Tuesday, October 14, 2008

Vir wie het Christus gesterwe ?

EC Skea, Waverley skryf in die Kerkblad van Oktober 2008:
Het Christus net die skuld vir die uitverkorenes betaal? – Ek verwys na my vorige brief (DK Junie 2007) in dié verband, wat weens sy lengte nie geplaas is nie, en u antwoord (DK Maart 2008). Ek het gehoop dat ander sou reageer op die inhoud.

Die antwoord van die redaksie is in ’n sekere opsig teleurstellend. Aangesien ons as Gereformeerdes ons beroem op die Skrif alleen, het ek weerlegging van my standpunt uit die Skrif verwag. Of andersins dat ek die aangehaalde tekste verkeerd interpreteer of dat hulle verkeerd vertaal is. Die finale opmerking is egter ’n dogmatiese, naamlik dat ons glo dat ons glo dat die mens nie ’n keuse het nie, maar dat dit God is wat kies. Kan ons met soveel sekerheid beweer dat die mens nie kies nie, terwyl ons in die Dordtse Leerreëls lees dat God nie met die mens soos met stokke en blokke werk nie, die wil en sy eienskappe nie vernietig nie, en dat God die wil nie met geweld teen sy sin dwing nie? God kan deur sy Woord en Gees ons wil buig om die regte keuse te maak. Niemand kom ook tot geloof as hy nie eers die Woord (evangelie) hoor nie (Rom 10:14, 17).

Verder meld u dat Calvyn nie die siening dat Christus vir almal gesterf het (alversoening) gesteun het nie. Tog het ek aangehaal wat Calvyn geskryf het, naamlik: “The Lord suffered for the sins of the whole world” en “is offered impartially to all in the kindness of God”. HCE Moule het dit uit Frans vertaal; ek kon die Franse weergawe gegee het, maar aangesien ek meen dat min van ons Frans verstaan, laat ek dit daar. Die eerste gedeelte van Calvyn se stelling is in ooreenstemming met ons belydenis in die Heidelbergse Kategismus (v/a 37). Die tweede deel sê in Afrikaans “en word aan almal, sonder aansiens des persoons, deur die goedheid (vriendelikheid) van God, aangebied”. Dit impliseer juis ook ’n keuse.

Daar bestaan vir my nie ’n verskil tussen ly vir die sonde van die hele menslike geslag, die dra van die sonde of die sterf vir die sonde van die hele menslike geslag nie. Totius skryf in 1912 in Die Kerkblad: “Dit is ook wat ons kategismus in Sondag 15 leer, naamlik dat Christus gesterf het vir die sonde van die ganse menslike geslag” (Totius, Versamelde Werke 4, Tafelberg 1977).
My vraag was uiteindelik ook nie aan wie verkondig ons die evangelie nie, maar hoe verkondig ons dit. Ons kan dus verkondig dat Christus almal se sonde gedra het (daarvoor gesterf het). Die mense kan dus opgeroep word om dit aan te neem en die ewige lewe te verkry, of dit te verwerp en vir ewig verlore te gaan.

Christus se sterwe was dus vir die sonde van die hele wêreld of die ganse menslike geslag, en nie net vir die uitverkorenes nie. So gesien, is dit ’n belangrike motivering vir die uitdra van die evangelie deur gelowiges aan alle mense, soos ons beveel is (Matt 28:19).

Vir wie het Christus gesterwe ?
deur ds. S. Le Cornu

In die Kerkblad van Oktober 2008 beweer EC Skea (Waverley) dat: “Christus se sterwe was dus vir die sonde van die hele wêreld of die ganse menslike geslag, en nie net vir die uitverkorenes nie”, met ‘n beroep op die Skrif, belydenis, Calvyn en Totius.

Aangesien br Skea vra dat ander ook daarop sal reageer, maak ek gebruik van die geleentheid, met die hoop dat my uiteensetting die broeder sal help om verder te besin oor hierdie onderwerp.

Eerstens, openbaar die Skrifgedeeltes wat spesifiek gaan oor Christus wat sy lewe vir ons gee (sy bloed vir ons stort, sy lewe as losprys gee), nie dat dit vir alle mense kop-vir-kop is nie, maar vir ‘baie’, bv.:

“… net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.” – Matt.20:28

“Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” – Matt.26:28

Sien die koppeling: ‘losprys’ – ‘vir baie’, en, ‘bloed’ – ‘vir baie’. Dit gaan in hierdie Skrifgedeeltes en met die woord ‘baie’, nie om ‘n spesifieke getal mense nie, maar dit gaan ook nie oor ‘almal’ nie.

Ander Skrifgedeeltes maak dit duideliker: Christus het gesterwe vir ‘sy volk’ (Matt.1:21), vir ‘sy vriende’ (Joh.15:13), vir sy ‘kinders, broers’ (Hebr.2:10-14). Hy is die goeie Herder wat sy lewe aflê vir ‘sy skape’ (Joh.10:11,15). Daarom bid Christus: “Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort” (Joh.17:9). Dus nie elke mens ooit nie, maar ‘n spesifieke groep.

Wat dan nou van frases soos bv. “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” of “En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” (Joh.1:29; 1 Joh.2:2) ?

Wanneer die Skrif woorde gebruik soos ‘(hele) wêreld’ (bv. Joh.3:16; 1 Joh.2:2) en ‘alle/alles/almal’ (bv.Rom.5:12-19; 1 Tim.2:1), dan moet dit elke keer verstaan word volgens die konteks waarbinne dit gebruik word (soos met enige woord wat in die Skrif gebruik word, wat die Skrif-met-Skrif vergelyking verklaringsbeginsel bevestig - en, wat ons Here Jesus (Matt.22:43) en Paulus (Gal.3;16) ons geleer het).

Partykeer word die woorde gebruik om letterlik alles/almal, die hele wêreld aan te dui (bv. Gen.1;1; Matt.28:20), maar in ander gevalle dui dit bv. op ‘n bepaalde groep, klas of soort mense, ens. (Sien bv. die bekende gereformeerde NT verklaarder, William Hendriksen, se verduideliking van die – ten minste ses - verskillende gebruike van die woord ‘wêreld’ (kosmos) deur Johannes in sy NT geskrifte (New Testament Commentary: The Gospel of John, Baker, 1979, p.79 [voetnota 26 by Joh.1:10,11]).

Aangesien Totius deur br. Skea aangehaal word om sy standpunt te verdedig, laat ek vir Totius vir ons verduidelik hoe om hierdie woorde te verstaan in die Nuwe Testament:

Br. J. C. Kotzé (Bultfontein, Lady Grey) skryf: ,,Het Jesus vir alle mense gesterwe? Ek stel hierdie vraag met betrekking tot 2 Kor.5 : 15.”
In die aangehaalde vers staan: ,,En Hy het vir almal gesterwe.” Dieselfde lees ons in Rom. 5 18: ,,deur een daad van geregtigheid (is dit) vir alle mense tot regverdigmaking.” Hebr.2:9: ,,sodat Hy denr die genade van God vir elkeen die dood son smaak”. So ook Rom. 13:32; I Kor. 15:22; Jes. 53:6.
Aan hierdie tekste gee die Remonstrante die volgende verklaring:
Wanneer daar gesê word dat Christus vir almal gesterf het, dan moet dit verstaan word van die verwerwing van die saligheid; terwyl as daar staan dat Christus vir baie sy bloed vergiet het, dit moet sien op die daadwerklike toepassing, wat nie almal se deel is nie.”
Hierteen het ons Gereformeerde vaders tereg beweer dat Christus dan net die een helfte van ons saligheid verwerf het en dat die ander helfte van die mens afhanklik is.
Die woord ,,volbring !“ moes Jesus dan eintlik, volgens die Remonstrante, nie uitgespreek het nie.
Daar word egter vergeet dat almal ‘n woord van onbestemde betekenis is. As ek byvoorbeeld sé: ,,Toe ek deur die kerk loop, het al die mense na my gekyk” — dan bedoel ek met al nie al die mense wat op die aarde woon nie maar alleen al die mense wat in die kerk was.
So spreek die Skrif ook wanneer hy die oog op die gelowiges het, soos volg: ,,Christus het vir almal gesterwe”, d.w.s. almal wat aan Jesus behoort. Met die oog op die hele mensheid sê die Skrif net so beslis dat Christus nie vir almal gesterf het nie. ,,Die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” ,,Baie is geroep, maar min uitverkies.” ,,Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het.”
Waar die Skrif nou leer dat Christus nie vir alle mense gesterwe het nie, daar kan hy beide sê: én dat Jesus nie vir almal gesterwe het nie (d.i. alle mense een vir een) en dat Jesus wel vir alle mense gesterwe het, nl. vir al die gelowiges.
Maar as die Skrif nou leer wat die Remonstrante aan hom toe skrywe, nl. dat Jesus wel vir alle mense sonder uitsondering gesterwe het, dan mag die Skrif nooit van ,,nie almal” of ,,min” spreek nie. En tog doen hy dit! ‘n Duidelike bewys dus hoe onskriftuurlik die Remonstrantse leer is.
In 2 Kor.5: 15 blyk dan ook duidelik uit die verband dat die apostel met gelowiges te doen het en niks anders as dit wil sê nie: Christus het vir alle gelowiges gesterwe, en nou moet hulle ook in hulle self sterwe, d.i. vir Christus lewe. (Het Kerkblad, 1 Junie 1913. (Vertaal.), geneem uit: Versamelde Werke, deel 1, p.288, 289)

Wanneer die Skrif dus, veral in die NT, leer dat Christus vir die sonde van die (hele) ‘wêreld’ gesterwe het (bv.Joh.3:16; 1 Joh.2:2), dan dui dit daarop dat God sy gelowiges wat Hy uitverkies het, onder alle volke het (Matt.28:19), en nie net meer onder Israel soos in die OT bedeling nie (sien die woorde in Handelinge 10:36, waar dit juis daaroor gaan dat die Here nie net kinders onder die Joodse volk het nie, maar ook onder die nie-Joodse volke: “... deur Jesus Christus – Hy is die Here van almal”, d.w.s. almal wat Hy uitverkies het onder al die volke, Matt.28:19).

Dus ‘alle’ beteken bv. alle soorte mense, of mense van alle volke, maar nie elkeen kop vir kop nie. Die Here red wel die hele wêreld, maar die hele wêreld in sy uitverkorenes/gelowiges. Ons moet die Skrif dus organies-verbondsmatig lees, en nie individualisties-arminiaans nie, anders gaan ons daarin eindig dat, soos br.Skea dit stel, skrifgedeeltes verkeerd ‘ge-interpreteer’ en verstaan word, en dit alles mekaar weerspreek.

Om net enkele voorbeelde te noem, aangaande die verskillende gebruik van die woorde ‘wêreld, alle, oral, hele, almal’:

“Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.” – Hand.19:27

“In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.” Rom.1:8

“… en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.” Hand.21:28

Dit is duidelik dat in hierdie verse die woorde ‘hele’, ‘wêreld’, ‘oral’ en ‘almal’ nie letterlik alles en almal kop vir kop op elke plek regoor die wêreld beteken nie.

Die bybelse verhouding tussen uitverkiesing en verbond, God se soewereiniteit en menslike plig, predestinasie en prediking, ens., gaan glad nie meer sin maak nie, as ons nie die Skrif organies-verbondsmatig lees soos dit ditself aanbied nie, soos oud-prof. Willie Snyman dit soos volg stel,:

“In Christus is die patria verlos, families, geslagte, volke, en die hele mensheid in sy organiese ontwikkeling. Wat ver­lore gaan, is die afgekapte takke van die menslike geslag.”

Ja, in die uitverkorene gelowiges onder elke volk, stam, taal en nasie, word die menslike geslag organies-verbondsmatig gered deur die bloed van Christus wat vir hulle gestort is. So verstaan is dit heeltemal reg om te glo en te bely: Christus red die ‘hele menslike geslag’, die ‘mensheid’, die ‘mensdom’, die ‘hele wêreld’ (Op.5:9):

“Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie

Tweedens, verduidelik dit dus ook hoe ons hierdie woorde, o.a. ‘hele menslike geslag’ van ons belydenis (Sondag 15) moet verstaan. Ursinus wys in sy verklaring daarop dat dit die uitverkorenes is, d.w.s. hulle wat glo in Christus, wat hierdie ‘hele menslike geslag’ uitmaak. Calvyn in sy kommentaar op Mark.14:24 wys daarop dat die Here se bloed gestort is nie net vir ‘n gedeelte van die wêreld nie (dus net vir die Joodse volk nie), maar vir die hele menslike ras (vir Jood en Griek, man en vrou, slaaf en vryman, Gal.3:28) , d.w.s vir almal wat sal glo (Joh.3:16) onder elke volk, stam en nasie, “almal wat verordineer (is) tot die ewige lewe” (Hand.13:48).

Die oomblik as ons die soewereine uitverkiesing en genadeverbond wil skei en losmaak van mekaar of teenoormekaar stel, in plaas van om dit net te onderskei soos die Skrif en die belydenis dit handhaaf, verval ons in ‘n doodloopstraat waarin ons of die almag en soewereine welbehae van God bevraagteken of die menslike verantwoordelikheid en plig ophef.

Die Gereformeerde geloof bely dat die versoening van Christus insigself kragtig, waardig, oorvloedig en genoegsaam is om die sonde van elke mens weg te neem (DL 2.3). Ons bely dit teenoor die arminianisme wat beweer dat indien Christus nie vir almal gesterwe het nie, sy bloed nie kragtig genoeg was om verlossing te bewerkstellig nie.

In DL 2.8 bely ons egter eksplisiet vir wie Christus se bloed gestort is, d.w.s. vir wie het Hy gesterwe aan die kruis (beklemtoning bygevoeg):

Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis—waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het—uit elke stam, volk, geslag en taal hulle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder dat Hy hulle van al hulle sondes—sowel die erfsonde as die werklike sonde wat na en voor die geloof begaan is—deur sy bloed sal reinig. Ten slotte dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.

En daarom, derdens, uit ‘n bybels-teologiese oogpunt kan die arminiaanse standpunt, dat Christus vir alle mense (kop-vir-kop) gesterwe het, nie gehandhaaf word o.g.v. bogenoemde belydenis nie.

Die rede: sou Christus vir alle sondes van alle mense gesterwe het, is die vraag aan die arminianisme: hoekom gaan mense dan nog verlore ?
Waarop die antwoord seker is: omdat hul nie glo nie;
waarop die opvolgvraag is: maar is om ‘nie te glo nie’, dan nie ook een van die sondes waarvan ons dan hierbo bely “Verder dat Hy hulle van al hulle sondes—sowel die erfsonde as die werklike sonde wat na en voor die geloof begaan is—deur sy bloed sal reinig.” ?

