerde teologie’.

Fundamentalisme is, soos die engelse uitdrukking dit stel: “In the eyes of the beholder”

Prof GCJ Jordaan stel dit in sy artikel oor fundamentalisme treffend dat hierdie en ander terme (modernisme) “moeilik definieerbare verskynsels” is en die gevaar loop “om bloot etikette te word waarmee diegene wat nie met jou saamstem nie, swartgesmeer word.” (Gereformeerde teologie in die spervuur tussen Fundamentalisme en anti-fundamentalisme. Acta Theologica, 2005, Supplementum 5: 250-269)

Dit kom vandag in eie kringe na vore waar bv hulle wat glo die Bybel leer slegs manne in die ampte; net die beker by die nagmaal; die Messias is behalwe indirek, ook op verskeie plekke in die OT direk teenwoordig; alleen die Psalms, ens. ge-etiketteer word as “fundamentaliste”.

Die doel van hierdie etiket (of brandmerk?) is, myns insiens, om mense met wie jy nie saamstem nie te isoleer en te ignoreer. Party gebruik ook hierdie etiket om ander gelowiges te verkleineer en as sogenaamd “onwetenskaplik” en “onderontwikkeld” te verklaar.

Vir die dopper-gelowige van die 21ste eeu is dit egter niks nuuts nie, aangesien ons voorvaders in die eerste helfte van die 19de eeu alreeds ‘ge-etiketeer’ is as “dompers”, wat die verligtingslig (die rasionalistiese aufklarungslig van die 16-18de eeu) met die Evangelie van Jesus Christus (die ware Lig van die wêreld) uitgedoof het.[1]

Daarom moet ’n vergelyking tussen gereformeerde teologie en fundamentalisme eerder gesoek word in terme van ooreenkomste en verskille, en nie in (modernisties-rasionalistiese) definisies en etiketterings nie.

Volgens prof GJC Jordaan kan die volgende ooreenkomste tussen gereformeerde teologie en fundamentaliste gesien word:
1. God se voorsienigheid en sy beheer oor die geskiedenis;
2. die erkenning van die objektiewe werklikheid wat buite die mens staan;
3. die beskouing van die Bybel as betroubare, gesagvolle, geïnspireerde Woord van God;
4. die taak van die kerk om die suiwere leer te verdedig en te verkondig en om alle dwaalleer te bestry;
5. die grammaties-historiese Skrifverklaring en die eksegetiese praktyk van Skrif-met-Skrif vergelyking.

Wat die verskille betref, wys prof Jordaan op die volgende:
1. Fundamentalisme het ‘n ‘anti-karakter’
2. Fatalistiese geskiedsbeskouing wat veral tot uiting kom in hul premillenialisme en dispensasieleer
3. Scottish Common Sense Realism: die mens wat deur sy rede tot objektiewe waarheid aangaande die werklikheid kan kom
4. In sommige kringe is daar die vyandigheid teen wetenskap
5. Ekskluwisties teenoor ander gelowiges wat anders dink
6. Die handhawing van die foutloosheid van die Bybel

Ons moet heeltemal tereg die arminiaanse wettiese anti-konfessionele dispensasie tipe fundamentalisme verwerp, wat veral in charismatiese en metodistiese kringe vanuit Amerika kom.

Na my mening kan met prof Jordaan se hele uiteensetting hierbo (ooreenkomste en verskille) saamgestem word, behalwe punt 6 by die ‘verskille’ afdeling. Dit het te doen met die kwessie van ‘verbale inspirasie’ waaruit die foutloosheid in alle aspekte van die Bybel bely word.

Die redes vir die afwysing van punt 6 is vir die volgende redes:

1. Prof Jordaan in sy verwerping van ‘verbale’ inspirasieleer is myns insiens eerder besig om die ‘meganistiese inspirasie’ teorie te beveg en te verwerp.

2. Verbale inspirasie en organiese inspirasie staan nie teenoor mekaar nie, maar is twee kante van dieselfde munstuk. Dit kan onderskei word maar nie geskei word of teenoor mekaar gestel word nie. In ’n lesing gelewer voor die GTV, te Pretoria 26 April 1971, het dr. FW Buytendach dit as volg gestel:

“Alhoewel Hy sy organe (nie megane nie) hierin die nodige speelruimte gelaat het ter beoefening van hul onderskeie Godgegewe gawes, het Hy hulle daarin foutloos beheers – want: ‘deur die Heilige Gees gedrewe’ (hupò Pneumatos Hagiou pherómenoi) ‘het die heilige mense van God gespreek’ (2 Petr.1:21). In die Skrif as Verbum Dei klink die vox Dei dus suiwer – in en deur die vox humana – tot ons deur. Daarom is die Skrif die eksklusief-outentieke gefikseerde Godsopenbaring; is dit as geheel en tot in alle onderdele daarvan toe – in organies-verbale Getheópneusteerde sin – die absoluut-outoritatiewe, betroubare, onfeilbare en foutlose Verbum Dei – dit wil sê na vorm én inhoud; formeel én materieel; histories én/óf normatief.”[2]

3. Verbale inspirasie leer dus – in lyn met organiese inspirasie - dat elke woord van God wat deur elke Bybelskrywer in sy ‘eie woorde’ gekies is onder leiding van die Heilige Gees, deur God organies geïnspireer is.[3]

4. Dit beteken dat elke woord van die autographa (oorspronklike) geinspireer is (2 Tim.3:16)[4], en nie net die persone van skrywers nie (2 Petr.1:19-21).[5]

Albei.

Die ‘masjien-dikteer’ probleem, wat natuurlik ook ‘n ‘urban legend’ is oftewel ‘n ‘etiket’ wat links en regs uitgedeel word, hoort tuis by die meganistiese inspirasieteorie en nie by die verbale en/of organiese inspirasieleer nie.

Sonder ’n verbale/organiese inspirasie beskouing is alle kanonieke belydenis en die strewe van tekskritiek van nul en geen waarde, want dit is juis die wete/belydenis van die autographa wat die soeke daarna deur tekskritiek motiveer.[6]

Die onfeilbaarheid van die geloof en godsdienstige skopus van die Skrif sluit die onfeilbaarheid van die periferie (die pakkie waarin die skopus staan: bv geskiedenis, geografiese en natuurlike gegewens reg verstaan in hul konteks) in en nie uit nie.

Die Skrif gee geen aanduidings eksplisiet of implisiet dat sy onfeilbaarheid slegs beperk is tot die ‘skopus’ nie. Hoe gaan ons onderskei ? Waar gaan ons die lyn trek in ’n Bybelse feit soos bv. “dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte, en dat Hy aan Cefas verskyn het, daarna aan die twaalf” (1 Kor.15:4,5) Watter deel is onfeilbaar: slegs die ‘skopus’: dat Hy opgestaan het, of ook die ‘geskiedkundige gegewens’ waarin die skopus geopenbaar is: die ‘derde dag ... Cefas ... die twaalf” ?

Of : “5 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: 6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ’n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.” – Matt.2 (Miga 5:1).

Is slegs die feit dat Jesus gebore is in ‘n dorp volgens die Skrif belangrik, of ook die historiese feit dat Hy –volgens die profesie van Miga- in Betlehem gebore moes word ? Is historiese en geografiese onfeilbare gegewens nie juis belangrik ter wille van die skopus van die Skrif nie ?

In hierdie standpunt, "die skopus-is-onfeilbaar-maar-die-res-van-die-Skrif-is-feilbaar," bestaan dan ook juis die indirekte gevaar dat ons maklik, deur Scottish Sense Realism rasionalisme kan verval in ’n dualistiese en/of dialektiese inspirasieteorie: slegs sekere dele of woorde van die Skrif is (onfeilbaar) geïnspireer. Dr. FW Buytendach het alreeds teen hierdie gevaarlike pad gewaarsku. In die woorde van sy resent, prof. SP van der Walt, stel hy dit as volg:

"Volgens Kuitert kom hierdie menslike getuienis aangaande God tot ons in 'n historiese 'verpakking' in 'n sekere kulturele konteks. Hierdie verpakking is nie onfeilbaar nie, maar dra al die kenmerke van die tyd waarin dit geskryf is. Dit beteken nie dat aan hierdie, tydgebonde menslike formuleringe ewigheidswaarde toegeken moet word nie. Waar B. vir Berkouwer bespreek laat hy sien dat Berkouwer eintlik dieselfde sê t.o.v. die tydgebondenheid van die Skrif, maar by hom gaan dit veral om die "scopus" van die Skrif, wat ons nie allerlei dinge wil meedeel t.o.v. die skepping en geskiedenis nie, maar wat in alles die Christus en sy verlossingswerk aan ons wil voorhou. Daarom relativeer ook Berkouwer die dinge wat meer op die Periferie, die formele sy, van die Skrif lê en maak ook hy dus net soos Kuitert en die ander die vorm en inhoud van die Skrif ten diepste los van mekaar.

Volgens Berkouwer en Kuitert kry die wesenlike inhoud (die kern) van die Skrif, dit waarom dit eintlik gaan in die Bybel, sy openbaringskarakter ten slotte in die prediking van die heilsboodskap. Daarin spreek God deur die menslik-feilbare organe sy ewige onfeilbare Woord. In die verband wys Buytendach daarop dat waar en hoe ook al die Skrif-inhoud en -vorm van mekaar losgemaak word, ons nie alleen die vorm nie maar ook die inhoud verloor. As ons bv. die verhale van skepping en sondeval as bloot menslike en tydgebonde sieninge relativeer, se B. watter rede is daar dan om dit nie deur te trek tot in die NT en bv. ook die opstanding van Christus, saam met Bultmann, te sien as maar die reaksie van die kerk op die dood aan die kruis, sonder enige objektiewe feitelikheid?

Met sy kritiese verwerking van die nuwere Geref. teologie oor die Skrif, sluit B. dan ten slotte af met 'n kort samevatting van die konklusies waartoe hy gekom het en 'n kort aanduiding van sy eie beskouing. Hy meen dat die Skrif is iets "sui generis", dat ons dus die gedagte van die Skrif as die onfeilbaar-geinspireerde Woord van God, ook volgens 2 Tim. 3 : 16, so moet verstaan dat die hele Skrif, sowel na vorm as inhoud, as Goddelik gesagvol moet aanvaar.

B. wil eintlik nie van die geinspireerde Woord praat nie, maar van die geteopneusteerde Woord. Hierdie gedagte werk hy nie breed uit nie, maar hy vrees skynbaar dat die inspirasiegedagte kan lei tot die dinamiese opvatting en hy wil dus liewer die woord behou wat in die aangehaalde teks staan: "Die hele Skrif is deur God geteopneusteer", wat wys dat dit deur God's Gees as die eintlike Outeur van die Bybel, deur menslike bemiddeling aan ons ge­gee is.

Dit is ten slotte God se Woord en nie mensewoord oor God nie.

B. praat dus van die "organies-verbale teopneustie" van die Skrif. En hy ontken die sg. soteriologiese skopus van die Skrif en meen dit gaan in die Skrif om veel meer as ons heil en saligheid, dit gaan om die eer van God
." [7]

Terme soos ‘oneffenhede’ is nie-bybelse en nie-konfessionele taal, en daarom moeilik om te bepaal. Word daarmee bedoel dat daar verskille en verskeidenheid oor sekere gebeure en feite in die Skrif is, dan behoort dit nie ’n probleem te wees nie, maar as daarmee bedoel word dat die Bybel vol foute is, dan beweeg ons op ’n wankelrige terrein. Die Skrif praat van dinge wat swaar/moeilik is om verstaan in die Skrifte (2 Petr.3:16), maar nie van foute en oneffenhede nie.

Dit is myns insiens beter om nederig-soekend te bely dat sekere dele vir ons moeilik is om te versoen en dat sekere dele vir ons as sondaars selfs teenstrydig mag lyk, maar dit beteken nog nie dat dit in die Teks ’n fout en teenstrydigheid is nie. Deur die reformatoriese teologiese wetenskap en tekskritiek is die eerbare weg om biddend na verskillende verklarings-moontlikhede vir sulke tekste te kyk ('Skrif met Skrif te vergelyk'), sonder om daarmee te verval in ‘n rasionalisme (dit is dalk juis die gevolg van rasionalisme wat foute en oneffenhede daarsien wat dalk nie bestaan nie ... en te gou iets te wil kategoriseer as ‘n ‘fout’ ?).[8]

Ook is die onderskeid of selfs teenstelling tussen die ‘foutloosheid’ van die Skrif en die ‘onfeilbaarheid’ van die Skrif arbitrêr en nie haalbaar nie. Onfeilbaarheid sluit ‘foutloosheid’ in en nie uit nie, dit veronderstel dit. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (en die HAT) se verklaring van ‘onfeilbaar’ is as volg:

“onfeilbaar, ..bare.
1. Wat nooit 'n fout maak nie.
2. Wat altyd suksesvol is. onfeilbaarheid.”[9]

Konklusie
Ongeag die diepgaande verskille wat daar wel is met sekere “evangeliese fundamentaliste”, is hul ons mede-gelowiges in Christus, by wie baie geleer kan word en wie ons moet lei om ook die gereformeerde leer totaal te omhels.

Daarteenoor moet die liberale en (post) modernistiese ‘teoloë’ wat bv Christus se Godheid verloën, die Skrif bloot beskou as ’n menslike dokument; Jesus se wonders, opstanding en wederkoms bevraagteken, ens. nie en roem op hul sogenaamde 'anti-fundamentalisme', verwerp word.