Ek hoop u sien hierdie wesentlike probleem raak: as Christus vir alle sondes gesterf het, dan het Hy ook vir die sonde van ‘ongeloof’ gesterwe, en kan selfs mense wat nie glo nie, ook nie verlore gaan nie ... behalwe, as daar inderwaarheid iets fout is met die bloed van Christus, of die verlossing wat Hy bewerkstellig of ‘moontlik’ gemaak het ?

Dus, as iemand vir wie Jesus se bloed gevloei het, nogsteeds verlore gaan, in die arminiaanse sisteem gesien, dan beteken dit inderwaarheid dat Christus se bloed nie genoegsaam, waardevol, en kragtig genoeg is om ‘n mens se sonde (van o.a. “nie glo nie”) te kan reinig nie. Dan is Jesus se bloed “gebrekkig of onvoldoende“, dan lê die skuld by God, nie die mens nie (wat ons natuurlik verwerp in DL 2.7). Ja, die mens bly skuldig, maar Christus se bloed is onvoldoende, in die arminiaanse sisteem.

Daarteenoor glo ons “... en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” – Matt.1:21

Christus maak nie verlossing net moontlik nie (ons verwerp ‘moontlike verlossing’ in DL verwerping 2.3, want Jesus is nie ‘n ‘halwe’ nie, maar ‘volkome’ Verlosser, HK v/a 30), Hy verlos werklik en sekerlik !
Hy volbring dit in ons plek, sodat ons deur Gees en Woord sal glo en ons sal bekeer, as vrug van die wortel: God se liefdevolle genadige uitverkiesing in Christus voor die grondlegging van die wêreld (Ef.1:4; sien HK v/a 64).

Kom ons dank God vir sy soewereine genade, want as Hy ons nie uitverkies het nie, sou ons nooit kon glo nie, en sou geen ware sending of evangelisasie kon plaasvind nie (sien DL 2.5). Die dankbare belydenis van die gereformeerde gelowige, is ons dierbare Jesus Christus se woorde:

Dit is volbring ! (Joh.19:30)

Wat br. EC Skea se probleme betref aangaande of mense ‘n ‘keuse het’ aangaande wat God Hom ‘aanbied’ (met verwysing na DL ¾.16), wil ek aan die hand van Joh.6:44 net die volgende opmerk:

“Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie”

Ons ‘kom’ (d.w.s. handel, tree op) om na die Vader te kom, as vrug van sy nadertrek na Hom (uitverkies, roeping, wedergeboorte, ens., sien Rom.8:30).

Ons ‘keuse’ is die vrug/gevolg van God wat ons eers geplant het (uitverkiesing). Ons ‘keuse’ bepaal nie ons redding nie, maar is die gevolg van ons redding. God se uitverkiesing is die bron of wortel van ons geloof, bekering en heiligmaking (sien DL 1.9). God se uitverkiesende werk is die bepalende oorsaak, ons antwoord is die gevolglike oorsaak (Fil.2:12,13).

Volgens die arminiaanse dwaling, is die wil of ‘keuse’ van die mens egter nie net ‘n gevolg nie, maar ook bepalend of ten minste mede-bepalend, of hy verlos gaan word en daarin gaan bly. In die arminiaanse sisteem word die mens se ‘keuse’ losgemaak van, gelyk gestel aan, of in stryd gestel met God se almag. Dit weerspreek vanselfsprekend die woord van die Here, om maar net op een plek te wys:

So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. – Rom.9:16

En dit is in wese die verskil tussen die gereformeerde geloof en die arminianisme: nie dat die mens ‘n ‘keuse’ uitoefen (d.w.s. handel en optree in die verbond) nie, maar dat in die arminianisme die finale hoop uiteindelik op die mens is om reg te kies, sy verlossing hang ten einde van homself af. Christus het verlossing slegs ‘moontlik’ gemaak, God ‘wil’ alle mense red (kop-vir-kop), maar nou moet die mens nog net sy deel doen (sien DL verwerping 5.2), anders gaan hy verlore.

Daarteenoor skryf Calvyn:

“Christus sal egter nie toelaat dat iemand uit diegene wat Hy eenmaal in sy liggaam ingelyf het, verlore gaan nie. … As Hy wou hê dat almal gered moes word, sou Hy sy Seun as hul Beskermer aangestel en hulle almal deur die heilige band van die geloof in sy liggaam ingelyf het. Maar nou staan dit vas dat die geloof ‘n besondere waarborg van sy Vaderlike liefde is, wat weggelê is vir die kinders wat Hy aangeneem het.” – Calvyn, Institusie III.22.7,10.

In die Skrif, soos bely in ons gereformeerde belydenis, hoor ons die werlike goeie nuus, nl. dat alles, ja alles afhang van “God wat barmhartig is ... deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.” (Ef.1:5,6)

Christus is nie net die Begin nie, maar ook die Voleinder van ons geloof (Hebr.12:1,2). Hy sal die werk wat Hy in ons begin het ook voleindig:

“… omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” – Fil.1:6

Ons moet daarom die verderflike valse leringe van Pelagius, Pighius en Arminius aanhou verwerp (DL, verwerping 2.6) omdat dit ons enigste troos in lewe en sterwe ondermyn (HK Sondag 1). Ons moet vashou aan die ware evangelie van Jesus Christus:
verlossing uit genade alleen,
deur die geloof alleen,
sonder enige werke,
tot Sy eer (Rom.11:36).

ns. Dit is ook belangrik om enige skrywer se standpunt oor ‘n saak te gaan lees, waar hy die meeste of die duidelikste daaroor skryf. Sien daarom Calvyn se werke oor uitverkiesing, wie die Here wil red, vir wie het Christus gesterwe, ens., in sy Institusie boek 3, hoofstuk 24 asook sy minder bekende werke:
"The Eternal Predestination of God" en "The Secret Providence of God"
(beskikbaar by: http://www.the-highway.com/calvin)

Wednesday, August 27, 2008

Geboortebeperking

OLDENBURGER, TEUNIS.: Geboortebeperking. Vertaling deur dr. A. Dupont. Amsterdam, H. A. van Bottenburg. Boekbespreking deur prof.dr. JD Du Toit (Totius)

Helaas dat ons oor hierdie onderwerp moet skrywe. Sondes waar van vroeër onder ons net gefluister is, word nou openbaar bespreek, soos een van ons regters in hierdie verband ‘n tyd gelede opgemerk het.

Wee oor ons kinders wat in so ‘n atmosfeer moet grootword !

Ons is nie van plan om die ou tyd te prys en die teenswoordige tyd sleg te maak nie. Die mens is altyd sondaar voor God, en die gelowige moes altyd ten bloede toe stry teen die kwaad wat listig sy siel bekruip. Maar daar is tog verskil tussen wat was en wat nou is.

Sondes van hierdie soort is darem voorheen as sondes gebrandmerk. Nou word dit ‘n teorie waaraan bepaalde middels ten dienste staan. Hierdie sonde moes hom voorheen in ons kringe as sluipgedierte handhaaf. Nou word dit vriendelik getroetel.

In sy sluipgang het hierdie sonde altyddeur die siele verstrik en hete trane van vlymende smart aan die siel ontpers. Maar wat moet ons sê van wat nou gaande is? Hoe gaan ons ons nou verantwoord teenoor die ordinansie van God en die aanwysinge van die Heilige Skrif?

As daar nie meer gekerm kan word nie: ,,Here, daar is swaar teen U gesondig!” — wat sal dan ons toestand wees?

Die Skrif is daar met sy ordinansie dat die mens moet vermenigvuldig op die aarde. Andersyds is die Skrif daar met sy bevel van matigheid en selfbeheersing; sy bevel van onttrekking wanneer veral die gesondheid van die moeder dit eis (vgl. 1 Kor.7:5).

Ons het lank gehuiwer om oor hierdie onderwerp te skrywe. Ons wil geen walglike fariseïsme aanmoedig nie. Ons wil ook nie openbaar wat by menigeen nog ‘n onbekendheid is nie. Hoe minder ons van ,,die dieptes van Satan” weet, des te beter vir ons. Maar ons mag ook ons roeping nie versaak nie.

Hierdie taak word vergemaklik deurdat ons na die boek van dr. Oldenburger kan verwys. Die verskyning van hierdie werk is dan ook die aanleiding dat ons neergeskryf het wat swaar op die harte van ons almal moet druk.

Met beslistheid en onderwerping aan die Skrif gaan hierdie skrywer te werk. Maar juis omdat hy beslis op Christelike standpunt staan, veroordeel hy met krasse woorde hierdie ongeregtigheid wat sy tien duisende, sy honderdduisende verslaan.

Die boek van hierdie Amerikaanse geleerde is in Nederlands vertaal deur dr. Dupont, ‘n Christelike geneesheer wat ook by ons bekend is deur sy mooi geskrif oor Het huwelijk.
Laat ons hier iets meedeel aangaande die ryke inhoud van dr. Oldenburger se boek.

Hoofstuk I handel oor geboortebeperking in ou tye; II oor die geskiedenis van die moderne geboortebeperking; III oor ingewikkelde probleme; IV oor die beweging van die Neo-Malthusiane; V oor die beweging teen die Neo-Malthusianisme; VI oor wat die Bybel leer; VII oor hoe en in watter mate die Bybel op die geboortebeperking invloed uitoefen; VIII oor die onuitvoerbaarheid van die program van geboortebeperking; IX oor ‘n nasionale program vir die herstel van die Amerikaanse huisgesin; X bevat 95 stellinge teen die kunsmatige geboortebeperking.

Om die geskrif te karakteriseer, is dit voldoende om van die 95 stellinge enkeles (verkort) hier oor te skrywe.

1. Die grondslag van al die ander argumente is dat die geboortebeperkingsbeweging teoretiese ateïsme (Godloëning) is.

2. Dit is praktiese ateïsme in sover as die Openbaring (uit die Bybel) uitgelê moet word om te pas by die program van ‘n materialistiese en sensualistiese utilitaristiese filosofie, en die Christelike sedeleer verwerp word as verouderd op elke gebied van ons moderne wêreld waar dit nie ooreenkom met die metodologie van ons huislike, sosiale, industriële en politieke program nie.

5. Omdat die Christendom teen die geboortebeperking is, word dit gedoodverf as ‘n vyand van die mensheid, terwyl die feit geloën word dat dit gedurende 2000 jaar van maatskaplike nut was en hoofsaaklik verantwoordelik is vir die beskawing en die verlossing van die wéreld.

9. Die leer dat ‘n vrou onderdanig moet wees aan haar man, dat hy die hoof is van die gesin, word verwerp teen die wette van die natuur en die duidelike leer van die Bybel in.

10. Die eis dat die vrou van teenswoordig die reg vra om haar verstand, deur God gegee, te gebruik om te beslis hoeveel kinders sy sal hê en wanneer, haal die seksuele regte van die eggenoot se omlaag dat hy feitlik ‘n koppelaar word.

11. Deur hul bewering dat die vrou gemiddeld nie meer as twee kinders moet hê nie, spreek hulle die leer en die praktyke in die Bybel tee en maak van die seksuele verkeer ‘n doel op sigself, wat nie ooreenkomstig die natuur is nie. Dáar is inteendeel die hoofdoel die voortplanting.

14. Die Nasionale Komitee vir Bondswetgewing vir geboortebeperking deel aan ons offisiël mee dat die meeste kerklik georganiseerde groepe van Protestantse en Joodse geloof hulle ten gunste van die geboortebeperkingsbeweging verklaar het en dat ,,die Roomse Kerk die enigste is wat teen die beweging is”, maar ek sê dat van die 210 of meer Protestantse rigtinge minste 75 persent en van die ortodokses almal sonder uitsondering op die hand van die Roomse Kerk is.

15. Die ortodokse kerke glo met dr. Dublin van New York ,,dat ons die opvoeding in geboortebeperking moet uitroei, soos ook al aangegee is deur die offisiële houding van ons (Amerikaanse) regering en veral van Italië en Frankryk”.

16. Ek glo dat hierdie evangelie van geboortebeperking ‘n sisteem is van menslike wanhoop, en met die biskop van Londen hou ons vol dat dit ,,‘n wegwyser is na die hel”.

19. Die sisteem is hierin afgodies dat dit vereer die botviering van die sinlike luste tot die grens van die menslike vermoë, en volhou dat seksuele verkeer van hoe sedelike waarde is, terwyl dit in werklikheid van geringe sedelike waarde is. Dit is ‘n sonde teen al tien gebooie van God — behalwe miskien die vierde, die Sabbatswet, maar selfs dit word verbreek, aangesien die geboortebeperking wetteloosheid en ongehoorsaamheid aan die wette van God kweek, wat uitloop op Sabbatsontheiliging.

21. Wat onder ons sterk en snel in verval geraak het, is die sondebesef.

32. Volgens my het sowel die man wat nie wil werk nie, en die vrou wat geen kinders wil hê nie, die geloof verloën en het erger geword as ‘n ongelowige.

Maar ons ruimte laat ons nie toe om meer aan te haal nie. Ons hoop dat die boek van dr. Oldenburger biddend gelees en bestudeer sal word. Ons leef in ‘n vreeslik gevaarlike tyd. Mag die Here sy volk bewaar ! En mag ons waaksaam wees deur geen middel van verweer ongebruik te laat nie.

Ten slotte gee ons hier nog die gevoele van die beroemde Indiër Gandhi oor hierdie onderwerp. Na aanleiding van die kongres van die Engels-Indiese vereniging vir geboortebeperking het Gandhi in een van die Indiese nuusblaaie [‘n] verklaring gepubliseer.