Alhoewel die arminiaanse-dispensasie fundamentalisme sy dwalinge en gevare het wat ons moet verwerp en waarteen ons moet waak, is die groter gevaar juis in die geredormeerde kerkwêreld, die (post)moderne teologie wat onder die dekmantel van ‘wetenskap’ sy koue rasionalisme en mistiek op ons wil afdruk.

Mag die kinders van die Reformasie van 1859 daarvan bewaar word !

8 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. 9 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë. – Psalm 19

Voetnotas
[1] Dit laat ’n mens onwillekeurig dink aan ds. SJ Du Toit se uitspraak: Liewer ’n ongeletterde Afrikaner met sy Bybel, as ’n geleerde Europeaan sonder God en sy gebod.

[2] “Gedragspraktyke t.o.v. die eenheidstruktuur: Skrif-Belydenisskrifte-Ondertekeningsformuliere/Kerk in die nuwe Gereformeerde Teologie in Nederland,” In die Skriflig, Jg.5, nr.19, Sept. 1971, p.3.

[3] Bavinck (Feenstra, 1972: 17) stel dit as volg in sy Dogmatiek: “Onder die organiese inspirasie verstaan ons dat die Heilige Gees, nadat Hy die mens­like bewussyn van die skrywers op allerhande maniere voorberei het deur geboorte, opvoeding, natuurlike gawes, nadenking, herinnering, ondersoek en lewensvorming, nou in, onder en by die spreke en op skrifstelling die gedagtes, woorde, taal en styl laat opkom het, wat die goddelike gedagtes op die beste wyse vir mense van allerlei stand, rang en volk kon vertolk.” - Kursief is bygevoeg – SLC.

[4] pasa graphe theopneustos = Die klem val hier op a) die woord(e) (graphe) wat deur God uitge-asem is, en, b) elke of die hele woord, en nie op die skrywers van die woorde nie.

[5] all hupo Pneumatos Hagiou pheromenoi elalesan hagioi Theou anthroopoi = Die klem val op die persone van die skrywers, die profete wat deur die Heilige Gees gedrewe was, d.w.s. geïnspireer is.

[6] Nie net die geheel nie, maar ook die dele, die spesifieke woorde is gekies deur die skrywers en deur die Gees geïnspireer (Joh.6:63; Jer.1:7,9; 15:19; 26:2; 1 Kor.2:13,16; Matt.22:45; Joh.10:33-36; Gal.3:16; Hebr.1:5-9; Heb.2:6-8; ens. Hierdie teksgedeeltes wys daarop dat betekenis ook afhanklik is van spesifieke woorde of slefs een woord).

[7] Buytendach, dr. F.W.: Aspekte van die vorm-inhoud proble­matiek m.b.t. die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere gereformeerde teologie in Nederland. 1972. T. Bolland, Nederland. Boekbespreking deur prof. SJ van der Walt (Pretoria), In die Skriflig, Jg.7, nr.27, September 1973: 56-62.

[8] Buytendach skryf: “Daar is wel ‘cruxes’ in die Skrif (Bavinck, p.413) d.w.s. onduidelikhede – maar nié teenstrydighede of foute nie -, omdat dit die Theópneuste Graphè is wat ons nooit in alles sal kan begryp nie. M.b.t. die onduidelikhede moet ons biddend en werkend duidelikheid soek vanuit die duidelike Sentrum (Christus) van die Skrifstruktuur.” In die Skriflig, Jg.5, nr.19, Sept. 1971, p.14 (voetnota 12).

[9] Beklemtoning bygevoeg.

Thursday, February 21, 2008

Verandering van Skrifbeskouing: 'n Boekbespreking

Buytendach, dr. F. W.: Aspekte van die vorm-inhoud proble­matiek m.b.t. die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere gereformeerde teologie in Nederland. 1972. T. Bolland, Nederland. (Boekbespreking deur prof. SJ van der Walt (Pretoria) -
(In die Skriflig Jg.7 nr.27 September 1973: 56-62)

Dis vir my 'n eer om 'n paar opmerkinge te maak oor die proefskrif van dr. F. W. Buytendach, Geref. predikant te Lichtenburg, getitel:

"Aspekte van die vorm-inhoud problematiek met betrekking tot die organiese Skrifinspirasie in die nuwere Gereformeerde Teologie in Nederland". Dis uitgegee deur die uitgewers T. Bolland, voorheen H. A. van Bottenburg in Nederland.

Wat opmerklik is, is dat die skrywer vanuit Nederland versoek is om die boek te publiseer en vir 'n groot deel op hulle eie koste. Dit toon hoeveel waarde aan hierdie boek geheg word deur sekere objektiewe instansies buite ons eie kring.

Hierdie werk is reeds in 1969 as 'n proefskrif ingehandig ter verkryging van die doktorsgraad in die teologie by die Potchefstroomse Universiteit. Dit is 'n groot en dik werk wat 460 paginas beslaan en dan kom daar nog die bibliografie by, wat nie minder as 22 bladsye boeke, tydskrifte en ander bronne behels nie. Mens staan verbaas dat dr. Buytendach 'n werk van hierdie gehalte en omvang, wat so deeglik gefundeer is en op so 'n eg wetenskaplike wyse 'n moeilike en ingewikkelde probleem in die teologie bespreek, op 'n betreklike klein plek, afgesonder van bibIioteekgeriewe, in sy studeerkamer die lig kon laat sien.

As 'n mens die werk onder hande neem kan jy die indruk kry dat hierdie boek geskryf moes gewees het in een of ander groot kultuursentrum of in een of ander universiteit waar die skrywer die talryke boeke en tydskrifte maklik in die hande kon kry. Ons moet die skrywer inderdaad gelukwens dat die Here hom in staat gestel het om so 'n magistrale werk tot stand te bring. Hierdie boek is werklik 'n besielde geskrif. Dit gee nie die indruk van koue afgetrokke wetenskaplike bespiegeling oor 'n teologiese onderwerp nie, maar dit is asof die skrywer deur 'n soort garismatiese besieling gedryf was. Hy laat 'n duidelike klank hoor en 'n appel tot die kerk van die Here Jesus Christus uitgaan.

Dis ook opmerklik dat hierdie geskrif juis in die jaar 1969, die eeufeesjaar van ons teologiese skool, afgewerk en ingelewer is. Ek wil dit graag in die eerste plek sien as 'n vrug van die bestaan en werk van die Gereformeerde Kerk en die Teologiese Skool in die afgelope 100 jaar, 'n vrug van God's genade.

In hierdie proef­skrif kry ons te doen met die sentrale en fundamentele begronding van alle teologiese arbeid, nl. die Skrif as die onfeilbare Woord van God, waarop ons Gereformeerde Belydenis rus. Dit is van heel besondere belang in hierdie tyd, waarin die belydenis van die kerk ondermyn word deur aanslae wat teen die Skrif gemaak word. Dit is asof die Here dit so beskik het dat die werk en die stryd van ons vaders in hierdie boek bekroon is met 'n klinkende getuienis wat sekerlik sy weerklank oor die wêreld sal vind.

As daar vandag 'n saak is wat die Gereformeerde Kerke oor die aarde in beroering gebring het, dan is dit die Skrifkwessie. Dit raak selfs die Rooms-Katolieke Kerk. Die hele geloof van die kerk van Christus is soos die skrywer van hierdie proefskrif dit uitdruk "in verdrukking gebring". Hierdie boek is meer as 'n tydige wek­roep waarvan ons kerk en alle kerke, ook in ons land en elke predikant sal moet kennis van neem. Dan sal ons besef wat die werklike en diepste gevaar is wat ons bedreig, nl. hierdie nuwere teologie, soos vertolk en gepropageer in die Geref. Kerke van Nederland deur sekere leidende figure. Die kerk dryf hulle soos 'n skip sonder anker in die magtige oseaan van apokaliptiese gebeur­tenisse wat ons al meer en meer belewe, in 'n stormnag van onge­loof en twyfel en van geestelike en sedelike verval.

Die moderne teologie trek die relatiwiteit en onvolmaaktheid (ongearriveerdheid) van alle menslike bestaan en denke deur tot in die Skrif self. Alles word bevraagteken en kennis in verband met God en sy werke ontken. In die werke van teoloë in ons tyd, kom die vraagteken veel meer voor, as die uitroepteken, bv. by Berkouwer se dogmatiese studies. Die gevolg van die ondermyning van die Skrifgesag is dat daar ook in die Gereformeerde wêreld 'n soort permissiwiteit ingedring het, sodat ons in Nederland 'n toe­stand vind waar die sluise oopgeruk is vir ernstige dwalinge of afwykinge sonder dat mense daarvoor tot verantwoording geroep word.

Dr. Buytendach stel die hele saak baie sistematies: Eers kortliks die probleem waaroor dit gaan en hoe hy dit wil behandel; daarna bespreek hy kortliks verskillende inspirasie-teorieë, nl. die mega­niese, die dualistiese en die dinamiese of persoonlike inspirasie­teorieë; daarna werp hy 'n blik in die geskiedenis om te wys hoe dat die kerk in die verlede gedink het oor die Bybel en in watter sin die Skrif beskou is as die onfeilbare Woord van God; daarna be­spreek hy sommige Kerkvaders soos Irenaeus en Augustinus en die Reformatore soos Luther en Calvyn; dan kom hy nader by ons by wat genoem word die organiese Skrifinspirasie, manne soos C. Hodge, A. Kuyper, H. Bavinck; vervolgens bespreek hy die sg. nuwere teologie. Vooraf verwys hy na en bespreek manne soos Karl Barth en Bultmann. Hoewel hy hulle kort en saaklik behandel is dit tog indringend en bespreek hy hulle prinsipieël en krities.

Daarop volg 'n bespreking vanuit die natuurwetenskaplike oogpunt soos wat by die Ewolusie-leer uitgeoefen het op die hele devaluering en vervlakking van die Skrifgesag. Hier bespreek hy veral die sieninge van J. Lever van die Vrye Universiteit van Nederland. 'n Mens sou wel kan sê dat die verval van die Gereformeerde Skrif­beskouing geskied wanneer die Ewolusie-leer met sy relativering van alles, wat tot die skepping behoort, ook op die Skrif toegepas word.

So kom dr. B. dan uit by wat die kern en wese van sy proefskrif uitmaak, nl. die bespreking van die opvattings van leidende figure in die Nederlandse Geref. Kerke oor die gesag van die Skrif, nl. van N. H. Ridderbos, Th. Delleman, H. A. L. van der Linden, J. L. Koole, H. M. Kuitert, H. Ridderbos, G. C. Berkhouwer en G. P. Hartvelt. Ten slotte sluit hy af met 'n kort terugblik en gee sy positiewe beskouing oor die probleem.

Terloops wil ons net opmerk dat die Nederlandse Gereformeerde teoloë se standpunte dikwels en ook breedvoerig uit hulle werke aangehaal word. Hy sê op p.106 dat hy die metode volg ten einde reg aan die betrokke persone te laat geskied. Hy wou die betrokke teoloë so veel as moontlik self aan die woord stel. Die manne geniet immers internasionale aansien en dit gaan vir dr. B. uiteraard allermins om die persone maar juis om hulle sienswyses wat hy aanhaal. Die skrywer stel die manne soveel moontlik self aan die woord om hulle dus as 't ware uit hulle eie mond te beoordeel en vermy so die gevaar dat gesê mag word dat hy hulle dinge in die mond sou gelê het.

Mens kan natuurlik ook met aanhalings fouteer of dinge aan­haal wat anders bedoel was. Op p. 275 stel die skrywer bv. die siening van wyle prof. L. Berkhof van Amerika, nl. dat ons in die Bybel te doen het met mense (outeurs) wat deur die Heilige Gees gebruik was net soos hulle was, d.w.s. met hulle persoonlike eienaardighede, karakter, temperament, talente en ontwikkeling. Maar dan voeg Berkhof daarby, daar is egter een uiters belangrike beperking, nl. "the Holy Spirit could not permit their sinful nature to express itself".

Volgens hom het die Bybelskrywers, nieteenstaande hul beperkthede, tog elkeen geskryf wat waar is en wat in God's heilige Woord inpas. In 'n voetnoot vergelyk Buytendach dit dan met wat prof. S. du Toit skryf in "Progressive creation", nl. "that the biblical writers in their terminology made use of current notions which are not corrected, but in and through the medium of this language God revealed what He wants to be revealed".

Dit is vir my 'n vraag of Berkhof en Du Toit so presies dieselfde bedoel as wat B. dit hier stel?
Trouens hy laat net daarna volg wat Herman Ridderbos geskryf het, dat van alles wat in die Bybel staan nie gesê kan word dat, "omdat de schrijvers van de Bijbel als open­baringsorganen zich ervan bedienen... nu ook openbaringsbete­kenis heeft gekregen".

M.i. lê Du Toit se beskouing meer op die vlak van Ridderbos as die van Berkhof.

Ons kan ook verwys na bls. 306, 307, waar B. sterk kritiek uitoefen op die siening van H. Ridderbos, nl. dat die eerste drie hoofstukke van Genesis 'n soort van terugwaarts gerigte profesie is. B. se dit lyk vir hom of hierdie siening van Ridderbos geinspireer is deur die skeppingsleer van Karl Barth. Daar verwys Buytendach weer na Du Toit se "Progressive Creation" en sê dan dat volgens Du Toit die skeppingsverhaal 'n profeties-visioenêre of protologiese aanduiding gee van dinge wat eintlik voor die geskiedenis plaasgevind het. Dan sê B. daar is tog 'n prinsipiële verskil tussen Du Toit en Ridderbos. Du Toit meen dat ons tog te doen het met feitelike gebeurtenisse. Ek meen dat Ridderbos ook bedoel dat ons met werklike feitelikhede te doen het wat in 'n soort profetiese gewaad ingeklee is.