[nota: in die 1977-uitgawe van Totius se Versamelde Werke, word die aanhaling van Ghandi weggelaat. Hoekom, word daar nie gesê nie. Ek sluit wel die woorde in, wat in die oorspronklike dokument verskyn het – SLC]

"As julle propogandiste van die geboortebeperking, jul leer oor Indië verbrei, sal julle ongetwyfeld 'n aanhang verwerf. Maar waarvoor is die moeite nodig ? Die slegte instinkte het geen advokate of brosjures nodig nie. Die slegte instinkte word die oorsaak van allerande kwaad as die mens nie leer om hulle te beheers nie. As julle praktyke hier net so algemeen sou word as in Europa, sou die gevolge ontsettend wees. Die mense sou aan niks anders meer dink as aan singenot nie. Indië sou 'n land wees van swaksinniges, wat geestelik moreel en liggaamlik skipbreuk gely het. Ek gee toe wat julle nuwe malthusianiste beweer, maar die wetenskaplike verdediging van jul praktyke neem die laaste slagboom weg wat die mense onthou van die kwade. Julle verhef die onsedelikheid tot 'n sogenaamde wetenskaplike stelsel wat die oorsaak van 'n skandelike onsedelikheid is. Ek is daarvan oortuig dat die Europiane weldra sal insien in hoeverre hierdie skynwetenskap hulle bedrieg het. Jul praktyke het veral ingang gevind by die mense van die hoër stande, wat deur oormatige eet, drink en lui-lekker lewe alle wilskrag verloor en die slawe geword het van hul hartstogte.”

Tot sover Gandhi. En hy [Gandhi] is ‘n man wat nie die Christendom as sy geloofsoortuiging bely nie.

“Die manne van Nineve sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer.
,,Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die einde van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor” (Matt.12:41,42). - Die Kerkblad, 7 Augustus 1935.

Bron: Totius se Versamelde Werke, red. Prof.dr. Hertzog Venter, deel 8 (Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1977), p.342-344.

Tuesday, July 22, 2008

Die nuwe onverdraagsame manier om die Bybel anders te lees

Die nuwe onverdraagsame manier om die Bybel 'anders' te lees

"Ons moet ruimte vir meer as een siening laat. Dié soort verdraagsaamheid vra 'n etiek van lees" - prof Gerrie Snyman

Nou ja, hier volg my siening met al my bagasie en al:

Inleidend
So paar jaar gelede vertel iemand my van 'n nuwe politieke party wat gestig is in die VSA. Die naam van die party was, ek kan nie presies onthou nie, iets soos, "Die Verdraagsame Party".

Op die eerste bladsy van die party se verkiesingsblad, was 'n lang lys van sake wat die party beplan het om deur wetgewing te verbied, sodra hul aan bewind kom ...

Nou ja, ongeag of hierdie storie waar is of nie, dieselfde soort van 'verdraagsaamheid' vind ons in die boek van prof. Gerrie Snyman van Unisa, "Om die Bybel anders te lees. 'n Etiek van Bybellees", volgens die opsomming wat Snyman (?) hier gee: http://www.griffel.co.za/Bybellees_artikel_resensies.pdf (sien ook die resensies onder die opsomming, as bron van sekere verwysings in my skrywe wat volg. U word sterk aanbeveel om maar eers die opsomming en resensies van Snyman se boek te lees, voordat u my mening verder lees).

Om aan ander te doen wat jy nie aan jouself doen nie
Snyman se boek is 'n pleitdooi vir die volgende saak: "Omdat ons Bybellees sosiale belange dien, moet ons dalk ons belange op die tafel sit. Ek dink aan ras, geslag, seksulaiteit (sic), kultuur, klas, ekonomiese welvaart, epistemologie. Maar dit beteken dat ons nie meer die Bybel kan lees as sou dit net een ding beteken nie. Ons moet ruimte vir meer as een siening laat. Dié soort verdraagsaamheid vra ʼn etiek van lees"

Een van die gunstige resensies van die boek (Christo Lombaard) noem dan sekere van die 'belange' (voorveronderstellings?) van Snyman: "Snyman self erken gereeld die Grondwet van Suid-Afrika as deel van sy hermeneutiese raamwerk, soos ook sy vroeëre diensplig-ervarings, sy belewenisse rondom apartheid en, tans, rondom witheid en manheid."

En, met die Grondwet en sy persoonlike ervarings as deel van sy hermeneutiese raamwerk, gaan Snyman dan voort om “te doen aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.”

In sy opsommende artikel (saam met die inligting soos weergegee in die resensies van sy boek) loots hy 'n postmoderne kruistog teen ander mense wat die Bybel 'anders' lees.

Die Afrikaanse Reformatoriese tradisie
Sy onverdraagsaamheid is gemik teenoor die "Afrikaanse reformatoriese tradisie ... wat nog nie sover gekom (het) om ’n post-apartheid teologie te ontwikkel nie."

Die Hervormde Kerk, skuldig aan die onvermoë "om apartheid op teologiese gronde te verwerp, is ’n aanduiding dat dié reformatoriese tradisie nog nie begin het om die immoraliteit van apartheid teologies te verreken nie."

Die GKSA se weiering om 'n voorlegging te doen by die WVK het "nog steeds geen stappe gedoen om hulle teologiese hermeneutiek van rassistiese elemente te loog nie. Die NG Kerk, wat wel ’n voorlegging by die WVK gedoen het, het dit tot dusver ook nie gedoen nie."

Let op die woordeskat:

"Verwerp" ?

"Immoraliteit" ?

"Loog" ?

Is dit nie 'n te kras en moreel gelaaide woord vir 'n (post)moderne teoloog nie, iets wat eintlik in die ortodokse gereformeerde teoloog se woordeskat tuishoort (die leer van die uitverkiesing en verwerping) nie ?

En 'immoraliteit" ? Is dit nie die woordeskat, die "hell, fire en brimstone" woordeskat van 'n fundamentlistiese 'bible-thumping' leke-prediker nie, wat dink net hy is reg nie, en alle alternatiewe (lees: homoseksuele) lewensstyle verwerp nie ?

En 'om te suiwer', is dit nie die rassiste en die Israelvisie se taal nie ?

Of was dit dalk alles (hopelik?) net 'n freudiaanse glip ?

Ja, Snyman soek: "’n Post-apartheid teologie in navolging van ’n teologie na Auschwitz het nog nie hier posgevat nie" (wat Snyman eintlik wil sê: daar was en is nog nie genoeg brandstapels opgerig vir die apartheidsteoloë en hul nageslag nie).

Van politieke geskeidenheid na geloofsgeskeidenheid
En een van die slegte vrugte van die sogenaamde apartheidsteologie van die 'onheilige drie-eenheid', d.i. nou die drie susterskerke wat weier om te bieg, ten minste nie na behore volgens Snyman nie, is wat ons vandag nou sien: "Ons bly vasgevang in ’n geskeidenheid wat verskeidenheid van denke en sienings nie kan verdra nie. Dit sien mens duidelik in die gesprekke rondom die geloofsbelydenis oor die liggaamlike opstanding van Jesus. Mense wat laasgenoemde nie kan bely nie, moet uit die Christelike kerke padgee."

Sien u die lyn waarheen Snyman oppad is met sy 'anders' lees ?

Die 'politieke geskeidenheid' wat rasse, groepe, ens. geskei het, is die rede, die bron en oorsaak waarom die ART (Afrikaanse reformatoriese tradisie) nou ook of nogsteeds die Bybel lees as 'n boek wat leerstellige, geloofs, teologiese, geestelike, morele geskeidenheid bring.

Nie net die 'apartheidsteologie' nie, maar ook sommer die 'afrikaanse reformatoriese tradisie', wat deel is van die groter gereformeerde tradisie wêreldwyd, is bloot die vrug van 'sosiale belange'.

Nee, wag, daar stop dit seker nie: die Heilige Skrif self is seker die vrug van mense se 'sosiale belange' (sodoende ‘bedien’ Paulus nie God se wil vir die kerk en samelewing deur alle eeue nie, maar sy chauvinistiese patriargale 'subjektiewe heteroseksuele ideologie' en belange in 1 Tim.2 ?)

En al hierdie tyd, terwyl ons elkeen wat geloofsbelydenis afgelê het in die woorde van: "Glo en bely u dat die Ou en Nuwe Testament die Woord van God en die volkome leer van die saligheid is, soos dit ook in die Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke uitgedruk word en in die kerk hier geleer word?", geglo het dat ons belydenis 'n samevatting is wat God in die Heilige Skrif ons leer oor wat ons moet glo en doen, was of is dit eintlik niks anders as bloot mense se subjektiewe verdraaide lees van 'n Teks (Die Bybel) of 'n teks (die belydenis) om bloot hul "sosiale belange (te) dien" nie ?

Paulus is teen die vrou in die amp, omdat hy 'n man is.
Totius is teen volkevermenging, omdat hy 'n witman is.
Die kerkrade tug homoseksueles, omdat hul heteroseksueel is.
En nie, omdat hulle geglo het (reg of verkeerd) dit is wat God leer in die Bybel nie.

Die Bybel, die hele Christelike geloof, die hele gereformeerde tradisie, die afrikaanse reformatoriese tradisie se doel was en is om mag uit te oefen, mense te beheer deur ‘gesaghebbende stories’.

Die kerk van Christus deur die eeue is die skeppende vernuf van die broederbonders deur die eeue, nie die vrug van God se werk in en deur Christus nie.

Alle sieninge is welkom ... solank dit net in lyn is met my siening
En dit is nou waar die groot ironie inkom: as volgens Snyman, elkeen geregtig is daarop om die Bybel 'anders' te kan lees, dat daar vir meer as een siening ruimte gemaak moet word d.w.s. wat dit verstaan en beteken, en ons daarteenoor 'verdraagsaam' moet wees ... hoekom wil hy dan nie daardie ruimte toelaat vir bv. apartheidsteologie nie ?

Hoekom is daar plek vir gayteologie, feministiese teologie, menseregte-teologie, swart-teologie ... maar nie vir apartheidsteologie nie ?

En, hoekom is daar dan nie ook sommer ‘n plek vir 'n verkragtings-, sodomie-, satans-, en nazi-teologie nie ?

Dit is ook 'ander' maniere om die Bybel te lees, of hoe ?

Ja, maar ons het 'n "openbare en politieke verantwoordelikheid", word teruggekap.

Waarop ou Niekie sal antwoord: Sê wie ?

Wie se openbare opinie en belange: Christene, nie-Christene, meederheid of minderheid, rykstes of armstes ?

Die sterktste ? Die wat nou al die politieke, ekonomiese, militêre en intellektuele mag in hande het ?

As ons genoeg mense in die land kan kry wat demokraties saamstem dat verkragting en sodomie reg is, dan kan daardie manier van die Bybel lees ook aanvaarbaar wees ?

En, aangesien waarheid ‘nooit’ vasstaan nie, kan dit eendag waarheid wees om vrouens te verkrag, of hoe ?

Onthou, die Bybel beteken nie "net een ding" nie en elke leser het sy 'eie leesstrategie', ook die verkragter, ook die kindermishandelaar.

Hoe word dan bepaal dat rassisme sogenaamd 'n gruwel is in God se oë, maar homoseksualisme nie, as die Bybel wel meer as 'een siening' oor 'n saak toelaat ?

Hoekom pas die skrywer nie self konsekwent sy eie oproep toe nie: "Byvoorbeeld, om ʼn persoon wat teologies van jou verskil uit die geloofsgemeenskap uit te dryf, is om nie meer verantwoordelik te voel teenoor daardie persoon nie" ?

Om u daardie vraag te toets en help antwoord: hoeveel 'apartheidsteoloë' is daar in die teologiese (of is dit nou die antropologiese?) departement van Unisa ?

Wie word nou uitgedryf en wie is nou werklik 'verdraagsaam' ?

Snyman se onverdraagsame strydlustige onderrok (ekskuus, onderbroek) teen almal wat met sy 'ander(se)' lees van die Bybel verskil, hang so vêr uit, dit lyk soos 'n sirkustent wat agterna gesleep word.

Hy sê: die ART het die Bybel gelees om hul sosiale belange te dien en daardeur apartheid opgerig, en dit is verkeerd, moet 'verwerp' word en moet (nogsteeds) beveg word, ens.

Nou kom Snyman, en hy lees doelbewus die Bybel deur die bril van die Grondwet en die nuwe SA geloofsideologie met sy gay en menseregte-agenda... maar dit is aanvaarbaar en 'verantwoordelik' ?

Die postmoderne koning het nie net geen klere aan nie … hy het nie eers ‘n enkele borshaar aan sy lyf nie !

Twee plus twee is alles behalwe vier
Snyman bely: "Lesers lees die Bybel op grond van hulle eie leesstrategieë. Dié strategieë word bepaal deur perspektiewe wat lesers het as gevolg van hulle sosiale ligging in die samelewing. Boonop is elke leser of groep lesers se konteks kompleks en eiesoortig, sodat interpretasies nie anders kan as om van mekaar te verskil nie. Dit beteken dat waarheid nooit objektief vasstaan nie. Daar is altyd een of ander perspektief verbonde aan die manier waarop ons waarheid uitdruk. Dit is ʼn subjektiwiteit wat op verskillende maniere na vore kom."

Nou hoe kan jy 'apartheid' of enige ander saak of idee of handeling enigsins beoordeel as reg of verkeerd, aanvaarbaar of 'verwerp(lik)' indien die waarheid nie objektief vas staan nie ?

Hoe kan jy vir iemand sê "waarheid staan nie vas nie", as jy dan self bely en glo dat daar baie 'subjektiewe' waarhede is ? Iemand ander se 'subjektiewe waarheid' is daar is 'waarheid wat vasstaan' ?
___________________________
Wiskunde meneer: Klas, hoeveel is 2 + 2 ?

Klas roep uit: 7 ! 2 ! 9 ! 0 ! 10 ! … (en laaste, maar nie die minste nie, roep piet postmodernis uit): blou !

Meneer: Oe-ai, julle is so oulik en goed met wiskunde. Baie mooi klas, julle het elkeen ‘n ander manier om by die ‘antwoord’ uit te kom ... wat ons in elkgeval nie weet nie. Maar onthou julle is almal eintlik ‘reg’ en stem eintlik almal saam, veral jy piet, jy is ook reg. Dankie vir jou 'ander' manier van getalle lees !

Martin: Die antwoord is vier !

Meneer: Maar my &^%($#@$#! Martin, ons weet mos dit kan enigiets wees, behalwe vier. Moet jy nou staan en ‘anders’ wees as ons ‘anders’ wees ?

Martin: Maar is ek dan nie ook 'reg' nie ? As hulle ook almal reg mag wees, hoekom nie ek ook nie ? Meneer sê dan dat meneer weet nie wat die antwoord is nie, en daarom help ek meneer. Hoe kan meneer dan vir my sê dit is nie vier nie as meneer dan nie self weet dit is nie vier nie ?

Meneer: Ag, moet jy jouself nou weer gaan staan en slim hou ? Jou 'oppervlakkige kritiek' kan ons natuurlik maklik beantwoord, maar 'ons' dink nie jy het 'n genoegsame 'teoretiese onderbou' om te verstaan nie.

Martin: Maar, meneer, ek probeer net die antwoord op die som gee ?

Meneer: "Net-die-antwoord-op-die-som-gee" Wie dink jy flous jy ? Ek kan mos duidelik sien dat jy een of ander sosiale belang van jou en jou onverdraagsame gereformeerde tradisies probeer dien met so 'n antwoord. Kom nou, wees nou eerlik, "verklaar jou filosofiese denkwapens", plaas jou 'voorveronderstellings' op die tafel, jou, jou "calvinis" Sê vir ons wat jy EINTLIK die hele tyd probeer sê vir ons wat 'anders' is ?

Martin: Wat ek 'eintlik' probeer sê is, dat die antwoord vir ons ALMAL 'vier' is ?Meneer: Ja, daar sê jy dit self ! Omdat JY glo dit is vier, nou moet ons almal by jou manier van wiskunde doen aanpas.

Martin: Huh ?

Meneer: JY dink seker jy is die enigste een wat die waarheid ken !? Jou pa het seker op die grens in Angola geveg en is 'n ART ouderling ?

Martin: Huh ?

Meneer: Hoekom is jy so onverdraagsaam teenoor die res van die klas se ander manier van wiskunde doen ? Dink jy JY het die waarheid in pag ? Dit is mense soos jy wat homofobies raak. Hoekom is jy nie bietjie nederiger nie ? "Twee-plus-twee-is-VIER"!? Wat gaan jy volgende vir ons sê: God het alles geskape, Jesus Christus is God en die Bybel is die absolute waarheid ?

Martin: Ja, vir ons ALMAL, hier staan ek, ek kan nie anders nie. _____________________________

Die nuutste dogmatisme en onwrikbare geloof van ons tyd: “Dit beteken dat waarheid nooit objektief vasstaan nie.”

Nooit nie ?

Goed, dit beteken dat hierdie sin “Dit beteken dat waarheid nooit objektief vasstaan nie” (en die hele boodskap van Snyman se boek inkluis) nou en vir die toekoms ook nie meer waar is en vasstaan nie.

So terloops, dit is een van die redes (saam met die prys) waarom ek besluit het om nie die boek aan te koop en te lees nie, want die ‘subjektiewe waarheid’ daarin is al lankal reeds nie meer die ‘waarheid’ nie. Ek kan die tyd vrugbaarder spandeer om om absolute waarhede te gaan lees in die Bybel en in geskrifte wat dit bely en uiteensit, o.a. die gereformeerde belydenis.

Nee, nee, probeer Snyman terugveg, "Maar die teks beteken nie sommer enigiets afhangende van die leser se ideologie nie. ʼn Leser se verstaan van die Bybel geskied altyd binne ʼn verantwoorde raamwerk, soos die manier hoe betekenis gekry word; die belange wat gedien word; die soort wêreld wat voorsien word; die rolle, pligte en waardes wat voorgehou word en die soort sosiopolitiese praktyke wat geregverdig word."

Maar, as jy in ‘n gat is, moet jy ophou grawe.

Want, hierdie paragraaf van Snyman beteken juis dat binne die 'raamwerk en sosiale belang' van die apartheidsbedeling dit regverdig en aanvaarbaar was en is, asook vir hulle wat die Bybel dan 'anders' (deur apartheidsbrille) lees, is dit mos reg en aanvaarbaar ?

Soos een van u gunstige resensies (HJM van Deventer) dit stel aangaande die lees van tekste (spesifiek Snyman s’n): “Hopelik sal die bespreking verder strek as die blote opstelling van antitetiese stellings. Om dit te voorkom word twee lesings voorgestel: die eerste om die sentrale argument te volg en die tweede om dan daardie argument ook op die lees van hierdie teks van toepassing te maak!”

Ja, inderdaad !

Die waarheid is 'subjektief'
Indien die sentrale argument van Snyman se boek, nl. dat waarheid subjektief is, ook van toepassing gemaak word op sy eie ‘beoordeling’ van ander ‘sosiale belange’, dan sal gevind word dat sy ervaring net so goed of sleg is as ‘n ART apartheidsteoloog s’n, en sien ek regtig geen rede waarom Snyman en alle ander nuwe SA demokratiese teoloë enigsins op sogenaamde ‘hoër morele gronde’ staan as die vorige bedeling nie ?

Onthou: “Christianity would be impossible without universal propositions (lees: ‘objektiewe waarhede’) … empiricism (‘subjektiewe waarhede’) can neither produce nor justify any universal proposition. The explanation is obvious: Experience is never universal." - Gordon Clark, “Lord God of Truth”.,p.35

As waarheid ‘nooit’ objektief vasstaan nie, kan ‘n mens mos nie jou subjektiewe idee van waarheid, geregtigheid, vrede, naasteliefde, versoening, ens. terug projekteer na die verlede nie ? Hou jou subjektiewe meningtjie vir jouself.

Die meeste wat ‘n mens dan kan doen is om te sê oor apartheid (of enige ander saak), wat my proffies vir my gesê as hul nie saamstem met die inhoud van my werkstukke nie, nl. “Baie interessant …”

As, volgens die aanhaling hierbo, die mens en sy 'sosiopolitiese praktyke' die norm is wat ons lees van die Bybel 'verantwoordelik' hou, dan beteken dit inderdaad dat die (postmoderne) problematiek van 'Bybel en mag' nou glad nie verdwyn het nie. Inteendeel.

Snyman en ander nuwe sa teoloë het ‘mag’ bloot verskuif van die ART (via die konfessies en kerkrade) na die Grondwet (via die parlament en die howe). Die Nuwe SA gaan die 'onderdrukkende kerkrade' se 'magsmisbruik' na 'n sondagskoolpiekniek laat lyk, soos hul al meer konsekwent hul gelykheid van godsdienste, gay en feministiese agenda gaan afdwing op hulle wat die Bybel 'anders' as Unisa lees.

Soos een van u gunstige resensies (HJM van Deventer) dit ook stel: "Dit bring Snyman daarby uit om die saak van die Bybel en mag op die tafel te plaas (p. 111 e.v.) en te ondersoek hoe die Bybel gebruik kan word om monologiese deklarasies te maak wat vanweë ʼn gebrekkige historiese bewussyn en ʼn positivistiese wetenskapsbeskouing nie gekritiseer kan word nie. Sodoende kan ʼn bepaalde (openbare of verborge) transkrip in stand gehou word. Snyman toon egter nie duidelik aan waarom ʼn nuwe openbare transkrip noodwendig beter sou wees as ʼn vorige nie."

En dit is waar Snyman op eindig.

Die verskuiwing van mag
Gesag, mag, onfeilbaarheid, waarheid, geregtigheid, ens verdwyn nooit nie, dit word net verskuif.

Die volke om Israel het dit in die natuurgode geplaas.
Die Romeinse ryk in die keisers
Die Rooms-Katolieke Kerk in die pous en die sigbare kerk

Snyman, op sy beurt, verwerp klaarblyklik die 'positivering' (lees sistematiese konfessionele teologie en belydenis) van die ATR (wat die Apostoliese Geloofsbelydenis van alle kerke deur die eeue insluit), en verruil dit goedmaklik vir die 'nuwe openbare manuskrip', die Grondwet van die Nuwe SA, met sy humanisties liberale menseregte ideologie, wat deur die Unisa fakulteit sedert die koms van die profeet Deist 'teologies regverdig' is vir ‘n nuwe utopia wat moes aanbreek.

En dalk omdat die huidige utopia tans so klaaglike mislukking is … moet ons ‘n paar dooie perde van die verlede nog gaan skop ? (in rugbytaal uitgedruk, net om te wys ek is ook van hierdie wêreld: om iemand in die stort te duik, lank na die wedstryd al verby is)

'n Ander gunstige resent (Reggie Nel) stel dit nog duideliker: "As indicated, this work deals powerfully with acute and complex matters. Snyman does this not by suggesting new developments from the fields of Biblical sciences and Hermeneutics. In fact, he states that these insights in Hermeneutics have been around for some time now. What is however refreshing is the way in which he brings these home, in terms of the pressing questions of a progressively maturing faithful, but also constitutional democracy."

As Snyman maar net die verwerping van die sg. apartheidsideologie voorgestaan het, dan sou hy nog baie Christene van die ATR agter hom moontlik verenig het. Maar, hy en die ander antropoloë by die godsdiens en 'teologie' fakulteit van Unisa wil die enigste Troos in lewe en sterwe, in liggaam en siel, ons Here Jesus Christus ook probeer wegneem.

Die ‘apartheidsisteem’ het geval, maar die ‘apartheidsdenke’ (lees: gereformeerde geloof) het nog nie geval nie, en DIT is vir Snyman ‘n groot steen des aanstoots.

Daarom die uitspraak: "Dit sien mens duidelik in die gesprekke rondom die geloofsbelydenis oor die liggaamlike opstanding van Jesus. Mense wat laasgenoemde nie kan bely nie, moet uit die Christelike kerke padgee."

Snyman beskryf dan sy 'probleem' met die debat oor Jesus se liggaamlike opstanding as volg: "In die debat word Jesus se dood en opstanding voorgehou as sou dit meer sin het as sy lewe. As sondelose en bowehistoriese figuur word hy geprojekteer as Seun van God wat versoening vir die mense se sondes kom doen het. Maar die fokus op sy dood en opstanding maak van sy geskiedenis op aarde net ’n oorgangsfase na die ewige eintlike wêreld. Die ‘hier en nou’ word versaak met ernstige gevolge. As lidmaat van ’n kerk in wie se midde die teologiese regverdiging van apartheid ontstaan het en later nooit kragdadig beveg is nie, word my bewussyn van ’n kollektiewe verantwoordelikheid nerens deur dié Jesus-teologie aangespreek nie. Trouens, in die plek van my eie verantwoordelikheid kom ’n kinderlik-passiewe verwagting dat my dade sonder gevolge kan wees, want Jesus het mos daarvoor gesterf. Die gelowige bly blind daarvoor dat dade, ook leesdade, gevolge het."

Dit klink mooi en vroom die woorde dat ons geloof as't ware nie 'n 'pie in the sky' moet wees nie (daarmee stem ons kuyperiaanse calvinisme mos volkome saam), soos een van sy gunstige resente (HJM van Deventer) spottenderwys na verwys: "Wat die voornemende leser opval wanneer hierdie netjiese publikasie ter hand geneem word, is dat dit veel swaarder voel as die pienk slapband geskriffies met gewaande godsdienstige inslag wat boekwinkels se rakke vol staan.” (kursief bygevoeg – SLC).

En tog, om maar Snyman se ‘etiek van Bybel lees’ te volg, is daar iets 'agter' hierdie woorde van Snyman wat hy nie op die tafel geplaas het nie, heel moontlik omdat dit nie sy 'sosiale belange' dien nie ?

Is daar nie baie meer agter die verwerping van die liggaamlike opstanding, as bloot die feit dat dit mense (verkeerdelik) van die hier-en-die-nou op aarde verantwoordelikheid teenoor my medemens wil ontsnap nie, en roekeloos lewe nie ?

Ek vermoed so, en omdat ek, volgens Snyman, ook geregtig is op ‘n siening, gaan ek dit gee:
Die Teks
Ek wil begin deur iets te doen, om die woorde van die (postmoderne?) Captain Kirk te gebruik “To go where no (postmodern) man has gone before” … en dit is ... om na die gesaghebbende Teks te gaan. Nie die Teks wat ‘uit die lug geval het’ nie, maar wat God deur al die eeue deur sy Gees en Woord bewaar het vir sy kerk, ook vir hierdie dag:

Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
– 2 Kor.5:10

Hulle wat die liggaamlike opstanding betwyfel, het nie probleem, so lyk dit vir my, met ‘Jesus’ (die mens) nie maar wel met die ‘Christus’ (die Seun van God, sondeloos, God self).
Want laasgenoemde beteken Hy is ook die Regter, daarom die woorde ‘voor die regterstoel’ verskyn “sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad”

Die liggaamlike opstanding van Christus, bevestig nie net dat Hy leef nie, maar ook dat Hy regter gaan wees oor wat ons “deur die liggaam” verrig het. Ja, wat ons hier gedoen het op aarde, in vlees en bloed ‘hier-en-nou’, in die dae van apartheid, maar, ook in die dae van demokrasie en menseregte.

Daar val Snyman se skynaanklag, nl. dat die leer van die liggaamlike opstanding ons ‘hier-en-nou’ sogenaamd onverantwoordelik en ‘passief’ maak heeltemal en totaal plat. Inteendeel, dit laat ons juis nougeset let op hoe ons nou hier lewe teenoor God en ons naaste.

Maar, verder bevestig die liggaamlike opstanding ook dat daar ‘goed en kwaad’ is, dus reg en verkeerd. En dit maak baie seer, as jy onwrikbaar glo dat waarheid ‘subjektief’ is.
Daar is dus woorde, denke en dade wat reg is en daar is dié wat verkeerd is.

Dit beteken daar is en moet iets wees soos ‘n vaste norm of standaard waarvolgens Jesus as regter gaan oordeel. Iets wat ons sal noem ‘objektiewe waarheid’. Nee, nie die grondwet van enige land nie, nie die apartheidsbedeling nie, maar God se Wet vir alle mense, alle tye, alle omstandighede.

En daarom is die ‘liggaamlike’ opstanding ook ‘n getuienis daarvan dat daar een Weg, en een Waarheid en een Lewe is: Jesus Christus, die Seun van God, gebore uit die maagd Maria. Hy en Hy alleen is die weg van verlossing, na die ewige lewe, na die Vader. Geen apartheidsondaar, geen menseregtesondaar, kan na die Vader kom behalwe deur Christus nie.

En as die ‘liggaamlike opstanding’ van al hierdie ‘absolutes’ getuig: een waarheid, een oordeel, een regter, van goed en kwaad, dan is dit ‘n groot struikelblok en probleem vir hulle wat bv.:
- ander gode as die God van Abraham, Isak en Jakob, die Vader van Jesus Christus wil aanbid.
- wat glo al die nie-Christelike gelowe lei ook na die hemel.
- wat in hul kwade homoseksuele of immorele heteroseksuele lewenswyses wil volhard.
- wat God se skeppingsorde ten opsige van man en vrou wil omverwerp.
- wat mense wat die Bybel ‘anders’ lees se grond wil besteel onder die dekmantel van ‘grondhervorming’
- wat aborsiemoord wil goedpraat.