Dit is dan 'n verdere vraag, wanneer ons Gen. 1 sien as profeties-visioenêre inkleding, waarom sou jy die lyn nie ook saam met Kuitert verder 'kon deurtrek en die sondeval (soos aan­gedui in Rom. 5) nie maar vertolk as 'n soort "verpakking" waarin die Skrifboodskap na ons toe kom nie? Ons het tog eintlik in Genesis te doen met historiese meedeling aangaande die wordings­geskiedenis van die skepping en van die volk Israel, soos geteken in die geskiedenis van die aartsvaders.

Ons moet besin op die vraag of ons die skeppingsverhaal maar so kan paralleliseer met die visioenêre tonele van die boek Openbaring, as protologie en eskatologie.

Dr. Buytendach bly deurgaans streng wetenskaplik, ook wan­neer hy soms skerp kritiek uitoefen. Hy word nooit persoonlik nie, moontlik 'n onbewuste rede waarom hy so oorvloedig aanhaal. Hy het selfs groot waardering vir die positiewe bydraes van andere soos bv. Berkouwer. Hy sê op bls. 329 "na Kuyper en Bavinck is Berkouwer ongetwyfeld te beskou as die dogmatikus in Gerefor­meerde teologiese kringe in Nederland".

Hy verwys na Berkouwer se geweldige produktiwiteit en sê: "Dit alles maak duidelik dat hy 'n dogmatikus van internasionale faam is. Die invloed van sy teologiese arbeid en die waardering daarvoor is onberekenbaar". Van Herman Ridderbos se B. bv. op bls. 237.: "H. Ridderbos is 'n uiters begaafde Nieu-Testamentikus wat reeds internasionale be­kendheid verwerf het deur sy teologiese bydraes".

Dit neem egter nie weg nie dat hy op 'n baie duidelike en ondubbelsinnige wyse stelling inneem teenoor dinge wat hy as afwykinge beskou nie. Hy beoordeel iemand soos Kuitert -baie deeglik en krities. Kuitert beklee 'n uiters strategiese posisie aan die Vrye Universiteit en oefen groot invloed uit. Wyle prof. Van Niftrik het gesê dat as Kuitert se opvattinge gemeengoed moet word van die Geref. Kerke in Nederland, hy sy hart vashou.

Kuitert se dwalinge som B. op bls. 155 op. Hy sê Kuitert se idee van die mensvormige Godsbeskouing wat hy in die O.T. inlees waarvolgens die ou Bybelskrywers 'n Hebreomorfe siening van God sou gehad het, sodat God eintlik geteken word na die beeld van die mens met allerlei menslike organe, heeltemal afgewys moet word. Volgens Kuitert was dit geen beeldspraak om van God se oë, ore, mond, hande, voete ens. te praat nie maar het die Bybel­skrywers letterlik so oor God gedink. Hierdie siening van Kuitert se B. is in stryd met Sondag 46 van die Heidelbergse Kategismus (H.K.).

Dat God nie 'n geestelike wese sou wees nie en derhalwe onsienlik is nie, dit is strydig met Art. I van die Nederlandse Geloofs­belydenis. Dat God nie onbegryplik sou wees nie (a la Kuitert), word veroordeel in Art. I en VIII van die N.G.B. en ook in Sondag VIII van die H.K. Dat God nie onveranderlik sou wees nie, sê Buytendach, strook nie met Art. I van die N.G.B. nie en ook nie met Hfst. I van die Dordtse Leerreels nie. B. sê dat Kuitert met sy be­skouings beland by Barth se predestinasie-leer t.o.v. die veranderlik­heid van God.

Verder kom Kuitert se beskouing oor die alomteen­woordigheid van God, wat eintlik 'n beperkte teenwoordigheid is, volgens B. nie met Sondag X en XVIII van die H.K. ooreen nie. Dat God nie alwetend sou wees me, stry met Sondag XXXVII en Hfst. I van die Dordtse Leerreels. Volgens B. (p. 360) dwaal Kuitert ook daarin dat hy wel nie soveel woorde nie, maar tog in wese die Triniteit van God sou ontken. Vir Kuitert is dit eintlik nie so dat dit net die tweede Persoon van God is wat die menslike natuur aan­geneem het nie, maar dat God as sodanig gesoek en gevind moet word in die mens Jesus Christus.

Ook hier se B., sluit Kuitert weer sterk aan by Barth, wat erken het dat sy teologie eintlik Sabelliaans is. God bestaan maar net in drie modaliteite. Dit stry duidelik met Art. VIII van die N.G.B. waar ons leer dat nie die Vader of die Heilige Gees vlees aangeneem het nie maar die Seun alleen.

Op p. 167 kritiseer B. vir Kuitert sterk oor sy beskouing dat die Bybel God eintlik na die mens se beeld voorgestel en eintlik 'n menslike (Hebreomorfe) siening van God gee: God is bloot bondgenoot of "partner" en die mens is dan 'n teomorfe wese as God se bondgenoot. Soos die regte mens is, so is God. Volgens B. wis Kuitert die wesensonderskeid tussen God en mens uit. Hy se dat Kuitert baie duidelik onder die invloed van Bultmann staan, by wie teologie en antropologie saamval. Bultmann se: "Die Frage nach Gott und die Frage nach Mirselbst sind identisch".

Met verwysing na Van Ruler se B. dat hy (Van Ruler) tereg gesê het dat Kuitert al die Goddelike kwalifikasies streng binne God se bondgenootskaplikheid beperk het. Hy se dat volgens Kuitert daar g'n ander kennis van God is behalwe die wat deur die subjektiwiteit van mense (Bybelskrywers) heengegaan het nie. Dit is wel Godskennis ja, maar dit is Israel se Godskennis "gesproten uit om­gang met God uit een verleden tijd, overgeleverd en tot traditie gemaakt". Ons het dus in die Bybel 'n menslike getuienis aangaande God wat bejeën moet word in die lig van die Israelities-Joodse ka­rakter van "de bijbelsche overlevering".

Hy (Kuitert) sien dus die Skrif as 'n soort menslike fabrikasie, as 'n getuienis van die mens­like outeurs daarvan, 'n soort van belydenis of lofprysing van die mens, insover hulle met God as Bondgenoot kennis gemaak het.

Volgens Kuitert kom hierdie menslike getuienis aangaande God tot ons in 'n historiese "verpakking" in 'n sekere kulturele konteks. Hierdie verpakking is nie onfeilbaar nie, maar dra al die kenmerke van die tyd waarin dit geskryf is. Dit beteken nie dat aan hierdie, tydgebonde menslike formuleringe ewigheidswaarde toegeken moet word nie.

Waar B. vir Berkouwer bespreek laat hy sien dat Berkouwer eintlik dieselfde sê t.o.v. die tydgebondenheid van die Skrif, maar by hom gaan dit veral om die "scopus" van die Skrif, wat ons nie allerlei dinge wil meedeel t.o.v. die skepping en geskiedenis nie, maar wat in alles die Christus en sy verlossingswerk aan ons wil voorhou.

Daarom relativeer ook Berkouwer die dinge wat meer op die Periferie, die formele sy, van die Skrif lê en maak ook hy dus net soos Kuitert en die ander die vorm en inhoud van die Skrif ten diepste los van mekaar.

Volgens Berkouwer en Kuitert kry die wesenlike inhoud (die kern) van die Skrif, dit waarom dit eintlik gaan in die Bybel, sy openbaringskarakter ten slotte in die prediking van die heilsboodskap. Daarin spreek God deur die menslik-feilbare organe sy ewige onfeilbare Woord.

In die verband wys Buytendach daarop dat waar en hoe ook al die Skrif-inhoud en -vorm van mekaar losgemaak word, ons nie alleen die vorm nie maar ook die inhoud verloor.

As ons bv. die verhale van skepping en sondeval as bloot menslike en tydgebonde sieninge relativeer, se B. watter rede is daar dan om dit nie deur te trek tot in die N.T. en bv. ook die opstanding van Christus, saam met Bultmann, te sien as maar die reaksie van die kerk op die dood aan die kruis, sonder enige objektiewe feitelikheid?

Met sy kritiese verwerking van die nuwere Geref. teologie oor die Skrif, sluit B. dan ten slotte af met 'n kort samevatting van die konklusies waartoe hy gekom het en 'n kort aanduiding van sy eie beskouing. Hy meen dat die Skrif is iets "sui generis", dat ons dus die gedagte van die Skrif as die onfeilbaar-geinspireerde Woord van God, ook volgens 2 Tim. 3 : 16, so moet verstaan dat die hele Skrif, sowel na vorm as inhoud, as Goddelik gesagvol moet aanvaar.

B. wil eintlik nie van die geinspireerde Woord praat nie, maar van die geteopneusteerde Woord. Hierdie gedagte werk hy nie breed uit nie, maar hy vrees skynbaar dat die inspirasiegedagte kan lei tot die dinamiese opvatting en hy wil dus liewer die woord behou wat in die aangehaalde teks staan: "Die hele Skrif is deur God geteopneusteer", wat wys dat dit deur God's Gees as die eintlike Outeur van die Bybel, deur menslike bemiddeling aan ons ge­gee is.

Dit is ten slotte God se Woord en nie mensewoord oor God nie.

B. praat dus van die "organies-verbale teopneustie" van die Skrif. En hy ontken die sg. soteriologiese skopus van die Skrif en meen dit gaan in die Skrif om veel meer as ons heil en saligheid, dit gaan om die eer van God.

Berkouwer se siening is te beperk.

Ons wil dus hierdie boek baie sterk aanbeveel. Dit sal ons oë oopmaak vir die gevaarlike winde wat oorsee ook in Gereformeerde kringe waai.

Monday, December 3, 2007

Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen die Psalms ?

Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen die Psalms?
deur prof. dr. JD Du Toit (Totius) & prof. Jan-Lion Cachet

('n vertaling vanuit die Nederlands deur ds. S Le Cornu, van die 1919 gepubliseerde verweerskrif: ‘Waarom zingt de Geref. Kerk alleen de Psalmen?’ Die eindnotas is bygevoeg - SLC)

Inleiding
Daar is twee redes, wat ons aanleiding gegee het om hierdie skrywe tot u te rig en daardeur kortliks die vraag te beantwoord:

Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen die Psalms?

Die eerste rede is dat die staatskole op verskillende plekke gebruik word as ‘n gerieflike middel om ons kinders aan die sing van die Evangeliese Gesange te wen, en so, indien moontlik van hul ouers se standpunt af te trek. Dit gaan hier soos dit in Nederland gaan. Daarom roep ons ook saam met Op’t Holt uit:

"Gereformeerde volk van Nederland (lees Suid-Afrika), wees op u hoede en wees bewapen! Vroeër het mense probeer om die evangeliese gesange aan u op te dring in die kerk, tans is dit op die skool."

Die ander rede is, dat ‘n inleidingsartikel in die Vereeniging, die offisiële orgaan van die Ned. Herv. of Ger. Kerk, gerig is teen die standpunt van die Gereformeerde Kerk, i.v.m. Psalmsang; opnuut hierdie ou stryd weer aangewakker het, en verskillende korrespondensies in ons Kerkblad uitgelok het, sodat die vraag weer vanself opgestaan het:

Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen die Psalms?

Van verskillende kante word met aandrang die versoek tot ons gerig om opnuut die standpunt van die Gereformeerde Kerk in hierdie opsig aan die lig te stel, omdat ook die jonger geslag, met die stryd van die vadere min of meer onbekend is, en daarom moet verneem wat die Gereformeerde Kerk as haar standpunt gehandhaaf het en as haar oortuiging bely het.

Allereers sal ons die geskiedenis oproep om in hierdie kwessie getuienis te gee, en daarna sal ‘n paar argumente aan die leer ontleen word.

In die geskiedenis
"Die Gereformeerde Kerk word onder Psalmgesang gestig."

Dit is die woorde van Prof. Doumergue, Calvyn se bekende lewensbeskrywer, woorde wat so waar is. Luther voer die gesange in die kerk in, maar Calvyn volg hom nie daarin nie. Die gesange wat Calvyn invoer, was die Psalms, en daarvoor gee hy die volgende redes:

"Wat Augustinus gesê het is waaragtig, dat iemand slegs iets kan sing wat God waardig is, wat hy ook van God moes ontvang het. Daarom sal ons ook na ons orals gesoek en nagespeur het, geen beter liedere vind, wat meer geskik is as die Psalms van Dawid, wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. As ons dit sing, is ons seker dat God self die woorde in ons mond lê, asof Hy in ons sing, om sy eie eer te verhoog."

Hierdie keuse van Calvyn was dan ook beslissend vir die Gereformeerde Kerk in Holland. Die sinode van Wesel 1568 besluit dat hul "zou onderhouden de Psalmen van Dathenus overgezet" (berymd) en geen andere beryming sou gebruik nie. So ook die sinode van Dordrecht 1574 en 1578. Ook die van Middelburg 1581 en 's Gravenhage 1586 besluit dat in die kerke geen gesange gesing sou word wat nie in die Skrif gevind word nie. Die groot sinode van Dordrecht 1618/19 kry met die eintlike gesangekwessie te doen. In die noorde van die land sing mense allerlei gesange en in Utrecht poog sekeres, onder Remonstrantse invloed, 'n bundel gesange in te voer. Daarop besluit die Sinode:

"In de kerken zullen alleen de 150 Psalmen Davids, Tien Geboden, het Onze Vader, de 12 Artikelen des Geloofs, de lofzangen van Maria, Zacharias en Simeon gesingen worden. Het gezang: 'O God, die onze Vader zijt,' wordt in de vrijheid der kerken gelaten, om het te gebruiken of niet. Alle andere gezangen zal men uit de kerken weren en waar er reeds enige ingevoerd zijn, zal men ze met de voeglikste middelen afskaffen," (D.K.O. art.69.)