M.a.w. die sogenaamde ‘apartheidsmanier’ (lees gereformeerde-konfessionele manier) van Bybel lees wat al die nuwe SA se ‘nuwe lewensstyle’ veroordeel, dien nié die ‘sosiale belange’ van die feministiese-homoseksuele-androgene ‘gay’ nuwe SA nie … en daarom moet dit ook gaan.
‘n ‘Post-apartheids’ humanistiese ideologie onder die dekmantel van ‘teologie’.

Die nuwe SA, met sy stokoue horingoue humanistiese geloof in die Mens en sy vermoë, sal homself (skuus, haarself) red. Sy (moeder natuur: Sophia?) het nie ‘n (manlike patriargale) Verlosser, Jesus Christus, meer nodig nie. Sy sal haarself verlos, deur van alle ‘geskeidenheid’, fisies én geestelik ontslae te raak. Alle ‘geskeidenheid’ tussen godsdienste, tussen man en vrou, tussen geslagte sal opgehef word.

Die antitese van Gen.3:15 moet ook gaan !

Dit is dan ook g’n wonder dat Unisa se voorvaders niks wou weet van een van die gereformeerd-konfessionele gelowiges se voorvaders, Paulus, nie:
30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, 31 omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. 32 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor. – Hand.17:30

Die ewigheid en die hier-en-die-nou is op die spel
En, omdat die mens God se oordeel vrees, en die vergifnis in Christus verag, daarom gaan hul oor tot die ontkenning van die finale oordeel wat gaan plaasvind, en wil die hier en nou allesbepalend maak.

Snyman is reg, heeltemal reg as hy sê: “Die gelowige bly blind daarvoor dat dade, ook leesdade gevolge het”

Wat en hoe ons lees, bepaal hoe ons dink, praat, skryf en doen.

Daarom ook Christus se waarskuwende woorde: "36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. 37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word." Matt.12

Snyman en almal wat soos hy ‘anders’ lees, wie se leesdaad wat weier om te glo aan die liggaamlike opstanding va Jesus Christus, se ongehoorsame lees het gevolge, nie net gevolge vir die hier-en-nou nie, maar ook vir die ewigheid:
14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; 15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie. 16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; 17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. 19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. - 1 Kor.15

As Christus nie opgewek is nie, dan is die prediking vergeefs. Dan is ons nog in ons sonde, dan kan ons in elk geval niks goeds doen om ons tyd se ‘sosiale belange’ te dien nie. Dan kan daar geen ‘beter’ SA hier-en-nou of in die toekoms wees nie.

Maar, dan beteken dit ook, in die woorde van Snyman: “Dit sien mens duidelik in die gesprekke rondom die geloofsbelydenis oor die liggaamlike opstanding van Jesus. Mense wat laasge-noemde nie kan bely nie, moet uit die Christelike kerke padgee.”

Iemand wat nie glo in die liggaamlike opstanding van Christus hoef nie pad te gee uit die kerk van Christus nie, want sy belydenis van nie-opstanding, is ‘n getuienis dat hy reeds padgegee uit die kerk van Christus.

So iemand, indien hy nog aan die ‘sigbare kerk’ behoort gaan luister ‘tevergeefs’ na prediking.
So iemand maak van God ‘n valse getuie (en van homself ‘n valse profeet).
So iemand se ‘geloof’ is nutteloos, dit is geen ware geloof nie maar 'n ideologie.
So iemand is nog dood in sy sondes.
So iemand is verlore.

So iemand is is die ‘ellendigste van alle mense’, omdat hy ‘net vir hierdie lewe op Christus hoop’

Tragies.

Ja, ons ‘leesdade’ het gevolge. Dit is ‘n saak van lewe en dood.

'n Uitnodiging
Beste prof Snyman en ander wat u denke volg, u as medemense is altyd welkom in Christelike kerke, nie om julle dwalinge en ‘valslike sogenaamde kennis’ te kom versprei nie, maar om die ware evangelie van Christus te kom aanhoor:

Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. … 1 Kor.15:3-5

Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
- 1 Tim.1:15

Die wysheid van die OT literatuur waarsku vir my en u:

“Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” – Spr.14:12

Ja, as daar geen ‘objektiewe waarheid’ is nie,
As die Bybel nie God se Woord is wat bepaal hoe ons ‘sosiale belange’ God en ons naaste moet dien nie,
As die Bybel nie die bron is wat ons ‘vooronderstellings’ en ‘leestrategie’ toets en bepaal nie,
dan is daar geen rede waarom enige lees van die Bybel aanvaarbaar is of nie.

Dan is ons almal dood in ons sonde en verlore.

Waarom nog enige ‘belange dien’ hier-en-nou, want:

“As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons! “ (1 Kor.15:32)

Niemand ontken die gevaar en beïnvloeding van ons vooronderstellings en ‘sosiale belange’ nie.

Die vraag is egter of ons slagoffers is daarvan, en of ons dit toets, meet en ‘loog’ aan die hand van die Heilige Skrif deur die leiding van die Heilige Gees, in volhardende gebed ?

Die vraag is verder, al is ons baiemaal slagoffers van verkeerde veronderstellings en sosiale belange, of God, die Skepper van hemel en aarde, die Logos, ‘n slagoffer is van die mens se vooronderstellings en sosial belange ?

Bring die redding in Christus nie ook herstel van denke, voorveronderstellings en om ons sosiale belange in die lig van sy Koninkryk te sien nie ?

“En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.” – 1 Joh.5:20,21

Die Satan het in die begin van die geskiedenis gevra: Is dit so dat God gesê het ?

Vandag vra, mislei hy: Kan die mens God en sy wil ooit ken ?

Snyman vra nie net paradigmaskuif moet maak van
- objektiewe na subjektiewe waarheid nie,
- hy vra dat ons ‘n skuif maak van teologie na antropologie,
- ‘n skuif van die gereformeerde konfessionele geloof na die postmoderne ideologie,
- van die algemene ongetwyfelde geloof van die Christelike kerk van alle eeue soos bely in die Apostoliese Geloofsbelydenis na ‘n eksistensiële humanistiese utopia.

Ek glo ...
Daarteenoor glo ek van harte, dat ons moet bly by die Heilige Skrif soos bely in die gereformeerde belydenis, moet bly by die geloof van ons vadere, met gebreke en al (o.a. Totius en Stoker), en saam met al die kerke en gelowiges deur al die eeue bely, deur sy Gees en Woord:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;

en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel;
wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;
opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Ek glo in die Heilige Gees;
ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die liggaam
en ’n ewige lewe.
Amen.

Groete
Van ‘n ‘gemiddelde gereformeerde dominee en lidmaat’ van die Christelike kerk van alle eeue, wat glo en bely dat Christus vir ons sondes gesterf het en uit die dode opgestaan het.

Tuesday, June 10, 2008

Die Skeppingsleer gehandhaaf teen die wetenskaplike fundamentalisme van J. Lever, deur dr. F.W. Buytendach

Inleiding - S. Le Cornu (VDM)
Na aanleiding van onlangse gesprekke wat opnuut gevoer is oor die “Skepping vs Evolusie” debat, teenoor die agtergrond van die groter vraag van onder andere, die verhouding tussen “teologie en wetenskap” asook oor “Skrifbeskouing en wetenskap”, is dit goed om kennis te neem dat ons gereformeerde voorvaders ook reeds aan hierdie belangrike onderwerp aandag gegee het.

Hieronder vind u die bespreking van dr. F.W. Buytendach: "Enkele gesigspunte van die natuurwetenskaplike kyk van J. Lever op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis en met name op die ontstaan van die mens"

Ek het om die leeswerk te vergemaklik, die volgende opskrif-afdelings bygevoeg:
1. Lever se “creationisme”
2. Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie
3. Die Bybel: gaan dit net oor die boodskap of die gebeure ook ?
4. Lever en die onstaan van die mens
5. Natuurwetenskaplikes en filosowe se getuienis
6. Lever se standpunt bevorder die “Nuwere Gereformeerde Teologie” in Nederland
7. Die ondergrawing van ons verlossingsgeloof

Hierdie artikel is van belang om die volgende redes:

1. Dr. Buytendach wys wie die werklike 'fundamentaliste' is, nl. hulle wat die eerste hoofstukke van Génesis (veral Gén.1) bloot sien as "'n kerugmatiese bedoeling en betekenis" en dus nie as "geskiedkundige feitelike medelinge nie", maak hul skuldig aan wat hy noem "wetenskaplike fundamentalisme":

"Waarin sit die uitsluitlike sin en bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis vir Lever - as Christen-bioloog, maar nie-teoloog? Dit sit vir hom slegs in die ,,eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis” daarvan; dit behels vir hom slegs ,,scheppings- en heilsverkondiging”. Of soos by dit nog duideliker stel: ,,het (gaat) in Genesis slechts .... om de Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing, gegoten in een vorm die geen feitelijk-reële betekenis toekomt”
Maar dan is dit mos sinloos om i.v.m. Génesis nog van ,,geopenbaarde werkelijkheden” te spreek - soos Lever óók doen! M.a.w. Genesis het, volgens hom, slegs kerugmatiese bedoeling en betekenis. In die lig van die geheel van Lever se kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis, is dit duidelik dat ons daarin te doen het met natuurwetenskaplike fundamentalisme. J.H. Kroeze het - kontra Lever - duidelik aangetoon dat ons in Génesis te doen het met geopenbaarde ware werklikhede, d.w.s. feitelike mededelinge én die boodskap wat dit behels."

2. Hy wys op die regte betekenis van die stelling "Die Bybel is nie 'n 'wetenskaplike handboek' nie", nl. die Bybel is nie geskryf in 'wetenskaplike begripstaal ... in die moderne wetenskaplike sin van die woord ... nie' maar vir "alle mense van alle eeue" om te kan verstaan. Die Bybel is wel 'n "Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarom aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf":

"Dit is wel waar dat Genesis nie aan ons ,,historie-wetenschap” - tereg met die klem op die ,,wetenschap”, d.w.s. geskiedskrywing in die moderne wetenskaplike sin van die woord - bied nie. Dit bied aan ons egter sonder twyfel Openbaringsgeskiedenis (historie) wat in nie-wetenskaplike taal geskrywe is, en wat - gedagtig aan die Goddelike Openbaringsherkoms daarvan deur menslike bemiddeling heen - wel volkome waar is. Dit is verder so dat Genesis nie ‘n ,,geschiedkunde-boek” - in die geval met die klem op die ,,kunde” - is nie. Dit is egter baie beslis ‘n Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarorn aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf. Die waarheid van bostaande word duidelik gemaak deur wat in Gen.2:4 staan. W.H. Gispen verklaar: ,,Ik weet geen betere vertaling voor (tooledooth) in ons vs. ... dan ,geschiedenis’ ”.

3. Die valse teenstelling "vorm vs inhoud" van die Skrif, spesifiek van toepassing oor die vraag na oorspronge, word deur dr. Buytendach verwerp. Die populêre frase, wat ons vandag nog hoor, is: "Die Bybel (o.a. Génesis, veral Gén.1) leer ons dat God geskape het, en nie hoe God geskape het nie." Dr. Buytendach meen dit is slegs 'gedeeltelik waar' want:

"In Gén.1:26,27 word aan ons geopenbaar dat God die mens as afsonderlike en uitsonderlike wese geskape het en wel na Sy beeld en gelykenis - dit beklemtoon die hoe, die wyse waarop Hy die mens geskape het." (Sien ook eindnota iii in die dokument).

4. Dr. Buytendach wys daarop dat Christene "die skerpste beswaar aanteken" teen die 'mogelijkheids-hypotese' van Lever, nl."een genetische continuiteit van alle levende organismen, de mens niet uitgesloten":

"Alhoewel nóg die Bybel, volgens hom, nóg die wetenskap die vraag na die hoe van die ontstaan van die mens beantwoord, is hy van oordeel dat - met behulp van die wetskringleer van Dooyeweerd, met name die vierde individualiteitstruktuur van die menslike liggaam, d.w.s. ,,de act-structuur van het menselijk lichaam” én vanuit sy (Lever) ,,creationisme”-standpunt, waarin wetenskaplike en Bybelse gegewens saam verdiskonteer word - die ,,mogelijkheid” nie afgesny word dat by die ontstaan van die mens ,,gebruik gemaak werd van een dier”; dat ons ,,de mogelijkheid niet bijvoorbaat (mogen) verwerpen, dat de genese van de mens geschied is via een wezen dat minstens naar zijn skeletkenmerken volgens onze normen en criteria een dier was”

5. As eenvoudige Bybelgelowige wys hy op die radikale implikasies van Lever se 'creationisme' oor die algemeen, maar veral in die besonder oor Lever se hipotese dat die mens van die dier geneties moontlik kon afstam. Dit het die volgende moontlike implikasies:

- dat God die mens nie direk na Sy beeld en gelykenis geskape het soos Hy dit in Gén.1 :26,27 aan ons Openbaar nie;
- dat die mens - ook wat sy liggaam betref - nie wesensverskillend van die dier is nie, ondanks die feit dat in I Kor.15:39 uitdruklik staan: ,,die vlees van die mense is anders as die vlees van vee”
- dat Adam (ondanks wat in Gén.5:1,2 en Lukas 3:38 staan, en Eva (ondanks wat in Gén. 3:20;4:1;2 Kor.11:3;1 Tim.2:13 staan) nie die menslike aanvangsfigure, d. w.s. die eerste mense, was nie;
- dat die biologiese ,,dood” vóór die sondeval in die plante- en diereryk óók m.b.t. die mens ‘n skeppingsgegewendheid was - en wat aan ons geopenbaar word insake sondeval-dood-verlossing van die mens (Gén,2:17; Gén.3; Rom.5:12 v.; I Kor.15) derhalwe nie waar is nie.

6. Die voetnotas (gewone syfers) alleen maak die artikel/uitreksel die moeite werd, omdat dr. Buytendach ruim uit gereformeerde teoloë, filosowe en natuurwetenskaplikes vanuit Nederland (o.a. A. Kuyper, F.W. Grosheide, S. Greijdanus, W.H. Gispen, G.Ch. Aalders, Dooyeweerd) en Suid-Afrika (o.a. S.J. van der Walt, J.H. Kroeze, S. Du Toit, J.L. Helberg, G.T.S. Eiselen, J.J. Duyvené de Wit, H.G. Stoker, J.A.L. Taljaard) aanhaal en na hulle werke verwys, om aan te toon hoe teologies, filosofies én wetenskaplik onhoudbaar Lever (en die teoloë wat hy volg, o.a. N.H. Ridderbos) se standpunte is.

Van die belangrikste aanhalings en verwysings in die verband is:

“W.H. Gispen, wat vashou aan ‘n skeppingsdag van 24 uur (Schepping en Paradijs, p. 41), kwalifiseer dus as ‘n fundamentalis - volgens dié sienswyse van Lever.”

G.T.S. Eiselen oor die ontstaan van die mens: “As Christelike bioloog kan ek net volstaan met die woorde in Genesis 1:27”

“As die Skrif verklaar dat die mens na die Beeld van God geskape is, het geen wetenskap wat gelowig buig vir die Woord ,die reg om die mens te sien as bloot ‘n afstammeling van een van die diere of mensagtige wesens nie. Die Bybel gee lig op sake wat die wetenskap nooit kan ontdek nie” – S. Du Toit

“Gestel dat die mens uit die dier ontwikkel het, sou by daardie ,primitiewe’ mens van ‘n sondeva! sprake kon wees? Maar verloor die kruisdood van Jesus Christus nie sy kardinale betekenis, as daar geen sondeval was nie? Die konflik gaan hier om die grondslae van die Christendom self?” – HG Stoker

7. Dr. Buytendach se boek wys dat die hervertolking van Genesis in die "skepping vs evolusie" kwessie in Nederland, juis een van die doodsteke was waardeur die 'nuwere teologie' in Nederland houvas gekry het, en wat later deur totaal liberale ongelowige teoloë soos Kuitert oorstroom is. Psalm.11:3 geld ook vir Skrifbeskouing, Skrifverklaring, Skrifgeloof en christelike wetenskap, "As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?":

"Alhoewel Lever se sienswyse - in die lig van die geheel van bostaande - m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote vormgewing sou wees van ‘n ,,Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing” waaraan ,,geen feitelijk reële betekenis toekomt”; en sy daaruit voortvloeiende wetenskaplik konsepsie van die moontlike genetiese ontstaan van die mens via die dier, o.i. hoegenaamd geen spoorsiag is tot ‘n beter verstaan daarvan nie - d.w.s. in vergelyking met die gangbare Gereformeerde opvatting van die betekenis daarvan nie -, het dit desnietemin sterk invloed uitgeoefen (en doen dit nóg) op die kontemporêre verdiskontering van die verhouding tussen die vorm en inhoud van die Skrif in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland – met name vanuit die gesigspunt van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifontstaan.

M.a.w. sy natuurwetenskaplike taksasie van die sinduiding van die eerste hoofstukke van Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote feitelose kerugma sou behels wat derhalwe ook ruimte sou laat vir ‘n evolusie-sienswyse m.b.t. die ontstaan van die mens, het o.i. kragtige invloed uitgeoefen op die huidige koers wat ons in die Gereformeerde teologie in Nederland in bogenoemde verband onmoet.

Saam met die invloed van die Nuwere Teologie (Barth en Bultmann - waarop ons reeds die aandag gevestig het) het dit enersyds ten gevolg gehad dat in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland sodanige kiem gelê word op die kerugma-inhoud van die Skrif en sodanige relief toegeken word aan die menslike bemiddeling i.v.m. die Skrifontstaan en -verstaan, dat die vertikale Goddelike ontstaansdimensie van die Skrif as ‘t ware in verdrukking gebring word en as gevolg waarvan die Skrifvorm in mindere of meerdere mate gerelativeer word - sodat ons in genoemde teologiese koers wesenlik te staan kom voor ‘n vorm/inhoud-problematiek m.b.t. die toepassing van die organiese Skrifinspirasie.

Andersyds - en direk voortvloeiende uit voorafgaande - het dit ten gevolg dat, alhoewel Lever nog slegs die moontlikheid van ‘n genetiese ontstaan van die mens via die dier voorstaan en wat noodwendig die moontlike konsekwensie oproep dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie, en wat noodwendig daarmee saamhang (soos ons aangedui het), gaan sommige teoloë van genoemde teologiese koers teenswoordig so ver om óf die realiteit van die bestaan van Adam en Eva as eerste mense te betwyfel óf om dit te ontken.

Dat dit ‘n frontale ondergrawingsaanslag - vanuit Gereformeerde (? ! ) teologiese hoek - op die fundamentele grondslae van ons verlossingsgeloof is, staan o.i. buite kyf" (dit is onbetwisbaar - SLC).


Die vraag is nou: leer ons uit die geskiedenis ?

Hier volg die volledige bespreking van dr. FW Buytendach:

DIE SKEPPINGSLEER GEHANDHAAF TEEN
DIE WETENSKAPLIKE FUNDAMENTALISME VAN J. LEVER
- Enkele gesigspunte van die natuurwetenskaplike kyk van J. Lever op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis en met name op die ontstaan van die mens - deur dr. F.W. Buytendach
[i]

Sedert J. Lever sy inougurele rede[1] aan die V.U. gelewer het, maar veral ná die verskyning van sy boek: Creatie en Evolutie (1e druk 1956), het daar ‘n wedersydse vertrouensvolle gesprekskonfrontasie tussen teoloë en gelowige natuurwetenskaplikes ontstaan m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke van Génesis – met name op die punt van die ontstaanprobleem i.v.m. wêreld en mens. In Geref. teologiese kringe het dit - soos ons nog sal sien - terselfdertyd nog meer toegespitste studietoeleg meegebring m.b.t. die regte verstaan van die Skrif in die lig van die rol van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifkomposisie.

1. Lever se “creationisme”
Lever stel dit duidelik dat die bydrae van hom sy ontstaan te danke het aan die “gespannen situatie” wat daar bestaan as gevoig van die “orthodoxe .... fundamentalistische en supra-naturalistische” houding van die “laatste vijftig jaren” teenoor die sg. “schijn-zekerheden van de natuurwetenschap” oor die “ontstaansprobbeem”[2]. M.a.w. dit kom volgens hom neer op ‘n illegitieme geringskatting van die resultate van die natuurwetenskap te dien effekte. As Christen-Bioloog is hy van oordeel dat daar ‘n regmatige weg moet wees om uit dié impasse te geraak[3].

Hy verdedig uitvoerig sy opvatting insake die ontstaan van die dinge, wat hy “creationisme” noem en wat hy soos volg nader omskrywe: “Onder creationisme wordt hier verstaan iedere biologische benadering van het ontstaansvraagstuk, die ‘uitgaande van het centrale credo van de christelijke kerk, ook in de vakwetenschap de creatie van deze werkelijkheid en de daglijkse leiding van alle processen door God wil belijden[ii][4] (nota: na my mening die voorloper van wat vandag bekendstaan as ‘teïstiese evolusie’, d.w.s. dat God deur evolusieprosesse oor miljoene jare alles ‘geskep’ het – SLC) .

Hy meen hiervoor steun te vind in - wat na sy mening - die ware bedoeling van die Bybelskrywer met Gén.1 sou wees[5].

Wat sy “creationisme” m.b.t. die ontstaan van die mens beteken, sal ons straks sien.
As nie-teoloog bekyk hy Gén.1 vanuit sy natuurwetenskaplike begripsapparaat en bestempel hy diegene wat aan die dae van Gén.1 ‘n bepaalde betekenis wil heg - d.w.s. in die sin van ‘n bepaalde ,,physische tijds duur” van 24 uur of van ,,perioden van bv. honderden millionen jaren” - kortweg-vrymoedig as fundamentaliste.[6]

Hy sluit hom aan by die kader-opvatting van N.H. Ridderbos in die verband as hy sy opvatting van die betekenis van die dae soos volg stel: ,,Zij vormen een ordening in die zin dat Genesis ons allereerst verhaalt dat God alles heeft geschapen”[7].

Die volgorde van die skeppingsdae mag ook ,,niet gezien worden als een physisch na-elkander. Hun zin ligt niet in het vakwetenschaplijke vlak, maar in het religieus beslissende geloofsvlak”[8].

Die gelykstelling van die woord ,,aard” met ,,soort” en ,,aarde” met ,,aardbol” kom van die fundamentaliste, maar dit is nie die bedoeling van die Bybelskrywer nie[9].

Hierdie fundamentalistiese interpretasie van die woorde: ,,dag”,,aard”, en ,,aarde” in Gén.1, berus, volgens Lever, in belangrike mate op gebruikmaking van natuurwetenskaplike denkbeelde ,,van enkele eeuwen terug”[10].

Hierdie stand van sake bring noodwendig mee dat die - deur die natuurwetenskaplike begripsapparaat - omgevormde tekste van Genesis vir die wetenskap normatief gestel word m.b.t. die ontstaansprobleem[11].

Dit is onhoudbaar, want aangesien die natuurwetenskaplike begrippe op menslike afsprake berus[12]
- d.w.s. as ons in gedagte hou dat ,,iedere natuuronderzoeker sal erkennen dat onze inzichten voortdurend wijzigen[13]
- ,,ziet men ineens duidelijk dat met deze methode zowel de Bijbel verkeerd gelezen wordt als ook de wetenschap ongeoorloofd aan banden wordt gelegd”[14].

Uit bogenoemde vloeiende karakter van die insigte van die natuuondersoeker verval ook meteen die fundamentalistiese kontensie as sou ,,men met het natuuronderzoek de juistheid van de geloofsinhouden exact meent te kunnen bewijzen”[15].

Een van die mees kardinale foute van die fundamentalisme bestaan dus daarin ,,dat het de juistheid van het geloof als exact bewijsbaar stelt, waardoor geloof en verstand enerzijds, openbaring en wetenschap anderzijds volkomen in elkaars vlak komen te liggen. Dit heeft tot gevolg gehad een beredeneerd geloof en een onwaarachtige wetenschap, met als eerlijke consequenties geloofstwijfel en ongeloof (Darwin)”[16]

Desondanks is dit nie so dat die Bybel - met name Genesis - slegs vir die teologie wetenskaplike betekenis het maar op die natuurwetenskap geen invloed sou uitoefen nie, want dit is vir die wetenskap wel deeglik van betekenis in die sin dat die Bybel as wonder ,,ons gegevens verschaft over de werkelijkheid die geen enkele wetenchap sou kunnen ontdekken, bv. dat er een persoonlijk God bestaat en dat Dese alle dingen in het aanzijn riep. De Bijbel is dus in sekere sin een lamp die onse werkelijkheid in, naar wij geloven, het juiste licht stelt. Ook onse werkelijkheid die wij moeten ondersoeken. Maar de Bijbel is geen toverlantaarn die ons exact-natuurwetenschappelijke gegevens wil meedelen”[17].

Omdat Genesis nie spreek in ,,wetenschappelijke begripstaal, ja in het geheel niet als wetenschappelijk gekwalificeerde taal” nie, bring dit mee ,,dat de Bijbel ons veelal alleen zegt dat iets gebeurt, maar niet hoe het gebeurt. Het hoe ligt soms op het terrein van de wetenschap. De Bijbel geeft ons de hoogtepunten, de wetenschap kan soms de lijnen daartussen ontdekken. We kunnen aan de Bijbel dus nimmer exact-physische, -astronomische, en -biologische kennis ontlenen, en dus ook geen exact-geschiedkundige, daar dit eenvoudig de bedoeling van de Bijbel niet is“[18].

Omdat ,,Genesis geschreven is om ons die werkelijkheden te openbaren die voor ons van eeuwigdurende fundamenteel-religieuse betekenis zijn en die niet door wetenschappelijk ondersoek ontdekt kunnen worden” en wat ons dankbaar moet aanvaar en ,,normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijke denken” moet Iê, bied dit wel die moontlikheid van raakvlakke tussen Genesis en die natuurwetenskaplike ondersoek i.v.m. die geopenbaarde werklikhede - maar, op dit terrein is Genesis niet normatief meer voor de waarnemende natuurwetenschap, eenvoudig omdat het niet de bedoeling heeft ons gegevens te verschaffen in de vorm zoals wij dese met ons ondersoek (in principe) zélf kunnen vinden, en tevens omdat het niet bedoelt een wetenschappelijk geschrift te zijn”[19].

As ons konsekwent daaraan vasthou dat Genesis aan ons die ,,oorsprong”, ,,sin” en ,,doel” van die skepping openbaar[20], dan beteken die feit dat ,,de Bijbel op het substraat-terrein niet normatief is .... niet dat zijn mededelingen hierover niet juis zouden behoeven te zijn, maar alleen dat hij een methode en een begripsapparaat gebruikt dat niet wetenschappelijk is”[21].

Lever is van oordeel dat slegs ‘n dusdanige bejeëning ,,van de betekenis en de normativiteit van de eerste hoofdstukken van Genesis maakt het ons mogelijk het evolutievraagstuk te bezien zonder dat wij de neiging hebben de letter van Genesis en de wetenschappelijke gegevens kunstmatig naar elkander toe te buigen en zonder dat een ogenschijnlijke discordantie geloofsbetekenis heeft”[22].

Slegs as die fundamentalistiese kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis afgewys word, dan kom daar ruimte om ,,het vraagstuk van de relatie tussen creatie en evolutie aan de orde” te stel en om ,,de gegevens welke door de biologie gedurende de laatste eeuw ontdekt zijn, en welke met het begrippen- en hypothesencomplex der evolutie-gedachte geïnterpreteerd worden, serieus” te beskou[23].

2.Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie
Aleer ons sy sienswyse in ‘n lyn met bostaande paragraaf – met name m.b.t. sy sienswyse oor die ontstaan van die mens - nader kortliks aan die orde stel, wil ons eers ‘n paar opmerkings maak i.v.m. sy natuurwetenskaplike kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis.
Ons kan hom dit toestem dat die Bybel ‘n ,,niet-wetenschappelijk boek” is en derhalwe ook nie in wetenskaplike begripstaal geskrywe is nie. God het Sy Openbaring in die Skrjf deur menslike bemiddeling gefikseer in ‘n begripstaal wat alle mense van alle eeue kan verstaan. lemand wat die teendeel wil beweer - d.w.s. dat dit in wetenskaplike taal geskrywe sou wees -, kan Lever dus tereg as ‘n fundamentalis bestempel. Al sy fundamentalisme-tiperinge m.b.t. die verstaan van die betekenis en bedoeling van Genesis gaan egter nie op nie.

Hy erken dat die Bybel ‘n wonder is; dat ,,Genesis openbaart”; dat dit aan ons ,,gegevens verschaft over de werkelijkheid die geen enkele wetenschap zou kunnen ontdekken” — en dat Genesis derhalwe ,,voor ons in de wetenschap dan wel van betekenis is”; dat die geopenbaarde werklikhede dankbaar aanvaar moet word ,,en normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijk denken” gelê moet word.