"Hiermee is,” sê Prof. Biesterveld, “vir ons wat onder die Dordtse Kerkorde lewe, hierdie kwessie beslis, tensy 'n sinode anders besluit, wat egter nie te verwag, of hopelik verwag word nie." (Gereformeerde Kerkboek, bl. 50).

Aangesien hierdie besluit nie deur 'n latere nasionale sinode verander of vernietig is nie, hou die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika haar daaraan:

"De Synode der Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika stelt vast, overeenkomstig art.69 harer (Dordtse) kerkenorde, dat bij de openbare godsdienst alleen zullen gezongen worden de 150 Psalmen Davids en de gezangen waarvan de tekst in Gods Woord staat uitgedrukt, nl. de berijming van de Tien Geboden tot en met de gebed des Heeren. Wel te verstaan, de berijming van 1773 door de Gereformeerde Kerk in Nederland vervaardigd en in gebruik genomen." (Sinode Bepaling, p.92)

Wat die beryming betref, het die Gereformeerde Kerk hier die gebruik van die 1773 beryming goedgekeur. En daartoe het sy die vryheid en reg, aangesien die Dordtse sinode haar tereg aan geen bepaalde beryming gebind het nie. Die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is hier tewens van alle sogenaamde bekrompenheid vry te spreek, deurdat sy die beste beryming van die Psalms aangeneem het, hoewel dit van die nuwere tyd was. Ons sien dus dat die standpunt van die Gereformeerde Kerk nie so bekromp en onhoudbaar is, as die Vereeniging (ix, 3) dit graag probeer laat deurstraal nie, geen 'ongegronde vooroordeel' is nie, maar inteendeel die enigste geskiedkundige moontlikheid vir 'n Gereformeerde Kerk is.

Dit is opmerklik dat die vier kerkgroepe wat in Holland, Amerika en Suid-Afrika in die 19de eeu tot die Dordtse Leer en Kerkorde terugkeer, offisieël die Gesange afskaf; terwyl die sogenaamde Gereformeerde kerkgroepe, wat die Dordtse Kerkorde vaarwel sê en losser omgaan met die Gereformeerde Leer, 'de Gesange behielden.' Prof. Biesterveld se woorde is waar:

"Het is altijd een slecht teken te achten, dat de warme voorstanders van gezangen gewoonlik werden gevonden in de kringen van hen, die niet of minder zuiver waren in de leer."

Ja, die geskiedenis het meer om te bewys. Haar onwraakbare getuienis is dat geen kerk streng gereformeerd gebly het, wat die gesange gebruik het nie. Daar was steeds 'n wisselwerking. Die losheid in de leer roep om die gesange, en die gesange roep om die losheid van die leer. Die geskiedenis het dus die keuse van ons vaders geregverdig, en ons treur nie met soveel ander, wat meen dat die ou vaders ons 'n grote ondiens aangedoen het nie, deur beslis te kies vir die Psalms en teen die Gesange. Inteendeel, bewonder ons die diepe insig wat hul gehad het tot in die verre, verre toekoms. Ons bewonder die profetiese blik van 'n Calvyn; van 'n Filips van Marnix, wat reeds in die 16de eeu hom teen die invoering van Gesange verklaar het, uit "vrees dat deur die invoering van feilbare mensewerk skadelike dwalinge in die kerk sou kan insluip."

Psalms en gesange
Teen hierdie oortuigings van ons vaders, word verskillende bedenkings ingebring:

Die Gereformeerde Kerk beweer dat die Psalms van goddelike oor-sprong is, en daarom kry dit die voorkeur. Toe een van ons dit by ‘n feestelike geleentheid van die Gereformeerde Kerk aanraak, kom die Vereeniging daarteen in verset met die volgende woorde:

"Maar die Gesange is ook van goddelike herkoms, elke evangeliese gedig is dit. Dit is die Heilige Gees wat die digter die waarhede ingee wat hy in sy lied opneem" (LX, 9).

Hier is dus die hoogste woord uit. Om die Gesange te verdedig, word beweer dat dit deur die Heilige Gees ingegee is. Gevolglik staan die Gesange gelyk met God se Woord! Want, let wet, die Gereformeerde Kerk het nooit geleer dat die Psalmberyming ingegee (geinspireerd) is, maar alleen die Psalms self. Ons maak ‘n onderskeid tussen ingewing (inspirasie) wat alleen aan die Bybelskrywers ten dele geval het, en verligting (illuminasie), wat ‘n gawe is wat aan alle gelowiges geskenk is.

So kom mens dan daartoe om die Gesange selfs hoër as die berymde Psalms aan te slaan, want terwyl die Psalms self deur die Heilige Gees ingegee is, vra ons vir die beryming geen hoër eer as dat dit onder verligting van die Gees tot stand gekom het nie. Die Gesange, volgens die Vereeniging, is egter ingegee en staan dus gelyk met die Bybelboeke!

Die leerling gaan egter gewoonlik verder as sy leermeester. Terwyl die versamelaars van die Evangeliese Gesange in hul voorrede nog erken dat: “die Psalms dit boven alle andere dichtstukken vooruit hebben, dat zij van goddelike herkomst zjn,” sê hul volgelinge tans: “neen, de Psalmen hebben dit niet boven alle andere dichtstukken vooruit, want de Gezangen zijn ook van goddelike herkomst”! Sou die redakteur van die Vereeniging bogenoemde geskryf het, as hy eers die voorrede van die Gesange gelees het?

lnderdaad is die verheffing van die Gesange bo die Psalms ‘n treffende bewys van die groot geestelike oppervlakkigheid van ons dae. Nie eers die invoerders van die Gesange self, dink so daaroor nie. Dr. Bennink Janssonius, ‘n verdediger van Gesange, sê:

"Het psalmboek bleef steeds volgens hetgeen er door mannen als Jorissen, Van den Berg, Feith geschreven werd, de plaats der ere behouden. De gezangen zouden bij de openbare Godsdienst gebruikt worden maar - nevens het boek der psalmen. Bij het aanbieden van het gezangboek verklaarden de afgevaardigden dat de psalmen dit boven alle andere dichtstukken vooruit hebben dat zij van goddelike herkomst zijn en zij gaven hiermee hun overeenstemming te kennen met de voorgangers die de voortreffelikheid der psalmen boven alle andere liederen op deze grond zo sterk hadden uitgesproken.” (Gesch. Kerkgezang, bls. 238).

Tog ook hierdie les het die geskiedenis ons geleer, dat orals, ook in Suid-Afrika, waar gesange ingevoer word, “die Psalms eers teruggedring en daarna opsy gesit word,” soos prof. (W) Heyns dit gestel het. En daarom verwonder ons ons nie veel oor die buitensporige hulde, wat die
Vereeniging aan die Gesange bring nie. “De vraag is, “ zo gaat prof Heyns voort,

"of wij de gouden kleinooden van David er voor missen willen, of wij ze daarvoor willen inruilen, want de geschiedenis heeft genoeg bewezen dat het daarop neerkomt... En buiten dit alles, waar is nog de Gezangenbundel, die het bij de Psalmen halen kan in die toon des geloofs, die uiting van godzaligheid, van diepe verootmoediging, hooggestemde jubel en verheerliking Gods, van de diepten van het gemoedsleven?” (Liturgiek, bl.129)

Die ‘Christelikheid’ van die Psalms
Verder bekla die Vereeniging dit dat “de Gereformeerde Kerk nog zingt niet christelik, niet nieuwtestamenties is; het is israelieties en oudtestamenties. Waar het NT over Christus roept: Hem zij de heerlikheid in alle eeuwigheid, is het Psalmboek stom."

Ag ja, ons vaders was tog sulke eenvoudige mense, dat hulle volgens die Vereeniging, nie daarvan bewus was nie! Maar nee, dit was manne wat opgevoed was in die lydingskool wat waarlik nie nodig het om by ons goddelose 20ste eeu te leer nie! Datheen, die oue berymer van die Psalms, sê in sy voorrede dan ook:

"dat alles wat tot het rechte geloof, tot een godzalig leven, tot geduld en lijdzaamheid van node is, in Davids psalter is te vinden, zodat deze met recht een kleine Bijbel mag genaamd zijn."

Datheen beroep hom verder op die woord van die kerkvader Athanasius, wat leer:

"dat al die artikels van ons christelike geloof, naamlik van die enige, ewige, oneindige, goddelike Wese, van die drie-eenheid van die Persone, van die ware goddelike en menslike natuur van Christus, van Sy lyding, sterwe, begrafnis, neerdaling na die hel, ens., in die Psalms van Dawid grondig, klaar geleer, en bevestig word."

Wie dus sy Psalmboek ken, weet maar te goed hoe van al hierdie dinge heerlik gesing word in die 'klein Bybel.' Hoe vreemd was dit dan nie ook gewees om van die redakteur van die Vereeniging te moes lees nie: "Als men de Gereformeerde Kerk zou toeroepen: Gij verbiedt dat men de Christus 'Gods love' - wat zou zij kunnen antwoorden?"

Wat sou ons antwoord? Wel, dat die redakteur wat so ingenome is met sy Gesange, hom blykbaar nie herinner aan die bekende verse van Ps.118:13 nie:

Gezegend zij de grote Koning,
Die tot ons komt in 's Heeren naam!
Wij zeegnen U uit 's Heeren woning;
Wij zegenen U al te saam.

Maar die Vereeniging gaan nog verder en dig ons toe: "Gelijk in de hemel gezongen wordt, wil de Gereformeerde Kerk niet." Die redakteur sou dit nie geskryf het nie, as hy maar sy Bybel oopgemaak het en daarin ondersoek het wat wel in die hemel gesing word. Wat word in die hemel gesing? Die kort inhoud daarvan vind ons in Op.15:3: "Hulle het die lied van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, gesing." Is dit nie ook te Ou Testamenties en te Joods nie? Want Moses is die middelaar van die Ou Testament en 'n Lam laat 'n mens tog te veel dink aan die Mosaiese offerdiens! Lees egter verder wat daar staan in Op.15:3,4. Die woorde van die lied van Moses en die Lam word daar gegee:

Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtig;
regverdig en waaragtig is u weë,
o Koning van die heiliges!
Wie sal u nie vrees nie, Here,
en u Naam nie verheerlik nie?

En waaraan is hierdie woorde ontleen anders as aan die sogenaamde 'ouderwetse, Israelitiese, nie-Christelike' Psalms (111:2;139:14;145:17) !

Sal die Vereeniging nou nog wil volhou, dat ons nie sing wat in die hemel gesing word nie? En sal die blad nou nog enige waarde heg aan sy ander teenwerping, wat soos volg geformuleerd is: "De enige naam ons gegeven - Jesus Christus - komt in de Psalmen niet eenmaal voor?"

Immers, in die hemellied van Op.15, kom die naam ook nie voor nie, alhoewel dit 'n lied is van die Lam. Ewemin vind 'n mens die naam in Op.5. Ons lees alleen van die Leeu uit Juda se stam, van die wortel van Dawid, van die Lam! Is hierdie liedere dan nou ook te oud-testamenties en te Joods, sodat die Evangeliese Gesange nou 'n onmisbare hulp moet aanbied?

Die Psalms en die Martelare
Dit moet egter duidelik gesien word dat die hele redenering van die Vereeniging uitgaan van die veronderstelling dat daar deur die mens ‘n liederebundel saamgestel kan word, wat God se eie liederebundel - die Psalms – oortref. En dit is immers onmoontlik. Die boek van die Psalms is onoortrefbaar, want dit is die werk van God se Heilige Gees.

Vandaar ook dat Christengelowiges van alle eeue en die martelare van alle nasies in hierdie heilige woorde uitdrukking gesoek het van hul doodsbekleming of hul wonderlike verruimde gemoed.[1] Tereg kan prof. Wichelhaus sê: “Geen boek der wereld is zoveel gelezen geworden en mel zoveel tranen van smart en vreugde benat.” Die boek van RE Prothero, The Psalms in Human Life, waarin hy aanwys hoe die Psalms alle eeue die troosboek by uitnemendheid was vir alle worstelende siele, is hierin baie leersaam. Wat hy meedeel aangaande ons Hugenote voorvaders, is ook baie leersaam; hoe hul geleef en gely het met die Psalmboek en daarmee genoegsaam was. Ons gee ‘n paar aanhalings uit hierdie boek, omdat ons as kinders van die Hugenote moet leer om ons Psalms te waardeer en dit nie te laat verdring deur latere ingevoerde en ongereformeerde liedere nie. Met de Psalmen, zegt Prothero o.a.,:

"is saamgevlochten de geschiedenis van het Frans Protestantisme.... De vergadering van de verbannen en vervolgde Hugenoten werden samengeroepen door het zingen der Psalmen; in wouden en grotten, in kerkers, in ballingschap in Amerika, klonken de Psalmen nog van de lippen den stoere Protestanten. ... Om de Psalmen Davids te kunnen zingen verlieten mensen hun vaderland en zochten de afgelegen schuilplaatsen der aarde op. Francois Leguat en zes metgezellen zochten een tehuis op het eiland Rodriquez in de Indiese Oseaan, opdat zij zich daar ongehinderd mochten overgeven aan de vertroosting van Godes prijs te zingen. Het gezicht van deze zeven vluchtehingen, saamvergaderd om de Psalmen van David te zingen in een anders onbewoond eiland, is een wonderlik beeld in de verbeelding opdoemend, en een bewijs voor de standhoudende kracht van de Hebreeuwse liederen.