Maar aan die anderkant stel hy dat die Bybel ,,ons veelal alleen zegt dat iets gebeurt, maar niet hoe het gebeurt”; dat die Bybel derhalwe ,,op het substraatterrein niet normatief is vir die waarnemende natuurwetenskap - alhoewel dit nie beteken dat die Bybelse rnededelinge ,,niet juist zouden behoeven te zijn”, want Génesis is geskrywe ,,om ons die werkelijkheden te openbaren die voor ons van eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis zijn” - want wat Genesis verhaal, lê ,,in het religieus beslissend geloofsvlak” - dit is ,,scheppings- en heilsverkondiging”.

As ons al die bostaande bewerings in sy betoog as geheel beskou, dan lyk dit vir ons na natuurwetenskaplike fundamentalisme. Volgens Lever het Génesis vir die wetenskap betekenis, want die werklikhede wat daarin geopenbaar word moet ,,normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijk denken” gelê word - máár in dieselfde asem konstateer hy dat die Bybel (d.w.s. Génesis) ,,op het substraat-terrein niet normatief is”.

Watter betekenis het Génesis - in die lig van dié stellingname - vir die natuurwetenskap en natuurwetenskaplike denke dan ,,uberhaupt”? Sy stelling dat die Bybel (Génesis) nie aan ons sê hoe God die skeppingswerklikhede in aansyn geroep het nie, is slegs gedeeltelik waar.[iii] In Génesis 1:26,27 word aan ons geopenbaar dat God die mens as afsonderlike en uitsonderlike wese geskape het en wel na Sy beeld en gelykenis — dit beklemtoon die hoe, die wyse waarop Hy die mens geskape het[24].

Omdat Lever Gén.1 as ‘n ,,ordening” of kader beskou, behels dit vir hom nie ‘n beskrywing van werklike feitelike historiese gebeurtenisse nie. Soos reeds gestel, kan ons met hom saamstem dat die Bybel ,,een niet-wetenschappelijke boek is” en dat dit derhalwe nie in wetenskaplike begripstaal geskrywe is nie - asóók dat ,,Genesis geen natuurkunde- of biologieboek is“[25].
As hy egter direk hieraan toevoeg dat Génesis ,,ook niet geschreven is om ons historie-wetenschap bij te brengen, het is ook geen geschiedkunde-boek”[26] kan ons slegs gedeeltelik met hom saamstem.

3. Die Bybel: gaan dit net oor die boodskap of die gebeure ook ?
Dit is wel waar dat Genesis nie aan ons ,,historie-wetenschap” - tereg met die klem op die ,,wetenschap”, d.w.s. geskiedskrywing in die moderne wetenskaplike sin van die woord - bied nie. Dit bied aan ons egter sonder twyfel Openbaringsgeskiedenis (historie) wat in nie-wetenskaplike taal geskrywe is, en wat - gedagtig aan die Goddelike Openbaringsherkoms daarvan deur menslike bemiddeling heen - wel volkome waar is. Dit is verder so dat Genesis nie ‘n ,,geschiedkunde-boek” - in die geval met die klem op die ,,kunde” - is nie. Dit is egter baie beslis ‘n Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarorn aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf. Die waarheid van bostaande word duidelik gemaak deur wat in Gen.2:4 staan.

W.H. Gispen verklaar: ,,Ik weet geen betere vertaling voor (tooledooth) in ons vs. ... dan ,geschiedenis’ ”[27].

Die vraag is nou: waarop slaan hierdie woord tooledooth?

Volgens J.H. Kroeze slaan dit terug op Gen.1:1 v.[28].
J.L. Helberg is - kontra Kroeze -van oordeel dat dit slaan op dit wat volg[29].
Ons insiens kry ons die juiste opvàtting as ons albei sienswyses as waar neem[30].

M.a.w. die eerste hoofstukke van Genesis is historie of geskiedenis wat aan ons ,,geopenbaarde werkelijkheden” - waarvan Lever self spreek - bied.
Waarin sit die uitsluitlike sin en bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis vir Lever - as Christen-bioloog, maar nie-teoloog?
Dit sit vir hom slegs in die ,,eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis” daarvan; dit behels vir hom slegs ,,scheppings- en heilsverkondiging”. Of soos by dit nog duideliker stel: ,,het (gaat) in Genesis slechts .... om de Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing, gegoten in een vorm die geen feitelijk-reële betekenis toekomt”[31].

Maar dan is dit mos sinloos om i.v.m. Génesis nog van ,,geopenbaarde werkelijkheden” te spreek - soos Lever óók doen! M.a.w. Genesis het, volgens hom, slegs kerugmatiese bedoeling en betekenis.
In die lig van die geheel van Lever se kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis, is dit duidelik dat ons daarin te doen het met natuurwetenskaplike fundamentalisme. J.H. Kroeze het - kontra Lever - duidelik aangetoon dat ons in Génesis te doen het met geopenbaarde ware werklikhede, d.w.s. feitelike mededelinge én die boodskap wat dit behels[32].

In aansluiting by wat in voetnoot (24) staan, wil ons nou Lever se verdiskontering van ,,de relatie tussen creatie en evolutie” m.b.t. die ontstaan van die mens kortliks releveer.

4. Lever en die onstaan van die mens
Soos ons gesien het, erken Lever dat die Skrif aan ons werklikhede openbaar wat die natuurwetenskap nie kan ontdek nie. Hy stel dit verder duidelik dat die natuurwetenskap feitlik niks van die ontstaan van die lewe weet nie[33].

Hy gaan sorgvuldig in op ,,de gegevens welke door de biologie gedurende de laatste eeuw ontdekt zijn, en welke met het begrippen en hypothesencomplex geinterpreteerd worden” m.b.t. die ontstaan van die mens[34], en kom dan tot die gevolgtrekking: ,,Door het nog ontbreken van enige aanwijzing uit de periode vóór het Pleistoceen is momenteel alles wat men over de oorsprong van de mens in de literatuur tegenkomt zuivere speculatie”[35] Hy is verder van oordeel: ,,Het ontstaan van de mens ten slotte blijkt een gecompliceerder probleem te zijn dan aanvanklijk werd gemeend. De relatie der fossiele mensachtige vormen is sterk omstreden, de criteria van het mens-zijn blijken niet in het vlak van ons fossiliseerbaarheid te liggen. Het enige waarvan wij zeker zijn, is, dat de soorten niet constant en ook in het verleden in belangrijke mate gewijzigd zijn. Enkele mechanismen die hij deze veranderingen een rol spelen, zijn ons bekend .... Hoewel onze kennis in de laatste eeuw sterk is toegenomen, blijken de problemen echter groter te zijn geworden. De evolutie der organismen van de levenloze materie tot de mens is niet bewezen”[36].

Dit behoef geen betoog dat ons Lever innig dankbaar sal bly vir hierdie deurtastende wetenskaplike bestudering en beoordeling van die bestaande biologiese gegewens i.v.m. die oorsprong van die mens. Dit is ‘n koers in die krisis tussen bioloë en teoloë in dié verband.
Desondanks ag Lever dit legitiem om ,,het vraagstuk aan de orde (te) stellen, of door ons als christenen de mogelijkheid van een genetische samenhang tussen mens en dier reeds bij voorbaat moet worden afgesneden”[37].

Alhoewel nóg die Bybel, volgens hom, nóg die wetenskap die vraag na die hoe van die ontstaan van die mens beantwoord,[38] is hy van oordeel dat - met behulp van die wetskringleer van Dooyeweerd, met name die vierde individualiteitstruktuur van die menslike liggaam, d.w.s. ,,de act-structuur van het menselijk lichaam” én vanuit sy (Lever) ,,creationisme”-standpunt, waarin wetenskaplike en Bybelse gegewens saam verdiskonteer word - die ,,mogelijkheid” nie afgesny word dat by die ontstaan van die mens ,,gebruik gemaak werd van een dier”; dat ons ,,de mogelijkheid niet bijvoorbaat (mogen) verwerpen, dat de genese van de mens geschied is via een wezen dat minstens naar zijn skeletkenmerken volgens onze normen en criteria een dier was”[39].

In ‘n lyn hiermee is hy van kontensie dat ons die ,,mogelijkheid niet bij voorbaat (mogen) verwerpen, dat er een genetische relatie heeft bestaan tussen mens en dier. De menselijke ,actstructuren’ zijn echter niet te herleiden tot de dierlijke psyche. Zij functioneren binnen in den beginne geschapen aspecten van deze werkelijkheid. Hoe deze eventuele ontwikkeling van dier naar mens is verlopen is ons onbekend. Ook weten wij niet, hoe en waar en wanneer deze ,actstructuren’ gerealiseerd zijn geworden. Dit zijn vragen die misschien op de weg van de wetenschap liggen. Wij dienen ons daarom niet van deze vraagstukken te distantiëren alsof wij de oplossing hiervan reeds hebben, maar moeten ons te midden van alle andere onderzoekers hiermee bezighouden”[40].

Ondanks al die ,,mogelijkheid”-spekulasies in sy gedagtegang oor die ontstaan van die mens via die dier, en afgesien van sy erkenning van die magteloosheid van die natuurwetenskaplike ,,resultate” te dien effekte, hou Lever hom daarvan oortuig ,,dat men onzes inziens als christen, ondanks de cardinale lacunes in ons kennen, principieel geen bezwaar behoeft te hebben tegen de generale hypothese van een genetische continuiteit van alle levende organismen, de mens niet uitgesloten”[41].

Volgens hom moet ons as Christene dus die ,,mogelijkheid” aanvaar dat die mens van die dier afstam, d.w.s. dat God die mens se liggaam bes moontlik uit die dier sou gekreëer[iv] het.
O.i. moet ons as Christene juis die skerpste beswaar aanteken teen hierdie ,,mogelijkheid”-,,hypothese” van die Christen: Lever.

Lever se standpunt impliseer die grootste denkbare bedreiging van ons Christelike geloof
Wat in voetnote (33-40) geponeer word, beklemtoon nie net die wetenskaplike basisloosheid van so ’n konsepsie nie, maar dit hou terseffdertyd die mees funeste[v] gevolge vir ons Christenskap in; dit impliseer die grootste denkbare bedreiging van ons Christelike geloof.

Immers, dit roep per consequentiam die volgende moontlikhede op, t.w.:
- dat God die mens nie direk na Sy beeld en gelykenis geskape het soos Hy dit in Gén.1 :26,27 aan ons Openbaar nie;
- dat die mens - ook wat sy liggaam betref - nie wesensverskillend van die dier is nie, ondanks die feit dat in I Kor.15:39 uitdruklik staan: ,,die vlees van die mense is anders as die vlees van vee”[42].
- dat Adam[43] (ondanks wat in Gén.5:1,2[44] en Lukas 3:38[45] staan, en Eva[46] (ondanks wat in Gén. 3:20;4:1;2 Kor.11:3;1 Tim.2:13 staan) nie die menslike aanvangsfigure, d. w.s. die eerste mense, was nie;
- dat die biologiese ,,dood”[47] vóór die sondeval in die plante- en diereryk óók m.b.t. die mens ‘n skeppingsgegewendheid was - en wat aan ons geopenbaar word insake sondeval-dood-verlossing van die mens (Gén,2:17; Gén.3; Rom.5:12 v.; I Kor.15) derhalwe nie waar is nie.

Wat die Heilige Gees as Auctor Primatius van die Skrifontstaan deur menslike bemiddeling heen dus as stellig waar Openbaar, verklaar Lever - met die huldiging van sy ,,hypothese” as waarskynlik onwaar. Hierdie waarskynlikheidstese van Lever i.v.m. die afstamming van die mens via die dier, is net so gevaarlik én verwerplik soos enige ,,werklikheidstese” te dien effekte.

S. du Toit beklemtoon tereg: ,,As die Skrif verklaar dat die mens na die Beeld van God geskape is, het geen wetenskap wat gelowig buig vir die Woord ,die reg om die mens te sien as bloot ‘n afstammeling van een van die diere of mensagtige wesens nie. Die Bybel gee lig op sake wat die wetenskap nooit kan ontdek nie”[48].

5. Natuurwetenskaplikes en filosowe se getuienis
M.b.t. die ontstaan van die mens verklaar G.T.S. Eiselen: ,,As Christelike bioloog kan ek net volstaan met die woorde in Genesis 1:27”[49].

J.J. Duyvené de Wit is van oortuiging: ,,Laat ons ... onvermoeid voortgaan met die soek na-antropoïede fossiele; laat ons nie rus voordat ons hierdie materiaal uit ‘n vergelykend-anatomiese gesigspunt gerangskik het nie. Laat ons egter nie verbaas wees as ons diskontinuiteite in plaas van kontinuiteite vind (die resente ontwikkeling van die paleontologiese antropologie wys in hierdie rigting.) En laat ons allermins verbaas wees as ons uiteindelik tot die insig gedwing word dat ons ten aansien van die afstamming van die mens voor ‘n ondeurgrondelike misterie staan, d.w.s. voor ‘n toestand wat hom aan elke poging tot natuurwetenskaplike beskrywing prinsipieel onttrek!“[50].

W.M. Oesch is van oordeel: ,,Jede Abstammung des Menschen aus dem Tierreich hebe Gen.1-3 und Röm.5 auf. Vom Christusglauben her gebe es nur die Alternative: Gott oder das Tier”[51]. ("Each descendent/origin of the human from the animal kingdom apply Gen.1-3 and Rom.5.
According to the Christian faith, it gives only one alternative: God or the animal.")

H.G. Stoker wys tereg daarop: ,,As hy. m.b.t. die oorsprong van die mens ... paleontoloë ten gunste van ‘n uitsluitlike dierlike afstamming van die mens sou besluit, en die skeppingsbeginsel sou verwerp, sal die ... wysgeer o.a. vra: vanwaar dan die radikale onderskeid tussen mens en dier? - en sal die teoloog daarop wys, dat as die mens nie na Gods beeld geskape was nie, by die eerste mens (wat hom nouliks van ‘n betrokke hoogste diertipe onderskei) moeiik van sonde sprake kan wees, en dat dan die soenverdienste van Jesus Christus aan die kruis sy sin verloor en die fondamente van die Christelike geloof verval”[52].

H.G. Stoker takseer Lever se sienswyse soos volg: ,,Hy trag om skepping en evolusie te verbind met behulp van Dooyeweerd se wetskringleer. Hy slaag o.i. nie daarin nie, omdat hy eensydig aan die kousaal-genetiese metode ‘n te groot oorwig toeken, en deur die verbinding van die wetskringleer met die evolusieleer in antinomieë verval en spekulatief word”[53].

Dit was veral H. Dooyeweerd[54] wat insnydende kritiek geoefen het op die opvatting van Lever. Hy onderstreep die spekulatiewe karakter uit die wetenskaplike basisloosheid daarvan soos volg: ,,Welke wetenschappelijke zin kan zij hebben, waar LEVER zelf nog even te voren opmerkte: ,Over het ontstaan der phyla is, zoals wij zagen, eigenlijk geen verstandig woord te zeggen’ (pag. 75). Zijn wij hier inderdaad nog op het vakwetenschappelijk terrein der biologie, of bevinden we ons geheel op het gebied ener speculatieve philosophie van het ontstaan der levende natuur?“[55].

,,Inderdaad, voor hem die ,gelijk LEVER, het mechanistisch evolutionisme verwerpt, kan de hypothese i.z. het ontstaan van de mens via een dierlijke lijn strict genomen geen eigenlijk wetenschappelijke betekenis hebben, omdat zij niets kan bij dragen tot een wetenschappelijke beantwoording van de vraag, hoe het typisch menselijke ontstaan is”[56].

Boweal konform die Godsopenbaring in die Skrif oor die ontstaan van die mens maar óók in die lig van die natuurwetenskap se wetenskaplik-basislose en magtelose poging om die ontstaan van die mens via die dier trag te bewys - soos deur die ondersoek van Lever aangetoon is -, is dit o.i. slegs eksklusief legitiem om te spreek van die Goddelike ,,Creatie” van die mens[57].

,,Creatie” en ,,Evolutie” sluit mekaar - wat die ontstaan van die mens betref - prinsipieel en prakties uit. Daarmee verval Lever se ,,generale hypothese” van die ,,mogelijkheid” van ‘n ,,genetische relatie tussen mens en dier” o.i. terselfdertyd óók.

6. Lever se standpunt bevorder die “Nuwere Gereformeerde Teologie” in Nederland
Alhoewel Lever se sienswyse - in die lig van die geheel van bostaande - m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote vormgewing sou wees van ‘n ,,Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing” waaraan ,,geen feitelijk reële betekenis toekomt”; en sy daaruit voortvloeiende wetenskaplik-basislose konsepsie van die moontlike genetiese ontstaan van die mens via die dier, o.i. hoegenaamd geen spoorsiag is tot ‘n beter verstaan daarvan nie - d.w.s. in vergelyking met die gangbare Gereformeerde opvatting van die betekenis daarvan nie -, het dit desnietemin sterk invloed uitgeoefen (en doen dit nóg) op die kontemporêre verdiskontering van die verhouding tussen die vorm en inhoud van die Skrif in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland – met name vanuit die gesigspunt van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifontstaan.

M.a.w. sy natuurwetenskaplike taksasie van die sinduiding van die eerste hoofstukke van Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote feitelose kerugma sou behels wat derhalwe ook ruimte sou laat vir ‘n evolusie-sienswyse m.b.t. die ontstaan van die mens, het o.i. kragtige invloed uitgeoefen op die huidige koers wat ons in die Gereformeerde teologie in Nederland in bogenoemde verband onmoet.
Saam met die invloed van die Nuwere Teologie (Barth en Bultmann - waarop ons reeds die aandag gevestig het) het dit enersyds ten gevolg gehad dat in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland sodanige kiem gelê word op die kerugma-inhoud van die Skrif en sodanige relief toegeken word aan die menslike bemiddeling i.v.m. die Skrifontstaan en -verstaan, dat die vertikale Goddelike ontstaansdimensie van die Skrif as ‘t ware in verdrukking gebring word en as gevolg waarvan die Skrifvorm in mindere of meerdere mate gerelativeer word - sodat ons in genoemde teologiese koers wesenlik te staan kom voor ‘n vorm/inhoud-problematiek m.b.t. die toepassing van die organiese Skrifinspirasie.

7. Die ondergrawing van ons verlossingsgeloof
Andersyds - en direk voortvloeiende uit voorafgaande - het dit ten gevolg dat, alhoewel Lever nog slegs die moontlikheid van ‘n genetiese ontstaan van die mens via die dier voorstaan en wat noodwendig die moontlike konsekwensie oproep dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie, en wat noodwendig daarmee saamhang (soos ons aangedui het), gaan sommige teoloë van genoemde teologiese koers teenswoordig so ver om óf die realiteit van die bestaan van Adam en Eva as eerste mense te betwyfel óf om dit te ontken.

Dat dit ‘n frontale ondergrawingsaanslag - vanuit Gereformeerde (? ! ) teologiese hoek - op die fundamentele grondslae van ons verlossingsgeloof is, staan o.i. buite kyf.[vi]

Voetnotas
[1] Het creationisme, 1952.
[2] Creatie en Evolutie (1958), p. 6.
[3] Idem.
[4] Idem, p. 19 - cf. pp. 166-171.
[5] Idem, p. 10 vv.
[6] Idem, pp. 10/11. - W.H. Gispen, wat vashou aan ‘n skeppingsdag van 24 uur (Schepping en Paradijs, p. 41), kwalifiseer dus as ‘n fundamentalis - volgens dié sienswyse van Lever.
[7] Idem, p. 11 - Met verwysing na N.H. Ridderbos: Beschouwingen over Genesis I (1954).
[8] Idem.
[9] Idem.
[10] Idem, p. 12.
[11] Idem.
[12] Idem.
[13] Idem, p. 13.
[14] Idem, p. 12
[15] Idem, p. 13.
[16] Idem, p. 14.
[17] Idem. – cf. pp. 15, 17.
[18] Idem, p. 15.
[19] Idem - cf. p. 11. Dit is: ,,seheppings- en heilsverkondsging” (p. 10).
[20] Idem, pp. 16/17.
[21] Idem, pp. 15/16 - ,,de Bijbel (is) een niet-wetenschappelijke boek ....!“ (p. 15).
[22] Idem, p. 16.
[23] Idem, pp. 17/18.
[24] Cf. W.H. Gispen: Op. cit., pp. 69-82; G.Ch.Aalders: De Goddelijke Openbaring in de eerste drie hoofdstukken van Genesis, pp. 298-314; N.H. Ridderbos: Op. cit., (1963), pp. 93-95; S.J. van der Walt: Die Mens Gods Beeld (In: Koers, April 1963, pp. 323-338).
[25] Creatie en Evolutie, p. 149.
[26] Idem.
[27] Op. cit., p. 109.
[28] Die tuin van Eden, p. 10.
[29] Die tuin van Eden (In: In die Skriflig, Augustus-September 1968, p. 49).
[30] Cf. W.H. Gispen: Op. cit., pp. 111-115
[31] Creatie en Evolutie, pp. 143/144. (Kurisvering van ons - F.W.B.).
[32] Strijd bij de Schepping (In: Exegetica 1962, pp. 30-34); Cf. N.H. Ridderbos: Op. cit., (1963), p. 30 (én voetnoot 9).
[33] Creatie en Evolutie, pp. 32, 41, 45.
[34] Idem, HFst. V.
[35] Idem, p. 150 - ,,Pleistoceen” = ,,de periode van de vier ijstijden” (p. 113).
[36] Idem, pp. 168/169.
[37] Idem, p. 150.
[38] Idem, pp. 165/166.
[39] Idem, pp. 162-165.
[40] Idem, p. 184.
[41] Idem, p. 169. Hiervoor beroep hy hom (p. 190/191) op A. Kuyper (Evolutie, Rectorale oratie Vrije Universiteit, 1899, pp. 46-48). O.i. geheel en al ten onregte, want Kuyper rep daarin geen woord oor die ontstaan van die mens via die dier nie. De woorde van Kuyper: ,,Had het dus God beliefd” (aangehaal deur Lever, p. 190) is allesbeslissend in de gedagtegang van Kuyper. In sy Dictaten Dogmatiek (Locus de Homine) het hy juis aangetoon dat dit God nie ,,beliefd” het om die mens via die dier te skape nie, maar direk en afsonderlik - en wel na Sy beeld en gelykenis; Cf. ook Kuyper: De Gemeente Gratie I, pp. 113/114.
[42] F.W. Grosheide: De eerste Brief aan de Kerk te Korinthe (1957), p. 418: ,,Mensen en verschillende dieren hebben hun eigen sarx (sa,rx). D.w.z. niet alleen de vorm, ook de substantie is verschillend”.
[43] K. Dronkert: Adam (In: Chr. Encyc., I (1956), pp. 71-73): ,, A(dam) neemt niet allen de eerste maar ook de geheel enige plaats in, in de wordingsgeschiedenis der mensheid” (p. 73).
[44] G.CH. Aalders: Het boek Genesis I (K.V.), pp. 177: ,,Het Hebreeuwse woord a d a m zonder lidwoord kan niet alleen de eigennaam Adam, maar ook het algemene ,mens’, als verzamelwoord voor ,de mensen’ of ,het mensdom’ zijn”.
[45] Cf. S. Greijdanus: Het Heilig Evangelie naar de beschrijving van Lucas I, pp.182/183.
[46] K. Dronkert: Eva (In: Chr. Encyc., 2 (1957), pp. 668/ 669).
[47] L.W. Kuilman: De biologische dood vóór de zondeval (In: Chr. Encyc., 2 (1957), pp. 461/462: ,,Men mag deze biologische d(ood) dus ook niet vereenzelvigen met de d(ood) die zijn intrede in de wereld deed als straf op de zonde van het eerste mensen paar” (p. 461).
[48] Bybel-Skepping-Evolusie, p. 30; Cf. sy kritiek op Lever se opvatting - Progressive Creation (In: Koers, Jan.-Febr. 1962, pp. 205/206); Cf. Idem, In: Perspektief, OktobEr 1967, p. 81 (par. 4).
[49] Die biologiese aspek van die rnensbeskouing (In: Koers, Jan.-Febr., 1960, p.178).
[50] Die Evolusionisme, p. 21.
[51] A. a. (In: Op. cit., s. 74).
[52] Op. cit., p. 188; Cf. Stoker (In: Koers, Oktober 1959, p. 145): ,,Gestel dat die mens uit die dier ontwikkel het, sou by daardie ,primitiewe’ mens van ‘n sondeva! sprake kon wees? Maar verloor die kruisdood van Jesus Christus nie sy kardinale betekenis, as daar geen sondeval was nie? Die konflik gaan hier om die grondslae van die Christendom self?” (Kontra A.A. Manten).
[53] Idem, pp. 188/189.
[54] Schepping en Evolutie (In: Philosophia Reformata, 24e Jaargang, 3e en 4e Kwartaal 1959, pp. 113-159). N.H. Ridderbos (Beschouwingen over Genesis I, p. 116 (voetnoot 8)) sê van die kritiek: ,,de bezwaren, die Dooyeweerd inbrengt tegen het standpunt van Lever, verdienen het m.i. ernstig overwogen te worden”.
[55] Idem, p. 140.
[56] Idem, p. 156; Cf. M. Vreugdenhil: Persschou (De Evolutie bewezen, In: Waarheid en Eenheid, 23 Februari 1968) vir uitsprake van ‘n aantal prominente natuurwetenskaplikes wat die evolusie-idee in di verband óók afwys.
[57] Cf. J.A.L. Taljaard: Christelijke Evolusie? (In: Perspektief, Oktober 1967, pp. 83-87); Cf. ook verál H. Bavinck: Wijsbegeerte der Openbaring - waarin hy die evolusie-teorie breed én indringend aansny en, wat die ontstaan van die mens betref, dit op ‘n grondige wyse tereg as onhoudbaar takseer.

Eindnotas
[i] Geneem en verwerk deur S. Le Cornu vanuit dr. Buytendach se doktorale dissertasie, wat gepubliseer is onder die titel: Aspekte van die Vorm/Inhoud-problematiek met betrekking tot die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere Gereformeerde Teologie in Nederland (Amsterdam: Ton Bolland, 1972), pp.95-105. Dr. FW Buytendach was in lewe predikant van die Gereformeerde Kerke Reddersburg (1949-1955) en Lichtenburg (1955-1989). Hy is oorlede op 21-12-2001. Redaksionele nota: die hoofopskrif asook subopskrifte is bygevoeg. Die voetnotas (gewone syfers) is van die oorspronklike dokument, en die eindnotas (romeinse syfers) is bygevoeg. ‘n Eie numering van die voetnotas is gevolg sodat die artikel as ‘n selfstandige artikel kan dien.
[ii] Dit is min of meer parallel met die hedendaagse ‘teïstiese standpunt’ wat meen dat God deur evolusie prosesse oor mijoene jare alles geskape het.
[iii] Lever se stelling is glad nie waar nie, o.g.v. onder andere Ps.33:6-9, 6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. 7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. 8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; 9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan. Calvyn se kommentaar by hierdie verse: “In saying that the heavens were created by the word of God, he greatly magnifies his power, because by his nod alone, without any other aid or means, and without much time or labor, he created so noble and magnificent a work. But although the Psalmist sets the word of God and the breath of his mouth in opposition both to all external means, and to every idea of painful labor on God’s part, yet we may truly and certainly infer from this passage, that the world was framed by God’s Eternal Word, his only begotten Son. ... but the breath of his mouth is used figuratively for the very utterance of speech; as if it had been said, As soon as God uttered the breath of his mouth, or proclaimed in word what he wished to be done, the heavens were instantly brought into existence, and were furnished, too, with an inconceivable number and variety of stars."
"To fear Jehovah, and to stand in awe of him, just means to do honor to, and to reverence his mighty power. It is a mark of great insensibility not to bow at God’s presence, from whom we have our being, and upon whom our condition depends. The prophet alludes to both these things, affirming that the world appeared as soon as God spake, and that it is upheld in being by his commandment; for it would not have been enough for the world to have been created in a moment, if it had not been supported in existence by the power of God. He did not employ a great array of means in creating the world, but to prove the inconceivable power of his word, he ordered that so soon as he should as it were pronounce the word, the thing should be done. The word command, therefore, confirms what I formerly said, that his speech was nothing else than a nod, or wish, and that to speak implies the same thing as to command. It is proper, however, to understand that in this nod, or command, the eternal wisdom of God displayed itself." (Calvin, J. (1998). Calvin's Commentaries: Psalms (electronic ed.). Logos Library System; Calvin's Commentaries (Ps 33:6). Albany, OR: Ages Software. Beklemtonings bygevoeg)
[iv] “geskep” het.
[v] “noodlottige”.
[vi] buite “dispuut”, d.w.s. dit is onbetwisbaar.