Is dit nou nie vreemd, dat ons waarlik vrome vaders in hul bitterste lyding, genoeg gehad het in die Psalms nie, ja selfs uit hul land gevlug het net om dit in vryheid te kan sing nie; en dat ons, wat ‘n gemaklike en ‘n nie-vervolgde lewe lei, dadelik ‘n behoefte aan Gesange het om ons gemoedere te streel? Is ons gemoeds- en godsdienslewe dan miskien soveel dieper en ryker as hulle s’n? Nee, ons vrees dat die teenoorgestelde waar is. Vandaar dat die Psalms nie meer in die smaak val nie en die meeste sogenaamde Gereformeerde Kerke liewer vir die grootste gedeelte, Gesange sing.[2]

Tussen hakies moet ons hier nog iets bysê. Om voormelde redes, sal mense wil weet ‘wat ons moet doen oor die sang’ in ons heidengemeentes. Die Vereniging hoef nie ongerus te wees nie. Die Psalms is ook vir die heidene bestem, meer as enige ander lied, juis vanweë hut algemene karakter.[3] Hier is dit ook leersaam wat Prothero meedeel van ‘n “edel Saraceen, bekeerd door het gezicht van het Godslam, die zich een Christelik leeraar zocht, de Psalmen uit het hoofde leerde, en naar zijn vaderland terugkeerde om het geloof van Christus te predik” (bl. 24).

Tot die verdere gerusstelling van die gemelde blad, wil ons byvoeg dat haar wens: ‘o moge het spoedig geschieden dat de Gereformeerde Kerk christengemeenten onder de heideenn stichte’ reeds lankal in vervulling gegaan het! En dat in die gemeentes, met de grootste stigting, die Psalms gesing word.

Die beryming
‘n Derde beswaar teen ons standpunt, word deur die Vereeniging soos volg geformuleer:

“Zo dan, als de Gereformeerde Kerk de berijmde psalmen zingt, zingt zij woorden waarvan 8 uit 10 niet geinspireerd - zeg liever – niet bijbelwoorden zijn.”

Hierdie argument hou egter nie steek nie, as dit die bedoeling is om die goddelike herkoms van die Psalms te betwis, en dit neer te haal tot die lae vlak van die gesange. Daar bly nou eenmaal ‘n radikale verskil bestaan tussen ‘n lied wat die vrye uitvloeiing is van die digterlike gemoed, en die beryming van ‘n psalm, wat slegs in rym en maat weergee wat reeds in die leespsalm voor die hand liggend is.

Die verskil, waaroor die Vereeniging so klakkeloos heen stap, word deur dr. B. Janssonius, ‘n sterk voorstander van die Gesange, wel deeglik erken en eerbiedig. Hy sê:

"De nauwkeurige lezer zal zonder twijfel in de gezangen meer dan éene dichterlike zonde vinden, terwijl hij aan de schone dichterlike vorm, waarin der oude Israetiese psalmdichters zijn aangeboden, ene ongeveinsde hulde toebrengt. Maar men zij hier rechtvaardig. Bij de psalmberijming had men enkel te zorgen dat de dichterlike denkbeelden die men in de Hebreeuwse liederen vond, in een waardig kleed werden gehuld." (A.w. bl.265).

Die bedoelde onderskeid moet dus vir almal duidelik wees. Die psalmberymer neem die groot gedagtes van die Heilige Gees oor, en sy werk is slegs om vir die digterlike vorm te sorg; terwyl daarteenoor die digter van godsdienstige liedere voorspin aan die draad van wat ook alles uit sy eie gemoed voortkom.[4] Juis daarom is dit dat die meeste Gesange so sleg daarna uitsien, in vorm en inhoud. Vandaar ook die opmerklike verskynsel dat onder die talle geestelike liedere, daar miskien 50 is ... wat werklik letterkundig goed genoem kan word. Laat ons daarom hierdie gedeelte afsluit met nog ‘n aanhaling van Janssonius, aangaande die psalmberyming:

"Sedert bijna twee eeuwen was daartoe door verschillende dichters ene ongelooflike moeite aangewend om het uiterlike met het innerlike zoveel mogelik in overeenstemming te brengen. Hoeveel zorg had van Marnix zich daarover niet reeds getroost. En hij werd gevolgd door ‘n grote schare van berijmers, die telkens voordeel deden met hetgeen hun voorgangers hadden geleverd, hun gebreken zochten te vermijden en hun schoonheden over te nemen. Ghijsen (zijn bundel was samengesteld uit 17 van de oudste berijmingen) bracht de keur van hetgeen zijn tijd had opgeleverd, bijeen en het kunstgenootschap: Laus Deo Salus Populo, zowel als Voet met zijn vriendenkring hadden alle krachten verenigd, om de psalmberijming te doen beantwoorden aan de eisen van de geest huns tijds die met angstvallige zorgvuldigheid en onvermoeijd geduld ieder regel, ieder woord wikte en woog en polijste en beschaafde, totdat er eindlik aan de vele eisen voldaan was.


3. Die verklaring van 1 Kor.14:26; Ef.5:19 en Kol.3:16
Ten laaste, argumenteer die Vereeniging dat die standpunt van “Psalms alleen”, nie in die Bybel gebied word nie. Inteendeel, so gaan die blad voort, staan daar in die Bybel dat ons onder mekaar moet spreek in psalms, gesange en ander geestelike liedere. Hier word dus verwys na
1 Kor.14:26, Ef.5:19 en Kol.3:16. Die vraag is egter of hier -wat vir die blad 'n uitgemaakte saak blyk te wees- van Gesange gepraat word in die gewone opvatting van die woord. Ons glo dat hier gespreek word van geïnspireerde (onmiddelik deur die Heilige Gees ingegewe) liedere, wat tot die wondergawe (charismata) van die eerste gemeentes behoort het - en ons sal poog om te bewys wat ons beweer.

Dit is eenvoudig ondenkbaar dat die Christene in die vroeë tyd reeds liedere besit het, om gereeld by die openbare eredienste te sing. Van die Nuwe Testament, het toe slegs enkele stukke reeds bestaan en was dit ook nie in die algemeen vir gebruik beskikbaar nie. Daarom was die wondergawes in die vroegste tyd absoluut noodsaaklik om aan te vul wat ontbreek het en was onder meer die openbare diens in vele gevalle 'n onmoontlikheid. So word ook die lied deur die Heilige Gees in die saamvergadering ingegee en gesing, soos dit blyk uit 1 Kor.14:26, waar die 'psalm' by die ander buitengewone gawes genoem word. Die lied wat in Ef.5:19 en Kol.3:16 genoem word, dra dieselfde karakter as die een van 1 Kor.14:26, alhoewel hier drie benaminge gebruik word, wat egter nie drie streng afgeskeie begrippe uitdruk nie.

Hierdie verklaring van 1 Kor.14:26, vind 'n mens ook by prof. Godet:

"Het is daarom een psalm, gelijk die waarvan gesproken wordt in Kol.3:16 en Ef.5:19 (psalmen, gezangen, geestelike zangen); een zingen en noi, met helder verstand (vs.15). Het schijnt mij onwaarschijnlik toe, dat Paulus het oog heeft op een Oud Testamentiese psalm of een reeds bestaand Christelik gezang, gereciteerd of gezongen. Het woord echein hebben, verhindert niet dat het een improvisatie (iets dat voor de vuist wordt voorgedragen) is. Want, gelijk door Holsten opgemerkt is, wordt de term later gebruikt bij een tong (vreemde taal) en haar uitlegging, welke rechtstreekse uitwerkselen zijn van des Geestes werking.

Met hierdie verklaring, stem dié van prof. Heinrici ooreen (sien Meyer kommentaar op 1 Kor.14:26):

"Het verstandig lofzingen, hetwelk met de nous (verstand) geschiedt wordt bedoeld (vgl. vs.15). vgl., Heinrici I 55, Ef.5:19, Grot. vergelijkt de improvisatoriese (voor de vuist uitgesproken) liederen van Simeon, Debora e.a."

Ook die bekende Geschiedenis van de drie eerste Eeuwen der Christelijke Kerk door De Pressensé, gee dieselfde getuienis op bl.608:

"Heeft iemand een Psalm, dat hij hem doe horen, zegt de Apostel, 1 Kor.14:26; Ef.5:19; Kol.3:16. Hier is blijkbaar sprake van een nieuwe gezang dat door de Geest Gods aan een lid der vergadering ingegeven werd."

En dat hierdie genoemde lied saam met die ander wondergawes -wat gegee is om die gemeentes te grondves- sedertien verdwyn het, getuig dieselfde skrywer in die volgende woorde:

"Er is geen enkel gedenkstuk van die eerste Christelike psalmen overgebleven, omdat ze evenals hare gebeden uit volkomen vrije beweging des gemoeds voortkwamen en zich in die dagen van waarachtige bezieling in het overvloedige vermenigvuldigden."

Dieselfde beweer prof. Heyns in sy Liturgiek, waar hy onder meer opmerk:

"Wie bij zulk 'n opvatting van deze tekst (1 Kor.14:26 en Ef.5:19) er een gebod uit zou willen lezen, om in onze godsdienstoefeningen gezangen te zingen, zou voorbijzien, dat de daar bedoelde wondergaven nu verdwenen zijn."

Met hierdie getuienis van manne wat vele verskillende rigtings verteenwoordig, sal die leser duidelik sien dat die beroep op genoemde tekste onhoudbaar is. Ten oorvloede word dit in hierdie tekste gesê dat hierdie Heilige Gees ingegewe liedere is, wat tot die wondergawes van die eerste gemeentes behoort het, en ook saam met die wondergawes in sy geheel verdwyn het. Tevergeefs soek die voorstaanders van die gesange wat later gemaak is, in hierdie tekste krag vir hul eie standpunt. As die mense dan vra, maar wat is gesing na die verdwyning van die wondergawes, dan is die antwoord, dat alleen met sekerheid gesê kan word: die Psalmbundel was die 'lieflingsboek' in die oudste christelike Kerk (vgl. prof. Kruyf, Liturgiek, p.85).

Is hierdie houding van die oudste christelike kerk,[5] vandag ook die houding van die wat hulle op die eerste christene beroep maar tog liefs die Gesange sing?

Die suiwere leer en die Gesange
Noudat ons die geskiedenis geraadpleeg het, sal ons nou daartoe oorgaan om te ondersoek wat die leer ons aangaande hierdie saak leer.

Die Vereeniging stap heel gemaklik oor hierdie kwessie, deur te verklaar:

"Laat goed verstaan zijn dat er niet door de Gereformeerde Kerk geobjecteerd wordt tegen de Gezangen, als bevattende valsche leer — onchristelijk of ongereformeerd. Want zoodanige valche leer is daarin niet te vinden.” (IX. 3).

Hoe iemand die posisie van sy teenstander kan aanval sonder om eers die posisie onder oog te hê en eers te verken, is vir ons eenvoudig onbegryplik. Dit is egter wat die Vereeniging doen. Daar word eenvoudig beweer dat die Gereformeerde Kerk geen beswaar het teen die leer van die Gesange nie, terwyt dit juis een van haar hoofbesware is!

Wat is die feite?

Teen die leer van die Gesange bind Jacobus Klok in 1834 die stryd aan, toe die Afskeiding in Nederland plaasvind. Ook ds. H de Cock, die vader van die Afskeiding doen dieselfde. Sy geskrif is getiteld:

"De zoogenaamde Evangelische Gezangen, de oogappel der vervoerde en verleide menigte in de Synodaal Hervormde Kerk, ja zelfs nog van sommige van Gods kinderen uit blindheid, en omdat zij dronken geworden zijn door de wijn harer hoererijen, nader nog getoetst, gewogen en te ligt bevonden, ja strijdig met al onze Formulieren van Eenheid en Gods Woord, door H. de Cock, Gereformeerde leeraar onder bet kruis om Jezus Christus wil, van Ulrum."

In hierdie boekie van 64 bladsye, staaf hy met menigvuldige aanhalings wat hy in die titel beweer, nl. dat die Gesange strydig is met die Gereformeerde leer en met Gods Woord. Dieselfde verskynsel openbaar hom ook hier in Suid-Afrika. Die vaders van die Afskeiding, wat van die regsinnige ‘outeurs’ deursuur was, voel maar te goed dat die Gesange ‘n ander leer bring. En ook hul teenstanders hou met hul beswaar rekening; vandaar dat ds. Murray, snr., na Colesberg kom met die voorstel: “dat de jongelieden, die lidmaat zouden worden, een belofte moesten afleggen, dat de Evangeliese Gezangen de ware leer is.” (zie prof. Cachet, Eenige Opmerkingen, blz.48).

Dat die Vereeniging egter teen al hierdie feite in kan verklaar dat daar by ons geen beswaar is teen die leer van die Gesange nie, is onbegryplik, indien die blad maar enige moeite gedoen het om met die Gereformeerde standpunt kennis te maak. Die feit bly egter staan dat een van ons 5 hoofbesware teen die liedere, juis die leer is, wat dit bevat. Op hierdie punt wil ons nou ingaan.

Om nou die inhoud van die Gesange te kan begryp, moet ons eers wys op die tyd waarin dit versamel en opgestel is. Prof. Geesink (Beknopte Overzicht ens., bl. 13 e.v.) sê:

"Wel was het gereformeerde beginsel uit de kerken nog niet geweken, en telde men onder de predikanten en oefenaars nog tal van mannen, die de belijdenis der kerk van harte waren toegedaan; wel was een goed deel van de kleine burgerij den grote steden en de plattelands bevolking aan haar gehecht, doch de grote meerderheid der predikanten en der hoogleraren aan de drie Hogescholen en de athenaea, de toongevende kringen, onder de gereformeerde naam ‘verkapt remonstrants.’ De theologie van de dag was ... rationeel supranaturalisme (een soort redegodsdienst) ... Heilzoekend in het ‘juiste midden’, was zij echter afkeriger van het gespierde Calvinisme[6] der vaderen dan van het al te stoute liberalisme ... Doch hoe toegevend ook voor de linkerzijde (het liberalisme) deze richting van het ‘juiste midden’ kende geen genade, waar het de rechterzijde gold (het Calvinisme)."

Prof. Bavinck skets die Nederlandse rasionele supranaturalisme van die begin van die l9de eeu, soos volg (Theol. Richtingen in Tijdschrif van Ger. Theol. ’94, bl. 163 vv.):

"Die richting is niet moeilik te beschrijven: zij munt door oppervlakkigheid uit. Zij wilde niet ongelovig zijn, o neen, zij hield de godsdienst in ere, zij was vroom, zij schatte bijbel en chistendom hoog ... Het was een samenvoegsel van een oppervlakkige christelijke waarheden, die niet uit de diepte der Schrift waren geput en aan de kracht der Gereformeerde belijdenis ten enenmale waren gespeend; een populaire godsdienstleer, welke God veranderde in het Opperwezen, Christus in een leeraar, de mens in een verstandswezen, zonde in zwakheid, bekering in verbetering, heiligmaking in deugd ... Geen wonder, dat deze richting, die altijd de mond vol had van verdraagzaamheid, terstond hare gematigdheid en kalmte verloor, als het de Gereformeerde theologie en de Gereformeerde vromen gold.

Wie nou in die lig van hierdie kenmerkende uitsprake die Gesangeboek deurlees, sal maklik daarin die tyd vind waaruit dit afkomstig is. Op’t Holt sê dan ook:

“Van de oude instellingen niet alleen, maar ook van de oude leer was niets voor het nieuwe proefhoudend, uitgesonderd alleen woorden en uitdrukkingen, die men, om de schadelike nieuwigheden te dekken, nog zou kunnen gebruiken. Het volk was nog het Dordtse leerbegrip toegedaan en hoe dat niet af te keren, maar deelgenoten te maken van de grote verlichting der aangebrokene verlichte eeuw, dat was de vraag. De kerk moest andermaal hervormd worden, maar ditmaal beter dan in de dagen van Luther en Calvijn: dat God is aller mensen liefderijke Vader, dat de mens ontaard maar niet verdoemelik en verloren, in Jezus gelovende en op diens voorbeeld het pad der deugd betredende, op weg ter gelukzaligheid is. Dat was het evangelie en moest de inhoud der evangeliese gezangen zijn. Men moes daarom verzen, liederen, gezangen van zulk ‘n woordenkeus en van zulke uitdrukkingen dat zij niemand afstootten en ‘t verlichte doel bereikten, dat elk dezelve zou kunnen zingen, vlees en geest, het kind Gods en het kind der wereld, de achterblijvende domper en de verlichte" (De Evang. Gez. den Oorlog, bl.11).

‘Nie te veel gereformeerd en nie te veel ongereformeerd nie’, was die leuse van die versamelaars. Na ‘n waarheid sonder hoeke, wat rond is en niemand sal seer maak nie, streef hierdie manne.[7] Tog, Op’t Holt is partydig, sou teengewerp kan word, want hy is ‘n teenstander van die Gesange. Laat ons daarom ook onpartydige getuies inroep.

Die bekende christen-staatsman, Groen van Prinsterer, sê dat die gesangbundel “het teken draagt van velerlei loslating van het kenmerkende der geloofsleer.” De Hervormde predikant, dr. GJ Vos Azn, wat ‘n sterk teenstander van Dr. A Kuyper en die dolerendes was, wat waarlik deur niemand van partydigheid vir die Gesange kan beskuldig word nie, sê:

"Wij hebben geen reden aan de goede trouw der verzamelaars te twijfelen.[8] Maar wij zouden toch hunne verklaring niet onvoorwaardelik durven onderschrijven. Er komen wel degelik denkbeelden in de bundel voor, die in de weegschaal der kerkelike rechtzinnigheid gewogen, veel te licht bevonden worden.” (Gesch. der Vaderlandsche Kerk, bl.208).

Stel nou hierteenoor die Vereeniging se uitspraak dat daar in die Gesangebundel niks onchristelik of ongereformeerd geleer word nie! Maar die Vereeniging verstout haarself deur selfs neer te skryf dat: “al de grote waarheden des Christendoms schitteren er heerlik en onvervalst!”

Laat die redakteur maar weer sy Gesangeboek gaan ondersoek, dan sal hy vader de Cock gelyk moet gee as hy sê in sy tevore aangehaalde geskrif “Wat de deugd van Gods Rechtvaardigheid aangaat, hieromtrent zoekt men tevergeefs den opzettelike behandeling onder de rubiek van Gods deugden en volmaaktheden?” (bl.22). Hierdie voorname leerstuk skitter tog nie heerlik en onvervals nie! Ja, hierdie versuim het nie per ongeluk voorgekom nie, maar strook volkome met die leer van die dag, nl. God is nie so streng regverdig en strafeisend nie. Hy is die liewe Vader van almal, sodat die ‘algemene genade’ vry verkondig kan word!

En hierdie versuim is meteens kenmerkend van die hele bundel. ‘n Mens moet by die Gesangebundel nie net vra wat dit sê nie, maar veral wat dit verswyg.[9] En hierin is sy valse karakter kenbaar. Immers, die Apostel Johannes (2 Joh 10), sê vir ons: “As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie”. Dit is nie genoeg om te ondersoek of ‘n valse leer soms ingebring word nie, o nee, die verleiding is gewoonlik fyn, dat ‘n mens moet vra of die ware leer nie soms verswyg word nie. En dit is die geval met vele Gesange. Self al is ‘n gesang nie onbybels nie, dan kan dit wel in sy verswyging van die goddelike waarheid antibybels wees. ...

redakteursnota: In die laaste gedeelte van hul geskrif, gaan Totius en prof. Cachet dan voort om ‘n paar Gesange van hul tyd krities te bespreek en te ontleed,[10] en sluit dan af met die volgende woorde:

Ten slotte
Roep ons ons lesers toe: Waak oor die geloofsleer wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Volhard in die spoor van u vaders. Waak ook oor u kinders. Hoewel geen dogma op die skool mag kom nie, en dus ook geen gesang nie, gebruik mense nogtans die skool as instrument om ons kinders meer en meer te wen vir die loon en inhoud van die Gesange.

Daarom, nog eens, waak oor u kroos!

Notas:
[1] Daarom beveel die Skrif tereg: “Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.” – Jak.5:13.

[2] Hier kan bygevoeg word dat, omdat ons nie meer die verbond van die Psalms ken nie, omdat ons nie meer die Christus van die Psalms raaksien nie, daarom smag ons na gesange!

[3] Ds. LS Kruger berig van die swartman, Dawid, wat diep onder die indruk van ds. Dirk Postma se prediking gekom het, en ook evangelisasiewerk onder sy eie mense gedoen het. Hy skryf verder: “Toe Dawid by ‘n volgende geleentheid ds. Postma weer hoor preek het (waar hy gewoonlik in die skure van die burgers opgetree het), het ‘n ou man hom verwyt en gesê dat ds. Postma dan nie Gesange laat sing nie. Die grys ou jong (Dawid) het daarop geantwoord: ‘My baas, dis niks. Jy sien die boer die maak so ‘n klein gaatjie by die bult, hy kry bietjie water, die water loop so ‘n klein straaltjie in die klein dammetjie. So hy is die Gesang. Maar jy sien, die reent die kom somaar oor die bult en berge en valleie en staan somaar oral vol. So hy is die Psalm.’ ” Waarom is u Lid van die Gereformeerde Kerk ? 1956, p.65.

[4] Psalm 14; Jer.17:9; Matt.15:19; Rom.3: 10-19; ens., moet ons opnuut waarsku om nie ons eie liedboek uit te dink vir die lofsang aan God nie.

[5] Dit was ook die houding van die 16de en 17de eeuse reformatoriese kerke en konfessies.

[6] Die ‘gespierde calvinisme’ het seker verwys na die gereformeerde leer, soos dit vasgestel is deur die ‘drie kanonne’ (nie windbukse nie!) van die Sinode van Dordt (1618/19), naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtste Leërreëls. Dit is veral laasgenoemde wat die gelowige ‘n ‘gespierde’ borskas van die geloof gee (Ef.6:10-20), om die vyandige pyle van die postmoderne humanisme en die arminiaanse metodisme vandag suksesvol af te weer!

[7] Die teologie in die algemeen en die sang in die erediens word ook vandag deur die ekumeniese tydsgees en die menseregtekultuur gemanipuleer, soos dit bv. openbaar in die anti-verbondsbeskouing; anti-wraakpsalms, anti-God se skeppingsordeninge, ens.

[8] Dit gebeur baie dat in ons ywer om goeie dinge te doen, ook al is dit vir die kerk, ons ongehoorsaam kan wees. Ons dink ons goeie bedoelings of ywer, verskoning ons ongehoorsaamheid en word baie ontstoke as ons werk aangespreek word. Dit is egter nie ons ywer of goeie bedoelings, of die geskiedenis wat die norm is van ons leer en lewe nie maar alleen die Goddelike Woord (sien o.a.: HK, vr&antw.91). Paulus getuig van Israel in Rom.10:2, “dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.” In hierdie gedeelte (Rom.9,10) gaan dit spesifiek oor die Jode wat ‘n valse geregtigheid opgerig het los van God se Woord, en sodoende ‘n valse godsdiens aan die mense oorgedra het, wat nie eindig in Christus soos die Wet en Profete self van getuig het nie (v.3,4; sien bv. Ps.110). Calvyn se kommentaar en toepassing uit hierdie gedeelte is treffend: “Laat ons hieruit leer waarheen ons goeie bedoelings ons mag lei, as ons daarvoor buig. Dit is ‘n algemene gevoel dat di ‘n goeie en gepaste verskoning is, wanneer iemand tereg­gewys word, dat hy voorgee dat hy geen kwade bedoelings gehad het nie. En hierdie voorwendsel word deur baie onderhou vandag, sodat hulle nie hul verstand gebruik om die waarheid van God te soek nie, want hulle dink dat alles wat hulle doen deur onkunde, sonder enige voorafbeplande kwaadwilligheid, en met goeie bedoelings, verskoonbaar is. Maar geeneen van ons sal die Jode verskoon vir die kruisiging van Jesus nie, vir hulle vervolging van die Apostels, en vir hulle poging om die Evangelie te vernietig nie, en tog het hulle dieselfde verdediging as dit waarin ons selfversekerd roem. Weg daarom met hierdie leë verskonings aangaande goeie bedoelings. As ons God opreg soek, laat ons dan die pad volg waarvolgens ons alleen by Hom kan kom, want dit is beter, soos Augustinus dit stel, om eerder mank te loop in die regte pad, as om met al ons krag van die pad af te hardloop. As ons werklik godsdienstig wil wees, laat ons daarom onthou wat Lactantius leer wat waar is: dat ware godsdiens alleen dit is wat verbind is met die Woord van God. En verder, aangesie ons sien dat hulle wat met goeie bedoelings in die donker wandel vergaan, laat ons dit in gedagte hou dat ons ‘n duisend sterftes werd is, wanneer na ons verlig is deur God, en dan kennelik en doelbewus afdwaal van die regte pad.”

[9] Dit is ‘n vraag wat aan aan elke beryming gevra moet word.

[10] Daar word o.a. gewys hoe die ‘algemene genade vir alle mense’ dwaling (dat God gunstig/genadig is oor alle mense), ook in die gesange te vinde was, asook die mens se vermoë om met sy eie hart teen die sondes te stry, en dan skryf hul: ‘die Skrif leer (egter) dat God alleen die uitverkorenes in Christus in genade aansien. ... Die Skrif sê dat ‘die genadegawe is die ewige lewe deur Jesus Christus onse Here (Rom.6:23)’ en dat die hart juis ‘ons ongeregtigheid is en die Heidelbergse Kategismus o.g.v. Gods woord geen ander redmiddel ken as die wedergeboorte deur die Heilige Gees nie (vr.8)’

Wednesday, February 14, 2007

Eiewillige godsdiens, deur ds. PJ De Bruyn

EIEWILLIGE GODSDIENS
Ds. P.J. de Bruyn
(Die Kerkblad, 13 Julie 1966, bl.5)

Baie Christene se geloofslewe word geruïneer deur eiewillige godsdiens. Om dit te kan verstaan, moet ons goed begryp wat eiewillige godsdiens is.

Eiewillige godsdiens beteken volgens ons Kate­gismus dat ons God op 'n ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel (Antwoord 96).[1] Eiewillige godsdiens word by ons gevind wan­neer ons God dien soos óns wil en nie soos Hý wil nie.

In ons diens aan die Here word niks aan eie smaak, of willekeur oorgelaat nie. Dit is nie óns wat bepaal hoe en wanneer God gedien moet word nie, maar Hy self. Godsdiens is trouens alleen dan ware diens aan God as ons te alle tye doen wat Hy wil en nie wat ons wil nie.
­
Aan hierdie eiewillige godsdiens het Israel hulle veral skuldig gemaak in die tyd van die rigters, want van hulle word gesê dat elkeen in dié tyd gedoen het wat reg was in sy eie oë (Rigt.21: 25). Let wel: hulle het nie gedoen wat reg was in die oë van God nie maar wat reg was in hulle eie oe.

Eiewillige godsdiens is in werklikheid niks an­ders nie as 'n verheerliking van die eie ek onder die skyn van diens aan die Here. Dit val ‘n mens ook op hoe mense wat hulle aan hierdie sonde skuldig maak, gedurig die nadruk op die eie ek met sy verlange en begeertes lê. Altyd moet jy maar weer hoor: Ek doen wat ek wil. Ek gaan kerk toe as ek lus het. Ek gee bydraes soos ek meen wat reg is. Ek lees die BybeI en bid wanneer dit my pas.

Onder die dekmantel van diens aan die Here kniel die mens wat so spreek eintlik neer voor die afgod van sy eie ek.

Ons moet goed besef dat daar net twee moontlikhede is: Of ek is voorwaardelik gehoorsaam aan wat God sê, of ek is gehoorsaam aan wat die afgod van my eie ek aan my sê - en dan pleeg ek afgo­dery. Dan probeer ek om God van die troon af te stoot en self daarop te gaan sit.

Dat God Hom oor so 'n lewenshoudjng ver­skriklik vertoorn, is gewis en seker.

Hoe erg God se toorn oor eiewillige godsdiens is, blyk duidelik uit die geskiedenis van Nadab en Abihu, die seuns van Aäron (Lev.10:1-5).

In die tempeldiens wat hulle moes verrig, moes hulle vuur neem en reukwerk daarop blaas om so ‘n reukoffer aan die Here te bring. Maar in die neem van die vuur het hulle nie presies gehandel soos die Here beveel het nie. En daarom word daar gese dat hulle vreemde vuur voor die aangesig van die Here gebring het. Hulle het hulle nie deur die Here laat voorsê hoe die vuur moet wees wat hulle moes neem nie maar hulle het hulle eie idees gevolg! Daarom was dit vreemde vuur. Hulle het God op 'n ander wyse vereer as wat Hy in sy Woord beveel het. En so groot was die toorn van die Here oor hierdie eiewillige godsdiens dat daar vuur van sy aangesig af uitgegaan het wat Nadab en Abihu verteer het.

Vir hierdie geskiedenis kan ons nog duideliker merk wat die aard en karakter van eiewillige gods­diens is. Hieruit blyk dat die mense wat dit be­oefen, bekend is met God se Woord as rigsnoer vir die lewe en hulle wil ook nog daaraan vashou, maar dan net sover dit nie in botsing met die eie gedagtes en begeertes kom nie.

By sulke mense, soos by Nadab en Abihu, is van openlike goddeloosheid wat van God en sy diens niks wil weet nie, geen sprake nie. Uiterlik is daar nogal heelwat Christelike vertoon. Maar as dit van hulle geëis word om te alle tye te doen wat God sê, dan is daar baie verskonings. Dan doen elkeen liefs wat reg is in sy eie oë en nie wat reg is in die oë van die Here nie.

Eiewillige godsdiens is uiteindelik ’n godsdiens waarin daar vir Christus geen plek is nie, want by Christus vind ons presies die teendeel van wat ons vind by die wat hulle aan hierdie sonde skuldig maak. Christus het die gebooie van sy Vader tot in die fynste besonderhede onderhou. Self het Hy die verklaar dat dit sy spyse is om die wil te doen van sy Vader wat in die hemele is (Joh.4:34).

En nou word Christus hier nie maar net as voor­beeld van getroue gehoorsaamheid aan die Vader aan ons voorgehou nie. Nee, deur die geloof moet ons aan Christus verbonde wees soos die ranke aan die wynstok sodat dieselfde Gees en derhalwe dieselfde gesindheid wat daar in Hom was, ook in ons kan wees. Dan sal dit inderdaad ons begeerte wees om God op geen ander wyse te vereer as wat Hy in sy Woord beveel nie.

Dan sal ons ook waarlik van harte kan sê.

Net om U wil te doen soos in u Boek
- die wonderskrif wat nooit vergaan –
dit klaar van my geteken staan -
dit wil ek, Heer, van ganse harte soek.

_________________________________

[1] Opmerking deur S. Le Cornu: Die negatiewe formulering van hierdie frase soos dit in ons belydenis by v/a 96 gevind word, stel die kontras tussen eiewillige en ware godsdiens nog sterker (1982): “... en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.” Die oorspronklike Duits gee die begronding vir hierdie belangrike aspek (1563): “... noch auff irgend eine andere weise ...”; die Latyn (1563): “... néve ulla alia ratione eum colamus ...”; die Nederlands (1611): “... noch op gheen ander wijse vereeren ...”; (Oberholzer, J.P. 1986. Die Heidelbergse Kategismus in vier teksuitgawes, met inleiding en teksvergelyking. Pretoria, Kital: p.132).
Die Duitse bywoord/adjektief “irgend”, dui op “... intensifying indefiniteness of following pronoun or pronominal comparitive/compound ...” (Cassell’s German Dictionary, 1980: p.328), d.w.s. dit wys op (a) die onbeperktheid van dit wat volg, en (b) wat na hierdie woord volg word verder of nog meer versterk en beklemtoon as dit wat voorafgegaan het. Daarom kan antwoord 96 met die laasgenoemde opmerking as motivering, as volg geparafraseer word ten einde die bedoeling nog duideliker na vore te bring: “Nie net mag ons die heilige God van hemel en aarde op geen enkele manier probeer afbeeld nie, maar soveel te meer mag ons op géén ander manier Hom probeer vereer en aanbid, as wat Hy ons in sy heilige Woord beveel het nie !” Die tweede deel, positief geformuleer: “Ons mag God alleen vereer en aanbid soos Hy in sy Woord presies beveel het.”

SONDAG 35: Ursinus se verklaring van die tweede gebod

SONDAG 35: Ursinus se verklaring van die tweede gebod


[Vertaal in Afrikaans deur S. Le Cornu vanuit “HET SCHATBOEK der verklaringen van de Heidelbergse Catechismus. Uit de Latijnse lessen ZACHARIAS URSINUS.[1] Opgemaakt door David Pareus. Vertaald Deur Festus Hommius. Vervolgens overzien door Johannes Spiljardus en Joan van den Honert. Nu in het hedendaags Nederlands herschreven en van een inleiding voorzien door ds. J. van der Haar. Deel 2: Zondag 25t/m 52. Houten: Den Hartog. Derde druk, 1997 (1980). Nota: Hierdie is ‘n vertaling van die eerste deel van Ursinus se behandeling van v/a 96, p.268-272.]

Inleiding deur S. Le Cornu
Die regulerende beginsel van die Erediens/Aanbidding (RBE) leer dat ons God “op geen ander manier (moet) vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie” (HK, v/a 96). Hierdie beginsel word dan ook eksplisiet en implisiet in ons gereformeerde belydenis gevind, o.a. NGB artikel 7; artikel 32; 34, 35 en vraag en antwoord 91 en 96 van die HK.[2]

Tydens ‘n lesing gehou by die 2001-International Conference of Reformed Churches (ICRC), stel ds. GI Williamson dit dat die RBE:

"... nog nooit êrens helderder uitgedruk is as in die Heidelbergse Kategismus nie: ‘Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie, en Hom op geen manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.’ … Ursinus … het dit as volg verduidelik: ‘Die doel en die rede vir hierdie gebod is dat die ware God … vereer moet word op die manier … wat Hom behaag, en nie deur ‘n erediens volgens die verbeelding en gedagtes van die mens nie … (en) dat die erediens van God soos dit voorgeskryf is, suiwer en onvermeng bewaar moet bly.’ Of sommer kortweg: ‘Om God waarlik te vereer, beteken om Hom te dien op die manier wat Hy self voorgeskryf het ...’ "

Gijsbert Voetius, ‘n afgevaardigde na die Sinode van Dordt (1618/19), beantwoord in sy kommentaar op die Heidelbergse Kategismus aangaande die tweede gebod (Sondag 35), met verwysing na Deut.4:2; 12:32; Matt.15:9; Kol.2:21-23, die vraag hoe die tweede gebod verbreek word, as volg:

"Wanneer men hem door beelden wil eeren ende dienen, ofte wanneer men hem wil dienen op soodanige wijse, die daer directelick tegen Godts woort strijt, ofte die buyten Gods woort is, gefondeert op instellingen van menschen, of op ons eygen goetduncken; gelijck geschiet onder die van’t Pausdom door hare ceremonien ende menschlicke traditien."[3]

Dit is daarom vreemd as sommiges nogsteeds dit probeer voorstel asof die regulerende beginsel slegs ‘n presbiteriaanse/puriteinse beginsel is,[4] en dus nie ook ‘n beginsel is wat uit die kontinentale gereformeerde wêreld gegroei het nie, d.w.s. uit die kerke van die Drie Formuliere van Eenheid nie.[5]

Hierdie ongeldige bewering is egter niks nuuts nie. Die bekende Anglikaanse teoloog en skrywer, J.I. Packer, skryf: “The idea that direct biblical warrant, in the form of precept or precedent, is required to sanction every item included in the public worship of God was in fact a Puritan innovation, which crystallised out in the course of the prolonged debates that followed the Elizabethan settlement.”[6]

Derek Thomas antwoord die aanklag as volg:

"Om soos Packer te suggereer dat die regulerende beginsel ‘n “Puriteinse nuwigheid” van die ‘Elizabethan settlement’ is, is heeltemal vals. Calvyn het in ‘n aanhangsel tot sy Formulier vir die bediening van die Doop, vir gebruik in die kerk van Geneva, soos volg geskryf:
'Ons weet dat op ander plekke daar baie seremonies is wat baie oud is, maar omdat hul uit eie plesier uitgedink is ... is dit onbelangrik, omdat dit uitgedink is sonder die gesag van God se Woord; en omdat, aan die anderkant, soveel bygelowe daaruit ontstaan het, dat ons geensins daarin getwyfel het om dit af te skaf nie, sodat daar niks is wat die mense keer om direk na Christus te gaan nie. Eerstens, wat nie beveel is nie is ons nie vry om te kies nie. Tweedens, niks wat nie dien tot opbou nie moet in die Kerk ontvang word nie.' "[7]

Prof. David J. Engelsma, nadat hy die regulerende beginsel verantwoord het in die lyn van die kontinentale gereformeerde tradisie, skryf as volg:

"In hul verdediging van die regulerende beginsel het beide Ursinus en Voetius (nie puriteine of presbiteriane nie – SLC) hulself as getroue dissipels van Johannes Calvyn bewys, wat die derde verteenwoordiger is van die Gereformeerde tradisie. Ek verbaas my oor die vermetelheid, of onkunde van Gereformeerde teoloë en predikante vandag wat die regulerende beginsel laat vaar en Gereformeerde aanbidding oopmaak vir eiewillige, willekeurige en grillerige seremonies wat progressiewe aanbidding karakteriseer. Of hulle weet nie, of hul gee nie om dat Calvyn die regulerende beginsel geleer het nie. Of hul weet dit nie, of hul gee nie om dat Calvyn daarop aangedring het dat die regulerende beginsel ‘n noodsaaklikheid vir die ware Gereformeerde godsdiens is nie, want hy het die verwerping van die regulerende beginsel gesien as ‘n groot deel van die oorsaak vir die Rooms Katolieke bygeloof en afgodery." [8]

Die doel van hierdie vertaling
Die doel van hierdie vertaling van ‘n gedeelte van Ursinus se verklaring van v/a 96, is om te sien of daar enige gronde is vir ds. Williamson se stelling dat die regulrende beginsel van die erediens (RBE) gegrondves is in die belydenis van v/a 96.[9] Dit is ‘n gegewe dat ons kontinentale gereformeerde tradisie en kerkgeskiedenis nie die term ‘regulerende beginsel van die erediens’ gebruik het nie, maar dit inhoud en saak, ‘Om die HERE te dien soos Hy beveel’ is en was nog altyd daar. Daar is wel verskil onder gereformeerdes oor die spesifieke toepassing van die RBE, maar die beginsel is stewig begrond in die Skrifte en die gereformeerde belydenis. Kom ons kyk wat Ursinus self sê oor vraag en antwoord 96 en die erediens aan die HERE:
_________________________________

SONDAG 35: Verklaring van die tweede gebod

Dat die ware God van Israel door ons reg geken, gevrees, bemin en met godsdienstige eer gedien moet word, is in die eerste gebod voorge­stel, en in die vorige Sondagsafdeling verklaar.

Hoe hierdie enige God gedien moet word, of op watter manier hierdie diens Hom bewys moet wor­d, word vervolgens voorgeskrywe in die tweede gebod, naamlik nie deur beelde, of deur ‘n menslik-uitgedinkte godsdiens nie, maar soos Hyself in Sy Woord ons beveel het.

Daardie gebod word verklaar in hierdie Sondagafdeling, waarin voorgestel word:
1. Die verk1aring, in Vraag 96.
2. Enkele besware tot nadere verklaring beantwoord, in die Vrae 97 en 98.

DIE TWEEDE GEBOD

Exodus 20: 4-6 en Deuteronomium 5: 8-10
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod ?
Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie b).
a) Deut. 4: 15-29, Jes. 40: 18-25, Rom. 1 : 23-25, Hand. 17 : 29. b) 1 Sam. 15 : 23, Deut. 12 : 30-32, Matth. 15 : 9.

Verklaring van Vraag 96

Bastingius. In die eerste gebod is verklaar, dat ons alleen die enige God mag liefhê, eer en dien, naamlik Hy wat Homself aan Sy Kerk in Sy Woord geopenbaar het. Maar hoe hierdie God deur ons gedien en ge-eer wil word, word hier met goeie onderskeiding in die tweede gebod onderwys, te wete nie deur beelde of enige vorm, maar alleen op so ‘n manier soos Hyself in Sy Woord uitdruk en voorskryf, om Sy diens daarvolgens in te rig.

In die tweede gebod is twee sake begrepe: Die gebod se1f, en ‘n vermaning en aansporing tot gehoorsaamheid. Oor die gebod sal ons eerste spreek, en daarna oor die bygevoegde vermaning.
Die doel waartoe die gebod gegee is, is: Sodat ons die ware God, wat in die eerste gebod aangebied word, dat ‘n mens Hom alleen sa1 dien …., reg gedien word; of dat die ware en wettige wettige godsdiens suiwer en onver­vals gehandhaaf en deur geen bygelowige dienste enigsins ontheilig sal word nie.

Daarom wordt hier alle eiewillige, d.w.s. versinde diens van God verbied, en die ware godsdiens gebied, wat uit alle uiterlike en in­nerlike werke bestaan, soos God dit gebied het, en wat gedoen word uit ‘n opregte geloof, in die sekerheid dat die persoon en die werk God behaag ter wille van die Middelaar; voornamelik met die bedoeling, dat God ge-eer en ons hierdeur een reël van die ware godsdiens voorgeskrewe word, dat ons nie alleen die skepsels of bee1de vir geen God hou nie, maar dat ons ook selfs die waaragtige God nog by, of deur beelde, nog op enige andere manier dien, as wat Hy beveel het.

En dat ons die godsdiens wat Hy ingestel het, met alle vlyt en ywer waamemen, en dit onvervals bewaar. En hiertoe behoort die sewende reël: Dat wan­neer die vernaamste soort genoem word, ook alle ander bedoel word, wat daarmee enige verwantskap besit. Want as God hier een van die vernaamste en mees bekende soorte van ongeoorloofde godsdienste ver­bied, naamlik die diens deur die beelde, dan sluit Hy die andere nie uit nie, maar noem alleen dit, omdat dit die allergrofste is, en ‘n teëlaarde is van alle andere, wat Hy daarom ook meteens verbied, omdat daarin dieselfde rede tot ‘verbieding’ aanwesig is, naamlik afgodery.

Daarom word alle godsdiens wat nie deur God self ingestel is nie, maar deur mense uitgedink is, deur hierdie grofste soort met name te verbied, en word ons ook tewens ‘n reël gegee, dat ons ons heilig en eerbiedig moet hou binne die perke, wat ons deur God “voorgesteld zijn”, ja dat ons nie die minste moet af- of toedoen van en aan die diens, wat deur God ingestel is nie; “hetgeen” ons ook op andere plekke in die Skrif “overal” beveel word, soos onder andere in:
- Deut. 4 : 4 en 12 : 32: "Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.”;

- Spr. 30 : 6: "Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ’n leuenaar openbaar word nie.”

(Bastingius. Tot hierdie doel het God onder die Ou Testament die ganse Levitiese diens, met alle offerande en andere sere­monies so naarstiglik vir Sy volk voorgeskrewe en ingeprent, sodat sy geen rede sou hê om iets vreemds of nut te versin nie. Dit moet ons ook onder die Nuwe Testament volgens hierdie wet bedink, en ons alleen aan Gods Woord hou, sodat ons die ware godsdiens en die regte gebruik van die sakramente leer. Dit betuig Christus in Matth. 15 : 9 op grond van Jes. 29 : 13: ""Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is," en in Johs. 4 : 24: "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid".)

Vertalingsnota: Ursinus spreek dan in ‘n paragraaf die beswaar aan dat die eerste twee gebooie eintlik een gebod is, soos Rome dit het. In sy antwoord skryf hy dan verder:

… Ook is dit nie waar dat in die 1e en 2e gebod dieselfde sonde verbied word nie. Want hoewel dit in die algemeen dieselfde sonde is, n.l. afgodery, wat in beide (gebooie) verbied word, tog word in die 2e gebod een andere vorm of soort van afgodery verbied, as in die 1e, soos al vroeër bewys is. Intussen “dient” mens tog daarop te let, dat hierdie gebooie so met mekaar saamhang, dat die 2e nie oortree kan word, of die 1e word dan ook oortree.

Want as God anders gedien word as wat Hy gedien wil word, dan word daar ‘n ander wil van God versin/uitgedink, en derhalwe ook een andere god. Daarom word God dan nie gedien nie, maar ‘n afgod, ‘n produk van mense se “hersenen,” die men denkt zo gesteld te zijn.

Teen die opregte godsdiens en dus ook teen die tweede gebod stry (die volgende sake – SLC):

a) Afgoderij, wat ‘n versinde of bygelowige godsdiens is. Soos ons al eerder gesê het, is die afgodery twee-erlei.

Die een is ‘n growwe afgo­dery wanneer ‘n mens valse en versinde gode dien, wat in die eerste gebod verbied word, en ten dele ook in die derde gebod.
Die andere is ‘n meer subtiele afgodery, wanneer ‘n mens hom voordoen, asof hy die ware God wil dien, maar as ‘n mens dan dwaal in die manier van die diens, d.w.z. as mens God wil dien met ‘n werk, wat Hy nie gebied het nie.

Dit word eintlik in die 2e gebod verbied en heet eiewillige godsdiens of superstitie, as mens by God se gebooie nog menslike instellinge voeg. Daarom word hul superstieuse of bygelowige mense genoem, wat die diens van God met hul versinsels vervals.

Dit word orals in die Skrif verbied:

- Jes. 29 : 12 en Matth. 15 : 9: "Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is."

- Kol. 2 : 8: “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.”

- en vers 16: "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie,”

- en vers 22ev.: "almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.".

b) Huigelary
Dit is ‘n veinsery van die opregte godsaligheid en diens van God, deur die uiterlike werke te doen, wat deur God gebied is; deugde en seremonies, sonder ‘n ware geloof, bekering en innerlike gehoorsaam­heid, Jes. 29 : 13ev.:
"Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar", ens.

Sien hoe hierdie huigelary gevoeg word by die gebooie van mense, as daaronder inbegrepe.

c) Goddeloosheid
Dit is ‘n veragting of moedwillige verwaarlosing (nalating) van die religie in sy geheel en van die uiterlike en innerlike godsdiens of ‘n deel daarvan. En daarom stryd hierdie sonde nie alleen teen die tweede ge­bod, maar ook teen die diens van die hele 1e Tafel.

Beswaar:
Ten gunste van de verdediging van die superstitie of eiewillige godsdiens (word die volgende argument aangevoer – SLC): “Die tekste uit die Skrif, wat kort tevore teen die eiewillige godsdiens ingebring is, soos Jes. 29 : 13, Matth. 15 : 9, Kol. 2, die verse 8, 22 en 23, en wat elders aangehaal is, soos Ez. 20: 18, Deut. 12: 8, Gal. 5 : 1, ens., spreek alleen van die seremonies van die wet van Moses en van goddelose gebooie van mense. Daarom moet die andere menselike ge­booie, wat deur die Gemeente of Opsieners daarvan ingestel word - as dit niks gebied wat met God se Woord in stryd is – nie veroordee1 word met die naam van eiewillige dienste nie, maar dan is dit diens van God.”

Antwoord:
Dit is nie waar dat in hierdie plekke alleen gespreek word van die seremonies van Moses se wet of goddelose gebooie van mense nie. Want die verklaring wat by die tekste gemaak is, wys aan, dat ook alle andere menslike wette verwerp word, wat iets gebied om God te dien, wat deur God Self nie gebied is nie,[10] hoewel dit een saak is, wat op sigself deur God nie verbied is en daarom nie goddeloos is nie. Want op die manier verwerp Christus die instelling van die Jode, wat in sigself nie goddeloos was, insake die was van hande, omdat hul meen God daarmee te dien, Matth. 15 : 11: "Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.”

So­danig is ook die ongehude staat, die onderskeid in spyse en dae, waar­oor Paulus spreek en wat hy, terwyl hul as noodsaaklik opdring word, "leringe van duiwels” noem (1 Tim. 4 : 1 en 3), van watter dinge hy tog op ander plekke leer, dat dit die godsaliges wel geoorloof is, soos in Rom. 14 : 6, 1 Kor. 9 en 10 : 25v.

Daarom is dit ook duidelik, dat deur sulke en dergelike tekste uit die Skrif ook alle middelmatige wer­ke verbied word, n.l. sulke werke, die deur God nog verbied nog gebied word, wanneer dit maar gebied word en gedoen word as ‘n diens van God, d.w.s. sodat God deur die doen daarvan ge-eer word en deur die nalating daarvan onteer sou word.

En die middelmatige dinge moet van die diens van God onderskei word, veral om drie redes:
1. Omdat ‘n andere versinde godsdiens beteken: een andere wil van God en daarom ook ‘n andere god versin. Daarom word dié wat dit doen, soos vroeër ‘n Aaron en Jerobeam, ewe goed van afgodery beskuldig, as hulle wat inderdaad een andere god dien as die HERE, wat Homself in die Kerk geopenbaar het (Ex. 32 : 5­8, 21 en 25; 1 Kon. 12 : 30 en 33, en id. 13 : 33v.).

2. Omdat wanneer die diens so deur elkeen vermeng word, ook God met de afgode vermeng word, dat Hy dan ge-eer word met diens wat deur mense uitgedink is.

3. Omdat daar in Rom. 14 : 23 staan: "Alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde". En wie iets doen om God te dien en nie weet of God wel op daardie manier ge-eer wil word nie, handel nie uit die geloof nie, aangesien hy nie weet of die werk God behaag nie, ja dan nee, ja, selfs God verag, omdat hy durf doen wat Hom mishaag.
____________________________

[1] Ursinus, Zacharias (1534–1583). German reformer and theologian. A reforming theologian, Ursinus was born at Breslau in 1534 and studied at Wittenberg from 1550 to 1557. He then moved to Geneva for further study and from there took a teaching post in his native city of Breslau. His doctrine of the Lord’s Supper led to his dismissal from Breslau in 1559. But in 1561, thanks to his mentor Peter Martyr Vermigli, he received an invitation from Elector Frederick III to come to Heidelberg as director of the theological academy. It was at Heidelberg that with Caspar Olevianus he made his most notable contribution to church life by drafting the Heidelberg Catechism (1563). He also undertook the defense of the Catechism against Lutheran objections. From 1562 he added the professorship of dogmatics to his administrative duties and also prepared a new liturgy. Zanchius relieved him of the burden of teaching in 1568, but Ursinus became involved in a difficult struggle to bring in a new discipline on the Genevan model (1570). The death of the elector in 1577 opened the way for Lutheran influences; Ursinus, with Zanchius, moved to Neustadt in 1578 and spent his last years there. In addition to his work on the Catechism, he also wrote an important treatise on the Lutheran Book of Concord and did much to promote Peter Martyr’s Loci.- G.Bromiley (in: Douglas, J. D., Comfort, Philip W. & Mitchell, Donald, Editors, Who’s Who in Christian History, Wheaton, Illinois: Tyndale House Publishers, Inc. 1992).
[2] Sien ook die Skotse Konfessie (1560); Franse Konfessie (1561) en die Westminster Konfessie (1643-48).
[3] Voetius’ Catechisatie over den Heidelbergschen Catechismus (Rotterdam: Gebroeders Huge, [1662] 1891), p.783.
[4] Sien die blad: Waarheid en Dwaling, Maart 2004, p.9,10 en die e-pos bespreking op die Calvyn poslys (Sept./Okt 2005).
[5] Sien die volgende Esra Verslae, wat artikels bevat wat die teendeel bewys: nrs.41 (Die Psalms); nr.42 (Anno Domini); nr.45 (Feesdae); nr.49 (Reformatio Ecclesiae); nr.54 (1859?); nr.55 (Ons gedrag in die huis van God).
[6] Aangehaal deur Derek W.H. Thomas, The Regulative Principle: Responding to Recent Criticism, in: P.H. Ryken (red.), Give Praise to God: A Vision for Reforming Worship (Phillipsburg, NJ: P&R Publishing), p.82.
[7] “First, whatever is not com­manded we are not free to choose. Secondly,nothing which does not tend to edification ought to be received into the Church,” ibid., p.82. Laasgenoeme frase van Calvyn, “niks wat nie dien tot opbou nie moet in die Kerk ontvang word nie’, word gevind in ons belydenis by NGB artikel 32: “Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou.”
[8] Ibid., p.10.
[9] Sien ook die werkstuk van ds. Wes Bredenhof, wat deeglik uitwys dat die regulerende beginsel begrond is in NGB artikel 7 oor die genoegsaamheid van die Skrif: “Die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word”. Verkrygbaar by Esra Boeke.